Alaturcka (1)
deur Ramkat Erasmus
Ek sien van my balkon af hoe die vragmotor met die twee skeepsvraghouers stadig agteruit in Fonnie se werf intrek. Vroëer het ‘n ander vragmotor ‘n fris vurkhyser afgelaai. Die drywer van die vurkhyser kom nader en in ‘n japtrap staan die twee houers langsmekaar voor die dubbelgarage.
Na Fonnie se geliefde Elise stil-stil in haar slaap oorlede is, het Fonnie meeste van sy meubels verkoop, plek gekry in ‘n luukse aftree oord met ‘n rolbalbaan, die huis uitgeverf en by ‘n agentskap geregistreer wat behuising voorsien aan buitelandse diplomate. Hierdie is die eerste huurders.
‘n Sekuriteitsman praat in ‘n tweerigtingradio en ‘n bussie kom om die hoek en ry ook by die hek in. ‘n Span manne in blou oorpakke klim uit en staan rond. Party steek sigarette op, ander sit op klippe maar meeste staan rond en wag vir iets om te gebeur.
Dan kom ‘n lang slap kar om die hoek en trek in. Die voordeure gaan oop en die drywer en sekuriteitsman klim uit. Hulle kyk rond met hande op versteekte wapens en as hulle tevrede is maak hulle die agterdeure oop. ‘n Kort bonkige man klim uit, en aan die anderkant ‘n kort bonkige vrou. Later sal ek uitvind dat hy ‘n Olimpiese stoeier was en sy ‘n gewigopteller. Hulle het mekaar by die Olimpiese Spele ontmoet, verlief geraak, getrou en later by die diplomatieke diens aangesluit. Die Turkse vlag op die neus van die kar verklap hulle identiteit.
Hulle verdwyn na binne en na ‘n ruk kom die sekuriteitsman uit en beduie vir die werkers. Vir die res van die middag dra hulle meubels uit die houers uit, en binne in die huis in. Die man en vrou beduie en raas so nou en dan. Dan laai hullle die houers en vurkhyser weer op die vragmotors, en alles raak stil.
‘n Week later raak ek op ‘n Saterdagoggend lus vir iets soet en begin ‘n baksel koeksusters aanmekaar slaan. Sodra hulle afgekoel het, eet ek een of twee en dan is my lus vir soetgoed geblus. Ek hoor die motorhek langsaan oopgaan en op die ingewing van die oomblik pak ek die res van die koeksusters op ‘n bord en stap uit. Ek maak my hek oop en gaan druk aan Fonnie se klokkie. Na ‘n ruk kom ‘n sekuriteitsman aangestap. Hy aanskou my asof ek ‘n teken op my voorkop dra wat sê: Sluipmoordenaar.
Ek verduidelik dat dit tradisie is om nuwe bure met eetgoed welkom te heet. Hy kyk my lank aan, wys ek moet wag en loop terug die huis in. Na ‘n ruk kom die bonkige man uit en stap nader. Sy Engels is goed en ek verduidelik weereens van die tradisie en hy beduie vir die wag om die hek oop te maak. Hy nooi my in en ek stap agter hom aan na die huis toe.
Ek het baie tyd in Fonnie se huis spandeer om rugby te kyk of sommer net te sit en kuier en stry oor alles en nog wat. Die nuwe intrekkers het die huis ‘n volksvreemde gevoel gegee met die meubels, lappe en ornamente wat hulle saamgebring het.
Die man stel himself voor as Khaled en sy vrou as Elsa. Haar Engels is nie so goed soos syne nie maar ons kom tog goed oor die weg. Sy vra ‘n bediende vir tee en ek haal die lappie van die koeksusters af. Khaled vat versigtig aan een van die taai lekkernye en vat ‘n klein happie. Sy gesig vertek van plesier en Elsa tel dan ook een op. Die tee kom en ons smul te lekker. Hulle is Turkse diplomate gemoeid met sport en ontspanning en is vir twee jaar na Suid-Afrika verplaas.
Elsa vra my in ‘n stadium of ek enige “Boer people” ken. Ek erken dat ek inderdaad ‘n “Boer people” is. Ek weet nie wie of wat hulle ingelig het nie, maar hulle het ‘n baie snaakse idee van “Boer people!” ‘n Man wat op ‘n Saterdag soet lekkernye bak en sy nuwe bure daarmee kom verwelkom is beslis nie iets wat hulle met “Boer people” sou vereenselwig nie.
