Blou movie
deur Kleinboer
Ek het gister ’n blou movie gekoop, Ghetto Girls, wat my versameling op ses te staan bring. Gisteraand het ek gewag totdat Lungi in ons kamer slaap en die DVD in die sitkamer gekyk. Ek het die deur toegemaak en die volume laag gestel, maar nie so laag dat ek nie die vroue se kermgeluidjies kon hoor nie. Dis die eerste blou movie ooit wat ek sien waarin die manlike akteur se gesig glad nie gewys word nie. Hy het ’n massiewe voël, maar dalk is sy gesig lelik of wil hy anoniem bly. Dit pas my. Mansgesigte is vir my die laagtepunt in blou movies, terwyl ek mal is oor die ekstase op die vrouegesigte. Wat ek vreemd vind, is dat die man in hierdie movie deurgaans stilbly. Selfs wanneer hy kom, kreun of brul hy nie. Net tydens een besonder vloeistofryke spuitslag op ’n vrou se gesig het ek hom effens gehoor kreun, en daarna los hy ’n laggie. Die twee sproete op sy voël het my afgesit, en ook wat lyk na ’n vratjie. ’n Hoogtepunt van die movie is die blowjob wat die een vrou toedien. Magtig, haar mond is akrobaties! Sy suig die staande ou so diep dat haar lippe amper die basis van sy skag bereik en haar tong kielie terselfdertyd sy ballas! Dan draai sy om en hy looi haar van agter.
Halfeen het ek die DVD in die skryfkamer gaan wegsteek en agter Lungi se blad gaan inkruip. Ek wou haar slaap nie bederf nie maar het tog. Ek was rusteloos met al daai beelde in my kop en het onwillekeurig teen haar begin skuur, en later het dit vrugte in ’n kondoom afgewerp. Sy het meer as ek gekreun, maar ek was nie stil nie. Daarna goed geslaap.
