Die Dare
deur Whale
Dis als ‘n donnerse dare se skuld, van begin tot einde. Ek is nie so nie, was nooit en sal nooit wees nie. Want daar is altyd ‘n jaloerse ‘vriend’ of boyfriend wat jou ribbes wil afskop. Maar ek kan ‘n dare nie weerstaan nie, dis amper asof ek deur ‘n dare gehipnotiseer word. Maar nie daai cool hipnose op TV waar hulle jou allerhande manewales laat aanvang tot vermaak van die res van die gehoor nie. Hierdie is die tipe hipnose wat jou in verskillende dieptes bollie laat beland. Soos die kak waarin ek tans verkeer. Maar jis, sy was sexy after all … al wens ek nou ek was eerder op ‘n heel ander plek as hier met my kop op my knieë …
-o-
Dit was ‘n droeë, warm, winderige, stowwerige dag. Kort-kort het daar ‘n skoot geklap soos ‘n blink-oog leerder die .308 hanteer. Ek het van haar geweet, haar gesien, bietjie gesels en so nou en dan ‘n flou joke gemaak, maar niks meer nie, en niks noemenswaardig nie. Sy het die rare kombinasie van rooi hare en flesblou oë gehad. En nie die kunsmatige rooi uit ‘n peperduur Hanon-bottel nie, maar die natuurlike rooi van ‘n opregte ginger. Nie my liga nie dus. Maar toe kom donner my beste vriend mos nou met die dare. Want sy’s ‘n ginger, en gingers is nie kuis nie of so iets.
Ek wou eers nie, maar hy het aangehou. Ons was in matriek en so bronstig soos reuns wat ‘n teef op hitte geruik het. Draadtrek was nie ‘n skaam-intiem oomblik met jouself nie, eerder ‘n kompetisie en ‘n spoggery onder mekaar, want ons het op die meeste drie keer vantevore harte en virgins gebreek. Dis nou as jy nie eerstespan rugby gespeel het en kruisies agter jou deur kon maak nie. Ek het die dare aanvaar, en summier kak gevoel daaroor.
-o-
Twee weke na die skietkamp het sy uiteindelik ingestem om saam my op ons eerste date te gaan. Ons het ‘n derderangse fliek gaan kyk en is daarna Spur toe. Dit was skoolvakansie en ons kon beide later uitbly. Ons het in die platteland gewoon, so bestuur sonder ‘n lisensie was ‘n algemene ding. Ma se Nissan Sentra was die ideale ryding (en ook die enigste). Ons het milkshake bestel en gesels. Daaruit kon ek agterkom sy het vaste beginsels (ek het hier my kop klaar in skaamte laat sak) en dat sy ten spyte van haar beginsels baie nuuskierig was oor seks, masturbasie, hoekom seuns draad trek en so aan. Sy het my reguit en sonder skroom daarna uitgevra. Gideon se stem het in my kop refrein toe ek weer aan die dare dink. Ek het eers ‘n moerse sluk milkshake gevat en haar toe gevra of sy nog ‘n virgin is. Natuurlik was sy, sy was by ‘The Silver Ring Thing’ en weier om voor die huwelik seks te hê. Of altans, dit was haar antwoord aan my. Ek het begin om die wip te stel, en vir ‘n bizarre rede was dit op presies daardie oomblik wat die dare vir my ‘n belaglike uitdaging geword het.
