Ek het dit nodig gehad

Hoe lank gaan ek lees: 9 minute

deur Wille Will

Taalversorging deur Lusman

 

Darius sit op die boonste trappie van sy voorstoep. Dis amper skemer. Sy bruingebrande voorarms rus op sy knieë terwyl hy ‘n klein ratjie tussen sy vingers draai dat dit tol. Hy’t sy werkstewels uitgetrek en dit staan langs hom op die trappe. Sy tone kriewel behaaglik om vry te wees na 12 ure in die boots sonder sokkies. Hy was heeldag óf op die lande óf in sy werkwinkel. Hy het sy kakiehemp ook uitgetrek en dit hang oor die stoepreling.

Fok, hy’s moeg! Hy wil gaan koffie maak, of beter nog, ‘n lekker dop skink. Sy aandag word egter afgetrek deur ‘n beweging op die netjiese grondpad wat oplei na sy huis vanaf die hek, sowat 500 m ver. Hy staan op en beskadu sy wenkbroue met die een hand om beter te kan sien.

Dis iemand wat opgestap kom, na die huis toe. Maar die kop is omlaag onder die bruin hare en hy kan die persoon nie in die skemer eien nie. Wie dit ook al is, die persoon is geklee in ‘n pak klere. Darius lig sy oë hek se kant toe en sien ‘n geel Volkswagen-Kewer daar geparkeer.

Die persoon is nou al heelwat nader en Darius begin met die stoeptrappies afstap om, wie dit ook al is, welkom te heet. Hy sien nou aan die fyn gesig dat dit ‘n vrou is. Hulle kom albei amper terselfdertyd by sy klein hekkie aan.

“Middag … of word dit al aand?” kom dit van die pragtige gesig met ‘n verleë laggie en met blou oë wat in sy bruines inkyk. Die gesig is effe breed vir ‘n vrou s’n, maar die pragtige wit tande in die wye, gul mond vergoed daarvoor. Hy merk nou dat die hare eintlik gemmerbruin is en dat daar sproete op die wipneusie is.

Sy bied haar hand oor die hekkie aan met: “My naam is Emma Steyn.” Die tassie wat sy in haar linkerhand gehad het, het sy neergesit.

“Ek’s Darius,” sê hy terwyl hy haar hand in syne neem met die regterhand en ‘n laggie gee. Sy beantwoord dit met ‘n glimlag terwyl sy sy sterk hand skud.

Sjit, wat ‘n mooi man, flits dit deur haar brein! Sy’t met die eerste oogopslag sy kaal, gespierde bolyf en mooi bene met die groot voete raakgesien. En toe sy sterk, hoekige gesig onder die swart hare met die skerpkykende bruin oë.

“Waar’s my maniere?” sê Darius verskonend terwyl hy die hekkie oopruk. “Kom binne, kom binne! Anders staan ons oor die hek en praat soos volk.”

“Stap vooruit, al met die paadjie langs, tussen die kannas deur … tot by die voorstoep.  Kan ek die tassie vir jou dra?”

“Toemaar, dankie. Hy’s nie swaar nie.”

Hy stap agterna wanneer die hekkie weer op knip is. Hy wonder wat soek sy. Dis nogal ‘n mooi vroumens, dink hy.

By die stoeptrappies vlieg hy voor haar in. Hy raap sy stewels en hemp op en wag bo, op die stoep, vir haar.

“U kan hier op die stoep sit, of binnekom. Ek wil net gou hierdie gaan bêre,” sê hy terwyl hy na die stewels en hemp in sy hand beduie.

“Dis effens koel vir my; kan ons binne sit?” vra Emma voordat hy die huis ingaan. Sy klink skamerig.

Hy knik. Met ‘n glimlag kantel hy sy hoof voordeur se kant toe en stap vooruit.

Wanneer hulle die knus sitkamer betree, beduie hy na ‘n diep, gesellige rusbank. Met “Ek’s nou terug,” verdwyn Darius êrens in die huis in.

Emma sak diep in die sagte rusbank in. Dit voel vir haar of die moeg sommer ook in die bank in verdwyn. Sy leun terug met haar hoof agteroor. Sy sluit haar oë vir ‘n oomblik en knyp die brug van haar neus by die wenkbroue tussen voorvinger en duim vas. ‘n Dreigende skeelhoofpyn huiwer …

Darius steek in die opening van die deurkosyn vas wanneer hy terugkeer en haar kop agteroor sien op die rusbank, haar vingers oor haar oë.

