
Die Nuwe Sjef
deur Ramkat Erasmus
Vir meeste mense is restaurante romantiese, bekoorlike plekke waar hulle kan gaan ontspan, kuier, flankeer of selfs die ja-woord vra. Vir my is ‘n restaurant ‘n eindelose stryd teen kakkerlakke, ongeskikte mense, gesteelde kredietkaarte, lui kelners en temperamentele kombuispersoneel.
My nuutste besigheid is ‘n bistro in ‘n skaduryke voorstad van Pretoria (of Tshwane) waar voorheen ‘n ‘steakhouse’ was. Die ‘steakhouse’ moes padgee voor die veranderlike natuur van die samelewing en mode en die opskiet van gesondheidswinkels, yoga en pilates ateljees en koffiewinkels wat alles maak behalwe koffie.
Ek besit reeds drie restaurante in verskeie ander dele van die Jakarandastad en die bistro is vir my ‘n eksperiment, eerder as ‘n plek wat ek weet goed geld gaan maak.
Blou Bul ondersteuners is maklik. Solank die drank koud is, die kelnerinne mooi en vriendelik, en die stuk vleis groter as die bord waarop dit bedien word, kry mens min klagtes en min ontevrede klante. Gooi nou nog ‘n paar groot skerms in waarop sport en Fashion TV gewys word (maar net die “lingerie shows”) en jy het eintlik ‘n lisensie om jou eie geld te druk.
Maar die bistro is ‘n nuwe poging. Dalk aan my kant maar net ‘n behoefte om klante te trek wat nie brandewyn saam met Coke drink nie, maar dalk eerder konjak (sonder Coke). Klante wat klein pikante brokkies op hul bord soek wat gelaai is met smaak, eerder as ‘n homp beesvleis met sous oor (saam met ‘n halwe hoender in plaas van slaai.)
Ek het lank geredekawel met ontwerpers en konsultante, asook die bank en geboueienaar, maar eindelik is almal tevrede en ek kan begin werk aan my bistro.
Na ‘n paar weke is die dop van die restaurant gereed en geverf en meubels kom in. My kantoor is reg, geslote kring tv is in, die blinknuwe kombuis is ten duurste geinstalleer en ek begin my soektog na ‘n sjef. Terwyl skrynwerkers beligting wegsteek en meubels inbou, hou ek onderhoude met een aspirant sjef na die ander.
Ek het ‘n effense reputasie sodat daar heelparty sjefs is wat nie by die eerste onderhoud verbykom nie. Hulle verstaan nie dat ek die keer nie weer ‘n ‘steakhouse’ gaan oopmaak nie. Na twee weke het ek ‘n kortlys van 4 kandidate en ek reël met elkeen ‘n dag om vir my te kom kook.
Guiseppe (eintlik Alwyn) het in passasierskepe die wêreld vol gewerk. Sy kos is ‘French fusion’ met sterk Vietnamese en Koreaanse invloede. Dis vroetelrig en pretensieus en ek weet selfs Waterkloof se dollas gaan nie byt kry daaraan nie. Trek ‘n streep deur sy naam.
Wilson is volgende. ‘n Malawiër wat al in ‘n paar top plekke gewerk het. Goeie verwysings, goeie hande, maar min verbeelding. Hy kan resepteboeke oopslaan en perfekte en slaafs nagevolgde bekende disse doen, maar gee hom maroelas en koedoe en vra hom om iets daarmee te skep en hy’s verlore. Nog ‘n streep.
Alvin beindruk my. Hy’s ‘n jong Maleier uit die bo-Kaap en hy kan kook! Ek gooi hom met die snaakse bestandele en hy kry elke keer iets op my bord wat interessant en baie lekker is. Ek sit ‘n regmerkie agter sy naam en wonder wat ek hom gaan aanbied. Dit gaan duur wees, maar ‘n sjef soos hy is net wat ‘n potensiële smulpaap-paradys nodig het. Regmerk agter sy naam!
Helaas, moet ek nog een sjef laat kook. Sy stap 5 minute vroeg die restaurant in. Sjef broek en baadjie tot by die nek toegeknoop met ‘n rooi serpie en haar rooierige hare in ‘n bolla onder ‘n sjefkeppie. In haar hand is ‘n sak met haar messe en ander persoonlike toerusting. Sy groet my met ‘n ferm handdruk en sê sy is reg om te begin.
