Die Lyndans (2)
deur JouBok
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Ek beduie vir hulle om voor te ry.
Elke nou en dan verdwyn die individuele skaduwees, weens aankomende voertuie, van Vroulief en Mariaan se koppe op die agterruit. Die twee skaduwees word een.
Die skuifhek gly oop en Mariaan stop haar motor onder die afdak. Ek parkeer ons motor in die motorhuis. Wanneer ek by die motorhuis uitstap en die deur toemaak, sien ek hulle twee stap in mekaar ingehaak die huis binne. Ek vat my tyd voordat ek opstap huis toe.
Die klankstelsel speel een van Vroulief se gunsteling new-age-CD’s waarby sy normaalweg skilder. Ek sluit die voordeur agter my.
Ek vind die twee vroue in die kombuis, waar elkeen van hulle met ‘n glas rooiwyn in die hand staan. Water is besig om in die wasmasjienbalie in te tap. ‘n Armlengte van Vroulief staan Mariaan in haar bra en broekie.
Rooiwyn-drinkende dames is anders; hulle is dieper en meer vry in die uitlewing van hulle passies, dink ek geamuseerd vir die soveelste keer in my lewe.
Tussen die twee dames is die lug met elektrisiteit gelaai. Ek kry die gevoel dat ek bespreek word, want die gesprek hou skielik op. Vroulief kyk verleë na my kant toe. Ek stap nader en ek merk hoe vol Mariaan se bos hare in haar broekie is. Donker rooibruin hare druk van binne die materiaal van haar broekie ‘n ronding net bo die groeiende nat kol.
Mariaan sien dat ek na haar liggaam staar. Sy is eerste om tot verhaal te kom wanneer sy sê dat my hemp en broek ook grondkolle op het en dat die wasmasjien wag.
Ek wou nog iets sê, toe Vroulief haar hand na my uitsteek en aan die T-hemp vat. My voël begin regop kom in my onderbroek wanneer sy die hemp oor my kop trek. Teen die tyd dat ek my broek oor my voete trek, is my voël penorent. Dit druk die rek aan die bokant van my onderbroek eenkant toe.
Vroulief sien die verwringing van my onderbroekrek en sê moedswillig: “… jou onderbroek ook – daar’s ‘n nat kol aan die voorkant.”
Ek kyk vererg na Vroulief.
Mariaan slaan ‘n kishou met: “Jy was mos nie netnou skaam toe jy probeer het om my breins uit te naai nie.”
Sonder ‘n draad klere staan ek in die kombuis. Die twee vroue high five mekaar. Half verleë vat ek my propvol glas rooiwyn wat Vroulief vir my aangee en neem ‘n diep teug daaraan. Die vloeistof brand my keel wanneer ek dit sluk.
Die twee vroue begin hand aan hand in die rigting van die kamer stap. Wanneer Vroulief by my verbystap, vou haar vingers om my stokstywe skag en begin my saam met haar trek. My voete het nie nodig dat my brein die opdrag gee nie. Gewillig volg my kaal voete die sagte voeteval van die twee vroue wat ritmies voor my die trappe opgaan. Vroulief, wat agter Mariaan die trappe klim, se hand is steeds na agter uitgestrek en lig trekkend aan my piel. Sy maak seker ek volg.
Ons kamer is ruim met ‘n koningsgrootte bed wat teenoor die skuifdeur staan wat op die balkon uitloop. Menige oggend het ons al die mooiste sonsopkoms gesien terwyl ons in mekaar se arms lê.
Die twee van hulle steek voor die spieël vas. Dit strek van die vloer tot teen die plafon. Hulle lippe en liggame smelt ineen. Mariaan se melkwit lyf kontrasteer met Vroulief se bruingebrande arms wat om haar vou. Met die effens verdofte lig in die kamer, weerkaats die ineengestrengelde liggame nogtans duidelik in die spieël. Dit verdubbel my genot en ek meen hulle s’n ook. Want ek sien albei van hulle loer kort-kort na die spieël. Dis asof ek, met my piel wat omhoog staan en kyk, nie vir hulle bestaan nie.
