
Weer kans op geluk
deur Dromer
(Taalversorging deur Lusman)
Ons sien mekaar gereeld by skoolfunksies en wanneer ons die kinders aflaai en kom haal by die skool. Ons groet altyd beleefd maar tog is daar iets in die blik wat ons mekaar gee. Dit gaan nou al vir sowat drie jaar so aan en ons knoop so af en toe geselsies aan. Vandag, toe ek jou uit die motor sien klim, merk ek op dat jy nie jou sprankelende self is nie. Ons loop albei na die ingangshek soos ons soveel male al vantevore gedoen het. Ek is by die hek voor jou en met die gewone beleefdheid wag ek dat jy eerste instap met die kenmerkende “Dames eerste”- opmerking van my kant af, met my hand wat jou volg in die holte van jou rug sonder om aan jou te raak. Tog voel ek die hitte wat jy uitstraal. Jy antwoord met ‘n “Dankie.” Soos wat ek agter jou deurstap kyk ek, soos al vele male, na jou mooi ferm boude. Ek dink by myself hoe perfek hulle gevorm is in die rok wat jy aan het – ‘n sagte
fynmateriaal-rok wat deur ‘n suidooster liggies vasgedruk word teen jou lyf. Ek vra beleefd hoe dit gaan en kan op jou gesig sien dat alles nie pluis is nie. Jy kyk na my en sug en sê: “Het ‘n dol dag sover gehad en sukkel met ‘n voorlegging wat ek nie regkry nie. En met jou?”
Ek antwoord dat my dag heel aangenaam was en dat dit nou sommer beter gaan. Jy kyk my vraend aan asof jy nie heeltemal besef wat ek sê nie, maar tog weet wat ek bedoel. Ek vra uit oor die voorlegging en jy verduidelik hoe jy met die program sukkel. Ek gee raad en jy luister aandagtig, maar ek kan sien dat my raad nie die volle begrip geniet nie. Dis net voor middagete en ek bied aan om na middagete jou te help. Dit is wel my af-dag maar ek het laatmiddag ‘n afspraak. En terwyl ek jou help kan ons kinders ‘n bietjie saam speel, stel ek aan haar voor. Ek sê dat ek wel ‘n voorwaarde het … Jy kyk vraend na my en skerts speels dat jy nie een van daai meisies is nie. Ek maak of ek verbaas lyk en speels antwoord ek dat ons sommer net eers iets moet kry om te eet. Jy vra wat ek voorstel, en kort voor lank ry ons met die kinders en stop by die kitskoswinkel. Ons almal is binne-in die winkel en nadat ons albei ons bestellings geplaas het, sit ons by ‘n tafel terwyl die kinders in die speelkamer baljaar. So gesels ons sommer oor die warm weer en wat die kinders alles aanjaag en hoe ‘n gejaag dit is om enkelouers te wees. Gou kan ek sien dat jou bui gelig het en dat jou blou oë waarlik vonkel. Nadat ek ons bestellings opgeraap het en jy die kinders nader geroep het, vertrek ons. Ek volg jou in die verkeer omdat ek nie regtig weet presies waar jy woon nie. So trek ons in by groot hekke met wat lyk na ‘n baie moderne dubbelverdiepinghuis. Ons albei stop by die voordeur en die kinders is meteens uit en jaag en speel met mekaar op die groot grasperk.
Weer eens beklemtoon die wind jou rok teen jou figuur. Wat ‘n pragtige gesig; jy is vir iemand in jou laat twintigs ‘n tydskrifmodel-voorbeeld van stralende glans en gesondheid. Nie die gewone ma wat mens orals in die malls sien nie. My hand is vol met die papiersakke wat ons middagete in het. Jy vat die een sak by my, met huissleutel in die ander hand. Soos jy dit by my vat, vryf jou hand teen myne; ek en jy weet dat dit nie net per ongeluk is nie. Soos ek opkyk, kyk jy vir my en knipoog speels vir my. Ek glimlag en kyk weer jou skoonheid aan soos jy voor my die huis instap.
