Afgelewer

Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur Altyd Lus

Taalversorging deur Lusman

 

Hier waar ek voor jou staan, gly my vingers stadig oor jou blou langbroek teen jou linkerheup af en dan oor jou bo-dy. Jy stop my nie. Dan gly my vingers stadig verder oor jou langbroek, na waar jou bene bymekaar kom. Ek verwag dat jy my gaan stop. Nog steeds doen jy dit nie. Ek bring my vingers na die mik tussen jou bene. Liggies streel ek oor jou poes onder jou broek. Ek stop vir eers daar. Stadig, maar doelgerig begin ek op en af daar vryf. Jy stop my nie. Ek raak opgewonde.

Ek vryf weer en weer en weer in die mikarea. Dit is net vir my asof jou bene so vrek stadig oopgaan, jou mik vir my so vrek stadig meer bereikbaar raak, as jou geskoeide voete so langsaam weg van mekaar oor die vloermat van jou sitkamer skuif. En ja, ek luister na jou asemhaling. Dit klink vir my tog of dit rustiger, maar ook uitdagender, raak.

Ek skuif my vingers na waar die bokant van jou langbroek se broekband is. Dan is ek by die teiken. Ek voel die groterige vasmaakknoop van die band hier naby jou naeltjie. Dit sit net onder die boonste rand van die broekband.

Stadig begin ek die knoop losmaak. Ek verwag dat jy my gaan stop, maar jy stop my nie.

My vingers kry die knoop uiteindelik los. Terwyl my gesig nog teen joune is, gaan my hand al laer af. Ek voel vir die ritssluiter-skuifie ‘n entjie onder waar die knoop was. Weer eens stadig van beweging, skuif ek dit tot heel onder aan die rits. As my hand weer opgaan, voel ek die V van jou oopgeritste broek. Die loshangende broekpantjies kielie my hand as my vingers die kaal vel by die wydste deel van die V liggies betas – presies daar waar die vasgeknoopte broekband so pas in plek was. In my gedagtes sien ek jou naeltjie êrens in daai omgewing.

Nog steeds met jou styf teen my staande, jou wang sagkens teen myne aangedruk, raak ek nou meer kordaat. Ek laat my hand laer af oor jou blou langbroek gly, tot oor jou poes. My hand gly in afgemete hale heen en weer van waar, in my verbeelding, jou poes se onderkant is, tot by sy bokant. Jou asem is warm teen my wang.

Dan wil my hand weer na bo. Ons gesigte steeds teen mekaar, beweeg ek my regterhand na waar jou pêntie se bo-rek moet sit. Dit sou normaalweg in die oopgesperde V van die ritssluiter wees – dalk aan die onderkant daarvan – spekuleer ek. Geen pêntierek is egter hier te voele nie, net gladde vel.

Vervolgens steek ek my hand by die oopgesperde ritsopening in. Ek laat dit teen jou maag afgly. Ek voel-voel vir die bo-rek van jou broekie so ver ek afgaan … maar ek kry niks. Dan voel ek verder na onder en voel dan daar is niks tussen my hand en jou warm vel nie. Stadig gly my hand verder af, oor jou skoongeskeerde skaamheuwel en poes; daar is geen hare hoegenaamd op hierdie deel van jou lyf nie, besef ek.

My vingers is tussen jou skaamlippe in en begin daar rondgly – op en af. Dit is klaar gladderig daar, voel ek duidelik.

Ek besef skielik jy het alles wat ek tot nou toe gedoen het geniet. Ek is trots op myself

Ons lywe nog steeds styf in die staande posisie teen mekaar aandrukkend, steek ek my linkerhand onder jou hemp in en vryf stadig oor jou regterbors. Ek besef jy geniet hierdie aksie van my ook terdeë.

Dit is tyd vir meer. Ek druk jou stadig agtertoe, tot by die bank hier in jou sitkamer. Ek laat jou sit. Dan trek ek jou onderlyf aan jou bene vorentoe, tot jou boude oor die rand van die bank hang. Ek sper jou broekbeklede bene met my hande wyd oop. Dan kniel ek tussen jou bene op die mat voor die bank. Stadig gly my hande onder jou hemp in, tot oor jou tiete. Ek bring my onderlyf vorentoe, my bekken nou baie naby aan joune. Terwyl ek vorentoe oor jou bolyf leun en my knieë ‘n entjie van die mat lig, my skoene diep in die mat ingrawend, druk ek met die beknopte voorste deel van my broek teen die poes in jou langbroek. Stadig vryf ek my styf wordende voël in my broek teen die poes in joune … en ek vryf jou tiete.

