Die dubbelses

Hoe lank gaan ek lees: 10 minute

deur Wille Will

(Taalversorging deur Lusman)

Oom Potjie braai elke Vrydag op sy plaas. Dis al ‘n instelling in ons kontrei. Dis gewoonlik ‘n vleisie en wors, maar hy is veral bekend vir sy uithaler-potjiedisse – vandaar ook sy bynaam Potjie. Hy is gulhartig en gasvry en enigiemand is welkom om Vrydae, met sonsondergang te kom kuier vir, soos hy altyd sê, “’n eetdingetjie en ‘n paar knertse Buffelsfontein-brandewyn”. Drink jy iets anders, moet jy dit self saambring.

Ek’s ‘n vrygesel en hy’s ‘n wewenaar. Ek slaap gewoonlik oor om hom te help opruim na die gaste vertrek het. Dan vertrek ek self eers Saterdagoggend na waarheen ek ook al moet gaan.

Hierdie Vrydag arriveer ek eers al diep skemer op die plaas. Ek moes Piet “Lammers” gaan bystaan om sy skoumerino’s te oormerk. Sy plaas is, soos die kraai vlieg, aan die anderkant van ons kontrei geleë, heeltemal aan die oorkant van oom Potjie se plaas. Ek parkeer langs ‘n slap, swart, luukse-Jaguar XI en wonder wie die gas is.

Met dié dat ek die vuur nader, eien ek die mense wat ek ken se gesigte wat in die vuur se lig weerkaats. Daar is oom Potjie – altyd laggend – en Mirna, sy aantreklike buurvrou. (Ek het haar intiem leer ken in ‘n ander storie!) Daar is ook Koos Dop, wat nooit eet nie, maar altyd weglê aan die gratis Buffelsfontein. Dan is daar ook ‘n dame wat ek nie ken nie. Sy het ‘n modieuse swart wyerandhoed op haar hoof. Seker die Jag se baas, dink ek.

Almal groet my joviaal, Mirna met ‘n intieme drukkie wat my laat wonder. Oom Potjie trek my aan die arm nader met: “Ou Wille, ontmoet vir Enrica. Sy kom van haar geskeide man se begrafnis in Johannesburg en slaap oor op pad terug Swellendam toe. Hy is … eh … was, ‘n ou sakekennis van my.”

Ek probeer my gesig neutraal hou terwyl ek my regterhand aanbied. Sy’s fokken beeldskoon! Die swart brokaattabberd van middy-lengte omskulp haar ferm, groot borste, ‘n dun middeltjie en effens wye heupe. Sy lyk pragtig. Sy som my op met deurdringende blou oë terwyl sy met haar linkerhand haar swart fluweelhandskoen van haar regterhand aftrek. Haar hand is koel in myne.

“Aangenaam,” sê sy in ‘n sagte, diep stem.

“Medelye met u verlies,” mompel ek.

“Dis die afsluit van ‘n deel van my lewe, dis verby,” antwoord sy, amper kil, terwyl sy haar rok onder haar boude regskuif soos wat sy weer gaan sit. Haar oë het my gesig egter nie vir ‘n sekonde verlaat nie.

Die vleisbraai vlieg verby met opmerkings en terg en ligsinnige geklets. Ek’t opgemerk dat Enrica maar stil is. Sy glimlag soms fyntjies terwyl sy aan haar Buffels teug. Seker maar die na-skok van die begrafnis, dink ek.

Toe Mirna die skotteldeksels van die klaar gebraaide vleis verwyder, sodat almal hulself kan help, het Koos Dop reeds gegroet en met sy bakkie vertrek. Mirna skep met deernis vir oom Potjie op en gaan langs hom sit. Ek het die heeltyd stilweg gewonder of hy nou al sy ereksie-probleme uitgesort het met haar.

Enrica het al met haar bord gesit, toe ek haar vra of ek maar langs haar kan plaasneem.

Haar oë blaai weer deur my gesig voordat sy antwoord: “Met graagte, die ander twee is op hul eie baan.” Sy lag ‘n innemende stil laggie. Ek kyk oorkant toe en sien oom Potjie se hand is hoog op Mirna se een been. Vurk met vleis omhoog in die lug met die een hand, fluister sy iets in sy oor.

“Wille, as ek mag vra, hoe is dit dan dat jy nog steeds ongetroud is?” Ek wonder oor Enrica se nuuskierigheid.

“Ag, dis maar hoe die lewe se dobbelstene soms vir jou val. Soms val hul reg … maar in my geval soek ek nog die dubbelses met ‘n seer hart,” antwoord ek filosofies terwyl ek lekker lag.