Die huis is koel en ek volg jou tot in die kombuis waar ons die kos neersit. Jy begin dadelik die kos uitpak en dit oorsit in borde. Jy roep die kinders en nadat hulle hande gewas het, sit en smul hulle aan die tafel. Ons albei neem ook ons plekke in en eet ons hamburgers. Met elke hap kan ek voel hoe my hongerte besig is om te verdwyn. Daar heers ‘n stilte aan die tafel, maar tog nie ‘n ongemaklike stilte nie. Ons kyk so af en toe vir mekaar en ons albei weet dat daar tog ‘n aangetrokkenheid tussen ons is. Noem dit flirt of wat ook al. Chemie is hier aan die werk. Sodra die kinders klaar geëet het, word hulle van die tafel verskoon en is hulle soos ‘n oogknip weg, die huis in. Ons gesprek is gou weer terug by jou aanbieding en sodra ons klaar is aan die tafel, ruim ons gou op en is dan die gang af na jou studeerkamer toe. Met die deur wat oopgaan kan mens duidelik sien dat jy, net soos ek, van die huis af besigheid doen. Hoe sê hulle: “’n Jakkals ken ‘n jakkals”.
Jy skakel die rekenaar aan en verduidelik weer hoe jy sukkel met die program. Ek staan voor die lessenaar en kyk na jou met bewonderende oë en wonder hoe skoonheid so perfek kan bymekaarkom in een wese. Ek word gou tot die werklikheid teruggeruk toe jy aankondig dat ek nou my “mojo” moet kom bewys. Ek lag verleë en sê dat ek nie ‘n boffin is op die gebied nie, maar dat ek myself kan help. Ek probeer baie beskeie klink net vir ingeval ek ook gaan sukkel. Ek noem niks oor my meestersgraad in grafiese ontwerp en graad in bemarking nie.
Soos wat ek die instellings op die program doen, verduidelik ek aan jou wat ek doen. Jy loer aandagtig oor my skouer, met jou een hand op my skouer. Dit voel lekker, dink ek by myself. Dis lanklaas wat ek so naby aan so ‘n mooi vrou was – vier jaar en drie maande, om presies te wees, nadat my lewe onherroeplik verander het. “Donnerse dronk bestuurder,” prewel ek hardop, onwetend dat ek dit so pas hardop gesê het. Jy kyk my vraend aan en vra:
“Hoe nou?”
Ek kyk na jou, baie selfbewus, en vra verskoning en maak dit af as net hardop gedink. Jy kyk weer na die skerm en my oog dwaal vinnig na jou borste toe. Jou rok se hals het effens vorentoe gesak en ek kan duidelik jou ligte pienk kantbra aan die kante van die klofie tussen jou borste sien. Ek kyk vinnig weg en terug na die skerm. Die program begin reageer soos wat dit moet en gou begin jy jou blydskap uitdruk, borrelend met jou hand wat harder aan my skouer druk. Jy komplimenteer my oor my insig in die blikbrein en dat ek dit afmaak as harde ondervinding. Terwyl ek aan die voorlegging werk, draai jy om en gaan sit op die lessenaar en kyk wat ek doen. Jy gee ook insae in presies hoe jy dit wil hê en watter animasies jy soek. Ek kyk gereeld op na jou en verbeel my dat jy nou en dan kyk na my onderlyf. Ja, ‘n man se broek span mos maar om jou lieste as jy gaan sit. Dalk nie so styf soos wat dit nou is nie, want die geur van jou parfuum en jy so naby aan my maak iets wakker in my. Wanneer ek klaar is met die animasies vra ek vir jou om daarna te kyk en sit dit aan. Jy kom staan agter my en met altwee jou hande op my skouers; jou hande wat my skouers liggies masseer. Ek dink by myself dat dit so lekker voel. Ek kan nog die laaste keer onthou wat Sonette my so masseer het. Ek laat ‘n sug uit.
“Jammer, maak ek jou seer?” vra jy.
Ek antwoord gou: “Nee man, ek onthou net wanneer laas my skouers so bederf is.”