Mariaan se hande trek Vroulief se boude hard teen haar vas, soos wat ek vroeër vanaand haar onderlyf teen my vasgedruk het. Vroulief se arms is om Mariaan. Met haar linkerhand op Mariaan se rug, trek sy haar hard nader. Die ander hand se vingers, in Mariaan se hare, trek haar kop agteroor terwyl sy haar in die nek soen.
Na wat soos ure voel, breek hul omhelsing. Vroulief stoot Mariaan van haar af weg en draai haar sodat sy na die bytmerk bo Mariaan se linkersleutelbeen kan kyk. Ek hoor Mariaan sê dat dit gaan vir ‘n paar weke ‘n sexy trofee wees wat andere by die gim kan sien. Vroulief glimlag en sê dat sy ook een wil hê om mee te spog. Sy soen Mariaan saggies op die merk wat besig is om pers te verkleur.
Steeds met my orgaan styf vorentoe staande, streel my linkerhand se vingers oor die bytmerk in my nek. Ek voel iets hard rondom die seerplek en krap van dit met my nael af. Eers dink ek dit is dalk nog van die grond is, maar sien dan dat dit droë bloed is. Die herinnering aan die intieme pyn en die dierlikheid daarvan stuur my lus-meter in die rooi.
Mariaan is besig om Vroulief se klere uit te trek. Teen die tyd dat haar klere op die grond val, het Vroulief Mariaan se bra losgeknip en van haar skouers afgetrek. Met dieselfde beweging wanneer haar broekie grond toe gaan, val Mariaan se G-string vir ‘n tweede keer die aand op die grond. Wonder bo wonder is dit so skoon soos dit was.
Ek staar in verwondering na die beeldskone vroue voor my. My regterhand het om my horing gevou en hou dit styf vas sodat net my eikel voor uitsteek. Die warm lug wat oor my lyf opstyg, bring die ruik van ou seks na my neus. Die reuk van grond, semen, vrouekom en sweet oorlaai my sintuie.
Ek sien hoe Vroulief Mariaan se lyf besnuffel. Sy draai en glimlag vir my. Wanneer Vroulief regop kom en kaal voor Mariaan staan, sien ek die vuur van wellus in haar lyf brand. Haar tieties is voller en haar pienkerige tepels is geswel. ‘n Warm blos het oor haar wange, haar nek en tot laag op haar bors gesprei. Haar asemhaling is vlak en vinnig. Onder haar naeltjie steek haar skoongeskeerde heuwel nie die twee simmetriese bulte weg nie. Twee gekreukelde pienkerige poeslippies loer speels tussen hulle uit. Haar poesie glinster nat.
Mariaan het agter Vroulief gaan staan en haar gedraai sodat albei in die rigting van die spieël kyk. Hulle kyk na mekaar in die spieëlweerkaatsing. Mariaan het haar twee hande onder vroulief se arms deur gestoot en is besig om met haar lang vingers die twee pienk stywe tepels tussen haar vingers te rol. Vroulief se kop het nou agteroor gebuig en Mariaan se mond is soekend in haar nek. Vroulief se hande vat Mariaan se boude agter haar rug vas en trek hul lywe stywer teen mekaar.
Soos wat Mariaan met haar rug na my toe staan, waar ek ook in die rigting van die spieël kyk, sien ek haar sterk gedefinieerde spiere op haar skouers en rug. Haar boarmspiere is sterk. Skielik verstaan ek hoekom sy my vroeër in die tuin so styf kon vashou en my met haar poesie byna versmoor het.
My voete loop vanself nader en ek druk my lyf teen Mariaan se rug. Ek plaas my arms om beide beeldskone dames. My hande kom op Vroulief se maag tereg. My horing word hard tussen my en Mariaan vasgedruk.