-o-
Twee aande later was ons alleen by my huis. My ouers en jonger broer is na die buurdorp vir ‘n ete. Sy was by my en ons het gesit en movie kyk. Ek sal dit nooit vergeet nie, dit was Mrs Doubtfire van die ontslape Robin Williams. Sy het teenaan my gesit, en vir die eerste keer het ek agtergekom hoe vars sy ruik. Haar hare het soos blomme geruik, en haar melkwit vel het in skrille kontras met haar vlamrooi hare onder die welige haredos uitgesteek. Ek kon net haar neusbrug uitmaak waar sy met haar kop op skouer gelê het. Die roering in my broek het my aan die dare herinner, en ek het gesluk. Sy het opgekyk, en hierdie keer het ek die begeerte in daardie hemelblou oë nie verbeel nie … sy was jags, ek kon dit duidelik sien. Haar lippe was effens van mekaar en sy het hortend asem gehaal. Asof iemand skielik ‘n magneet in ons koppe geplant het het ons na mekaar beweeg en begin vry. Haar mond het soet geproe, en ek het gulsig met my tong daarin rondgespeel. Ek kon voel hoe sy liggies bewe toe ek my hand om haar een bors skulp en liggies aan die sagte ronding druk. Sy het agter in haar keel gekreun en ek het my hand na haar jean se voorkant beweeg. Ek het geweet sy is sopat, want dit was warm tussen haar bene. Ek het die jean in rekordtyd van haar afgestroop en dit was my beurt om te snak na asem. Sy het ‘n wit g-string aangehad, en ‘n nat kol het tussen ‘n welige bos rooi hare deur die materiaal geskyn. En dit was mooi en reg … dit het by haar gepas.
Sy het my help ontslae raak van my broek en het verwonderd na my stywe voël gestaar voordat sy amper eerbiedig daaraan gevat het. Sy het skaam-nuuskierig die kop in haar mond geneem en my my heel eerste blowjob gegee. Hoe meer sy daaraan gewoond geraak het, hoe meer het sy begin werk met haar mond. Ek het die bekende tinteling in my sak gevoel en myself liggies en teen my sin uit haar mond getrek voor ek die oomblik dalk bederf. Sy het woordeloos die res van haar klere uitgetrek en terwyl ek haar perfekte borste aangegaap het, wydsbeen op haar rug op die mat gaan lê.
Sy het vir die eerste keer gepraat toe sy my vra om versigtig te wees voordat ek my voël in haar ingedruk het. Die skielike brandpyn het haar onwillekeurig laat kreun, en ek het net daar gehou. Sy het met toegeknypte oë haar kop geknik en ek het verder ingestoot. Ek kon voel hoe haar vy klop en saamtrek om my skag en ek het haar versigtig, stadig en ritmies begin pomp. Haar kreune het meer geword, en sy het haar naels in my rug ingeslaan. Sy het rukkend gekom en ek moes vinnig uithaal vir my eie skoot.
Ek het die bloederige saad van haar maag afgevee met ‘n koue waslap, die trane van haar wange af met ‘n tissue en die gesmeerde maskarra met ‘n wet wipe. Ek het vir die eerste keer kak gevoel oor ‘n virgin. En asof die duiwel permanent op sy skouer sit het ek ‘n sms van Gideon af gekry om te vra of ek toe ‘n ginger kon spyker. Ek het nie geantwoord nie, skielik vir hom en sy dare hoogs die moer in. Want ek het van haar begin hou, ek kon agterkom ek voel leeg en depro as ek haar smiddae na skool moes groet. En terwyl ek die rukkende, snikkende vroueligaam op wie ek onbepland verlief geraak het teen my vasdruk, het ek net “ja” reply.
Die gepiep-piep van ‘n masjien ruk my terug na die hede en verbaas sien ek die trane op die vloer waar ek met my kop op my knieë gesit het. Op die bed voor my lê my rooikop wat drie dae vantevore op Gideon se sms van die dare afgekom het, en toe probeer selfmoord pleeg het deur slaap pille te drink. Gelukkig het dit nie geslaag nie en wag ek dat sy uit die koma moet kom dat ek vir haar kan sê ek het Gideon gebliksem, die dare verloor en dat ek vir haar lief is, al is ons net nog in matriek.