Jy komplimenteer weer eens die eindproduk van my werk. Ek begin opstaan. Jou hande verlaat my skouers en ek besef meteens dat ek met ‘n halfstywe voël regop staan. Die tent in my broek is prominent. Ek probeer met my hand dit ongemerk toehou, maar ek weet ek lyk nou soos ‘n stout skoolseun voor die hoof se kantoor. Jy merk dit op maar sê niks. Jy gee ‘n tree nader en gee my ‘n drukkie om dankie te sê vir die hulp. Jou liggaam is styf teen my en ek kan voel hoe my manlikheid teen jou vasdruk. Jou borste druk styf teen my. Dit voel of die drukkie meer as ‘n “Dankie vir jou hulp” is. Dis meer van “Ek is ook aangetrokke tot jou drukkie.” Na die omhelsing sê ek vir jou dat jy lekker ruik en dat ek nie meer daaraan gewoond is om ‘n vrou se reuk so te ruik nie; in ons huis is ons mos net ‘n klomp ramme. Ek kan sien hoe jy bloos en dan sê jy skamerig dankie vir die kompliment. “Net my plesier,” antwoord ek vinnig en opreg. “Dis nie aldag wat ek in ‘n dame se geselskap is en dan boonop nog so ‘n mooi een ook nie.” Ons altwee glimlag sonder ophou en met dié storm die twee kinders by die deur in en vra of hulle kan swem. Ek sê kordaat nee, want ek het later vanmiddag ‘n afspraak. Die kinders sug en met die “Ai, Pa!” wat ek gewoonlik aanhoor, begin ons na buite stap. Jy stap weer voor my en ek bewonder jou, begeer jou eerder. In die motor sê ons weer tot siens en jy haal die pen uit my sak, vat my hand en skryf jou nommer op my hand. Jy knipoog vir my en sê: “Ek moet jou nog ordentlik bedank.” Ek glimlag van oor tot oor toe ons by die groot hekke uitry. Ek staar na my hand en weet dat ek jou vanaand ‘n boodskap gaan stuur, wie weet, dalk ‘n luitjie gaan gee.
By die huis gekom maak ek seker dat my seun met sy huiswerk begin, terwyl ek begin regmaak vir my afspraak. Soos ek kyk na my hand sien ek jou nommer en dadelik kom daar ‘n glimlag op my gesig. Ek tik vinnig die nommer in op my foon en stoor dit. Gou is my afspraak oor en begin die roetine van kosmaak en om huiswerk na te gaan. Wanneer Pieter in die bed is, maak ek gou huis aan die kant en kry alles reg vir die volgende dag. Rustig in die bed, vat ek my foon en tik ek vir jou ‘n boodskap om dankie te sê vir vandag en dat ek hoop my hulp van nut was. Binne ‘n paar sekondes kry ek ‘n boodskap terug waarin jy sê dit word opreg waardeer en dat jy die een is wat moet dankie sê. Ek tik vinnig terug en sê dat dit altyd ‘n plesier is om so ‘n mooi dame te hulp te snel.
Jy: “So jy dink ek is mooi?”
Ek: “Jy is beeldskoon, dan nog ‘n borrelende persoonlikheid aan jou ook.”
Jy: “Ek bloos nou, maar dankie.”
Ek: “En dan het jy vandag nog so lekker geruik ook.”
Jy: “Jy het self lekker geruik.”
Ek: “Dankie … so jy het vanmiddag gesê jy wil vir my ordentlik dankie sê. Wat het jy in gedagte?”
Jy: “Jy sal moet wag en sien.”
Jy: “Is Pieter ook genooi vir Riaan se partytjie die naweek wat kom?”
Ek: “Ja, hoekom vra jy?”
Jy: “Dan kan ek vir jou dankie sê.”
Ons sê later nag en die volgende paar dae sien ons mekaar by die skool en gesels lekker terwyl ons vir die kinders wag. Ons flirt ooglopend, maar hou dit nog steeds redelik beskaafd so tussen al die ander ouers en oumas en oupas wat hulle kroos kom optel. Ons stuur vir mekaar gereeld boodskappe en dit raak ‘n daaglikse instelling. So vis ons meer oor mekaar uit en vind uit waarvan ons elkeen hou. Ons flirt ook nou al onbeskaamd.