Vir die eerste keer vanaand lag Enrica ook hard en lekker.

“Hei, watse duiweltjies laat julle so lekker lag?” roep oom Potjie.

“Sommer niks, Potjie,” roep Enrica terug en vervolg: “Mag ek maar gaan inkruip? Die dag was maar stresvol. Ek’s seker Wille sal nie omgee om my met my tasse te help en te wys waar my slaapkamer is nie?” Sy kyk na my en ek knik gretig.

“Maar natuurlik,” antwoord oom Potjie. Met ‘n vinnige loer na Mirna sê hy: “Sy slaap ook oor, ons gaan nou-nou bed toe.”

Halleluja, hy’t seker die blou pilletjie ontdek! glimlag ek so by myself.

“Nag julle,” knipoog oom Potjie vir my wanneer ek en Enrica opstaan en na die Jag toe stap.

Die bagasieruimluik gaan geruisloos oop en ek haal die twee tasse uit. Terwyl ons na die sydeur van die huis stap, merk ek hoe die luik weer toegaan met die biep van die afstandsbeheer in Enrica se hand. Dan is ons by haar toegekende kamer. Sy maak die deur oop en tree terug sodat ek kan verby met die twee tasse.

“Baie dankie, Wille,” sê sy, “waar’s jou kamer?”

“Twee deure aan die linkerkant van hier af,” glimlag ek en draai om om te loop. Ek begin die deur toetrek agter my wanneer ek weer omdraai en haar toeroep: “Lekker slaap.”

Haar oop palm, wat sy op hou na my, wys ek moet wag. Sy haal die sjiek hoed met die ander hand van haar kop af. My mond gaan oop van verbasing wanneer blou-swart glimmende hare uit die hoed tuimel en tot onder haar skouers val.

“Het jy nie lus vir ‘n nagsopie saam met my nie? Ek vra maar net. Ek het ‘n halfbottel Tullamore Dew Ierse whiskey wat heerlik is met baie ys.” Haar blou oë is ‘n aanmaning eerder as ‘n versoek.

“Dankie,” sê ek effens uit die veld geslaan en neem plaas op die gemakstoel aan die onderpunt van haar bed. Sy raap een van die twee tasse behendig op en swaai dit tot op die bed. Sy rits dit oop en trek aan die sykant die bottel drank uit. Met haar rug na my, hoor ek ys rinkel in glase. Ek bedank oom Potjie in my gedagtes, wat altyd ‘n gevulde ys-emmer in sy gastekamer sit.

Voordat sy kan omdraai, maak ek van die geleentheid gebruik om weer die mooi geronde boude in die swart rok en die pragtige kuite daaronder te bekyk.

Enrica swaai om met net een glas, halfgevul, met amber vloeistof en ysblokkies. Sy gee dit vir my aan en op my vraende oë lag sy verleë en leun terug teen die kroegtafeltjie.

“Ek gaan reguit praat,” sê sy, terwyl sy haar skoene uitskop. “My pretensieuse lewe saam met ‘n verwaande man het ek vandag finaal begrawe. Dis verby. Ek wil weer met passie begin mens wees. Dis jou besluit … ek sal jou heel waarskynlik nooit weer sien na hierdie oorslaap nie. Ek wil net dat ‘n man my weer oorneem en my wys hoekom ek ‘n begeerlike vrou is. Ek het drie jaar laas seks gehad.”

Ek moet seker maak dat my mond toe is; dit moes van verbasing begin oophang het.

Enrica kom regop op haar kaal voete en haar een hand verdwyn agter haar rug. Ek hoor haar die ritssluiter aftrek.

“Jy kan aan daardie wense voldoen, Wille.” Haar oë kyk dringend in myne.

Ek staan regop en besef ek het ‘n horing in my kortbroek. Sy buk effens vorentoe en laat die bokant van die swart rok oor haar vol borste na benede skuif. Sy vou haar hande oor die borste toe die tepels begin verskyn. Sy het nie ‘n bra aan nie.

Ek sien ‘n rooi blos opstoot oor haar hals en sy laat sak haar wimpers. “Jammer, is ek te voorbarig?”

Ek gee die nodige twee treë tot by haar. My hande is op die sagte vlees van haar ontblote skouerknoppe. Dan skuif ek my hande oor die skouers na die nek, tot ek haar gesig vashou.

Ek lig haar gelaat op na myne toe ek antwoord: “Inteendeel, jy doen my ‘n groot eer aan. Met jou edele geaardheid sal dit vir my ‘n voorreg wees. Ek hoop ek voldoen aan jou wense.”