Dan reik Vroulief se hande om Mariaan. Dit vind my piel en druk dit so ‘n bietjie laer sodat my gladde akker tussen Mariaan se boudwangetjies ingly. Vroulief help dit om nog laer te gaan. Uiteindelik steek ek my piel tussen Mariaan se bene deur, sodat dit voor tussen haar poesielippe uitloer. Ek hoor Mariaan hyg, hier tussen my en Vroulief voor die spieël.
Ek vra in Mariaan se oor: “Het jy al ‘n DP gehad?”
Sy skud haar kop ontkennend. Ek raak opgewonde oor haar onkunde.
Oor Mariaan se skouer kyk ek na ons drie se spieëlbeeld. In Vroulief se oë sien ek hoe sy lekkerkry. Sy kreun wanneer Mariaan se heupe ritmies vorentoe en agter begin beweeg, haar poeslippe glyend oor die rug van my pielskag en haar boude wat teen my heupe stamp.
Mariaan knibbel aan Vroulief se linkeroor. Sy trek met haar tong ‘n lang nat spoegstreep van Vroulief se oor, oor haar nek tot op haar skouer. Haar lang wit vingers rol Vroulief se tepels hard sodat sy haar skouers effens beweeg om van die drukking te probeer wegkom.
Ek hoor een van die twee vroue gil. In die spieëlbeeld sien ek Vroulief se oë en mond is wyd oopgesper. My oë vang Mariaan s’n. Sy het ‘n ligte grynslag op haar gesig. Ook het sy haar tande diep in Vroulief se regterskouer ingeslaan. Vroulief gil weer en ek sien hoe haar knieë knak, Mariaan se karnuffelende hande is steeds op haar borste. Maar Vroulief se buigende bene is duidelik nie meer in staat om haar regop te hou nie.
Mariaan los Vroulief se borste. Sy trek haar omreikende arms terug en steek hulle dan van agter af onder Vroulief se arms deur. Haar sterk arms span soos ysterbande onder Vroulief se arms en hou haar regop, styf teen Mariaan se bors. Mariaan se arms en hande buig na mekaar en soek Vroulief se borste om die tepels weereens by te kom. Sy druk Vroulief se tepels dat net bleek stukkies vel uitsteek tussen haar vingers.
My hande, wat intussen om altwee vrouens omgereik het om voor op Vroulief se maag te rus, gaan laer. Ek laat sak my regterhand laer oor Vroulief se maag tot my hand op haar poesie rus. My vingerpunte sak in haar gleufie weg en begin om om haar geswolle klit te sirkel.
Asof buite my liggaam, kyk ek na ons drie voor die spieël. Tydvertraagd staar ek na Vroulief se songebruinde lyf. Sy is vasgevang tussen twee pole: pyn en ekstase. Mariaan se tande byt diep in haar skouer. Vroulief se tepels is nou rooi en sensitief van die rowwe behandeling. Ek sien in die spieël hoe my arms om die vrouelywe reik en my vingers Vroulief se poesie stimuleer. Haar mond is oop in ‘n geluidlose gil.
Vroulief se knieë knak finaal onder haar. Mariaan se arms verhinder haar om te val. Vroulief se oë is verstar op haar eie beeld in die spieël. Dan skeur ‘n finale gil deur die nag en haar lyf ruk krampagtig. Haar knieë word opgetrek en haar voete lig van die grond af terwyl Mariaan haar styf vashou. Mariaan laat Vroulief se kleindood-lyk stadig grond toe sak. Haar liggaam krom in ‘n fetale posisie en rillings skud haar lyf. Daar sypel bloed uit die bytmerk teen haar regterskouer.