Met haar onderhoud was sy vriendeliker, met ‘n rooi knielengte rok, laerige hals en hare los en gekrul op haar skouers. Ek het nogal gedink sy’s te mooi om ‘n sjef te wees, met haar vroulikheid sal sy nooit ‘n vol kombuis kan intimideer nie. Haar kennis en entoesiasme het my egter oorreed om haar ‘n kans te gee.
Hanlie het vanoggend geen vroulikheid in haar houding of klere nie. Haar boesem is gepantser, haar keel verdoesel en haar bene versteek. Ek is spyt dat ek haar gevra het. Nie oor haar professionele houding nie, maar oor Alvin. Sy sal wragtig moet kook om hom uit te stof, en die dag is dalk net ‘n mors van tyd.
Ek vat haar op ‘n toer deur die kombuis, verduidelik weer watter tipe cuisine ek wil voorsit en gee haar ‘n spens vol bestandele om van te kies. Die eerste toets is ‘n driegang maaltyd van haar keuse, en sy het twee ure. Ek waarsku haar dat daar geen speling in terme van tyd of styl is nie. Sy knik ongeduldig en sê ek kan oor presies twee ure terug wees.
Ek stel die kombuiswekker en loop kantoor toe vir nog ‘n rondte met die bouers, skrynwerkers, loodgieters en diverse ander duwweltjies op my pad. Elke nou en dan kyk ek wat sy doen op die geslotekring televisie, maar sy doen niks vreemds nie. Net dit wat professionele sjefs die wêreld oor doen, sny en kap en bak en brou.
Presies twee ure later loop ek weer kombuis toe. Hanlie het ‘n tafeltjie eenkant gedek met ‘n tafeldoek uit die stoor, borde en messegoed. Dis bietjie Frans en fyn vir my smaak, maar nou ja…
Haar voorgereg is ‘n konkoksie van vis met garnale en ‘n pikante sous wat wil-wil bekend proe, maar tog elke keer verras met ‘n smaak nuanse wat net-net daar is. Indrukwekkend.
Terwyl ek proe, werskaf sy agter die stoof. Haar hare het losgekom en hang in ‘n sliert oor haar een oog. Elke nou en dan vee sy die sliert weg met die agterkant van haar hand. Ek kom agter dat ek haar dophou en nie eet nie, en ek vat haastig nog ‘n hap en stoot dan die bord eenkant toe. Sy sien dit, kom nader en vat die bord weg. Sy moet seker terleurgesteld wees dat ek nie alles opgeëet het nie, maar haar gesig wys niks. Sy vra net ernstig of ek reg is vir die hoofgereg.
Haar hoofgereg is engelhaarpasta met foie gras en eendvel krakeling. Die pasta is lig en perfek, die foie gras is in botter gebraai en die eendvel is krakerig en bros en gelaai met smaak. Ek smul behoorlik terwyl sy net staan en kyk. As ek halfpad deur is besef ek dat ek nog ‘n paar disse gaan moet proe en ek volstaan.
“Heerlik”, brom ek en sy vat die bord weg.
As sy met die nagreg terugkom sien ek sy het die sliert hare weer onder die sjefkeppie ingedruk.
Haar poeding is ‘n sjokolade mousse met ‘n suikerdraad kappie oor. Ek is teleurgesteld. Sjokolade mousse? Selfs al het sy die moeite gedoen met die suikerdraad kappie, is dit nie die soort van opwinding wat ek soek nie. Ek sug, haal die suikerdraad versigtig af, maar as ek dit eenkant probeer neersit, breek die bros dingetjie in stukkies. My lepel voel-voel aan die mousse vir tekstuur en dan vat ek ‘n happie.
Ek kan nie glo wat ek proe nie …
Ek kyk verbaas op en sy staan vasgenael na my en kyk. Ek besef, amper verbaas, haar oë is diep blou. Ek rol die mousse in my mond rond. Sjokolade ja, maar ook chilli en iets anders. Weer rol ek die soet branderigheid in my mond om, terwyl ek steeds in haar oë kyk. Maroela? Kiwi? Ek sluk en haar tongetjie glip pienk oor haar lippe.
“Wat is dit?” vra ek.
“My resep.”
“Sjokolade, chili’s, en?”
Sy glimlag effens en skud haar kop. “Ek deel dit net met jou as ek die werk kry. Hou jy daarvan?”