Ek buig af na haar lippe en soen haar inniglik. Haar lippe is eers huiwerend, maar dan neem haar opgekropte hartstog oor. Haar mond gaan wyer oop en haar tong soek indringend na myne. Haar hande, wat op my skouers was, skuif nou af na my boude. Hulle vou skielik om my boude en trek my nader aan haar.

My hande het die rok nou al verder ondertoe gestoot en ek het haar pragtige twee lammers stewig in elkeen van my hande. Ek voel die hardheid van haar tepels. My kop sak af om haar linkertepel in my mond te neem.

Enrica tree skielik agteruit en met haar oë deurborend in myne sê sy: “Trek jou klere asseblief uit; ek gaan begin kwyl.”

Sy skuif die rok af oor haar heupe totdat dit op die mat lê. Haar vet poesie hang soos ‘n beloning tussen haar bene in die swart kantbroekie wat sy aanhet.

Ek skop my sandale uit en pluk my hemp af oor my hoof en gooi dit eenkant. Sy staar na my onderlyf en ek sien haar mond oopgaan. Ek kyk ook af en kry ‘n glimlag. My horing het lug gesoek en peul dik by my kortbroek se een pyp uit. Die voorvel het reeds halfpad oor die groot pers akker afgeskuif.

Ek haak my duime in by die boband van die broek en klim daaruit. My voël wip op teen my maag, nou ten volle erek.

Die swart broekie lê nou uitgeskop op die vloer. Haar hande vryf hard oor haar koek terwyl sy nader aan my staan. “Neem my, om godsnaam, neem my!” stotter sy hygend en maak haar arms oop vir my.

Ek neem my stywe voël in my hand. Terwyl ek haar met die ander hand om die skouers tot teen my lyf trek en weer begin soen op die mond, buig ek my bene effens en stoot my kniekoppe vorentoe. Ek voel hoe sy wyer met haar bene staan as my kniekoppe tussen hare ingaan. Dan bring ek my piel nader en vryf die kop op en af oor haar vulva. Haar lippe voel geswel. Ek voel sy’s baie nat en ek druk my groot kop herhaaldelik so effens in haar opening in en trek dan weer uit … terg-terg bevoel my pielkop haar ingang.

My gesig ruk op van pyn as sy skielik my onderlip hard byt!

“Moenie rondfok nie … ek’s nie meer ‘n tiener nie,” sis sy in my oor. Haar asem jaag. “Naai my … nou!”

Ek’s effens verbaas oor die kru woorde wat ek nie met haar vereenselwig het nie.

Sy gryp my dik staaf met een hand. Sy bring hom nader aan haar spleet met die hulp van haar ander hand wat om my boude is en my nader aan haar liggaam trek. Ek voel hoe sy haar bene wyer uitmekaar skuif om my lyf meer ruimte in haar mik te gee. As ek my posisioneer vir die insit, moet ek mooi trap sodat ek met my kaal voete nie haar voete raaktrap nie.

My groot voëlkop sukkel vir ‘n sekonde, maar dan gly ek in haar in, tot wanneer ek my ballas teen haar koek voel klap. Dis ‘n sensoriese gevoel, asof ek my voël in ‘n kilogram sagte botter ingestoot het. Tog beweeg die wande van haar koek asof dit my streel, my herhalend knyp en los! Ek staan nou stil, my bene minder gebuig om my hoogte reg te kry. My onderlyf krul half om haar bekken, tussen haar wyd oopgemaakte bene in. My piel kan nou geen sentimeter dieper in haar in nie.

“G-goeie h-hel … maar jy’s g-groot … maar fokken lekker-r-r,” roep sy hortend.

Dan begin sy my ry. Haar aanslag is freneties vinnig. Ek poog nog, met my hande om haar middellyf, om haar tempo te vertraag, toe sy gil! My hoof ruk op, want dis so luid dat ek sweer ek kon die ys in die ys-emmer hoor rinkel. ‘n Hond gee ‘n blaf buite.

“Ek kom, ek kom … ek kom,” knars haar stem. Haar liggaam is buite beheer soos dit teen my dye en my maag klap. Ek klou aan haar rug en laat haar begaan … asof dit amper moet uitwoed.

Haar na-kreune verander skielik soos wat haar klimaks taan. Rou snikke kom skielik van diep in haar psige uit haar mond. Haar arms om my nek trek my in ‘n benoudheid in. Ek voel haar trane teen my bors afloop. Sagter snikke, wat sy nog steeds uiter, vul die ruimte in die kamer.

