Wat gebeur in ‘n vroue se brein as sy ‘n orgasme kry?
Al ooit gewonder wat in ‘n vrou se brein gebeur wanneer sy ‘n orgasme kry? Rutgers University het vroue hulself seksueel laat stimuleer terwyl hulle in ‘n MRI-skandeerder was. Hierdie is wat hulle “afgeneem” het.
Op Wille se vraag het ek die oorspronklike post kom update. Hierdie is al wat ek oor ‘n man se orgasme en sy brein kon kry. Hehe. 😉 Dalk omdat ‘n man met sy ander koppie dink? 😉

Vervlaks! Van die vier fases in die seksuele responsiesiklus – opwinding, plato, orgasme en afwenning – is ons ou orgasmetjie superblitsig in vergelyking met die vrou s’n. En dan moet ons ook nog superhard werk aan die ander fases ook!
Die opwindingfase moet al vroeg in die oggend begin, met koffie, liefdevolle drukkies en soet woordjies. Dan nog gedurende die dag sexy Whatsapp-boodskappies stuur en nie moeg lyk as ons by die huis kom nie. En dan weer eers ‘n klomp drukkies in die kombuis en voor die TV voordat jy haar ‘n mondsoen kan gee. En lank nadat jy in die slaapkamer is, is jy nog besig om die tone te lek, soen en suig, voordat jy uiteindelik jou lippe en tong in die mikkie mag neerlaat.
Eers as die sappies hier behoorlik gevloei het mag jy poog om jou om die platofase te benader – nie joune nie, hare! En as jy eers aan die naai geraak het moet jy weet, jou belangrikste doelwit in die lewe nou is om dit met oorleg te doen, stadig, bedagsaam, sensueel en lank uitgerek. Want jy is nou besig om die platorand saam met haar uit te klim en jy moet haar tot bo op die plato bring. En wee jou as jy dink julle is bo en haar breinskandering – sou daar op daardie stadium een kon wees – nie ten minste vier keer van rooi na geel verander het nie (en met sommer baie geel), voor jy jou poefter orgasmiese breinflitsie ervaar. Want as daar by haar geen geel was nie, is jy in die moeilikheid.
En selfs al was daar ‘n menigte geel breinflitse, dan lê daar nog vir jou die afwenningsfase voor. Nee my ou maat, nie nou lekker insluimer nie; dis tyd vir nog mooi woordjies, drukkies en gesels oor die volgende dag se inkope wat sy wil gaan doen.
Jou korstondige breinflitsie is iets om voor dankbaar te wees.
hehe, almal van ons is darem nie so “veeleisend” nie. Soms is vinnig vir ons ook lekker. Dan is daar selfs dalk nog kans om bietjie te lees voor mens gaan slaap. 😉
Ten eerste moet al ons kombiekiehierders weereens vir Annelise loof vir hierdie uiters interessante informasie. Haar geniale skeppingsdrang oorrompel ons telkens !
Tweedens is die ooglopende vraag hoe vergelyk ‘n MRI skandeerder beeld van ‘n man tydens orgasme ?
Ek het die post gaan update na ek nog “navorsing” gedoen het om jou vraag te antwoord. 😉
Net ‘n ‘flash’ rooi ? beteken dit dalk die man se brein 99.9% aktief ingestel is (wit/geel)….smile.
Die ander koppie kan nie dink nie, soek net aksie !