Vir die volgende paar minute lê Vroulief op die vloer voor my en Mariaan. Sy is in haar eie wêreld waarin net sy en haar ekstase bestaan. Ek en Mariaan staan steeds voor die spieël. My hande is nou oor Mariaan se tieties en my vingers rol haar tepels rooi. My voëlkop lyk soos ‘n houtkapper wat tussen haar lippe, net onder haar bos, kop uitsteek en dan weer verdwyn wanneer ek my onderlyf terugtrek.
Mariaan se bewegings raak meer dringend en sy sluit haar dye stywer om my geswolle indringerpiel. Haar agtertoe reikende hande probeer my boude vasgryp en teen haar vastrek.
Ek het egter iets anders in gedagte. Ek speel met haar. Maar net nie genoeg nie … net nie vinnig genoeg nie. Net nie hard genoeg nie …
Mariaan se tepels is rooi geswel tussen my vingers wanneer Vroulief haar oë oopmaak en na ons lê en kyk waar ons bo haar staan en speel. Ek trek my voël tussen die amper-rooikop se knypende binnedye uit en draai haar om, sodat sy na my toe kyk. Ek soen haar hard op haar mond. My horing druk teen haar maag.
Vroulief het intussen opgestaan en staan nou agter Mariaan se rug. Met haar regterhand wat om Mariaan se heup reik, is sy tussen ons besig om met haar vingers in Mariaan se bos en poesie te vroetel. Ek hoor hoe nat, glad en morsig dit is, terwyl ek na my vrou se verruklike boude in die spieel kyk.
Mariaan het nog nie ‘n kans gehad om by die toilet ‘n draai te maak nie, na ek haar vroeër die aand tot barstens toe vol gepomp het en my saadballe in haar leeggespuit het. Toe my piel daar buite tussen haar boude en oor haar poesie gegly het, het ek gevoel hoe glad sy is en hoe gou sy gladder word. Sy is duidelik ‘n vrou van vroeë en vele lubriserende sappe. En nou staan sy hier en sy is nog nie gereinig van my mildelik toegediende mansous nie. So dis inderdaad ‘n morsige affêre … maar ‘n lekker een ook.
Vroulief praat saggies met Mariaan wanneer sy haar vra of sy reg is vir haar eerste dubbelpenetrasie-ervaring. Mariaan knik eers, maar skud dan haar kop asof sy nie weet nie.
Steeds agter Mariaan staande, liefkoos Vroulief se mond Mariaan se nek en haar vingers kielie haar poesie. Wanneer Mariaan se lyf inmekaartrek en hoendervleis op haar vel uitslaan, draai Vroulief haar tepels hard en knibbel aan haar skouer. Na die soveelste siklus van soen, draai en knibbel voel ek die lus onbeheersd in Mariaan begin brand. Want haar voorlyf vryf nou hard en dringend teen myne. Haar een been is soos ‘n koeksister om myne gedraai sodat haar poesie teen my been vryf. ‘n Mengsel van ons sappe loop teen my been af.
Vroulief trek Mariaan bed toe. Sy laat Mariaan op die bed sit en stap na haar spieëltafel toe en trek ‘n laai oop. Ek weet wat Vroulief vir Mariaan in gedagte het. Sy gaan Mariaan aan haar nuwe 20 cm-vaginamontering-dildo bekendstel. Sy het dit aanlyn as ‘n “strapless strap-on with 8 inch double dildo“ beskryf gesien – en dit toe opgewonde bestel.
Die speelding is van silikoon gemaak en is uniek daarin dat dit nie van ‘n onderlyfharnas, soos by ‘n gewone voorbinder, gebruikmaak nie. Dit “prop” doodeenvoudig by die gebruiker se vagina in. Die artikel is ontwerp met twee uniek gevormde ente. Aan die een kant is dit meer bonkig en bolvormig, so gevorm dat die vrou wat dit gebruik dit in haar vagina indruk. Sy druk dit dan in tot by die kraag, wat teen haar vulva aandruk. Sy kan die stimuleerder dan maklik in posisie hou deur haar Kegel-spiere saam te trek. Die ander kant van die instrument is ‘n lewensgetroue kunspiel van agt duim (20 cm) lank. Dit lyk soos die tipe dildo wat gewone (harnastipe) voorbinders oor die algemeen het. Die voordeel is dat beide speelmaats gestimuleer word, die ontvanger met die kunspiel en die gewer deur die vagina-hegknol en die kraag wat teen die lippe en die klit aandruk.
