Lusweer: Cyberseks (1)
deur Saffie
Wat maak jy wanneer jy en jou partner lus raak, maar julle woon in twee stede omtrent aan teenoorgestelde pole van die planeet?
Jy Skype.
Ek en Tertia het hierdie dimensie tot ons verhouding toegevoeg drie jaar gelede toe ek Jozi moes verlaat om my loopbaan in Berlyn te bevorder.
Ons eerste gesprekke met Skype was bloot om kontak te hou en die verlange te stil. Intussen het die seksuele spanning tussen ons opgebou met elke gesprek. Ons het later mekaar so lus gepraat dat ek na elke Skype gesprek myself moes help met WhatsApp foto’s en fantasiegedagtes van vorige sekservaringe toe ons nog elke dag bymekaar was.
‘n Paar weke voor ons eerste Valentynsdag weg van mekaar berei ek ‘n pakkie vir haar voor, om te pos as ‘n klein geskenkie. Terwyl ek die sagte rooi bra en satynbroekie wat ek vir haar wil stuur, hanteer, raak ek hiper belustig. Ek trek my pajamabroek tot by my enkels af en begin die sagte satynbroekie oor my groeiende manlikheid vryf tot ek kliphard en nat is. Ek stuur nooit vir haar onderklere sonder om my merk daarop te laat nie. Ek stop egter net voor ek my belustigheid oor die bondeltjie heerlike sagte vrouemateriaal uitspuit. Ek soek skielik meer as net selfbevrediging. Ek soek seks. Harde, ongeïnhibeerde, in-jou-gesig seks. Seks wat jou weer lewendig laat voel. Seks wat jou en jou maat laat hyg na nog…
Nadat ek die pakkie gepos het, stuur ek ‘n WhatsApp vir haar en versoek dat sy my laat weet wanneer sy dit ontvang het. Intussen duur ons Skype gesprekke onverpoos voort. Ons gesels elke keer oor ditjies en datjies, beloof ons ewige liefde aan mekaar en praat onsself verder jags met opmerkings en innuendos oor ons vorige sekskapades.
Net voor Valentynsdag laat weet Tertia sy’t my pakkie ontvang. Sy’s mal daaroor, sy’t dit reeds aangepas en super lus geraak toe sy na haarself in die spieël kyk. Ek voel ‘n steuring diep binne my lende. Ek soek jou in daai bra en pantie en rooi cocktail dress vir ons Valentynsdag Skype chat, laat weet ek.
Die paar dae se afwagting voor die groot dag jaag my testosteroonvlakke in die gevaarsone. Ek dink konstant aan haar en stap permanent met ‘n knop in my broek rond. Dis snaaks hoe mens na so ‘n lang afwesigheid van goeie seks weer terugkeer na jou oer oue instinkte van “fucking and feeding”.
My Mac is aangeskakel en ek kliek met ‘n bewende hand en ‘n knop in my keel op die Skype online knoppie. Ek’s aangetrek in my Hugo Boss swart pak, wit hemp, rooi das, silwer mouknopies en swart Paul Smith skoene. Dis kompleet of ek Tartia vanaand vir die eerste keer ontmoet en uitneem op ‘n fancy date. Ek vat nog ‘n sluk rooiwyn terwyl ek wag dat sy skakel en proes byna in die glas toe die ding lui. Dit bly steeds wonderlik wanneer die lewende beeld aangaan en mens met mekaar in real time kan praat.
Sy is geseënd met die magtigste seksaantrekking vir elke man – sy’s jags. En dan het sy boonop ‘n goeie slanke lyf met heerlike borsies en perfekte nippels.
Ons staar na mekaar vir ‘n paar sekondes voordat sy sê, “Bliksem ek verlang na jou en jy lyk ongelooflik in daai pak”.
Die rok rok sit perfek aan haar lyf en sy beweeg haar iPad sodat ek haar bene ook kan sien. Ek voel hoe my peester begin klop toe ek deur die lang spleet in haar rok opmerk dat sy haar swart hold-up stockings met stiletto’s aangetrek het.
“Wow, jy is beautiful” stotter ek.
En toe is die gala aan. Sy begin chat terwyl sy rond draai voor die kamera en ek kyk na haar boude deur die sagte rok. Wat my die meeste aandraai is dat sy praat asof ons ‘n koppie koffie sit en drink, maar die hele tyd streel sy oor haar lyf, haar borste, heupe en net voor sy in die stoel gaan sit, laat weet sy, “ek’s reeds nat en lus vir jou”.
Dis waar ek die aas byt en insluk en maande van opgekropte sekslus loslaat.
Ek beveel haar om wydsbeen op die stoel te sit en haar rok oor haar heupe te lig. Daai rooi satynbroekie lyk uitlokkend en sy giggel saggies toe sy haarself streel en die nat kolletjie vir my wys. Ek wens daar en dan ek kan haar naai oor daai stoel met haar boude in die lug. Dis die ding van Skype. Dis definitief seks, maar sonder aanraking en penetrasie. Dit maak jou rasend jags en opgewonde. Sy trek haar pantie na die kant en met een hand rek sy haar spleet oop om die harde klit te ontbloot en met die ander hand glip sy twee vingers in haarself.