“Voel u orraait?” wil hy weet.

“Ja wat.” Sy kom weer orent. “Seker maar net ‘n bietjie moeg. Dankie dat u vra.”

Wanneer Darius oorkant haar gaan sit, sê hy: “Ek wou reeds noem dat, siende dat dit al byna donker is, u welkom is om hier te oornag. Die dorp is nog ‘n vyftig minute se ry van hier af.”

Emma kyk in sy oë voordat sy antwoord. “Dankie, ek sal dalk moet. Want my Volksie het viervoetig vasgesteek en wil nie verder nie. In die donker kan mens nie eers kyk waar’s die fout nie!. Gelukkig het ek darem my toiletgoedjies in hierdie tassie. Ek wou dit nie in die kar los nie.” Sy lag verleë.

“Ek sal more gaan kyk. U is seker al honger ook. Ek gaan gou iets aanmekaarslaan vir ons.” Hy staan op.

“Baie dankie. Kan ek help met iets?” vra Emma.

“Nee wat. Stap met die gang af en die eerste deur aan jou regterkant is vir gaste. Daar’s ‘n bad en ‘n vars opgemaakte bed. Gaan ontspan … wat ook al. Daar is japonne agter die badkamerdeur. Ek sal u roep as ons kos reg is. U eet wors en eiers?”

“Graag … U is baie gaaf, is dit nie moeite nie?”

Hy skud sy kop. Sy stap in die gang af.

***

Emma neem met goedkeuring die pastelskakerings van die slaapkamer waar. Die mure, die mat en die beddeken is almal in nuanses van ligpers, grys en pêrelpienk gekleur.

Sy gaan sit op die bed en skop haar skoene uit. Die matras is net reg, nie te sag of nie te styf nie! Sy laat haar bolyf terugval. Salig! Emma kom egter weer orent; haar gasheer roep dalk nou-nou vir ete.

Na sy heerlik gebad het, vou sy haarself in die knussige pluiswol-japon in. Sy’t net haar pêntie weer aangetrek. Sy vee haar haarborsel deur haar hare voor die spieël toe daar ‘n kloppie aan die kamerdeur is.

Emma spring op, maak die gordel van die japon bietjie stywer vas en stap deur toe. Sy maak oop. Darius staan daar geklee in ‘n geel visnet-hempie met ‘n kortbroek. As sy afkyk, sien sy hy is kaalvoet! Daai voete! Sjit, en hy het die mooiste buikspiere! dink sy as haar oë weer opgaan na sy bolyf.

“Jy kan kom eet as jy wil,” nooi hy haar glimlaggend.

Sy sien hoe hy haar, in die kort japonnetjie, vinnig op en af bekyk.

“Dankie, ons maak so,” antwoord sy en stap vooruit, haar kaal voete sag skuifelend oor die vloer.

Goeie hel! Sy’t die mooiste bene! flits dit deur Darius se brein. Hy voel ‘n klopping in sy meneer in sy broek!

Hulle het soos ou vriende gesels tydens hul ete. Sy’t uitgebrei oor haar kennis van versekering, wat vir haar ‘n roeping is. Hy’t gesels oor sy plaas en sy liefde daarvoor.

Emma wou help opruim, maar hy’t net gesê: “Los dit vir die huishulp, môre …”

‘n Oomblik later vervolg hy: “Ek neem altyd ‘n likeurtjie op my stoep na ete. Wil jy ook een neem, of eerder gaan slaap?”

Sonder om te antwoord, maar met ‘n glimlag wat sy na sy kant toe gooi, stap sy uit stoep toe. Sy gaan sit op die divan. Die stoep is donker, buiten die ligbaan van binne die huis deur die oop deur.

Emma sien die ligbaan verdonker as Darius te voorskyn kom met twee kelkies in sy hande. Hy gaan sit langs haar nadat hy haar glasie vir haar gegee het.

“Op jou Volksie môre!” lag hy en klink glasies met haar.

Emma ruik sy sterk lyf langs haar en voel ‘n hoendervleis op haar arms. Dis asof ‘n vasgehokte dier hier by haar asemhaal.