5 COMMENTS
Kan iemand my asb verduidelik wat dit is dat mans oor die algemeen op hierdie trant , soos hierbo in die DARE storie , van hul ervaringe met girls vertel. Jammer ek is ook n man , is mal oor seks en vrouens oor die algemeen en is alles behalwe die voorbeeldige tipe , maaar daar is grense aangaande respek vir n vrou,girl,meisie. Enige seks ervaring kan oorvertel word solank dit met , en kan dit my erg jags maak solank dit met smaak en respek gedoen word.Respek vir seks plaas die genot wat jy daaruit put in n ander dimensie en mask dit die ervaring net soveel meer intense.p
Ek verstaan jou punt, Jacques, maar is hierdie storie nie juis op ‘n manier meer respekvol nie? 🙂
EK MOET NOU VERSIGTIG WEES EN DIE WOORDE WAARMEE EK MY OPINIE WIL LIG NOUKEURIG KIES , EN WIL NIE N IDEE SKEP DAT EK PREUDS OF ONNODIG KRITIES IS NIE. EK OORDEEL SLEGS IN UITERSTE GEVALLE EN GLO AS DIT JOU TIKKER LAAT KLOP IS EK BLY VIR JOU. AS EK NA RESPEK VERWYS, IN DIE “DARE” KONTEKS , VERWYS EK DAARNA DEUR KLEM TE LE OP DIE ERKENNING EN WAARDERING WAT EK VIR N VROU IN ALLE SITUASIES , TE ALLE TYE , IN ALLE OMSTANDIGHEDE HET , BLOOT OMREDE SY N VROU IS NIKS MEER OF MINDER.
NEE EK BESKOU MYSELF GLAD NIE AS N GENTLEMEN WAT HEELTYD SY BESTE MANIERE WAT MY MA MY KON LEER LOOP EN ADVERTEER AAN ALMAL MET DIE HOOP EK MAAK DAREM N CATCH OF TWEE.
HOE GEE EN WYS EK ERKENNING EN WAADERING.EK KAN DIT AS VOLG PROBEER VERDUIDELIK. IN DIE GESELSKAP VAN N VROU , HETSY LEKKER GEMAKLIK TUSSEN VRIENDE OF MIDDE N STOMENDE “MENAGE A TROIS” SESSIE EN OF ONS ,ONSSELF WILLER AS DIE WILDTUIN GEDRA, EK SAL OP MY GEMAKLIKSTE EN TEVREDE WEES EN ALLES SPONTAAN KAN GENIET AS EK WEET , AANVOEL , DAT SY ALLES IN “GOEDKEURING” WAARMEE ONS BESIG SAAM KAN GENIET.DIT KLINK MISKIEN NA HENGSE INSPANNING MAAR DIE WAT DIT HERKEN EN ERKEN SAL WEET DAT HIERDIE SENSORS AAN DIE WERK IS SONDER OM GERINGSTE TE KENNE TE GEE.
DIT IS DAN NIE NODIG OM EERS IN DIE ONMIDDELIKE GESELSKAP VAN IEMAND TE WEES OM NOG STEEDS WAARDERING EN RESPEK TE TOON. BV N GIRL STAP VERBY WAT N OPMERKING WAARDIG IS MAAR SELF TE VER IS OM IETS TE KAN HOOR. DIT KAN DIE VOLGENDE TWEE VORMS AANNEEM NL. SJOE , BLIKEMMERS DIT IS MAAR EEN BEFOKTE AANVALLIRIGE GIRL DAARDIE SY IS MOOIER AS N MENS , OF OO BLIKSIM GIRLTJIE AS JY MAAR NET KAN WEET HOE LEKKER EK JOU GAAN SPYKER DRAAI JY NOU IN JOU SPORE OM EN ONS DOEN DIT SOMMER HIER. DIT GAAN VIR MY HIEROOR : OF EK TE MIDDE VAN IEMAND IETS SE OF DOEN OF AGTER HAAR RUG SE OF DOEN EK WIL OP GEEN STADIUM EN OOR NIKS SKAAM KRY NIE OF VOEL DAT EK IETS GEDOEN OF GESE WAT NIE HAAR GOEDKEURING WEGDRA NIE EN DAT SY MAAR OM GOEIE MANIERE STILBLY.GLO MY N MENS KAN JOU IN DIE MEES WILDSTE , EROTIESE , HARDCORE OOMBLIKE BEVIND EN NOG STEEDS WAARDIG WEES , WANNEER N MENS SO JAGS IS DAT SELFS VUIL EN LELIK PRAAT MOOI KAN KLINK.
