Tabita
deur Saffie
Tabita is ‘n mooi vrou. Nie mooi soos in “voorblad mooi” nie. Daarvoor is sy gans te veel van ‘n vrou. Niks van haar is ge-“photoshop” nie. Selfs nie die traumas van haar afgelope 48 jaar op aarde, kon ‘n merk op haar laat nie. Ook nie die swaarkry om twee seuns groot te maak nie. Om die waarheid te sê, dit het haar net mooier gemaak.
Met ‘n welige bos bruin krulhare wat haar prominente neus, amandel oë en vol lippe raam, vra sy onmiddelike aandag wanneer sy ‘n vertrek binnekom. Haar stap is regop en doelgerig. Die ferm borste staan met trots vorentoe. Haar vol, ronde boude voltooi haar vroulikheid. Daai dag toe sy vir Eben met ‘n ander vrou betrap het, was dit die laaste wat hy aanskou het.
Sy’t vir Coenraad aan die hand en Altus op haar heup gelaai en by die huis uitgestap en nooit weer teruggekyk nie. Sy’t haar onderlip gebyt en deur die trane gefokus om die Land Rover se deur oop te sluit – in stilte. Daarna was dit sy en die seuns. Vandag is hulle volwasse manne en nog net so bang vir haar soos toe hulle nog kinders was. Sy kon nie anders nie. Sy moes die leisels styf hou.
Maar moenie aan Tabita raak nie, daardie twee manne sal kom vir jou. En hulle gaan nie ligte praatjies maak oor Eskom en die Griekse krisis nie. Vra maar vir Eben, self ‘n reus van ‘n man. Coenraad, die oudste seun, het hom gedurende sy eerste jaar op universiteit, eendag in ‘n beskonke toestand op die voorstoep van sy ma se huis gekry. Eben se skuldgevoelens het hom somtyds oor die rand gedryf. Hy was al voorheen gewaarsku om haar uit te los. Coenraad het hom in ‘n kopklem na sy bakkie vergesel en geroep dat Tabita die bakkie se deur oophou. Dis ‘n genade van bo dat Eben tot sy sinne gekom het, toe hulle die bakkie se deur toeklap. Na dit het almal op die Weskus geweet, jy mors nie met die vrou van die Kraanvoël koffiehuis nie.
Mans het deur die jare gekom en gegaan. Sy was net eenvoudig te besig. Die seuns en die besigheid het al haar aandag geverg. Sy’t soggens vieruur opgestaan om die brood en pasteie reg te kry. Daarna die kinders vir skool. Dan die koffiehuis deur die dag en saans die seuns met skoolwerk en kos. Dis maar eers die afgelope paar jaar, nadat hulle uit die huis is, dat sy tyd het vir haarself het. Sy was soos ‘n jong meisie toe Marie haar die eerste keer na ‘n gesondheidspa, vir ‘n dag se bederf geneem het. Deesdae bedryf sy net die koffiehuis. Dis om haarself besig te hou. Sy’t haar huis betaal en begin dink aan lang reise na eksotiese bestemmings. Meer as enigiets mis sy egter ‘n man se geselsskap. Sy soek dit wanneer sy na haarself in die spieël staar. Die rondings om haar heupe – sy voel ‘n man se aanraking op haar vel en die tinteling in haar vroulikheid.
“Kry ‘n mens nie koffie in die plek nie?”
Sy skrik toe sy die man se diep stem vroeg daai koue Vrydagoggend hoor. Sy’t hom nie hoor inkom by die restaurant nie.
“Ek’s Thomas,” hy steek sy hand uit.
“Tabita”.
Dis ‘n groot warm hand, maar sag. Hy’s ‘n vryskut joernalis van die Kaap. Oppad langs die Weskus op, om weg te kom uit die malligheid van die stad. Hy staan sekerlik oor die ses-voet-vyf in sy gebleikte jeans, Caterpillar stewels, swart fluweel parka baadjie en lang swart hare wat in ‘n poniestert teruggebind is.
“Sit. Soek jy iets om te eet? Ontbyt?”
Hy trek die stoel stadig uit en stroop die swaar baadjie van sy skouers. Hy moes rugby op sy dag gespeel het of iets, met daai groot bolyf. Hy dra slegs ‘n t-hemp onder sy baadjie, met ‘n swart kort serp om sy nek.
“Ek soek net swart koffie en roosterbrood met regte botter, asseblief.”
“Ek maak eintlik die plek eers oor so ‘n uur oop, so jy sal geduldig moet wees dat die koffiemasjien eers warm raak”.
Terwyl sy die brood sny, voel sy hoe sy oë op haar boude fokus. Sy trek diep asem in en ruik sy manlike naskeermiddel. Elke keer wanneer sy omkyk om te praat, kyk hy haar stip in die oë. Sy voel ‘n warm gloed oor haar gesig en nek en wens sy’t beter aangetrek vanoggend. Sy’s egter al so gewoond aan haar lang romp en stewels gedurende die winters op die Weskus. Genadiglik het sy op die wit Woolies toeknoophemp en baadjie besluit.