“So met jou wat alleen hier bly, Darius, het jy al aan trou gedink? Mens het mos maar iemand nodig op ‘n plaas, vir allerhande goed – en geselskap, verskillende soorte geselskap.

Darius wonder wat sy bedoel met “verskillende soorte geselskap”.

“Ja, ek was verloof. Maar Truida kon nie, of wou nie, aanpas op die plaas nie en is vort, terug stad toe. Dit was sowat ‘n jaar terug … ”

Hy sien Emma sluk diepdenkend aan haar likeurtjie. As sy na hom kyk, weet hy nie of dit uit simpatie of uit verligting is dat hy nog ‘n vrygesel is nie.

“En jy? Is daar iemand in jou lewe?” Hy plaas sy leë glasie op die vloer langs hom neer.

“Nee wat, omdat ek weens my beroep so baie uithuisig is, is daar nie kans vir ‘n vaste verhouding nie.” Sy lag saggies en ledig haar kelkie.

Sy hand omsluit skielik hare om die glasie te neem. Sy kyk op na sy gesig.

“Dis soms maar swaar sonder ‘n vrou. ‘n Man het maar sy behoeftes,” sê Darius filosofies.

“Moenie ons vrouens by daai wysheid van jou uitlaat nie.” Emma kyk betekenisvol vir hom terwyl sy dit sê. Vir ‘n oomblik ontmoet hul oë meer intiem as nog ooit tevore vanaand.

Haar glasie nog steeds in sy linkerhand, gaan sy ander hand agter om haar hoof. Stadig trek hy haar mond na sy lippe toe.

Kortstondig kap Emma se gewete teë. Maar die drif en drang in sy lippe en tong oorrompel haar. Emma se tong soek-soek teen sy verhemelte.

Sy regterhand is skielik binne die kraag van die japon en op haar skouer. Sy voel hoe die japon heeltemal oopval as sy vir ‘n oomblik haar gesig van syne wegtrek. Albei haar hande gaan om sy nek. Dan kom haar gesig weer nader. Sy dwing sy mond om haar oor te neem as sy regterhand weer na haar agterkop gaan en haar nadertrek.

Darius voel sy behoefte oorneem. Die glasie spat in skerwe spat op die stoepvloer as hy haastig sy linkerhand vrymaak en dit na haar regterbors bring. Hy begin haar sagte bors te druk, tot hy haar tepel voel. Sy penis is kliphard in sy kortbroek en klop van lus. Hy lig haar pram op en laat sak sy kop sodat hy die stokstywe tepel in sy mond kan neem. Dit proe soos ‘n druiwekorrel wat net moet oopbars.

“Ag tog … ag tog,” hyg sy. Haar hande soek van pure lekkerkry oor sy visnet-top na vashouplek. Sy laat sak haar hande en pluk die hemp aan die onderkant op en trek dit na bo oor sy lyf. Hy lig sy arms om haar die kledingstuk behoorlik te laat verwyder. Die hemp val op die vloer … êrens.

Hy staan op en trek haar saam op aan haar lyf. Hy beduie vir haar dat hulle eenkant toe moet staan, om van die glasstukkies op die stoepvloer weg te kom.

As hy weer voor haar staan, stroop sy hande die japon van haar skouers af. Sy laat toe dat dit op die vloer val, sy nou skamel in haar pienk broekie alleen.

Darius trek sy kortbroek af en met ‘n buk klim hy daaruit en gooi dit eenkant toe. Asof sy kortbroekverwyderende gebaar ‘n antwoord nodig het, begin Emma die pêntie met haar hande ondertoe werk. As die eerste van haar skaamhaartjies bo die rand verskyn, buk Darius weer. Met heelwat groter spoed as wat sy gehad het, trek hy die pêntie af tot op haar voete. Hy help haar om daaruit te stap.

Met die afbuigslag het hy haar opgeswelde vrug met ‘n klossie hare aan die bokant van naby gesien. Wanneer laas het hy so ‘n mooi gesig gesien? wonder hy vir ‘n oomblik.

Wanneer Darius weer orent staan, staan sy stok regop in die lug. Dit troon trillend byna teen sy maag op, so volmaak is sy ereksie.