Ek knik, vat nog ‘n happie. Asemrowend. Ek beduie sy moet kom sit. Sy trek ‘n stoel nader en sit teenoor my. Wat my besiel weet ek nie, maar ek vat weer ‘n skeppie en hou dit na haar toe uit. Sy kyk vir ‘n oomblik met ‘n effense fronsie na my, maar dan leun sy vorentoe sonder om haar blik van my oë af te haal. Haar mond gaan oop, die tongetjie glip uit en sy lek die mousse van die lepel af. Dan, vir die eerste keer, kyk ek nie diep in haar oë nie. Sy maak hulle stadig toe en verlustig haar in die smaakontploffing. Sy maak haar oë oop en lek oor haar lippe. ‘n Stukkie mousse bly in haar mondhoek sit.
“Sê my wat jy daar in het …” probeer ek weer.
Sy glimlag, skud weer haar kop en leun vorentoe met haar mond effens oop. Ek skep weer ‘n skeppie en hou dit vir haar. Die keer steek sy haar tong ver uit en ek dop die lepel om en laat die mousse op haar tong afgly, sy gee ‘n lekkie en rol die sjokolade in haar mond rond. Weer glip haar tong oor haar lippe en weer bly ‘n stukkie mousse agter.
Ek steek my hand uit en begin die sjokolade van haar lip afvee. Vir een of ander rede maak ek nie klaar nie, maar sit net so en kyk in haar oë met my vinger teen haar mondhoek. Stadig, baie stadig, draai sy haar kop en laat my vinger in haar mond ingly. Sy suig my vinger saggies in haar mond in tot by die tweede kneukel en dan voel ek hoe haar tong saggies teen my vingerpunt druk.
Versigtig glip my vinger uit, nou bruin van die sjokolade in haar mond. Dan suig sy my weer in.
So sit ons vir ‘n ewigheid terwyl sy my vinger stadig insuig en weer uitstoot, totdat daar nie meer sjokolade in haar mond oor is nie. Ek laat my hand val, my mond droog, my hart galoppend in my bors.
Sy vat die bakkie met die sjokolade in, druk haar vinger daarin en hou dit vir my uit. Ek lek die sjokolade saggies af, en alhoewel sy haar vinger in my mond wil indruk, keer ek met my tong en lek haar vinger skoon. Nog ‘n vingervol sjokolade, nog ‘n skoonlek. En dan skielik is die bakkie leeg. Sy trek haar vinger ‘n laaste keer deur die bakkie, lek dit af en staan op. Ek kom agter dat sy net so swaar asemhaal soos ek. Sy loop na die werkstasie agter die stoof en gaan staan met haar rug na my toe.
Dan haal sy die sjefkeppie af. Haar rooi hare glip uit en rol oor haar skouers. Ek sien hoe sy die serpie losmaak en dan stadig begin om die kraakwit sjefbaadjie los te knoop. Ek staan op en loop na haar toe. As sy my voetstappe hoor draai sy weg, maar sy hou nie op om haar baadjie los te knoop nie.
Ek gaan staan agter haar en vat versigtig aan haar hare. Ek word bewus daarvan dat haar liggaaam effens verstyf het. Het ek verkeerd verstaan? Ek trek die hare weg en blaas in haar nek. Sy sug diep. Dan trek ek haar aan die heupe nader en byt haar liggies. Haar rug trek krom en sy kreun effens. Ek steek my hande onder die sjefbaadjie in en laat hulle stadig omgly na haar maag toe. ‘n Effense trilling woel oor haar vel. Haar maag is sag, plomperig en getuig van meer ure in die kombuis as op ‘n roeimasjien. Ek glip my vinger in haar naeltjie en rol dit versigtig rond. Dan beweeg ek my hande boontoe.
Sy’t ‘n sportbra aan wat verduidelik hoekom haar borste so styf gepanstser gelyk het onder haar baadjie. Sy buk effens vorentoe en druk haar boude terug teen my aan. Ek’s natuurlik so hard as kan kom en die keer is dit my beurt om te kreun.
Sy draai om en laat die baadjie van haar skouers afgly. Haar vel is marmerwit met net een moesie regs van haar naeltjie. Ek bekyk haar van bo tot onder. Haar oë is op my gesig, vraend, honger.
Dan lig sy haar hande en glip die bra behendig boontoe. Haar borste val uit hul tronk uit. Hulle is ewe groot, nie te swaar nie en ook nie te klein nie. Sjampanjeglasie-groote is omtrent reg. Die bra waai en sy staan bo-stukloos voor my. Haar tong glip weer oor haar lippe en dan begin sy my hemp losknoop. Sy wikkel dit uit my broek uit en gooi dit eenkant toe na waar haar bra en baadjie lê.