Mariaan se oë rek wanneer sy die dildo sien. Na ‘n oomblik besef ek dis van skok nie, maar van wellus. Sy kyk na Vroulief en vra of sy dit mag dra. Vroulief stem onmiddellik in en druk Mariaan agteroor op die bed. Sy druk die bonkige kant teen Mariaan se mond en laat haar die knolagtige vaginahegtingsdeel van die silikoonfallus oor sy hele oppervlak natlek. Met haar twee vingers trek sy Mariaan se grotgordyne oop en begin die hegtingsdeel in haar grotkanaal opdruk. Mariaan is supernat. Die instrument glip diep in haar vagina in tot waar dit teen haar bekken anker – daar waar die spesiaal gevormde kraag teen haar lippe en klit aandruk. Die twee vrouens giggel wanneer hulle speels aan die pers indringer tussen Mariaan se bene pluk-pluk.
Mariaan gryp Vroulief aan die hare en trek haar kop nader aan haar onderlyf. Die agtduim-deel wat uitsteek begin tussen Vroulief se lippe verdwyn. Sy hou aan om Vroulief se kop af te druk … totdat Vroulief stik. Maar sy laat nie los nie.
“Eet my. Vat alles,” hoor ek weer en weer vir Mariaan vir Vroulief smeek. Wanneer Vroulief weer opkom, loop spoeg en bolle slym oor die pers fallus. Mariaan kyk met genoegdoening na die nat silikoonpiel wat in haar poes geanker is en sê dat dit nou lekker glad is. Ek staan in verwondering na die twee jagse vroue en kyk terwyl my piel stuiptrekkend wip-wip van lekkerkry.
Mariaan vlieg op en gaan staan langs die bed. Met die kunspiel pronkend in die lug voor haar, pluk sy Vroulief, wat ook nou regop gekom het, nader. Mariaan vat Vroulief aan die arms en gooi haar op die naat van haar rug op die bed neer.
Vroulief lê met haar boude half op die rand van die bed met haar voete op die mat. Mariaan kom nader en posisioneer haarself tussen Vroulief se wydgespreide bene, haar lyf vooroor leunend en haar bene effens gebuig. Die pers kop begin teen Vroulief se poesie aandruk.
Met een lang stoot laat sink Mariaan stadig die agt duim in Vroulief weg, totdat Mariaan se donkerbos-poesieheuwel en Vroulief se kaalgeskeerde poesieheuwel mekaar ontmoet. Vroulief se oë sper oop, haar voete lig van die mat en haar liggaam versteen. Mariaan hou haar nagemaakte piel stil, totdat Vroulief haar in die oë kyk en haar kop knik.
Mariaan stoot ‘n paar vinnige stote, haar breë boude nou effens hoër en meer vorentoe soos sy verder oor Vroulief oorleun. Die boude is flink wippend met haar vinnige stote. Vroulief se voete het nou ver van die vloer af gelig. Ek staan nader om Mariaan se op en af bewegende boude beter te sien.
Dan hou Mariaan haar lyf stil en kyk oor haar skouer, in my rigting. Ek staan nou reg agter haar, met my stokstywe horing in my linkerhand. Ek is te lus om versigtig en stadig te wees. My piel is nat en glad met prekom wat uitloop. Ek steek my regterhand uit en voel aan Mariaan se boude. Dan gaan my hand verder af, terwyl sy steeds haar onderlyf stil hou, so asof sy wil hê ek moet deeglik voel. Ek voel sy is gladnat. Dis seker nog van my piel wat vroeër tussen haar onderboude en poesielippe deur gegly het, dink ek.