So breek Saterdagoggend aan en ons twee manne is vroeg op. Ons albei maak klaar en is sommer gou op pad na die kinderpartytjie, altwee van ons met verskillende redes. Pieter vra my voor ons uitklim: “Hou Pappa van tannie Rinnette?”
Ek kyk hom vraend aan en vra toe hoekom hy so vra. Hy antwoord net: “Dit sal cool wees as Pappa van haar hou.” Stomgeslaan kyk ek hom agterna toe hy hardloop in die rigting van sy maats op die groot grasperk. Ek stap nader en groet die ouers wat al reeds daar is en sê vir die verjaardagseun geluk, so ook vir sy ouers. Gou word ons koeldrank en verversings aangebied en gesels ons lekker. Ek merk jou nie daar nie en kyk kort-kort na my foon. Ek voel teleurgesteld dat ek jou nie hier sien nie en tog bly ek soekend rondkyk. Ek vra rond tussen die ma’s of Rinnette gaan kom. Ruan se ma noem dat sy laat weet het dat sy ‘n bietjie laat sal wees; sy moet vir Ruan gaan aflaai en dan later weer optel. My gemoed sak sommer en ek dink by myself dat ek nou my eie gat kan skop deur so baie van jou te hou. Jou motor trek gou in die oprit op en vinnig stap jy nader met jou knapie wat gou vooruit hardloop na waar die maats speel. Sprankelend groet jy almal en ons maak vinnig oogkontak voordat jy, so gou soos wat jy gekom het, weer groet. Jy klim in jou motor en sit vir ‘n tydjie agter die stuur. Jy is besig om met jou foon te peuter.
My foon vibreer en ek haal dit uit my sak uit. ‘n Boodskap van jou lui: My huis 15 minute.
Ek sluk vinnig my koeldrank en vra Ruan se ouers of ek hom later kan kom haal omdat iets voorgeval het. Gou is ek op pad na jou huis, handpalms wat sweet en my brein wat oortyd werk. Soos wat ek by die groot hek kom stop, maak jy al reeds die hek oop en ek ry deur tot by die voordeur. Jy staan in die voordeur en jou glimlag lok my nader soos ‘n mot na ‘n kers. Ons groet en ek kom nader vir ‘n drukkie. Ons omhels in ‘n vriendskapsdruk en ek wil nie los nie. Dit voel goed om jou te omhels. My neus word gevul met jou parfuum se aroma en soos ek die omhelsing met jou breek, ontmoet jou oë myne. Tussen my glimlag deur komplimenteer ek jou op jou parfuum en sê vir jou jy is beeldskoon. Jy glimlag en sê dankie en gee my ‘n piksoen. Ek kan voel hoe my hart in my bors klop en voel hoe die bloed vloei na my onderlyf. Jy nooi my binne en ek volg jou. My oë is weer gevestig op jou boude wat speels dans in jou kortbroek. Terwyl jy vooruit stap, vra jy of ek iets wil drink en ek noem dat iets kouds sal lekker wees. Ek volg jou tot in die kombuis waar jy vir ons albei sap ingooi. Met ‘n vinnige hop sit jy op die toonbank en vat die twee glase en hou een na my uit. Ek staan nader en soos ek die glas wil vat, trek jy dit nader aan jou. Ek staan nog nader en toe ek die glas vat, staan ek feitlik teen jou. Ek kan voel hoe ek meer opgewek begin voel en hoe my broek begin staan van die swelling in my onderlyf. Jy kyk my van bo na onder en merk die prominente knop in my broek. Jou bene maak meer oop en jy haak jou voete agter my boude in en trek my nader. My glas word gou neergesit en my hande vind jou heupe. Ek vra jou of jy seker is of dit is wat jy wil hê. Jou hande is om my nek met jou glas nog steeds in jou regterhand. Jy trek my nader en ek soen jou hard. Ons monde, lippe en tonge speel die dans van seksuele oplewing. Ons asems jaag en ons harte klop intens. Ek voel die koue in my rug soos wat jou sap oor my uitstort soos ons woel.
