Die Plekkie daarbo

0
Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Wille Will

(Taalversorging deur Lusman)

Altus sit op ‘n houtbank in die park wat naby sy kantoor geleë is.

Dis sy middagete-breek en hy kom soms hier sy toebroodjies eet en dan van die krummels voer aan die duiwe voor hy teruggaan kantoor toe.
Dis ‘n heerlike somersmiddag en baie mense stap deur die park op soek na ‘n blaaskans. Hy’t ‘n donkerbril op en verkyk hom aan al die mense met hul (soms) snaakse gewoontes sonder dat hul bewus is daarvan.

Hy leun agteroor en gooi sy arms weerskante van hom op die bank se leuning. Op ‘n bankie skuins oorkant hom sit ‘n ou paartjie met ‘n Skotse terriër wat lê en slaap by hul voete. Die vrou sit en brei en haar man staar in die lug op asof hy soek na iets. Sy hande rus op ‘n loopkierie wat regop tussen sy bene rus.

Reg oorkant Altus sit ‘n vrou en lees in ‘n boek. Sy leun met haar elmboog op die bank se leuning terwyl daardie hand se vier vingers ook ‘n skansie vorm op haar voorkop vir die son sodat sy kan lees. Die ander hand hou die oop boek vas op haar skoot en haar mooi bene in die geblomde somersromp is oormekaar gekruis. Die romp kom tot op haar knieë en sy het ‘n wit deurskynende bloes aan met halterstreppies oor haar bolyf.
Hy kan nie veel van haar gesig sien nie, want haar kop is afgebuig na die boek en haar koperrooi, kortgeknipte hare skitter in die son. Hy kyk ‘n oomblik na haar pragtige kuite en lig dan weer sy kop effens op om van die ander mense te bekyk.

‘n Man kom staan by sy bank en hy skuif vriendelik op dat die man langs hom kan kom sit. Die man mompel iets soos “thank you ” en slaan dadelik sy koerant oop en begin lees. Na Altus weer gemaklik geskuif het, kyk hy op en sien hoe die vrou haar bene weer anderkant toe kruis. Hy sien ‘n flits van haar binnedye en sy oë rek. Hy’s seker hy kon sien dat sy nie ‘n pêntie aan het nie! Hy kyk op na haar gesig net toe sy haar hand deur haar hare stoot. Hul oë ontmoet ‘n oomblik en hy gee ‘n groetknik in haar rigting. Sy antwoord met ‘n effense glimlag en kyk weer af na haar boek. Altwee hande hou nou die boek vas en hy merk aan die twee donker kolle wat deur die bloes skyn dat sy blykbaar ook nie ‘n bra aan het nie!

Hierdie “geen-onderklere” is vir hom eroties en hy voel ‘n warm stuwing in sy broek en kruis maar sy bene ook. Hy draai sy kop onbelangstellend na regs om ander mense te bekyk, maar uit die hoek van sy oog bly sy aandag by die vrou oorkant hom. Haar een hofskoen wieg saggies heen en weer aan die voet van die been wat bo-oor gekruis is; die skoen hang net-net aan haar tone, asof dit op verlossing wag.

Die oomblik toe die swaartekrag wen en die skoen val, gebeur verskeie dinge bykans gelyk. Die hondjie vlieg op, gryp die skoen en hardloop weg soos ‘n vetgesmeerde blits, die vrou, wat seker geskrik het, gil en lig haar bene hoog op, sou die hond haar wou byt – en bewys aan hom dat sy met ‘n naakte koekie daar sit. Altus spring op om die hond agterna te sit. Hy hoor die ou mense roep: “Buster! Buster!” en sien dan ‘Buster’ het op die gras gaan lê en lek aan die skoen.

Hy kom stadig nader en roep saggies “Buster,” herhaaldelik. Die hond kyk op na hom met die skoen tussen sy voorpote en draai sy koppie skuins asof hy nie weet wat die man soek nie. Altus hurk ‘n tree van hom af en hou sy hand, palm na bo, uit en moedig die hondjie aan met soengeluidjies. Buster staan op en kom tot by sy hand en lek aan sy vingers.

“Come here, you naughty boy,” hoor hy die ou tannie se stem kort agter sy rug en die outjie vlieg op en hardloop en spring in die ou vrou se arms.

“Thank you,” gooi sy oor haar skouer terwyl sy terugstap na haar man toe.

Hy tel die skoen op en sien dis darem meer spoeg as skade en stap terug terwyl hy die skoen droogvee teen sy broek.

Die vrou staan met ‘n diep blos op haar gesig hom en inwag by haar bank met een voet stewig in die ander skoen.
“Baie dankie … askies, is jy miskien Afrikaans?”

Hy glimlag met ‘n knopknik. “Sou ‘n dilemma wees as jy met een skoen moes teruggaan werk toe … of waar ook al?”

“Nee wat, ek werk aan my tesis, ek gaan huis toe. Kan ek jou ‘n koppie koffie of tee aanbied om dankie te sê?” Sy trek die skoen weer staan-staan aan haar voet.

“Sal lekker wees, dankie, my naam is Altus,” steek hy sy hand uit na haar.