In die daaropvolgende weke raak ons goeie vriende en Khaled kom kuier selfs so dan en wan by my sonder enige sekuriteitsmense en dan drink ons ‘n gemoedelike whiskey saam.
Turkye se nasional sporte is stoei en gewigoptel, en beide Elsa en Khaled raak versot op rugby. Ek moet hard werk om voor te bly om die fynere punte te verduidelik, maar dit waaraan hulle te kort skiet in terme van kennis, maak hulle voor op met entoesiasme.
Elsa verduidelik eendag doodernstig vir my dat losvoorspelers hulle spel met strate kan verbeter indien hulle sou stoei. Sy glo hulle vaardighede op die grond wys ‘n gebrek aan kennis oor grepe, en hoe om ‘n greep te breek. Sy vlieg op en pluk vir Khaled uit sy stoel uit en pootjie hom sodat hy op die dik mat val. Dan duik sy bo-op hom, glip een hand onder sy ribbes in, die ander om sy knie en dop hom om. Khaled lag so dat hy nie kan terug stoei nie. Dan raak hulle skielik bewus van mekaar en sy soen hom op die neus voor sy opstaan, vir my kyk en sê: “See. Even woman can roll man over because she knows grips.” Khaled staan op en soos die laaste lag uit hom uitstotter kyk hy vir sy vrou en net so, is ek skielik bewus van hulle as twee seksuele wesens.
-0-
Twee weke later staan Elsa by my hek met ‘n mooi jong vrou langs haar. Ek laat hulle in en Elsa stel die jong vrou voor as haar dogter, Alida. Alida se Engels is omtrent op dieselfde vlak as haar ma s’n en die familietrek is duidelik. Sy het Elsa se groot bruin oë en Khaled se neus. As mens net die neus raaksen is dit te groot vir haar gesig, maar die vol lippe en golwende raafswart hare balanseer die groot neus goed en alhoewel sy nie klassiek beeldskoon is nie is sy bedeeld met ‘n sterk karaktervolle gesig. Haar lyf is haar eie. Daar is geen teken van die bonkigheid van haar pa en ma nie. Sy is slank met boude wat effens te groot is, maar dit word weer gebalanseer deur haar swaar borste.
Ek besef dat ek staar en dat daar ‘n fyn glimlaggie om Alida se mond speel. Ek kug en nooi hulle in vir tee. Elsa is versot op baie soet rooibos en ek maak ‘n pot. Ons gaan sit op die patio en gesels oor ditjies en datjies. Alida kyk my indringend aan asof sy verwag dat ek enige oomblik iets snaaks gaan doen of in iets anders verander. Elsa verduidelik dat sy vir Alida wou kom wys hoe lyk ‘n “Boer man” en ek lag. Tussen my, Elsa en Khaled het hulle aanvanklike nuuskierigheid oor die “Boer people” ‘n gemeenskaplike grap geword, en Khaled het verduidelik dat in hulle voorbereiding vir die RSA hulle heelwat gelees het oor Afrikaners. Die boeke was egter heel verouderd en het ‘n prentjie geskets van vrouens met kappies en lang rokke en suur mans met baarde met die Bybel in een hand en ‘n geweer in die ander. ‘n Man wat koeksusters bak was vir hulle amper net so ‘n groot verrassing.
Na die tweede pot tee gedrink is en al my kopekies opgeëet is verkas die twee dames, maar nie voor hulle my nooi vir ete nie. Ek soen Elsa op beide wange en Alida hou haar hand vir my uit. Sy kyk my diep in die oë met ‘n lui glimlaggie wat om haar mondhoeke speel. En sy hou my hand net ‘n aks te lank vas … Ek onthou skielik wat een van my eerste, ouer, seksmaats eendag gesê het. “Dit vat partykeer ‘n slim man om te weet wanneer hy ge- ‘seduce’ word”. Nou ja … Ek is nie dom nie.