Emma sien sy manjifieke trul vir ‘n oomblik voordat sy haar arms oplig, teen hom kom staan en hom openlik nooi om haar te neem.

Darius kyk na die vol, ronde, opgehewe tiete en die fris bobene met die driehoek tussenin. Sy arms gaan om haar onderlyf. Hy tel haar op met sy hande om haar onderboude. Haar bene vou dadelik om sy middel. Haar arms gaan weer om sy skouers en sy suig-suig teen sy nek op met toe oë. Hul monde vind mekaar wellustig.

Dan voel sy hoe hy haar teen sy lyf laat afsak, die heuwel en lippies van haar moemfie heerlik afglyend teen die spiere van sy buik – daai blokkiespiere! Sy voel hoe hy haar onderlyf ‘n entjie van hom wegdruk en effe van links na regs beweeg, totdat sy peniskop sy teiken vind. Dan voel sy hoe sy penis heerlik in haar begin ingaan soos Darius haar stadig verder laat sak.

Darius voel haar neerbewegende skede stadig om sy voël vou. Dis soos goue olie wat hom balsem.

“Jissie,” roep hy uit as hy haar nie verder kan laat sak nie. Dit is nou tyd vir aksie. Met sy bekken wat stadig vorentoe en agtertoe begin skarnier, terwyl sy hande onder haar boude haar lyf in pas daarmee op en af laat gaan, laat hy sy penis met egalige hale in en uit beweeg.

“O, Darius!” prewel sy. Die bietjie pyn van sy groot swingel verander in suiwer plesier as sy, met haar dye styf knellend om sy middel, saam met hom begin beweeg. Met haar binnedye ryend op sy heupe, swaai haar onderbene wild op en af soos haar afwaartse oorglyhale sy opwaartse steekhale elke keer ontmoet.

Hy ry haar hard, sy vingers in haar boude ingrawend soos hy haar toelaat om op en neer te gaan terwyl hy sy flink teenstote van onder af gee.

Emma se borste klap-klap teen Darius se bors soos hul fanaties naai. Dan voel sy haar klimaks opstoot van êrens binne haar. Sy ontplof in orgasme. Haar koekwande knel sy horing vas asof sy dit wil melk, terwyl haar lyf woes teen hom ry.

Deur op te hou stoot, slaag Darius daarin om sy orgasme ‘n bietjie langer teë te hou. Maar omdat hy so lanklaas gesteek het en Emma so teen sy lyf tekere gaan, voel hy nou die bekende opstoot van die kom in hom!

Hy lig Emma van hom af en gryp sy voël vas, sodat dit nie weer in haar ingaan nie. Want hy weet nie of sy beskermd is nie. Sy sak op haar knieë neer voor hom, gereed om sy blinkgenaaide orgaan in haar mond te neem. Maar dis ietwat te laat vir orale plesier. Terwyl haar onderlyf die laaste stuiptrekkings gee van haar klimaks – haar heupies vorentoe en agtertoe rukkend – skiet sy piel straal na straal oor haar gesig. Met neus, wange en wenkbroue geelwit beblerts, kyk sy vervaard maar hoogs tevrede op na hom.

Wanneer sy sien dat hy die laaste bietjie wil uitpers, neem sy sy hand weg met hare.

Sy vou die lippe van haar mond om sy voël. Sy proe die laaste bietjie kom in haar mond en suig en drink dit in. Sy rol sy akker in haar kieste. ‘n Rilling gaan deur haar lyf van pure genot as sy sien hoe hy dit, met sy oë toe, waardeer.

As sy uiteindelik haar mond van sy penis wegtrek, plaas Darius sy hande saggies op haar hare. Hy buk dan en trek haar liggaam op teen syne.

“Dankie, ek het dit nodig gehad,” prewel hy tussen haar hare.

“Ek ook,” sê sy saggies en rus haar wang teen sy bors. “Dankie vir Kewers wat gaan staan.”

 

3 thoughts on “Ek het dit nodig gehad

  • Willewill

    Dankie Jan! Het jy groot voete? ☺

    Reply
    • Jan Pielewiet

      I wish. Hooflid van die klein pielietjie bende!

      Reply
  • Jan Pielewiet

    Julle weet mos wat sê hulle van manne met groot voete.
    Knap storie, heerlik ingeleef. Hoop sy kuier sommer gereeld op die plaas.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)