Vroulief
deur Saffie
Ek en vroulief is nou al byna 30 jaar getroud. Ons het op universiteit ontmoet en was dadelik versot op mekaar. Ons het van die begin af geweet ons is vir mekaar bedoel. Daar was net geen twyfel dat ons die lewe saam wou aanpak nie.
Vroulief is pragtig. Sy’t sulke ronde bruin oë, donker hare tot op haar skouers en die niceste lippe. Shit ek sal ons eerste soen nooit vergeet nie. Daai sagte ronde lippe, die nat, warm gevoel van haar tong. Sy’t my in ‘n beswyming gevry. Ek was daarna soos ‘n goed gemarineerde steak, deurtrek van die liefde. In die begin was ek onervare en het eers later agtergekom dat sy my byna aanbid. Toe het ek nog liewer geword vir haar.
Na universiteit is ons getroud en het saam ‘n wonderlike sekslewe ontdek. Ons het mekaar gesoen op die snaaksste plekke. Gevry op die onmoontlikste tye. Gespyker op die beste musiek. Selfs na ons twee kids gebore is, het ons steeds soos konyne tekere gegaan. Voulief en my lyf het deur die jare verander. Die love handles by my het verskyn. Ek’t harder geoefen en begin maratonne hardloop. Als om my in kondisie te hou. Vroulief het net daaroor gelag. Sy sê sy’s met my kop getroud en nie met my lyf nie. Haar boobies is natuurlik deur die kinders en swaartekrag verander. Vir my bly hulle egter perfek. Twee sulke ronde bolletjies met heerlike tepels. Voel byna nes die mince bolle wat mens in Pick n’ Pay vleisafdeling kry.
Met die verloop van tyd is die kids deur skool en universiteit en nou beide getroud. Ons wag in spanning om ouma en oupa te word. Die afgelope tyd het vroulief begin hot flushes kry. Dis glo die menopose wat inskop. Hierdie is die tyd dat ek my kant moet bring. Ek pamperlang haar ekstra en dit lyk of dit werk. Alhoewel die afgelope tyd het daar ‘n verandering by vroulief ingekruip. Sy’s net meer huilerig. Sommer oor als. Sy huil oor sad stories, maar ook oor happy stories. In Woolies gaan staan sy byna stil wanneer daar moeders met babies verbykom. Ek raak senuagtig en probeer als.
Nou die dag surprise ek haar met ‘n ete wat ek voorberei het, voordat sy tuiskom van die werk af. Ek het spesiaal vir my net ‘n voorskoot aangesit toe ek die kos bedien. Ek kon sien sy’t saamgespeel om nie my gevoelens seer te maak nie, maar die vlammetjie was nie meer daar nie. Sy’t daardie nag saggies lê en huil. Ek’t gemaak of ek dit nie hoor nie.
Gister na werk bars die bom. Ek kom tuis van die werk en vind haar op die badkamervloer in trane. Sy sê sy mis haar kids, sy voel vet en onversorg (sy was die vorige dag vir ‘n facial en ‘n manicure), haar lewe is verby, sy dink nie meer ek is lief vir haar nie. Die ergste van alles is, sy voel sy’s nie werd om meer met getroud te wees nie. Ek sal blykbaar beter doen met iemand anders.
Liewe donner, ek’s verpletter. Hoe meer ek haar vertel ek soek net vir haar, hoe meer huil sy. Ek raak sommer heel verbouereerd. Ek weet nie wat om te sê. Ek vra haar dat ons moet gaan uiteet by haar favourite pizza restaurant en ‘n paar wyne drink. Dit word botweg geweier en sy sê sy voel sy wil doodgaan. Bliksem, ek’s totaal geworried. Dis die eerste keer in ons huwelik dat ek gekonfronteer word deur hierdie tipe optrede. Ons gesprek eindig in ‘n oor-en-weer skreewedstryd.
Daar bly net een ding oor, ek bel vir Vicus. Hy’s my grootste buddy en ken ons altwee sedert kinderdae. Ons ontmoet mekaar ‘n halfuur later in die Grot, ‘n kroeg aan die onderpunt van die hoofstraat. Vanaand slaan ons die whiskeys om weer perspektief op die lewe te kry en ons selfone is op silent. Vicus sê hy weet nie wat dit is nie, maar blykbaar word alle vrouens so. Dis net ‘n fase en sy sal weer regkom. Die ding is, wat as dit nie ‘n fase is nie en sy kom nie reg nie? So gaan die gesprek om en om en die drank vloei. Ek word so geknetter dat ek my motor in die parkeerterrein moet los en ‘n taxi huistoe neem. Nodeloos om te sê, met die aantal voice mails, WhatsApps en sms’e wat vouelief na my foon gestuur het, besef ek in my dronkenskap dat ek in die spreekwoordelike bollie is.
Die huis lyk donker met net die stoepligte wat binne en buite die brand. Ek sluit die deur oop en skrik my nugter toe vroulief voor my staan. Ek’t gedog sy slaap lankal. Haar oë is dik gehuil en sy staan daar met haar wit japon en arms gevou. Ek begin dadelik verskonings te maak vir my optrede en praat myself mettertyd net dieper in gemors. Die volgende oomblik sit sy haar vinger op my mond om my stil te maak. Sy staan terug en laat val daai wit japon van haar lyf af. Sy het net die rooi crotchless panty aan wat ek verlede jaar vir Valentynsdag vir haar gegee het.
Sonder ‘n woord gee sy ‘n tree vorentoe en trek my gulp af. Sy haal my uit en hurk voor my terwyl sy my in haar mond neem. My bene begin bewe soos die emosies van lus en liefde in my opwel. Ek laat val my broek tot om my enkels en druk vir voulief terug op haar rug. Dankie tog vir die binnematjie op die teëlvloer of anders was ek weer by die fisio vir knieterapie die volgende dag. Vroulief lê en kyk my vas in my oë terwyl ek in haar nat heerlikheid glip. Ons wriemel soos ‘n luislang met sy prooi op daai voorkamermatjie.
Sy staan op en sê nou gaan sy my ry soos een van die rodeo cowgirls in die suide van Amerika. Sy hurk oor my met daai lieflike boude van haar na my kant toe gemik. Ek raak lighoofdig terwyl ek kyk na haar pompende boude en die rooi strik agter op die panty wat op en af wip soos sy tekere gaan. Die happy ending is nat, warm, slymerig en met ‘n groot geraas.
Vroulief kom lê langs my in my arm. ‘n Traan rol oor haar wang terwyl sy in my oë kyk en sy glimlag. “Bliksem julle mans is kômmin en almal dieselfde, maar ek’s mal oor jou”, sê sy. Vroulief is steeds die beste.
1 COMMENT
Dit wys net, soms moet jy die inisiatief aan die vrou oorlaat. Jy kan net bly wees dat jy na al daai alkohol nog ‘n stywe kon kry. Want dink net hoe haar verdriet sou vererger het as sy met ‘n slappie gekonfronteer was.