Sy reageer nie, maar begin stap en sê: “Hulle noem my Adrí … bly te kenne. Ek bly naby in ‘n plekkie daarbo … ‘n dakwoonstel.” Sy beduie op na ‘n kantoorblok reg langs die park.

Toe die hysbak se deure geluidloos toeskuif, plaas hy sy donkerbril in sy hempsak en kyk haar vining op en af terwyl sy die nodige knoppie druk. Stewige regop tiete, dunnerige middeltjie, uitlokkende heupe en pragtige bene daaronder.

Die suis van die hysbak is vinnig en hulle glimlag maar net vir mekaar wanneer die spoed afneem en die deure weer saggies oopskuif.

Op die vloer is daar net een voordeur, oorkant die hysbak en Adrí druk ‘n alarmontsluitknoppie op haar sleutelring en sluit dan die deur oop en wys hom na binne. Wanneer hulle gaan sit op een van die keurige sofas vra hy haar of hy net gou sy vennoot kan bel.

“Gerus, ek skakel solank die ketel aan. Koffie of tee?”

“Wat jy ook al drink is in die haak met my … Hallo, is dit jy Wikus?” praat hy in die foon in, “ek gaan bietjie laat terug wees van ete af of dalk eers more, klein ongelukkie gehad innie park, laat weet jou net, sal jou nog vertel, gaan nou gou dokter toe.”

Hy plaas die selfoon op die tafeltjie langs die sofa.

Wanneer hy weer opkyk is die twee pragtige tiete met die twee donker kolle sentimeters van sy gesig af wanneer sy die koffiebeker vir hom aangee. Hy ruik ‘n sensuele, laventelgeur van haar parfuum en dan gaan sit sy op die opgestopte leunstoel oorkant hom met haar koffie.

“Ek het ‘n skeutjie Kïrchenwasser ingegooi in stede van melk en suiker, want dis lekkerder en gee mens oemf,” glimlag sy terwyl sy haar bene oorkruis.

Altus het haar kaalgeskeerde poesiegleuf nou duidelik van naby gesien en hy voel hoe sy voël kliphard begin rys.

“Dankie vir die red van my skoen, ek sou hinkepink moes loop” lag sy. Altus lag saam en neem dan ‘n sluk van die koffie terwyl die ander hand oor sy bobeen skuif om sy horing bietjie plat te druk.

“Jy’t ‘n pragtige plek hier,” knoop hy ‘n gesprek aan voor daar ‘n ongemaklike stilte ontstaan. “Woon jy alleen of is daar iemand saam met jou?”

Adri gee weer ‘n kortlaggie “Nee, ek is nou al ‘n jaar vingeralleen” Sy waai haar linkerhand sonder ringe in die lug. “Ek was getroud, geen kinders nie. Ek is 32 jaar oud, selfonderhoudend en skryf aan my nagraadse tesis. Ek probeer my lewe nou ten volle te leef.”

“My eks het aan die anderkant van die draad begin wei … laggie … en jy?” Sy ontkruis haar bene en leun vorentoe met haar hande saamgevou voor haar, asof sy antwoord saak gaan maak.

“Ek en ‘n varsity-pêl het ‘n makelaarsvennootskap en werk redelik hard, ek is 28 en is nog loshotnot … nie genoeg ure in ‘n dag om ‘n vaste verhouding met iemand te hê nie.”

Altus glimlag vir haar.

Adrí tel haar koffiebeker op en drink dit leeg. Met haar ander hand streel sy, onbewustelik(?) oor haar een bors tot in haar skoot voor sy weer terugleun in haar stoel.

Altus het die beweging gemerk en sien hoe die tepel nou regop staan en beur teen die bloes waar sy so pas gestreel het. Hy kyk weer op na haar oë.
Met ‘n amusante glimlag kyk sy vir hom: “Maar mens moet tog ook sosiaal verkeer? Sport, teater, musiek, die estetiese en sulke dinge deel en geniet met medeliefhebbers en vir geestelike behoeftes en miskien fisieke drange voorsiening maak? Of is jy ‘n robot?”

Sy bars uit van die lag en staan op. By die muur oorkant hulle skop sy haar skoene uit, onder ‘n buffet in. Sy tel ‘n afstandsbeheer op en na ‘n paar drukkies sit sy dit weer neer op die buffetblad.

Chris de Burgh se Lady in Red vul en streel skielik uit versteekte luidsprekers die gelaaide atmosfeer.

“Kom dans met my, asseblief,” tree sy tot voor hom met een hand uitgestrek na hom. In sy gesigsveld is nou net die romp en die ongelooflike kaalvoet bene. Hy staan op en plaas haar hand teen haar sy en vou sy arms om haar dat sy twee hande op haar boude rus. Terwyl hy ‘n skuifelstappie gee en haar lyf effens teen sy eie druk, kyk hy in haar oë en sê: “Jy’s ook ‘n andereen … (laggie)

Haar amandelkleur oë lag vraend in syne en haar halfoop mond se lippies blink as sy sensueel haar tong daaroor laat gaan.