OM AAN TE SLUIT BY DIE “DARE”….. HOE MINAGTEND WIL JY WEES…. OM TE BESLUIT OM JOU PEL TE WYS JY KAN EN SAL ALLES IN DIE STRYD WERP OM HIERDIE GIRLTJIE TE NAAI VANAAND , OM JOU MANLIKHEID TE BEWYS IN DIE EERSTE PLEK EN TWEEDENS TE WYS HOE MINAGTEND HUL TEENOOR N VROU IS , WANT AL HIERDIE BESPREKINGS EN PLANNE WORD GEMAAK EN WORD SY IN DETAIL BESPREEK TERWYL SY VAN SWEET BLOWE FOKOL WEET. DIT IS NIE DIE DARE PER SE WAT MY ONGEMAKLIK LAAT VOEL NIE MAAR DIE BENADFERING DAARVAN SOOS WAT EK DIT GEINTERPRETEER HET. DIT IS NIE GEVAL VAN REG OF VERKEERD NIE MAAR EERDER WAARMEE EK GEMAKLIK IS AL DAN NIE. SO AS DIT JOU GELUKKIG MAAK WAT JY OOKAL DOEN , DOEN DIT OM DIT TE GENIET , WAT IS LEKKERDER AS OM GOEIE SEKS IN GOEIE GESELSKAP TOT OP DIE UITERSTE TE KAN GENIET….NOG SEKS !!!!
🙂 Ek verstaan jou punt en stem heeltemal daarmee saam. Maar hierdie is darem ‘n storie, ne? En ‘n mens kan selfs sê dat die ou in die storie daardie les geleer het, want dit het skeefgeloop en hy is baie jammer daaroor. Die blinde sambok het hom in ‘n mate gelooi. 😉
Ek verstaan egter jou punt oor respek.
Ja of dit die blinde sambok was of bloot net n stukkie besef oor die bewonderingswaardigheid van n vrou wat in hom neerslag gevind het. n Mens sal seker kan se dat die les wat te leer is uit die DARE verhaal is dat respek en waardering vir seks deur die weerloosheid van n vrou afgedwing word ongeag of mens daarop ingestel is of nie. Heeltemal op n ander noot , mbt jou boek Maanvrug en ek weet elke ou wil sy eie verhaal skryf en dink dat sy verhaal besonders is. Die vraag is wat onderskei een lewenservaring met seks en erotica hom van n ander se verhaal in soverre dit n mens se verbeelding aangegryp.Hoewel ek nie veel kennis van ander se verhale en dinge het nie, miskien omdat ek nie nuuskurig genoeg is nie , dink ek tog dat ons , ek en my vrou nogal iets besonders deurgemaak het en neem dit die vorm van n threesome aan…. ,cet une histoire de une MENAGE AS TROIS ,mois Jacques ma Famme Darelle est mon ami Dominique. n Verhaal waarin die gasheer in prag en kleur n lewens ideologie van ondeurdringbare liefde mee gespog en verkondig het en hoe die aftakeling daarin stadig maar seker begin het tot op n vlak waar die man , die gasheer , best buddy , lewenslange vriend moes besef dat hy ten einde niks meer was as die een wat gedeel word en sy teenwoordigheid maar net as goedkeuring en toestemming gedien het vir n verhouding wat in ontkentenis teenoor hom voortgesit en ontwikkel is.ek dink wat dit so interresant maak is daar met die ver5skillende emosies omgegaan is en hoe daar eintlik n wonderlike wereld van emosionele intelek ingetree het en ons gedwing was om daarmee te deel. En ja ek is nogsteeds n voorstaander van my ideologie aangaande ware liefde.