
Totsiens Ramkat
Liewe Kombiekiehierleser,
Dis met groot hartseer dat ek julle moet vertel dat Ramkat oorlede is. Die van julle wat al lank hier is, sal weet dat Ramkat al van die heel begin af betrokke was by kombiekiehier. Sy fantastiese stories het hom een van die heel beste skrywers van die webwerf gemaak, maar op ‘n persoonlike vlak het hy van dag een af die webwerf ondersteun en my aangemoedig om aan te hou, al was dit soms moeilik.
Hy het baie bande op hierdie werf gesmee en daar is ‘n hele paar lesers wat hom, soos ek, nooit sal vergeet nie.
Ek gaan elke dag van hierdie week ‘n wonderlike Ramkat-storie plaas, sodat julle kan onthou en nuwe lesers hom kan ontdek. Sy stories is alles nog hier en sal hier bly – gaan soek net onder sy naam.
Baie dankie vir alles Ramkat.
Xxx
Annelise
9 COMMENTS
Wat n tragedie is dit nie. Om te weet ek gaan nooit weer jou lag en winkslae hoor nie, of jou raad kan vra nie en sommer nie oor alles en nog wat gesels, nooit weer n storie lees nie….
Jy laat n groot leemte my vriend. Rus sag
So so sleg om te hoor. Ek het nie woorde nie. Dit is ‘n moerse moerse verlies!
Kapteintjie was ook my eerste ontmoetting met sy skryfkuns en ook Kombiekiehier wat my lewe verander het.
Ek gaan ook jou stories mis.
Rus saggies my vriend. Ek gaan ons geselsies oneindig baie mis.
Daar is so baie wat ek nog vir hom wou se, wou vra. Ek wou nog van sy lewenslus tap, nog n slag lag vir sy segoed en grappies. Dis vir my net so hartseer dat ons albei en eintlik ons almal, se lewens so besig was, dat daar bitter min tyd vir gesels was
n Grote het geval. Al het ek hom nie geken nie het ek sy stories geniet. Mag sy familie vertroosting hê in die hartseer tyd.
Ek drink saam met Willewill n glasie op Ramkat, die ramkat!
Ek wil net byvoeg dat sy Kaptein, o my Kaptein reeks my inspirasie was om my hand aan sleutelbord te waag.
Inderdaad ‘n goeie skrywer. Ons sal beslis sy stories mis.
Ek is om die minste te sê, diep geskok en hartseer. Ramkat is een van KBH se pioniers en ek het my altyd verknog in sy verhale. Wat ‘n skrywer ! Hy het my ook altyd sonder skroom raad gegee as ek by hom aanklop oor my pogingtjies tot stories skryf.
Hy laat ‘n leemte wat ek nie glo ooit gevul sal word deur ‘n ander KBH skrywer nie.
My versoek is aan alle KBH-eerders om sy werk te lees wat Annelise nou vir ons gaan plaas en lig ‘n kelkie ter nagedagtenis aan sy talent en aan hom as mens.
Ek gaan beslis Ramkat se stories mis.
Jo jo jo . Dis hartseer. RIV ou maat