Hierdie buitengewone omstandighede, die mooi vrou en die seksuele innuendo’s raak te veel vir Altus en hy buk af en soen haar liggies op haar mond. Sy ruk haar kop weg, kyk vraend in sy oë en dan trek sy met haar hand sy hoof na haar toe en maak haar mond oop en soen hom met oorgawe.
Die nektar van haar mond en die bye-tong wat dartelend sy tong soek suis deur sy kop en hy druk haar twee boude vas teen sy eie lyf. Hulle drink en sluk mekaar op maar dan staan sy terug.

There’s nobody here but you and me
And that’s where I want to be

sing De Burgh en Adrí begin sy hemp se knope losmaak terwyl haar oë indringend in syne bly. Hy laat sak sy arms wanneer sy die hemp van sy skouers afstroop en dit op die vloer val. Met een beweging trek sy dan haar bloes oor haar kop en dit val op sy hemp.

“Raak nou blêddie warm” sug sy saggies en trek sy kop af na haar ontblote borste. Die “donker kolle op die bloes” is nou twee robynrooi tepels wat orent staan en smeek vir aandag. Altus steek sy tong uit en tippietoets altwee net rakelings maar dan druk Adrí sy mond vas teen een bors en hy neem die tepel ten volle in sy mond en suig dit hard. Haar naels trek lang hale oor sy gebukkende rug wanneer sy ‘n uitroepie gee “Jis, dis lekker!”

Sy hande het intussen die romp begin afskuif oor haar heupe. Hy trek sy mond weg van haar bors en skuif die romp tot op die vloer. Sy oë is nou sentimeters van haar kaalgeskeerde heuwel af en hy ruik die muskus van haar drange. Hy lek haar spleet vining van onder na bo en haar onderlyf ruk, maar dan trek sy hom op aan sy skouers. Hy kyk vir haar asof hy nou ‘n grens oorgesteek het maar sy sê: “Dis bietjie unfair, lover, jy’t nog jou broek aan.”

Sy vingers is dom om die broekgordel vining genoeg te ontgespe, die ritssluiter af te trek en met sy duime, ingehaak, die broek sommer saam met die onderbroek af te skuif vloer toe. Sy erekte voël slaan op teen sy maag as hy regop kom en Adrí stap uit haar opgefrommelde romp op die vloer en slaan haar arms om sy lyf sodat hul liggame weer gesweis is.

Hy gryp haar kort vlammehare in sy een hand en plaas sy mond weer gulsig oor hare. Hy voel hoe sy haar een hand opskuif tussen hul lendes en sy balsak begin vrywe terwyl sy blykbaar haar eie klit terselfdertyd saam kielie.

Altus se ander hand is op haar boude en hy skuif sy voorvinger op en af deur haar anusgleuf.

“Altus, … asseblief” skeur sy haar mond uit syne en hy voel haar onderlyf begin heen en weer slaan teen syne.

Hy tel haar soos blits op teen sy lyf en voel hoe sy sy voël soek en dan dit met een harde druk in haarself indruk. Sy hande is nou om haar skouers en sy ry hom genadeloos en hard, haar arms om sy nek en grom- en gilgeluide kom uit haar mond wanneer sy dan klimaks. Hy hou aan stoot tot hy die uiterste genot voel opstoot in sy meneer en dan ontplof hy in haar. Sy’t blykbaar ‘n tweede asem geskep want sy ry hom nou weer flink. Met haar koekwande wat vasklem en los om sy voël melk sy elke druppel van sy saad uit hom. Die genot is intens.

Sy hande om haar boude hou haar opgelig en dit voel aan sy kloppende voël asof hy nog steeds kom binne-in haar. Haar natgeswete kop rus teen sy wang as sy fluister: “Ons is nog nie klaar nie.”

Altus sien deur die venster dit het skemer begin raak.

dancing cheek to cheek
I’ll never forget the way you look tonight

0

11 thoughts on “Die Plekkie daarbo

  • Avatar
    May 4, 2019 at 10:10 am
    Permalink

    Mooi en lekker lees storie

    Reply
  • Avatar
    Apr 20, 2019 at 6:34 am
    Permalink

    Dankie al die Kombiekiehierders wat blykbaar lekker gelees het aan hierdie storie!
    Dis dit wat mens aanmoedig om die baie stories wat in jou gedagtes lê en broei uit hul nes te haal♥

    Reply
  • Avatar
    Apr 17, 2019 at 6:38 pm
    Permalink

    Dankie Wille…lekker gelees.
    Ek wag vd opvolg

    Reply
  • Avatar
    Apr 12, 2019 at 7:50 am
    Permalink

    EN daar doen die ou meester dit weer. Absoluut puik geskryf ou Will, dit baie geniet.

    Reply
  • Avatar
    Apr 11, 2019 at 4:53 pm
    Permalink

    “…dankie,Annelise”
    Solank die lesers my stories geniet sal ek aanhou skryf, my vevulling lê in hullle genot daarvan.
    …en joune.

    Reply
  • Avatar
    Apr 11, 2019 at 3:40 pm
    Permalink

    Weer ‘n goeie ene, Wille Will.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)