Ek voel jou hande vat my aan my voël wat nou ferm van binne my broek teen die voorkant aandruk. Dan voel ek hoe jou hande soek na my belt. Jy druk jou hande tussen my en jou in …  en ek voel hoe jy stoei met my denim se knoop en met my beltgespe.

Ek trek jou bloes op teen jou lyf. Jy moet noodgedwonge jou hande optel. Dan trek ek jou bloes oor jou kop en gooi dit eenkant neer.

Jou hande begin stoei met my rits. Ek voel hoe jy die onderste punt van my rits met die skuifie tussen jou duim en voorvinger bereik. Jy het alles aan my broek wat los moet wees nou los. Die volgende wat ek voel is hoe jou hande my langbroek na benede stoot. As my broek om my knieë op die mat val, vervolg jy deur my onderbroek te begin aftrek. Ek voel hoe die onderbroek aan my voël vashaak. As s jy verder probeer afstoot, voel ek hoe die onderbroek aan my voël rem. Dan, as ek afkyk, sien ek hoe my stywe losglip en wippend by die bo-rek uitpop. ‘n Hele paar keer wip dit op en af voordat dit vorentoe wysend in die rigting van jou poes tot stilstand kom. Ek sien die tevrede uitdrukking op jou gesig as ek voel hoe jy die onderbroek volledig aftrek, om by die langbroek om my knieë aan te sluit.

Ek laat sak my kop na jou buik. My tong gly van bo in die gaping van jou oopgetrekte rits oor die blootgestelde deel van jou maag. Ek kan jou poes ruik.

Dan is my tong by die onderpunt van jou oop rits; dit het die eindpunt van jou kaal vlees bereik. Met my lippe beweeg ek egter verder af, oor jou broek. My lippe begin stadig oor die broekbedekking hier by jou poes gly. Ek voel ek het nou by ‘n plek gekom waar daar ‘n kenmerkende, amper sout, smaak aan jou broek is. As ek afkyk, sien ek die donker nat kol aan jou blou broek. Die nattigheid het mildelik deurgeslaan deur jou langbroek. Met my tong streel ek liggies oor die nat materiaal van jou broek. Die opgehewenheid van jou poes onder die broek is duidelik voelbaar met my tong.

Ek voel jou hande druk ondertoe aan jou langbroek. As ek my kop van jou poesarea af lig, sien ek hoe die broek afskuif en jy vir my meer van jou vroulikheid openbaar. Ek laat sak my kop en lek met my tong waar jou skaamhare afgeskeer is. Maar dan is my mond  weer by die daardie lyfdeel van jou waar die nat kol op jou broek is. Jy is nog nie hier ontbloot nie; jy het die verdere afskuif van jou broek tergend gestaak.

Hierdie keer gebruik ek nie net my lippe vir die vertroeteling van jou poesstreek nie. Ek sleep my tong heen en weer oor die nat broekdeel in die mik van jou bene. Ek proe jou nou erg deurgeslane poessous aan my lippe baie duidelik. Jou asem jaag. As ek my mond verkennend oor jou materiaalbeklede binnedy laat afgaan, voel ek hoe jy aan my trek om my weer na die bo-end toe te laat kom. Ek aarsel eers maar skuif my kop dan hoër en begin speel met my tong oor die nat kol aan die broek.

Weens die deurdrenktheid van die broek kan ek jou poeslippe se vorm nou goed voel. Ek pomp ywerig met my tong teen die nat broekmateriaal, soos wat ek dit in en uit tussen jou lippe sou pomp as jou poes kaal was.

Stadig, maar diep werk my tong in die nat materiaal, wat nou diep in jou ingegleuf het, in. Ek verbeel my ek proe jou, ek ruik jou.

As my tong weer, na jou smaak, te laag oor jou broek afbeweeg, voel ek weer hoe jy my optrek … die slag hard aan my hare. Dis duidelik dat jy my mond eerder in die omgewing van jou poes wil hê.

Ek kan nog nie jou poes sien nie … en ek wil so graag. Jy is egter net te gretig om dit toe te hou. Maar dan is my vingers, vir die tweede keer, by die oopgetrekte rits van jou langbroek in. Stadig gly my vingers oor jou skaamheuwel en jou poeslippe … en by jou slymsloot in.

Jy trek my kop tot by jou gesig en jy soen my. Jy lek my oor my mond en jy proe aan jou vroulikheid wat aan my lippe kleef. Jy hou my kop steeds by joune vas.