-0-
‘n Paar dae later kom vertel Khaled my dat hy en Elsa ‘n kongres in Kaapstad moet bywoon en hy vra of hy maar my nommer vir sy dogter kan gee indien sy probleme optel. Ek stem in, ons drink ons gewone whiskey en daar gaan hy. En ek wonder of hy weet hy het sopas vir wolf skaapwagter gemaak …
Dit vat Alida nie lank om my te nooi om by haar te kom eet nie. Ek trek my nuwe denim aan saam met gemaklike bootskoene en ‘n Pringle golfhemp. Dan stap ek met ‘n goeie bottel wyn onder die arm oor na Fonnie se huis toe.
Alida maak die deur oop en slaan my asem weg. Sy het ‘n eenvoudige wit katoenrok aan wat deur nou bandjies oor haar skouers bo gehou word. Dan klok dit wyd uit na ondertoe tot net in die middel van haar bo-bene. Die rok span styf om haar borste en ek is intens bewus van hoe hulle op en af beweeg as sy asemhaal. Sy het swaar swart grimering om haar bruin oë en haar vol lippe is bloedrooi. Sy nooi my in en beduie na die sitkamer toe. Soet wierook hang in die lug en sy het gedek by die lae koffietafel. Ons sit op kussings aan weerskante van die tafel en sy vat die wyn by my, sit dit eenkant en haal ‘n koue bottel uit die ysemmer. Sy skink vir ons en ons klink glasies.
Sy vra uit na my besigheid en ek verduidelik dat ek ‘n Internetgebaseerde winkel het. Ek verkoop alles en nog wat, en het oor twee jaar die proses so verfyn, dat ek slegs drie of vier ure per week daaraan hoef te spandeer. Ek het geen stoorplek nie, geen afleweringsvoertuie nie en slegs een personeellid, nl. Naomi wat my boeke doen. Die hele proses is geoutomatiseer en ek spandeer meeste van my tyd om slim advertensies uit te dink en op die sosiale media te plaas.
Sy lyk of sy rerig geintereseerd is en vra intelligente vrae. Dan staan sy op en stap kombuis toe. Ek is baie bewus van haar mooi bene en hoe haar boude onder die dun katoen rond beweeg as sy wegstap. Sy kom na ‘n ruk terug met ‘n groot ronde bord waarop allerhande stukkies kos uitgestal is. Sy verduidelik dat dit is hoe daar tradisioneel in Turkye geëet word. Jy eet met die vingers van jou regterhand van ‘n gemeenskaplike bord af, en as alles klaar is, kom daar nog ‘n bord, en nog een, en nog een, tot almal versadig is.
Ek vat ‘n slukkie wyn en ons begin eet. Elke keer as sy haar vinger aflek kyk sy my diep in die oë, en ek kyk terug. Dan leun sy oor en hou ‘n stukkie vleis na my toe uit. Ek leun vorentoe en vat dit versigtig uit haar vingers terwyl en seker maak dat ek my tong oor haar vel laat gly. Dan voer ek haar en sy suig my vinger in haar mond in. Sy glimlag en vra of ek genoeg gehad het. Ek knik en sy staan weer op en vat die bord kombuis toe. My keel is droog en my hart klop hard in my bors. Dis altyd so voor die groot oomblik …
Ek staan op, skop my skoene uit en skuif die koffietafel eenkant toe, sodat die dik mat en twee kussing ons speelplek kan word. Alida kom terug en kyk na wat ek gedoen het. Dan loop sy versigtig nader. Sy skop haar skoene uit en skielik is sy ‘n hele paar sentimeter korter. Die wierook het tot dusver verhoed dat ek haar parfuum ruik. Dis ‘n soet muskusgeur wat my kop laat duisel en ek leun vornetoe en soen haar saggies op die bloedrooi lippe. Ek hoor hoe sy in haar keel kreun en dan gooi sy haar arms om my nek en druk haar tong gulsig in my mond in. Haar borste druk teen my lyf en sy druk haar onderlyf vorentoe en beweeg haar heupe heen en weer teen my horing wat teen die tyd penorent staan in my denim. Ek laat my hande sak en omklem haar boude. Sy laat hulle styf span onder my hande, onstspan en maak hulle dan weer styf. Ek laat my hande afgly en begin die rok optrek. Eers voel ek haar bene and dan haar boude en besef sy het nie ‘n broekie aan nie.