Haar vingers glip oor my bors en met haar kort naellaklose naels krap sy deur my borshare.
Ek wonder skielik oor die politiek van wat ons nou doen. Potensiele wernemer, baas, skrynwerkers in die eetsaal …
Ek druk haar weg en gaan grendel die deur wat na die eetsaal lei. Die deur het ‘n outydse ronde venster in en ek druk ‘n stuk karton daarin. Ek hoor bewegings van die werkstasie se kant af, maar maak klaar waarmee ek besig is. Ek draai om en sien hoe sy haar broek uittrek en wegskop. Haar onderbroekie is ‘n ordentlike, ‘sensible’, amper mansagtige katoen affêre. She Bear … Sy kyk op en sien dat ek na haar staar. Sy trek haar duime uit die onderbroekie se rek en staan regop. Wagtend…
Ek skop my skoene uit en loop in my kouse na haar toe terwyl ek my broek begin losmaak. Ek laat die broek val en dan staan ons teenoor mekaar, ek in my wit onderbroek en sy in hare.
Ek laat my oë lank en lui oor haar lyf gly. ‘n Treetjie vorentoe … nog een … en dan staan ons byna teen mekaar. Ek voel haar asem op my bors en nou dat ons albei sonder skoene is besef ek hoe klein sy is.
Sy glip haar hande onder die rekke van haar broekie in en ek doen dieselfde. Ons trek op dieselfde asemteug ons laaste bedekking uit. Sy is ‘n regte rooikop, en ‘n welige een daarby.
Ek skuifel nader en buk vorentoe om haar te soen. Haar sagte pienk tepels raak liggies teen my bors. Haar mond is nog vol sjokolade en chilli smaak, en ek verlustig my in haar. Dis meer lek as soen en sy staan met haar sagte lippe oop sodat ek met my tong in haar mond kan woel.
Dan vat sy aan my wortel wat nou al pynlik styf uit sy nate uit wil bars. Haar hand gly stadig op en af. Een keer, twee keer, drie keer en dan laat sy los. Ek wil net begin kla as sy my weer vasvat, die keer nie met die kaal hand nie.
Sy het haar hand in die oorblywende mengbak met mousse gedruk en smeer my nou met chilli-sjokolade. Daar is ‘n effense branderigheid aan die streling – veral as sy ‘n handvol mousse om my sakke vou.
Ek hou nie op om haar te soen nie, wil nie nader staan nie, want ek wil haar plek gee om my te streel en die puntjies van haar borste steeds saggies heen en weer en op en af teen my bors voel soos wat sy haar hand beweeg.
Ek voel-voel op die toonbank langs my, druk my hand in iets sag en romerig en smeer dit aan haar boude.
Haar sjokolade hand is nou goed besig en ek begin kreun, want die laaste keer was lank terug en ek kan nie meer uithou nie. Sy laat los en buk af, vat my in haar mond en as ek ontplof sluk en suig sy tot ek amper omval van die lamheid in my bene.
Ek trek haar regop, asem hortend terwyl die komrillings nog deur my trek. Die keer trek ek haar hard teen my vas en soen haar brutaal. Sy steun en ek gryp haar boude, voel die romerigheid en vryf dit in haar gleuf in. Sy snak keer op keer na asem en ek trek haar hoër op. Sy vryf haar welige rooibos teen my en die sensasie, so kort na ek gekom het, maak amper seer. Dan ruk sy een of twee keer in my arms, en word slap. Haar fyn tandjies gryp-gryp na een van my tepels en sy byt. Net voor dit te seer is, los sy en suig en lek aan my bors. Ek voel hoe ‘n handjie van my boud afgly en dan smeer sy mousse aan my tepel. Sy lek dit af, smeer weer, lek …
Ek draai haar om en buig haar oor die vlekvryestaal toonbank. Haar boude is geel en botterglibberig. Ek gaan op my kniëe en lek aan die botter. Ek trek haar boude oop en steek my tong in die donker spleet in, sy ril en ek lek die botter van haar rosyntjie af.
Ek voel-voel op die toonbank, kry weer die botterbak in die hande en smeer ‘n vingervol om die klein sultana en dan in haar gaatjie in.