Toe sy die roosterbrood en koffie voor hom neersit en hy haar bedank, huiwer sy oë die eerste keer op haar borste. Sy draai weg om vir haarself koffie te skink. Tot vandag toe weet sy nog waarom nie, maar toe sy hoor hoe hy sy stoel terugskuif om op te staan, het sy reeds besef hy kom vir haar. Sy staan doodstil en kyk in die spieël voor haar soos hy naderkom. Sy’s lam en haar maag voel leeg en ongemaklik soos daai dag in die hof toe haar huwelik ontbind is. Hy’s so naby aan haar sy voel hom, maar sy kan nie beweeg nie. Sy stem is skor en laag.
Sy hande is soos twee ysterklampe op haar heupe … “Ek wil jou hê…”
Die jare se sterkwees, vermurwe in sy versoek. Sy kan nie ‘n woord uitkry nie, maak net haar oë toe en knik instemmend. Sy warm asem is in haar nek en sy voel hoe hy die wit hemp oor haar middel oplig. Sy aanraking is sag, byna teer. Daardie groot warm hande gly teen haar sye op, tot onder haar borste. Haar bene bewe effens toe sy hande vorentoe beweeg onder haar bra in en albei borste omvou. Sy stoppelbaard krap in haar nek en veroorsaak hoendervleis orals op haar lyf. Dis net hulle twee en haar harde fasade smelt soos ‘n ysblok in ‘n warm glas wyn.
Sy tong in haar mond is nat en warm. Dit klop tussen haar bene, soos hy haar mond dieper eksploreer. Hy’t beide haar tepels tussen sy duime en voorvingers en rol dit genotvol met ‘n sug wat uit sy neus ontsnap.
“Die deur….”
Sy trek haarself los van hom en sluit die glasdeur van die restaurant en trek die blindings toe. Met haar terugkeer, het hy sy swart baadjie op die vloer agter die toonbank oopgegooi.
Vir die eerste keer in baie jare voel sy weer soos ‘n vrou. Byna soos ‘n dogtertjie wat die goedkeuring van haar pa verwerf het. Sy sien die begeerte in sy oë. Sy trek haar baadjie uit en knoop haar hemp oop.
“Trek dit uit….”
Die woorde brand oor haar lyf. Sy gooi die hemp oor die toonbank en maak haar bra los. Die uitdrukking op sy gesig, soos hy staar na haar harde tepels, laat die lus in haar borrel en sy voel die klammigheid in haar vroulikheid.
Hy lig sy t-hemp oor sy kop en laat val dit op die grond. Sy welige bos borshare verberg nie die harde spiere nie. Haar tepels teen sy lyf en die reuk van sy manlikheid breek alle inhibisies af.
“Jou lyf maak my honger vir growwe taal … fok jy maak my jags,” fluister sy terwyl sy een van sy tepels saggies knibbel.
Met sy hande op haar boude, trek hy haar teen hom. Sy voel die harde staaf teen haar lyf.
Dis ‘n dik, harde knuppel toe sy dit uit sy gulp haal. Sy hurk voor hom en neem hom in haar mond. Die sappe proe sout en glad soos hy homself versigtig in en uit haar mond ry.
“Nee…” sug sy byna teleurgesteld, toe hy homself uit haar mond trek.
Hy glimlag net, laat val sy broek tot om sy enkels en gaan lê op sy rug, op die swart baadjie agter die toonbank. Sy paal staan kloppend en uitlokkend op sy onderlyf. Sy lig haar romp oor haar heupe en trek haar broekie na die kant. Haar vrouevrug is oop en nat.
Toe sy oor hom hurk, lig hy sy ereksie met een hand. Sy kyk af en sien hoe hy haar spleet sonder moeite penetreer. Hy vul haar skede en dit voel of haar hele onderlyf vol van hom is. Met sy hande onder haar boude, stamp sy haarself telkens tot teen sy lyf. Die klapgeluide soos sy hom ry, klink hard in haar ore. Sy gooi haar kop agteroor en plaas haar een hand agter op sy knie. Die ander hand hou haar broekie na die kant. Haar wêreld gaan staan stil, toe een van sy vingers die opening van haar kringspier vind.
“Ek gaan kom…” prewel sy met haar oë toe.
Sy voel hoe hy haar vul met sy saad. Dit klop diep in haar lende. Alles gebeur in stadige tyd. Die klemming van haar vagina oor sy ereksie, die rukking van haar maagspiere en die hyggeluide diep uit haar keel. Deur ‘n waas sien sy vir Coenraad en Altus as klein seuntjies op ‘n strand na haar aangehardloop kom en beide lag en skree uitbundig – “mamma, mamma!”
1 COMMENT
NICE !