“You like?” vra sy en ek knik. Ek vryf en troetel daai boude en dan druk sy my weg. Ek kyk vraend na haar maar sy skud haar kop, vat die rok se soom vas en in een stadige, grasieuse, beweging trek sy die rok oor haar kop.
Sy is pragtig mooi. ‘n Vrou in haar fleur, miskien laat twintigs, miskien dertigs. Haar lyf is perfek in proporsie en haar groot tepels eggo haar groot neus. Sy gooi haar golwende swart har oor haar skouers en sit dan haar hande op haar heupe. “You like fuck Turkish girl?”
Ek knik. “I like very much…”
“Take off!” en sy beduie na my klere. Ek trek die hemp oor my kop, dankbaar dat ek gereeld son op my lyf kry. Dan maak ek my belt los en laat die denim val. Ek trap uit die broek uit en begin my onderbroek uittrek. Sy kom nader en keer my. Sy sak op haar kniëe, vat my onderbroek se rek vas en trek hom stadig af tot net my pielkop uitsteek. Sy steek haar tongetjie uit en gee my pielkop ‘n lek. “Mmmm. Nice,” sê sy. Dan trek sy my onderbroek verder af en vat my heeltemal in haar mond in. Sy suig my saggies terwyl sy die onderbroek aftrek tot by my enkels. Ek skop die ding eenkant toe en konsentreer op die rippels van plesier wat deur my gril. Sy omklem my sakke met haar een hand terwyl sy met haar ander hand op en af teen my skag beweeg soos sy my suig. Die spanning begin bou in my onderlyf en ek wil wegtrek maar sy hou vas en hou aan suig. Dan kom ek. Sy trek haar kop terug, hou haar mond oop en wag vir die warm strome saad om in haar mond in te skiet. Dan trek sy my weer in haar mond in en suig my leeg.
Ek sak af en gaan lê langs haar op die dik mat. Ek glip my hand tussen haar bene in. Haar poesie se lippe is lank en dik en papsopnat. Ek beweeg my hand ritmies teen haar koekie heen een weer en sommer gou-gou begin haar asem jag. As sy kom, kraai sy hard in my oor, en haar lyfie ruk-ruk soos die plesierspasmas deur haar rol.
Sy druk my plat en klim bo-op. Met een hand glip sy my, nou weer, stywe piel in haar natheid in. Sy sak af tot sy my met ‘n diep sug heeltemal in haar in het. Sy sit haar hande op my bors en leun vorentoe. “Now I fuck Boer man good. And later Boer man fuck Turkish girl good. Okay?”
“Okay…” kreun ek dit uit, en dan begin haar heupe ‘n rolmaal beweging wat ek nog nooit ervaar het nie. Ek kyk na haar oop mondjie en haar groot neus. Die pragtige bokkie oë en die tiete wat op en af wip soos sy my naai en ek besef weereens dat ek soms ‘n baie spesiale lewe ly…
Sy kom twee keer voor sy my hard en aanhoudend met die rolmaal beweging van haar heupe tot op die rand van die afgrond bring. Ek brul soos ‘n leeu as ek kom en is vaagweg bewus van haar wat skree. Sy sak flou op my neer en haar asem jag in my oor.
“Did I fuck you good, Boer man?”
“Very good…”
“Boer man going to fuck me good now?”
“Oh yes” sê ek, en voeg onmiddelik daad by die word.
-0-
Die volgende oggend loop ek saam met die opkomende son huistoe en gaan val op my bed neer. “Fokkit,” dink ek. “Nou het die meisie nog ‘n storie om haar vriendinne te vertel oor ‘Boer people.” En ek begin lag.
1 COMMENT
Mooi so, man! Jy het jou Boer-pligte goed gestand gebly: Jy het die nuwe intrekkers vroeg en vriendelik verwelkom, op tradisionele boerekos (die koeksisters) vergas en jou boerepiel met trots en oorgawe onmiddellik tot die dogter se beskikking gestel toe sy dit nodig gehad het. Watter groter verwelkoming kan mens besoekers aan jou land gee. Sulke gasvryheid is iets wat enige vreemdeling lewenslank sal koester. Besonders diep en intieme bande, veral tussen jou en die dogter, is hier gesmee. Sy kan vorentoe alleen maar net respek vir die vermoë van die boerepiel-bedeelde man he. Mens hoop net die opoffering was nie vir jou te groot nie.