My knieë nou weer van die mat gelig, met my broek en onnie wat nou verder afgegly het – oor my kuite heen – druk my voël teen jou bedekte poes vas. Ek vryf so ‘n bietjie links en dan weer regs oor jou poes met die kop van my voël, terwyl ek met albei my hande oor jou tiete vryf.

Ek kom vir ‘n oomblik regop. In ‘n japtrap het ek my skoene uitgetrek en uit die broekgoed getrap.

Dan is ek weer op my knieë op die mat tussen jou bene.

Ek soen en vry jou … oor en oor en doelbewus. My mond gly by jou mond verby, teen jou nek af. Ek voel jou hand gryp my voël vas en ek hoor jy smeek my om jou te naai.

Weer terg ek jou eers. Ek laat gly my voël weer oor jou beklede poes, hierdie keer laer af in jou mik. Dan druk ek hom aan die onderkant van jou poes vas, maar sonder om opwaarts te druk. Ek wil nie hê hy moet nou al teen jou slymsloot aandruk nie. Ek wil jou eers meer subtiel terg.

Ek merk hoe jags jy is.

As ek terugsit op my hakke laat gly ek my hande, wat tot nou toe op jou tiete was, af teen jou lyf, onder jou hemp. Ek het hoop om jou poes nou in sy volle glorie te sien. Maar as ek afkyk, is jou twee hande oor jou poes gekruis; jy hou dit toe vir my.

My voël is nou weg van jou en staan met ‘n punt vorentoe tussen my bene, soos ek hier op my onderbene sit.

Ek begin jou broek aftrek. Ek trek jou skoene en broek met een beweging uit.

Hierdie keer is my voël teen jou kaal poes as ek my lyf van my hakke af lig en vorentoe kom. Ek vryf jou heerlik ontblote poes met my voël. Die voorvinger van my regterhand is aanstons tussen jou lippe in. Jy maak sulke sagte kreungeluide.

Weer voel ek jou aan my hare trek.

Jy trek my kop tot by jou gesig, my knieë weer van die mat gelig. My tone, die swart sokkies nog steeds aan my voete, is in die mat ingegrawe soos ek vastrap om my lyf in posisie te hou.

Skielik voel ek hoe jou regterhand om my balsak sluit. Hierdie keer is dit ek wat kreun.

Jou hand om my balsak sluit al hoe stywer; jou greep word al stewiger.

Weer smeek jy my om binne in jou in te gaan. Ek sê nee, ek moet eers inspeksie doen van die poes – kyk of hy reg vir naai lyk.

Jy is maar baie skaam en wil nie toelaat dat ek na jou tiete of poes kyk nie.

Ek voel hoe die greep om my ballas stywer word.

Jy sê vir my: “Naai my of ek druk jou ballas stukkend.”

Ek is baie bang vir ‘n Nelson-greep aan my ballas en skik my na jou wense. Ek bied my voël ten volle aan en maak gereed om dit in te sit. Maar dan voel hoe jy oorgeneem het. Jy is self besig om my stadig in jou in te druk. Aan my ballas, wat jy stewig in jou handklem het, is jy besig om my kragtig vorentoe in jou poes in te stoot. Jou lyf begin beweeg en ek voel lam van die pyn in my ballas weens jou greep.

Jy sluit jou arms om my en jy smeek my om jou hard te naai. Ek is reeds heel binne in jou. Stadig, maar seker, begin ek jou naai. Diep sink my voël met elke steekhaal in jou weg. Jy kreun en daar is ‘n asemsnak elke keer as ek my in jou in wegdruk.

Jou mond is by my oor en ek hoor jou sê jy is baie lank laas lekker genaai. My mond suig-suig in jou nek terwyl ek volgehoud stadig in en uit jou beweeg. Ek spyker jou stadig, maar aanmekaar.

Ek voel hoe jou sap skielik die ryp vy tussen jou bene en my voël benat. Ek besef jy is besig om te kom. Jou asem jaag nou hard.

Ek bly jou stadig en doelgerig spyker vir amper nog 10 minute. Jy begin kreun en kreun. Dit laat my jou nog harder en dieper spyker. Ek versnel my pas. Ek wil jou baie hard laat kreun.

Dan bereik jy jou tweede orgasme. Dit dryf my ook oor die rand. Ek spuit my lading diep in jou in. Ek kom tot ek voel daar is nie meer iets in my oor nie.

Stadig trek ek my voël uit. Dan kyk ek opgewonde af vir ‘n glimp van jou doos. Maar jy is weer skaam om dit vir my te wys. Jou hande hou jou poesarea dig toe.