Ons soen breek en jy sit die glas neer en ek trek instinktief my gholfhemp oor my kop om van die koue ontslae te raak. Jou oë volg die lyne van my borskas en jou hande vind my heupe en trek my nader. My linkerhand is nou in jou hare en my regterarm is op jou rug terwyl ek jou weer passievol begin soen. Ons asemhaling is hewig en intens. My regterhand wikkel onder jou bloes in, met my hand wat oor jou sagte vel streel. My manlikheid wat nou smeek om verlossing word vasgepen, deels teen die kas en deels teen jou. Dis kloppend en hard. Jou hande verlaat my heupe en jy begin jou top optrek. Ons soen breek vir ‘n oomblik om toe te laat dat jy die nuttelose materiaal uit die weg kan kry. Ek kyk af en sien twee pragtige ferm borste wat nestel in ‘n ligte wit kantbra. Dit voel of die prentjie vasbrand in my wese, hoe die donker tepels en areola deurskyn en duidelike knoppies maak deur die kant. My hande vind jou heupe en met my duime net bo jou bobene trek ek jou teen my vas. Ek bring my mond en fluister in jou oor: “Jy is pragtig, jy maak my mal,” waarna ek jou oorlel soen en afbeweeg na jou nek toe. Jou hande in jou hare met jou elmboë uitgestrek na bo bring jou borste amper tot by my ken. Jou parfuum hang in die lug en vul my reuksintuig; dit bedwelm my in ‘n beswyming van wellus en begeerte.
Ek trek jou aan jou heupe nader aan my, met jou skaambeen styf teen my kloppende piel. Jou borste druk styf teen my kaal bolyf. Die kant van jou bra skuur speels teen my soos wat jy hard asemhaal. Ons soen weer vurig. Ek maak die gespe van jou bra los en jy laat dit gou vergete op die vloer val. Jou
warm borste is teen my, sagte satynagtige vel wat jou ferm borste bedek. Ek kyk in jou oë en sien die begeerte in jou kykers brand. Ek weet jy sal dieselfde in myne sien. Die blos op jou wange beklemtoon jou natuurlike skoonheid. Jou arms omhels my nek en ek begin aan jou broek woel om jou van hom te verlos. Jy trek jou op teen my en gou glip jou broek met jou broekie oor jou boude en span styf voor jou koekie. Ons soen weer vurig en en ek trek effens van jou weg. Jou arms verlos my en ek sak stadig af en begin jou borste liefkoos. My vingers gaan speels oor jou tepels en rol en vryf hulle. Dan gaan my hande verder af met jou bene, wat jy effens toemaak sodat ek jou geheel uit jou klere kan help. Gou lê jou broek en broekie op die vloer. Ek aanskou jou gladde vroulikheid voor my.
Glad en glinsterend, reg om aan te smul. Instinktief bring ek my gesig nader en my lippe vind jou. My warm asem is oor jou koekie, met jou oopgespreide bene wat op my skouers rus. Jy wat effens terug lê en jouself stut met jou arms – jou kop agteroor, jou oë toe, met die gevoel van liefkosing op jou sagste dele. My tong speel tussen jou skaamlippe en vind kort-kort jou klitoris en ek kan voel hoe jy reageer elke keer as dit aangeraak word. Jou liefdesappe glinster voor my en die reuk van jou vul die lug. Ek hoor hoe jy harder hygend asemhaal en fyn kermgeluide maak elke keer as my tong drukking op jou geswelde klit uitoefen. Ritmies begin jy my gesig ry todat jy meteens my kop tussen jou bene vasklem en laat los, weer vasklem, vir ‘n bietjie langer, en weer laat los. Jou asem is nou hortend met harder geluide wat onwillekeurig hygend uit jou uit kom. Jou dye vibreer en bewe soos die orgasme deur jou golwe maak.