Sy sug-kreun-huil en wil wegtrek, maar ek hou stadig en dringend aan, tot my vinger tot by die tweede kneukel in haar boudvruggie verdwyn. Sy word stil en net ‘n ligte vibrasie trek deur haar lyf. Ek lek die botter al om my vinger af.
Teen die tyd stroom daar ‘n geurige botter en chili-sjokoladesous aan die binnekante van haar bene af, gemeng met haar eie unieke geurigheid. Ek sak laer, druk haar verder vorentoe en kry my tong in haar sappige vrug in. Sy gil gedemp, ruk ‘n keer of twee en word slap oor die toonbank.
Ek gly af tot op die vloer en sy kom saam. Ons wriemel teen mekaar en smeer ons lywe met sous.
Die vloer word hard en koud en sy vra of ons kan opstaan. Teen die muur lê ‘n hoop splinternuwe tafeldoeke in plastiek toegedraai. Ek gryp na die sakke en skeur oop . Ek maak vir ons ‘n bed van vrolike linne en pof dit op om dit sag en warm te maak.
Terwyl ek so op my kniëe staan en bed opmaak, kom druk sy haar lyf van agter af teen my vas. Haar handjie omvou my pampoentjies en vryf, vryf, vryf. Ons rol om en gaan lê op die hoop tafeldoeke.
Vir die eerste keer sien ek haar van voor. Sy is ‘n tapisserie van spierwit vel, donker sjokolade en romerige botter. Sy lê terug en vryf haar lyf behaaglik, maak patrone op haar maag en oor haar borste.
“Nog,” sê sy en ek gaan gryp die botter en sjokolade bakke. Ek kry ‘n bottel heuning en dra dit saam. Ons gryp en smeer, gryp en smeer tot ons lywe albei taai en glibberig en soet is. Dan eet ons van mekaar af, lekkend, suigend, slurpend.
Haar mond is oral, haar hande soekend na iets om te streel of te trek of ‘n gat om in te verdwyn. Soos sy, lek ek vingers en tone en tepels en suig hulle as hulle naby my mond kom.
Dan klink die kombuiswekker …
Ek vlieg op, druk die ding dood en draai weer na haar toe. Sy lê hygend op die hoop tafeldoeke. Haar knieë opgetrek, haar bene oop haar hande strelend oor haar borste. Haar diep blou oë kyk na my.
Ek val op haar, druk haar bene oop en gly in haar in. Sy ril, klem haar bene om my middellyf en haar arms om my nek. Ek wil haar soen, maar sy draai haar kop weg en druk haar gesig in my nek.
“Nou! Nou! Nou!” wurg sy teen my nek uit.
Ek stoom teen haar in, iewers bewus dat my een knie van die tafeldoeke af is en op die koue vloer heen en weer skuif.
Sy trek my harder in haar in en ek kook!
Met gesamentlike kreune kry ons verligting en lê dan lank oormekaar en inmekaar.
“Hoe gaan ons by die huis kom?” vra sy skielik heeltemal uit die bloute. “Ek kan nie klere oor die gemors aantrek nie …”
“Dan sal ons maar hier moet bly. Hier’s ten minste genoeg kos vir ‘n hele paar dae …”
Ons begin giggel soos twee skoolkinders wat vir die eerste keer dokter-dokter speel. Na ‘n hele ruk gee sy my ‘n soen op my neus se punt.
“Dit was ‘n ernstige vraag …”
Ek beduie van die storte wat ek vir kombuis personeel laat insit het en sy knik tevrede.
My knieg is rooi en velaf geskaaf en ek het sjokolade en botter in elke kreukel en vou.
Sy staan op, haar rooi hare vaal en klam op haar skouers met bruin sjokoladevlekke oral op haar lyf. Haar rooi suikerbossie staan blink en welig voor my gesig.
“Kom jy saam? Ek was jou rug, dan was jy myne …”
“Ek moet net gou iets doen,” sê ek. “Maak solank die water warm …”
Sy draai met ‘n wipstappie om en loop heupswaaiend weg. Ek kry my broek, soek in die sakke en trek die selfoon uit. Ek soek en kry die nommer en bel.
“Hallo, Alvin?… Ja, dis ek… Jammer man, maar jy was nie suksesvol nie…”
Dan skakel ek die foon af. Die aansmeer was heerlik, maar dalk gaan die afwas-opwas nou nog lekkerder wees …
1 COMMENT
Ai ja jai, lekker warm storie…mooi gekryf, ek’s nou so lus..sit die foto op by “visuele stimulasie”asb. die boudjies lyk darem alte fraai!