Ek gaan staan voor my lessenaar naby die skerm en haal my stokstywe tril uit my broek en begin myself af te ruk. Tertia raak van al haar klere ontslae behalwe die kouse en stiletto’s. Sy kom staan wydsbeen voor haar skerm met haar oopgestrekte poesie so naby aan die skerm, ek voel of ek daaraan kan lek.
“Trek jou fancy pak uit, maar hou jou onderboek en hemp aan”.
Terwyl ek van my klere ontslae raak, draai sy om en rek haar boude wyd oop sodat ek haar kringspier kan sien.
“Fok,” hyg ek van lus.
Toe sy sien hoe ek my piel deur die boxer shorts se gulp uithaal en nou vinniger begin pluk, trek sy haar vingers uit en lek dit stadig af. Sy weet dit dryf my oor die afgrond.
“Is jy reg om te kom”?
Ek kan nie antwoord nie, want ek’s te jags. Sy staan vorentoe en vinger haarself so hard dat ek die klapgeluide van haar handpalm teen haar koekheuwel hoor. Ek weet ek gaan haar nou oor die wenstreep help en gee myself ‘n paar finale plukke en haal dan my hand van my voël en los dit sodat die slymstrepe uit my pomp op die handdoek langs die rekenaar.
Met die kondig sy aan dat sy gaan kom en fluister saggies gedurende haar ekstase, “O dis hoe ek jou van jou piel hou…”
Ek staan voor my sitkamervenster met ‘n vars glas rooiwyn in my hand en kyk uit oor die stadliggies. Die beelde van ons Skype sessie flits deur my gedagtes en die wyn begin die adrenalien in my bloed te kanselleer en daar kom ‘n rustigheid oor my. Al wat nou oorbly is om te droom hoe ek ons volgende sessie gaan hanteer.
2 COMMENTS
Saffie,
Jou skrywe was ‘n langafstandseks-episode mooi beskrywend en lusmakend vertel.
Jy kan deesdae jou kuberseks-ervaring uitbrei met slimfoontegnologie en afstandsbeheerde stimuleerders. Met ‘n afstandsbeheerde vibrator aan haar kant en ‘n afstandsbeheerde mansmasturbator aan jou kant, kan julle mekaar fisiek met beheer via slimfone stimuleer. Vir die praat- en sien-deel kan jy videokommunikasie op slimfone gebruik of steeds met Skype-kommunikeer.
Jy het, behalwe die masturbator en vibrator, ‘n slimfoon-app nodig. Laasgenoemde laai jy af van die webwerf van die firma by wie jy die toestelle koop.
Die mansmasturbator het ‘n masturbasiehuls van sagte plastiek wat om jou vool pas. ‘n Meganisme wat met ‘n lugpomp werk laat die huls suig en wriemel. Met ander woorde, dis ‘n kunsvagina wat vaginabewegings namaak. Ingebou in die masturbator is daar die elektronika vir draadlose kommunikasie. Kommunikasie is tussen die masturbator en jou slimfoon en is via Bluetooth-tegnologie. Via die internet is jou slimfoon in verbinding met die slimfoon wat sy by haar het.
Die vibrator is soos die klassieke hasievibrator. Dit het ‘n skag wat in die vagina pas en ‘n dunner armpie wat van die basis (die handvatsel) uitloop en wat die klitoris stimuleer. (Die naam ‘hasievibrator’ kom natuurlik van die twee hasie-oortjies wat die klitoris stimuleer.). Beide die skag en klit-armpie vibreer, maar die skag kan, vir addisionele vaginastimulasie, ook ronddraai. Die trilspoed en -intensiteit, asook of die skag moet ronddraai of nie, kan alles beheer word. Soos met die mansmasturbator kommunikeer ‘n slimfoon aan haar kant met die vibrator, via Bluetooth.
Met die app op albei fone geïnstalleer en met die toestelle op hul plekke op die lyf gehou, is beide partye in staat om oor lang afstande mekaar se toestelle te beheer. Sy kan jou masturbator aandraai en sien hoe jou tong teen jou onderlip begin stoot (dalk heeltemal uithang!) en jou oë groter word. Dan kan sy hom afdraai net voor jy kom. En as jy uiteindelik kom, kan jy jou masturbator blitsig van jou vool aftrek en vir haar wys hoe jou saad met ‘n boog deur die lug trek. Van jou kant af kan jy op jou beurt haar vibrator beheer terwyl jy haar reaksies dophou. Jy behoort groot genot te kry deur te sien hoe haar mond oopgaan, haar heupe lig en haar kop uiteindelik met ‘n kreun agteroorval – en jy weet dis deur jou toedoen.
Nouja, bogenoemde was maar net ‘n wenk. Kom ons kyk hoe gaan dit vorentoe met jul langafstand-kuberseks!
Ons verkoop juis hier op Kombiekiehier so langafstandbeheerspeelding. Ek het nog ‘n resensiestorie oor hom geskryf. Gaan kyk gerus HIER by Koopbiekiehier en bestel sommer ene vir Kersfees! 😉 Die resensiestorie kan julle HIER lees.