Ek staan op en omhels jou, trek jou teen my aan met jou kop op my bors. Ek voel jou hart klop duidelik teen my met jou asem wat nog steeds jaag. Ek vra: “Is jy orraait?” Jy kyk na my en antwoord met: “Ja en nee …” met ‘n glimlag op jou gesig. Ek kyk jou vraend aan en jy sê dat dit ongelooflik was maar dat dit nog nie klaar moet wees nie. Jy gly van die kas af en met jou hande trek jy aan my broek. Vinnig is my voël bevry – die kop glinsterend van lus wat letterlik uit my uitvloei. Jou hand is om my skag met die duim wat oor die kop vryf, glad en gevoelig. My voël is kloppend in jou hand. Jou hand wat op en af oor my skag vryf voel hemels. Jy kyk op na my en gou is ons weer vurig besig om te soen. My kloppende voël is nou vasgevang tussen ons twee. Jy voel die hitte uitstraal van my polsende manlikheid. Jy druk my weg en sê: “Vat my vir jou, ek wil jou in my hê.”
Jy vat my hand en begin my agter jou aan trek deur die oopplanhuis, na die trappe wat met ‘n halwe draai omkrul na die boonste verdieping. Ons is albei kaal, met jy wat voor stap. Jou boude is reg voor my en ek kan jou skaamlippe sien tussen jou boude, glinsterend in die laatoggend-lig wat die huis en jou verlig. My paal wat in volmas voor my uit swaai, reg vir aksie, kloppend met die kop wat glinster van die voor-kom wat glinsterend vorm op die punt. Die koue marmerteëls is verfrissend op my voetsole – teenstrydig met my liggaam wat brand van die passie.
Soos ons die kamer instap sien ek die koningsgrootte bed met die groot kussings en duvet, spierwit, wat lyk soos iets uit ‘n tydskrif. Die uitsig oor die spierwit strand lyk so idillies en ek dink by myself dat ek nie hier is om na die strand te kyk nie. Jy trek my nader en draai my totdat die bed agter my is, die matras voelbaar net bo die waai van my bene. Jy druk my verder terug en ek sak terug op die bed. Jy sak op my neer en gou is ons weer vurig besig om te soen. Met my piel kloppend teen die begin van jou skaamlippe voel ek hoe jy jou heupe op en af teen my skuif. Ek voel hoe jou skaamlippe oopgesper word oor my skag, jou warm natheid wat my in jou inlok. Jy lig jou heupe en met jou regterhand vat jy my ferm vas en stuur my na die opening van jou, reg om my in jou in te neem. Reg vir die oomblik om met ‘n nuwe voël vir die eerste keer gevul te word. Jy sak stadig af, ek
voel hoe die drukking meer raak teen my voël se punt. Met ‘n vinnige glip is ek amper halfpad in jou. Jy snak vinnig na jou asem met die ekstase wat deur jou vloei. Jy sak nog verder af en ek voel hoe jy teen my vasdruk. Ek voel hoe jy styf om my saamklem en hoe eroties dit voel as jy jou heupe begin rol en maal teen my – jou ferm borste wat liggies begin om saam te rol. Ek dink by myself dat ek my sal moet inhou, anders sal dit alles te gou oor wees. My hande sak tot op jou heupe en ek trek jou vas op my, met jou heupe wat meer intens teen my begin skuur. Ek wat met elke terugstoot van jou heupe myself dieper in jou instamp.
