Alles Kraak Oop in Haar Sikloon
deur Max Lombaard
Haar kaal lyf druk teen myne, beide bedek met die enkelbedduvet.
“Hoekom het jy by Nicky se huis gesê ek is net oukei in die bed?” vra Luna met gekneusde note in haar stem, terwyl sy die langbruin hare weg van haar deurdringende staar vee.
Met ‘n sug draai ek op my sy, terwyl die vraag moeisaam deur my troebel gedagtes swem.
“Waarom vat dit jou so lank om te antwoord? As ek net oukei is, sê net.”
Sy praat driftige en haar skerp wenkbroue frons. Die lig van die kers – op die melkkrat langs die bed – maak ‘n warm gloed oor haar hoë wangbene en vol lippe.
“Ek het nooit gesê jy’s net oukei nie. Ek het verwys na ons liefdemaak as nog groen. Oukei beteken middelmatig, groen beteken nog nie ryp nie,” verduidelik ek geïreteerd, my hand op haar arm.
Ek hoor hoe kortaf my stem klink en is spyt, want sy vlieg op en slaan die lig aan.
“Toe ons begin het was dinge nog, wel … ons was nuut, ons lywe …,” sit ek regop en probeer vredemaak. “… maar die afgelope – vandat ek hier ingetrek het … jy’s goed in die bed.”
Sy trek kwaad haar swart panty oor daai verruklike boude en haar borste bons soos sy klere in haar rooi toksak smyt. Ek staan op.
“Een ding waarmee ek geseën is, is dat ek die ongelooflikste lovers gehad het … ” probeer ek verduidelik.
“Ek’s so bly om dit te hoor!” spoeg sy en rol daai smaragkykers in daai groot oogkaste.
“Jammer, dit het verkeerd uitgekom … ”
Sy gooi die laaste paar kledingstukke in die sak en draai na my. Trane maak blink spore oor haar wange en drup op die stowwerige ou houtvloer. Sy laat my dink aan ‘n karakter uit ‘n Tolstoy-roman, ‘n hartseer Russiese skoonheid en dis onweerstaanbaar.
“Ek kon vroeër maklik wegstap,” bewe haar onderlip en ek wil my mond teen haar hartseer druk. “Maar nou het ek vir jou die mag gegee om my te affekteer. Ek weet dis simpel, maar ek wil so graag die enigste een wees.”
Ek gee ‘n tree tot teen haar en forseer my arms om haar. Sy draai haar kop weg en stoei om weg te kom. Ek kry haar in ’n greep en hou haar ferm teen my. Ná ’n ruk sit sy nie meer teë nie en kyk versigtig na my, haar asem onskuldig teen my gesig.
“Ek sê die verkeerde goed,” probeer ek verskoning vra. “Jy’s so goed in die bed. Jy weet dit. Vergeet die verlede. Kom ons ervaar nou. Hier. Jy kan mos voel hoe fantasties ons saam is? Vertrou jouself.”
Sy verlep snikkend teen my, haar rug ruk van die huil. Trane loop oor my nek en skouer. Ek hou haar vertroostend vas, raak bewus van haar lyf se hitte en die reuk van haar vel, die reuk van Weskus-see, van vars koljander en nog ‘n misterieuse element. Sy kom eindelik tot bedaring, lig haar kop in ʼn dromerige waas en draai uit my arms uit weg.
“Ek wil na Leonard Cohen luister,” sê sy strak.
Kaalvoet, net in haar panty, kniel sy swaarmoedig by die enigste tegnologies gevorderde toestel in my kamer, ‘n ou ghetto blaster.
“Sal jy vir my nog wyn skink?” vra sy droewig.
Ek knik. Leonard begin sing. Ek sit die kamerlig af en die kersligatmosfeer keer terug. Sy gaan lê dwars oor die bed – haar rug teen die muur gestut deur ’n kussing. Kerslig streel oor haar aantreklike dye en bene. Haar weerlose voete hang ’n ent bo die vloer. Sy tel Anaïs Nin op en verberg haar gesig met die boek. Jane came by with a lock of your hair, sing Leonard. Ek gooi in die swaar atmosfeer, goedkoop wyn in ’n koffiebeker en gee vir haar. Sy vat dit sonder om op te kyk en lyk op haar mooiste so, met woede en hartseer wat in haar ronddwaal. Die wekker wys vieruur. Ek skink die laaste bietjie wyn en gaan sit op die rand, langs haar.
Sy lees. Leonard sing. Tyd tik. Dit voel asof die kamer uit die bestaan wegsink, na iewers tydloos, na niks, die niet. Ek proe kraaie in die wyn en laat die musiek tot in die murg van my bene in vreet. Luna draai na my en sê sy’t die laaste bladsy van Anaïs Nin se dagboek verloor.
“Dis net weg. Nou eindig die boek met, “I won’t rest … ”
“Gepas vir vanaand.”
Ek wil meer sê oor vroeër, maar die woorde verdor voor hulle uit my keel kan vlerk vind. Die boek val as haar hande na my toe kruip. Ons draai na mekaar, my ereksie wat groei voor ons aan mekaar raak. Honger en haastig klim ek op haar, ons lywe sweis saam en ons verjaag die smart, jaag desperaat ‘n beduiwelde klimaks na.