Ek staan op, draai om en maak of ek wegstap. Ek tel my broek op en haal my foon ongesiens uit my sak en aktiveer die fotofunksie. Dan draai ek vinnig om. Jy het nou jou hande van jou poes af weggeneem, sien ek. Ek neem blitsig ‘n foto van daardie lekker ding wat jy aanhoudend vir my wil wegsteek.

Ek maak my foon se skerm toe … jy voel soos klei in my hande.

Ek draai om en loop stadig na die eetkamertafel in die hoek.

“Ek het eintlik net hierdie afleweringspakkie vir jou gebring. Dit is nie nodig om te teken nie,” sê ek toe ek sien jou oë het my na die tafel toe gevolg.

Ek trek my klere stadig aan. Jy het jou blou langbroek ook opgetel en ek sien jy is besig om dit aan te trek. Ek stap na jou toe. Ek sien hoe jy jou langbroek toerits en die knoop op die broekband vasmaak.

Ek trek jou styf teen my vas toe jy teen my kom staan. My hand gaan af en ek vryf nog ‘n keer oor jou nou kuis bedekte doos. Die rillings beur duidelik weer deur jou lyf, kan ek voel.

Jy sak stadig af voor my en vat weer aan my voël deur my broek, soos ‘n uur of wat gelede. In ‘n blits het jy my voël by my gulp uit.

Hierdie slag is dit jy wat my na die bank toe druk. Jy draai my sodat ek na jou toe kyk. Ek voel hoe jy my broek, saam met my onderbroek, tot op my knieë afpluk net voor my boude grondvat op die bank. Dan is jy op jou knieë tussen my bene. Jou mond gly in ‘n oogwink oor my voëlkop. Jou tong is goed geoefen, kom ek agter.

Soos ‘n lam aan sy ma sal suig, so begin jy my aan my voël suig. Ek voel ek gaan skree … jou gesuig maak my lam vir enigiets anders as net sit en dit geniet.

Jy hou aan en aan suig.

Skielik druk jy teen my bors om my te laat my teruglê. Jy trek aan my bene. My onderlyf gly na jou toe op die bank, tot my boude oor die rand van die bank hang. My voël staan steeds penregop. Ek wonder waarmee jy besig is.

Dan sien ek jou kop laer as my voël afsak. Ek voel hoe jou mond oor my balsak begin gly as jy jou een hand onder dit insteek en met jou hol handpalm kelkend die sak met sy twee eiers effens oplig. Jy begin my aan my skrotum suig soos ‘n hoogs geoefende suiger. Een vir een gaan die balle in jou gulsige mond in. Dan is dit al twee, jou mond nou wyd oopgerek en jou kieste bollend. Die spoeg loop teen my ballas en jou ken af soos jy my met jou ywerige mond suigend vertroetel. Jy is ‘n ballasbewonderaar, dalk ‘n ballasfetisjis, kom ek nou agter … en ‘n ywerige gewer van ballasplesier daarby.

Ek kan nie meer hou nie. Ek voel hoe ek weer kom. Jou hand lig my ballas behaaglik ‘n entjie hoër en ek voel hoe jy dit in daai posisie vashou tot die laaste stuiptrekking van my pulserende voël.

Hierdie keer is dit jy wat jou foon op die koffietafel vat, voor my op die mat kom sit en kiek. Met ‘n groot glimlag op jou gesig draai jy die foon om en wys my die foto. Ek sien die kleurvolle beeld van my penregop voël. En ja – jy het dit nie uitgelaat nie – ook my laaghangende balsak is mooi te sien. Ek sien my kom wat teen my voël afloop … en ook oor die gerimpelde vel van my ballas. Jy draai die skerm weer na jou toe en kyk vir oulaas na die foto terwyl jy jou lippe lek. Dan kyk jy met ‘n breë glimlag weer na my. Jy sit die afgeskakelde foon op die tafel neer.

Jy het my teruggekry, besef ek. Ons is op gelyke voet.

3 thoughts on “Afgelewer

  • Ek voel elke beskrywing … ek sien dit gebeur… en dit maak my hunker daarna

    Reply
  • Heerlike verleidelike stuk werk wat mens laat voel of dit jy is wat daar op die mat lê.

    Dankie

    Reply
  • Willewill

    Sjoe ! Uiters beskrywend, ek kon amper self haar poes ruik…Mmmmm.
    Welgedaan lekker stukkie skryfwerk, hou so aan.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)