“Stalker”
deur Embie Visser
Ek is verveeld by die huis – vroulief en dogters het die winkels ingevaar. Geen sport op TV. Net ek en my Huawei. Soos ‘n onsigbare greep op my hand, dwing my foon my om die internet-site op te soek. Dit oop te maak. Ek wil nie … die laaste keer was gevoelig, seer, verwerping. Alles woorde wat diep kerf in ‘n mens.
Die selfstry teen jou “ander kant” wen egter nie vandag nie en met amper koorsagtige haas log ek in. Die webwerf se soekfunksie is redelik volledig, met verskeie afdelings. My vingers beweeg egter geleerd na die basiese inligting. Dit vee die verskillende verhoudings-moontlikhede uit tot net GETROUD oorbly. Dis veilig so – almal in dieselfde bootjie – no comebacks.
Ek scroll deur die prentjies wat die webwerf op my skerm gooi. Mooi vroue, middeljarige vroue, vroue wat wys die lewe het hulle al geboelie, vroue wat uitdagend glimlag, vroue wat dapper glimlag om die hartseer uit te hou.
Ky van Oudshoorn trek my aandag. Sy is my ouderdom – minus ‘n jaar of twee. Getroud. “Dis complicated.” Twee kinders al uit die huis. (Dit help, want dan is daar ‘n mate van privaatheid asook ‘n hunkering om om te gee, uit te reik.)
Ek sal graag wil kontak maak en gesels. Sien jy kans?
Die predictive teks op my foon tik amper al vanself die lokreël. SEND.
Die afwagting het begin. Die lyn is in die water. My hande bewe effens en die bloed wat die adrenalien deur my are jaag het my op ‘n effense high.
My sintuie is wakker … wel nie net my sintuie nie … ek voel hoe ek hard word as my gedagtes terug gaan na vorige kuber-ontmoetings.
Die opwinding as ek my epos-alert sien, wat aandui daar wag ‘n boodskap. Die eerste tentatiewe antwoorde op my teks. Ek wat die water toets met ‘n” “Vertel my van jouself, wat laat jou bloed bruis, na alle dele.“
Partykeer vat dit langer, meer tussen-die-lyne diplomasie. Tot ons op dieselfde bladsy is.
Stap volgende is om van die webwerf te beweeg na WhatsApp. Dis vinniger. Geen gedurige inlog nodig nie.
Twee dae maksimum en die gesprekke is meer gemaklik. Dan die gesprek-rigting verander. Die jagter-instink in my. Die opwinding van nuutgevonde liefde en lus. My koerasie bly hoog, ek is omtrent heeltyd styf soos ek myself verlustig in dit wat nog kom.
Warm gesprekke soos:
Ek: ”Ek trek jou teen my vas. My mond smelt saam met joune, ons asem word een. Jy kan my styfgeid teen jou voel groei.
Jy: “Ek druk my onderlyf teen joune. Ons soene is nou vurig. Ek vryf die voorkant van jou broek. Wil jou stywe piel in my hande vashou. Met dit speel.
Ek: “My lippe vind die bokant van jou borste. Speel-terg jou tepels deur jou bra. Koorsagtig stroop ek jou Jeans af. Jou warm-nat, kaalgeid vind my vingers.
Dan die volgende stap: Foto’s. Die afwagting van ‘n bors,’ n stywe tepel, ’n beboste of skoongeskeerde of gewakste klofie. Op my beurt ‘n reeks foto’s van half-regop voël tot styf, kloppend.
Binne ‘n week of twee, die eerste video’s. As die seksdrange bevredig is, die meer gemoedelike geselsies. Elke dag se boodskappie om the hoor wat in mekaar se lewe aangaan.
Ongelukkig ook die altyd onafwendbare boodkap: “Jammer, maar ek kan nie meer hiermee volhou nie …”
Dan die pyn, die seerkry. Net soos in ‘n regte, egte vlees tot vlees verhouding.
Maar
Hierdie keer gaan dit anders wees. Ky gaan anders wees. Ons paaie GAAN kruis.
My Huawei ping …
12 COMMENTS
Ek dink menige van ons het dalk al daai pad gestap, Ramkat!
Netjiese skryfstuk, inderdaad.
So baie van ons het miskien al daai pad gestap?
Goeie stukkie werk.
sorry, my antwoorde word herhaal want daar is geen refleksie dat die antwoord wel ontvang is nie en dan lewer ek maar weer kommentaar.
Stem saam met Ramkat, jy’t seker al hierdie pad gestap ?…of ons twee herken indirek dat ons ook daai paadjie ken?…(glimlag)
Maar lekker stukkie skryfwerk, dankie!
Lekker storie. Ek sien uit na die res!
Jy klink na ‘n oop dame. Dit is verfrissend
Goeie storie kan ook werklik wees. Watter site is jy op?
Gemeenskap ??
Ek sien uit na die res van die verhaal… baie realisties
Embie, baie goed geskryf. Goeie storie wst maklik werklik kan wees. Sien uit na die vervolg.
Goed om te sien daar is ander soos ek
Klink of jy daai pad al gestap het… Mooi geskryf.