“Ma-haaaaa-mal … daaroor as jy ooe-oe-oe-oe-op-hhh-hhh,” sy probeer in onreëlmatige asemrukkings woorde uitkry tussen diep stampe. “… op my klim ah-ah-ah … ek jou volle gewig o-o-o-op my … ah … v-v-v-voel.”
Ek is versot daarop om te sien hoe my harde fallus diep in haar pyl, onversadig naai ek met woedende lus. Haar poeslippe peul druppende oop om my stam. Ons het geen meer beheer, ons lywe is oorgeneem deur die swaartekrag van die son – aan die ander kant van die wêreld – en die maan – bo ons koppe – wat ons op en af pluk. Haar heupe vonkend in opwindende wriemelinge. Sy kry stuiptrekkings. Sy gaan kom, ek gaan kom, ek hou terug. Met die plesier diep in beide geanker trek ek met ‘n slurpklank my gelaaide voël trillend uit. Sy smag om die pulsende vleesstok terug in haar te voel. Dierlik gryp sy my, druk my hard tussen haar swetende dye in. Met elke stamp bons haar borste. Haar warm, gladde dooswande gly verrukslik om my manlikheid. Haar donker hare skut as sy onder my spartel soos ’n vis op land … meteens word sy stil, haar mond rek oop, haar begeerlike vol tong lig na bo en haar nek span styf.
Aaaaaaaaaaaaaaaahhhhhhh, skree sy haar orgasme in klanke van kleur oor die plafon.
Eindeloos vlieg gille soos bont vlermuise uit haar diepste wese. Ek hou dop, verstom oor hoe min verskil daar, op die oog af is, tussen ’n gil van pyn en een van genot – maar in klank is hulle wêrelde uitmekaar.
My plesier bly looiend roep. Ek stamp weer, harder. Met elke botsing breek nog onheersde gille van plesier uit haar. Blinde storms ruk ons skedels. Haar neurosisteem kook oor. Sy smelt. Blou demone neem ons lywe oor. Ek kom. Haar oë dop om …
Luna snak soos een wat lank moes opswem na die oppervlak. Ons komeet die sterreruim in. Na wat voel soos ‘n dekade, dryf ons af in ʼn duistere niet en land – lywe saam gekoeksister in die stroop van genot – in die palm van saligheid.
“Ek voel mistig, vaag, dis wonderlik … ” kom sy fluisterend tot verhaal.
Ek hou haar verlief dop en deur haar groen poele herondek ek die kamer, my kamer wat skielik vreemd lyk, asof ek lank weg was.
“Voorheen was dit altyd ’n ander sensasie,” praat Luna soos een wat pas bekeer is. “Ek kom tot die gewaarwording dat my vorige orgasmes buite my was – klit-orgasmes. Hiérdie, hierdie was iets totaal anders. Dit was ’n diep storm wat my geskud het, ’n sikloon …”
My lyf lê, gedaan, skuin oor haar. Toffietaai kleef ons velle. Haar gesig straal en ek soen haar vreedsaam, my skaduwee val oor haar. Ek kom agter Leonard het ophou sing. Sy kyk verby my met ʼn onherkenbare selfversekering in haar waarvan ek nie hou nie, maar ek ignoreer dit en vryf oor haar borste. Streel oor haar maag. Tussen haar bene is sy oop en nat. Dié volgende rondte van ons lusspel is donker, twee kraai wat om mekaar dans terwyl hul mekaar opweeg. Ons lus beur so reusagtig in ons op dat ons onderlywe styf aan mekaar vas magneet. Ons grom vir mekaar as ons velle tref, tanne ontbloot. Die plesier tap heuning uit ons beenmurg en ons duik agter die lekker aan, verby mekaar se velle, in die erotiese grotte van ons psiges in. Die lewe weerlig in ons ruggrate, ‘n koggelende intense Tom Waits-karnavalsang vul ons. Dinge word wakker waar daar lanklaas lewe was. Ons ondek vergete sielspielonke. Binne hierdie kru, lyfdeuntjie pen ek haar desperaat vas. Swart woorde gil in my. Tikmasjien-skote knars agter my oë, hul knal meedoënlose en vorm sinne.
“Jy’s te rof,” kla sy as ek haar doggy style ry.
Ek draai haar om, spalk haar oop, naai en naai – daar’s anargie in ons orgasme. Geblus lê ons.
Intense herinneringe kom tussen die skerp seksreuke by my op. Ek sien vorige minnaresse – wrakke van liefdes wat gesink het teen die rots van my hart. Ek gaan sit nog ʼn Leonard Cohen CD op. Terug in die bed streel ek slaperig oor haar gesig. Daar’s ‘n patetiese, tog desperate hoop, dat Luna dalk sal bly.
There is a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in sing Leonard.
Luna lig haar self, haar hare kielie my rug en sy blaas die kers dood.
5 COMMENTS
Max.
Diè skryfwerk is GOED! Jy het daai spyker sekuur op die kop geslaan.
Dankie
Knap gedaan Max!
“Ons komeet die sterreruim in” Magtag!
Ek het nie woorde nie…my asem is weggeslaan…dis net ‘n ongelooflike skryfstuk, Max !
Dis van die beste en mooiste verhale wat ek…nie net op KBH…maar globaal al gelees het.
Dankie.
Liewe hemel. Nog nooit het iemand dit so besonders verwoord nie. Baie baie mooi en goed dankie!
Max, hierdie storie is net lieflik, lieflik, lieflik.