Met my vingers trek ek Mariaan, wat steeds in ‘n geboë posisie oor Vroulief staan, se boude van mekaar. Dan kom ek vorentoe en is my pielkop teen haar anus. Die voel asof die magiese donker deur vir die indringer wil oopgaan. Vir ‘n oomblik wil haar kringspier-agterdeurwagter my verhinder. Maar dan sak my toring gemaklik en diep in haar rektum in.
Mariaan se heupe begin ritmies beweeg. Haar heupe en myne vind ‘n ritme soos wat sy in Vroulief se gewillige poesie inpomp. Haar kringspier druk liefderik om my piel en die res voel asof ek deur ‘n fluweelhandskoen vasgehou word.
Mariaan klink soos ‘n dier in pyn terwyl sy in Vroulief se genotskanaal inboor. Waar Vroulief onder ons lê, kreun sy haar lekkerkry.
Vroulief het effens teruggeskuif op die bed. Haar bene is nou wyer oop, die onderbene oorstaande oor die bed se rand. Sy vryf haar eie tepels met haar linkerhand. Die ander hand is besig om haar klit bokant die in en uit pompende kunspiel van Mariaan te manipuleer. Ek kan sien emosies en die ervaring van wat met haar liggaam gebeur, is besig om haar senuweestelsel te oorlaai met stimulasie.
Mariaan begin fluister vir Vroulief. Meer en meer dringend met elke stamp, soebat sy vir Vroutjie: “Kom vir my. Kom om my. Kom vir my. Kom om my stywe skag!”
In my ore bou daardie woorde ‘n waterval.
Ek sien hoe Vroulief se bene wyer onder Mariaan oopsprei.
Mariaan se fluister verander van ‘n hees druising wanneer sy harder en harder herhaal…“Ek gaan kom. Ek gaan kom. Ek ko-o-o-om-mm!.”
Lyf en bene versteen tussen my en Vroulief wanneer Mariaan kom en haar mond onverstaanbare woorde spreek. Haar kringspier begin om my horing pulseer. Die ervaring is onbeskryflik. Haar heupe ruk, soos die naskokke haar orgasme volg.
Vroulief se witwarm supernova-wese ontplof die oomblik toe Mariaan instinktief die namaaksel-piel diep in haar poes instamp en daar vassteek. Dit gebeur toe my heupe hard vorentoe beur, want my damwal is ook besig om te bars. Diep in Mariaan se donker kanaal spuit my wit saad teen haar rektumwand.
Ons drie liggame, in salige genot, sak op ‘n hoop inmekaar. My voël begin hardheid verloor en in ‘n onsuksesvolle poging om te verhinder dat dit uittrek, stoot ek my heupe vorentoe. Die stootslag druk Mariaan se pers piel se kraag styf teen haar eie klit en die kunspiel self delf diep in Vroulief se vagina in. Sugte ontglip hul lippe.
Ek hoor Vroulief steun onder ons gewig. Ek lig my lyf en my piel glip uit Mariaan se rektum uit. Ek trek Mariaan van Vroulief af.
Ons lê skuins oor die bed en afkoel. Na minute wat soos ure voel, vra Vroulief of Mariaan en ek nie saam met haar wil gaan stort nie. Want ons stink, sê sy en trek haar neus op ‘n plooi.
Die stort is nie groot genoeg vir ons drie nie. Ek sit op die toilet en hou die twee steeds jagse vroue deur die glas dop.
Mariaan begin onverwags pie wanneer die water oor haar rug loop. Vroulief kyk verbaas af om te sien waar die skielike warm water vandaan kom wat op haar been neerkom en begin afloop. Sy kyk glimlaggend op na Mariaan se gesig en dié glimlag terug. Nie lank daarna nie spuit daar ‘n tweede goue fontein in die stort. Ongelukkig het ek myself reeds leeggemaak anders sou ek ook deel van daardie pret gewees het.