Jou gesig en bors is weer besig om roospienk te begin verkleur en jou asemhaling word harder. Ek weet dat jy weer op pad is na ‘n orgasme. Ek trek jou nog stywer teen my vas en met nog ‘n paar wilde stampe probeer ek nog dieper in jou ingaan. Jou heupe begin nou onwillekeurig ruk en jy roep meteens uit dat jy gaan kom. Jou borste wip parmantig rond soos jou lyf begin ruk. Jou spiere omhels my kloppende, harde piel en maak grypende bewegings om my skag. Jou asemhaling begin stadig bedaar terwyl die laaste vloed van die orgasme nog deur jou liggaam maal. Jy sak op my neer en gou is ons weer vasgevang in ‘n passievolle soen. Ons liggame is natgesweet, met ‘n ligte briesie wat oor ons streel deur die kamervenster. Ek rol jou om met my paal nog steeds kliphard in jou en stut myself met my hande weerskante van jou skouers. Gou begin ek stadig met diep hale in jou pomp. Elke keer trek ek myself amper heel uit jou uit en druk dan my volle lengte weer in jou in. Ritmies hou ons so aan. Dis asof ek elke millimeter van jou van binne verken en elke kontoer van jou kan voel. Dis asof ek jou met my voël van binne af lees soos ‘n blinde in braille.
Die ekstase begin nou al hoe dringender raak en die kenmerkende gevoel van ‘n opbouende orgasme begin in my onderlyf. Ek weet dat ek nie meer ver is nie. Ek sê vir jou dat ek naby aan kom is en met dié vou jy jou bene agter my boude in en trek my styf teen jou vas. Jy trek my so styf teen jou aan dat ek skaars stote inkry. Meteens voel ek hoe jou Kegel-spiere my begin melk. Ek voel hoe my balle optrek teen my lyf en my piel parmantig polsend begin klop en ek begin kom. Kloppend spuit ek diep in jou vagina met die spiere wat my melk terwyl ‘n orgasme weer deur jou liggaam trek. Ons asems jaag en ek sak op jou neer en soen jou vurig – ek nog steeds in jou en die lus wat stadig besig om te bedaar in my.
Ek breek ons soen en sê vir jou: “Dit was nou fantasties, jy is fantasties.”
Jy: “Jy is self meer as as bevoegd, meneer.”
Ons kyk mekaar stip in die oë en soos ek terugrol op my rug om asem te skep, rol jy op jou sy langs my en kom met jou kop op my bors te lande. Jou hand streel my bors. Jy sê dat dit die eerste keer is na jou egskeiding wat jy saam met ‘n man was. Ek noem toe vir jou dat dit my eerste was na meer as vier jaar. Jy sê dat ons dit definitief meer gereeld sal moet doen. Ek glimlag en sê gou: “Saam met jou, enige tyd,” en gou gee ek jou ‘n soen op jou kop met my hand wat oor jou naakte rug streel. Vir ‘n oomblik in tyd is hierdie ‘n volmaakte gebeurtenis en in my gedagtes maal al die moontlikhede nou deur. Jy sit meteens regop en sê: “Stiek jou vir ‘n skinny dip.”
Voor ek kan antwoord spring jy op en is jy uit by die deur. Ek is gou agterna en sien jou naakte liggaam trippel teen die trappe af, jy laggend uit jou maag. Ek kan nie help om ook onverpoosd te lag nie, omdat ek jou so gelukkig in die oomblik ervaar. Daar is weer kans op geluk.
8 COMMENTS
Ek is natuurlik mostert na die maal , maar ek eers onlangs die webtuiste ontdek so ; alles is vir my splinternuut ! Dromer – ek ken n “oompie” wat , nadat iets goed gedoen is altyd se: “uitstekende stukkie f…..ken werk” Hahahahhahaaaa………..
Baie goed !
Pragtig…. amper te mooi om nie waar te wees nie.
Doen so voort.
Dankie almal, ek is dalk nie ‘n gedugde skrywer nie, maar het n goeie verbeelding. Wie weet, dalk skryf ek binnekort nog n storie?
Kom uit die hart uit , die een… Knap gedaan
Goeie een Dromer,dankie
Welgedaan Dromer, baie gied geskryf sal wil weet wat slles gebeur het tydens die skinny dip en hoelaat het die twee die kinders gaan haal…..
Dromer, absoluut fanatsties gedoen. Hierdie storie is nog lank nie klaar nie ne.
Lekker een, Dromer !
My ingeleef daarin en ek kon identifiseer met soortgelyke ervaring wat ek ookal beleef het.
Goed geskryf, laat maar meer stories kom…(he-he).