Met my piel nog steeds in haar skuifel ons, ek buigbeen vorentoe trappend en haar voetjies weerskante van myne gretig agtertoe volgend, tot by die bed. Haar voete raak vir ‘n keer of wat sensueel aan myne terwyl ek haar lyf saggies op haar rug neerlê. My meneer is wonderbaarlik nog in haar, maar het begin krimp. Ek wil hom uittrek en regop kom, maar Enrica druk met haar hande agter om my lyf, my terug in haar in.

“As-s-seblief, bly nog in m-my,” prewel sy skor.

Gehoorsaam hou ek my piel waar sy wil hê hy moet wees toe ek vorentoe oor haar sak. My elmboë kom te lande langs haar skouers op die bed. My gesig is langs hare, amper teen die kussings. Vir ‘n sekonde of wat kom alle tyd tot stilstand. Dan voel ek haar een hand oor my linkerbors streel. Sy begin my tepel tussen haar vingers knyp.

“Wille … kyk vir my asseblief,” fluister sy.

Ek lig my hoof op en staar in die bodemlose blou oë. Ek sien nog ‘n traan lê in die hoekie van haar linkeroog. Ek sien sy wil vir my iets sê.

“E-ek’t bietjie beheer verloor netnou. Met my emosies, fisieke drange en versugtinge, na drie jaar se opgekroptheid, was ek soos ‘n renperd in sy hokkie op die renbaan. Toe die wegspringhekkie oopslaan, met jou ingaan in my lyf, het ek soos daai perd net skielik vorentoe geskiet.”

Haar ander hand gaan nou tussen ons lywe in en vou om my skrotum teen haar onderboude. Sy skommel my eiers saggies soos die dobbelstene waarvan ek vroeër gepraat het. Die binnewande van haar vrugkanaal liefkoos, los en gryp my voël asof sy my draad trek daarmee. Ek voel my ereksie herontwaak.

My tong streel oor my droë lippe toe sy, met pupille wat versag, sê: “Nou’s dit jou beurt; speel jou dobbelspel in my.”

Ek begin stadig en egalig terugtrek. My oë gaan toe. Ek trek my asem in en druk weer vorentoe in haar sysagte, nat kanaal. Ek hoor haar gedemp kreun as ek met lang en diep in-en-uit-bewegings voortgaan. Haar hande is skielik op my skouers en haar vingers por my aan met elke vorentoe stoot.

Ek beweeg my voël nou sydelings heen en weer, van kant tot kant, met elke instoot. Dis duidelik dat dit haar meer genot verskaf. Onbeheersd begin die tempo versnel, met haar onderlyf wat saam met myne begin ritme kry. Haar bene slaan om my lyf. Ek voel hoe kruis sy haar enkels by my middellyf agter my rug.

Dit voel asof my hele liggaam dreineer. My gedagtes, my denke en emosies tregter nou in die ongelooflike genot van ons seksdaad in. Ek voel stuwing na stuwing van louter plesier wat deur my woed. Sy gee kreun na kreun elke slag as ek diep vorentoe ingaan.

Wanneer sy uitasem kreun “Ek gaan weer kom, kom jy ook … binne my,” is dit asof my wegspringhekkie ook oopgeslaan het. My saad stu op in my en jaag resies na die wenstreep. My klimaks laat my mond oopgaan en ‘n lang kreun kom na vore soos wat ek, skoot na skoot, strale in haar inskiet. Haar vingernaels slaan diep in my rug in wanneer sy haar orgasme bereik. Ek sien in my gedagtes die hale wat haar diep krappende naels maak. Sy gee tjankgeluidjies soos ‘n klein hondjie wat skielik een van sy ma se tepels beetgekry het. Ons lendes slaan naarstiglik teenmekaar totdat die uitstort van ons drange begin afneem.

My liggaam val plat op hare. My natgeswete hoof is nou langs hare op die kussing.

Enrica se hand kriewel en streel deur my hare en sy sê saggies: “Jou dobbelspel verbeter … miskien is jy nou bykans by jou dubbelses

4 thoughts on “Die dubbelses

  • JouBok

    Wat is lekkerder as seks. MEER seks!

    Will wat is Oom Pottie se adres? Ek wil ook daar oorslaap?

    Reply
  • ….. asseblief bly nog in my…..

    Seer sekerlik van die lekkerste woorde om te hoor, en die lekkerste dinge om te doen……

    Reply
  • Dis mos n dubbelses trouvrou!!!

    Reply
    • Weereens n meesterstuk ou maat.
      Duidelik moet ek ook by oom Pottie gaan kuier……

      Reply

Leave a Reply to JouBok Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)