Skuimbolle en talmende, tartende hande dans oor mekaar. Ek hoor Vroulief sê die water is besig is om koud te raak, wanneer hulle uitklim. Sy stoot my onder die louwarm water in.
Toegedraai in groot handdoeke, stap die twee godinne by die badkamerdeur uit.
Ek stort vinnig in die koud wordende water. Met ‘n handdoek om my lyf gedraai, stap ek die trappe af. My horing druk ‘n knop teen die handdoek.
Die twee sit in die sitkamer waar hulle besig is om die laaste van die bottel rooiwyn tussen hulle te deel. Mariaan het die nou skoongewaste klere van vroeër aan.
Vroulief sit met haar handdoek om haar gedraai, met haar knieë na my gedraai. Hulle is ver uitmekaar, sodat ek diep tussen haar bene inkyk. Sy geniet onmiskenbaar my blik.
Wanneer Mariaan gereed is om te gaan, trek ek haar op. Ons stap saam buitentoe, na waar haar motortjie staan.
Ek slaan my arms om haar en druk haar styf teen my vas. Ek soen haar teer op haar lip waar ‘n kneusplek begin wys het. Dan soen ek haar ook op haar skouer waar ek haar gebyt het. Ek bedank haar vir ‘n fantastiese aand voor ek haar totsiens soen en eenkant toe staan, sodat die twee vroue mekaar kan groet.
Mariaan en Vroulief omhels en soen mekaar vurig. Vroulief stoot haar ‘n armlengte weg en hou haar daar vas terwyl sy vir Mariaan glimlag. Ek glimlag ook. My horing spring onder my handdoek wanneer ek Vroulief hoor sê Mariaan moet nou ry.
“Want Bok is is nog nie met my klaar nie!” deel sy Mariaan knipogend mee.
Ons staan langs Mariaan se motor wanneer ons finaal groet voor sy die deur toeklap.
Al drie van ons glimlag van oor tot oor wanneer sy die ruit laat sak en sê: “Sien, lyndans is nie so boring nie. Baie dankie dat jy my uitnodiging aanvaar het.”
10 COMMENTS
Baie dankie vir die terugvoer en die interesante gesprek op Gemeenskap rondom driesaam’s.
Hiedie was ‘n baie lekker storie om te skryf. Snaaks genoeg – Ons het gedurende die eerste week in Januarie by mense gekuier wat daar uitkamp – daar waar die storie ‘gebore’ is. 🙂 Dit was nogal ‘weard-lekker’ om daar te sit en die plek in die dag te sien.
Hehehe….ek weet….2 stokkies, 2 boesems, 1 gaatjie vs
1 stokkie 2 gaatjies, 4 boesems…..do the maths….lol
Ja maar jy kyk net daarna vanuit jou perspektief en begeertea. Vir ander (soos ek) is die ander variasie weer verkieslik. ?
Ek hou van jou perspektief….lol.
Kom ons stem saam….driesaam is njam. Intensiteit hang net af van die deelnemers…..Sal graag die gesprek op n ander forum wil voer
Wow…ja nee… lekker threesome is koning en jammer dames maar twee vroue en n man is altyd wilder en lekkerder as twee mans en n vrou. Baie dankie vir die lekker storie en sy opvolg. Ek het dit terdee (met my hand aan eie handrem) geniet…lol
Vir jou miskien ? You know nothing Jon Snow.
Hehehe….ek weet….2 stokkies, 2 boesems, 1 gaatjie vs
1 stokkie 2 gaatjies, 4 boesems…..do the maths….lol
Nice Baie Nice
Bok my ou maat. Dit was baie beter as wat ek verwag het. Kon myself in daai scenario inleef. Knap gedaan!
It’s the stuff dreams are made of….. Dankie dankie dankie