
Roulette
deur Petrus
Taalversorging deur Lusman
Sy wil amper wens dat die woorde nooit uit haar mond gekom het nie. Dis twee dinge wat sy gesê het wat haar tot hier gebring het. Eers het sy gesê: “Ek sal enigiets doen wat jy wil hê – al jou opdragte uitvoer.” En later het sy vervolg met: “Ek wens so ek kan iets nuuts ervaar – iets totaal anders en opwindend. Selfs daai afstandsbeheer-vibrator raak al vervelig.”
Sy weet nie of hy eers daaroor gedink het of daaraan beplan het nie, maar dit het so ‘n paar dae geneem voor hy weer die onderwerp aangeroer het. Hy was nog altyd so terughoudend totdat hy seker van iets was. Koel. Berekend. Dis asof niks hom kan aanjaag of van stryk bring nie.
En sy wens ook darem nie heeltemal dat sy dit nooit gesê het nie – want sy hou van waarmee sy nou besig is. Baie. Al maak dit haar bang. Juis omdat dit haar bang maak. Baie.
Sy het geweet dat hy ‘n rewolwer besit – ‘n .38 Special. Dis kort en vet en swart. Dit bly in die kluis wat in hulle slaapkamer ingebou is. En sy weet dat enige vuurwapen gevaarlik is. Maar sy het nie kon droom wat hy gaan doen of geweet wat hy van haar verwag nie toe hy die rewolwer uit die kluis haal.
“Trek al jou klere uit en gaan lê op jou rug op die bed,” het hy haar beveel. En sy het geluister. Toe hy langs die bed kom staan het, het hy die rewolwer se loop teen haar slaap gedruk en gevra: “So jy soek iets nuuts?”
Sy het gevoel hoe die vrees haar beetpak. Hoe haar hart vinniger begin klop het en haar asem vlakker geraak het. Haar hand het onwillekeurig effens gelig omdat haar eerste reaksie was om die vuurwapen weg van haar kop af te druk. Maar sy waarskuwende kyk het haar hand in sy spore laat vries.
Hy het met die rewolwer se loop teen haar nek af gestreel. Sy kon voel hoe dit oor haar sleutelbeen en langs haar bors af oor haar vel beweeg; soos die vinger van ‘n minnaar wat haar lyf verken. Maar anders as ‘n vinger, was dit koud en hard. Dan gaan die rewolwer se loop rondom en oor haar borste. Toe gaan dit oor haar maag, af oor haar bobeen en uiteindelik teen haar regterbinnebeen op. Lig en sag beweeg dit, maar heeltyd met die dreigement van gevaar en geweld wat sluimer. Dis soos ‘n hand wat konstant liggies om haar keel huiwer.
Sy het haar oë toegemaak en teruggelê – die liefkosings begin geniet. Dit was definitief iets anders. Al het hy nie een keer aan haar poesie geraak nie, was dit erg sensueel. En ja, dit was opwindend. Hy het nog altyd geweet presies wat vir haar sal werk. Sy gevryf het begin om haar lus te maak. Sy kon die warmte in haar maag voel ontwikkel. En sy kon voel hoe haar liggaam ontspan en terselfdertyd styftrek op elke plek waar hy met die koue staal aan haar raak. Sy kon ook voel hoe haar heupe effens begin vorentoe beur elke keer as die aanraking in die omgewing van haar poeslippies kom.
En toe, meteens, druk hy effens harder met die loop teen haar wang. Dis asof hy haar aandag wil trek. Toe sy haar oë oopmaak, kon sy sien dat hy die rewolwer nou vir haar uithou.
“Hier – vat dit. Gebruik dit as ‘n dildo, ‘n speelding. Jy sê mos jy soek ‘n nuwe een.”
Die rewolwer het swaar in haar hand gelê. Stadig het sy self haar lyf daarmee begin streel. Die gedagte dat dit eintlik gevaarlik is, was heeltyd in haar agterkop, maar dis juis dit wat dit vir haar opwindend gemaak het – soos die mot wat die vlam nie kan weerstaan nie.
Sy kon die staal teen haar vel voel soos sy dit weer oor die binnekant van haar bobene vryf – effens harder as wat hy gedoen het. Toe sy die loop dwars oor haar poeslippies trek, het sy geweet dat hierdie ‘n spesiale ervaring gaan wees.
Sy het haar oë oopgemaak en in syne gekyk toe sy uiteindelik die punt van die kort loop tussen haar poeslippies indruk. Soos gewoonlik kon sy nie regtig aflei of dit hom ook lus maak nie; sy gesig is amper altyd uitdrukkingloos. Mens kan meestal in sy oë sien wat in sy gemoed aangaan. Of hoogstens sal ‘n effense trek om sy mondhoeke dit weggee. Maar op daardie oomblik was haar aandag by iets anders en sy oë het niks weggegee nie.
Sy kon voel hoe die loop heerlik binne haar poesie vryf. Die visier wat uitstaan het ekstra stimulasie verskaf. Met die rewolwer teen die regte hoek kon sy die snellerskut kry om boonop haar klitoris ook te stimuleer. Teen daai tyd het haar vryfbewegings meer dringend geraak. Toe sy op die punt was om te kom van die stimulasie, het sy weereens haar oë oopgemaak en na hom gekyk.
“Trek die sneller,” het hy koel gesê.
Dit was asof haar ekstase onmiddellik na ‘n volgende vlak geneem is. In die breukdeel van ‘n sekonde wat sy geweifel het – al het sy geweet sy gaan hom gehoorsaam – het daar dinge in haar brein gebeur wat sy nog nooit voorheen ervaar het nie. En daardie euforie het oorgespoel na haar lyf.
Die onsekerheid en vrees van wat dalk die gevolg kan wees van haar verlies van beheer en die volkome oorgawe aan sy wil, het ‘n besonderse effek op haar gehad. Dit het veroorsaak dat die orgasme wat tot dusver in haar lyf opgebou het, losgebars het met die klik van die haan op die leë patroonkamer in die silinder. Haar lyf was soos ‘n bul by ‘n rodeo wanneer die hek oopskiet. Dit het begin spring en krul en draai en swaai en bokspring. Dan het dit vasgesteek – net om weer te begin! En sy was die ruiter wat net probeer bo bly het. Want niks van wat gebeur het, kon sy beheer nie. Mettertyd het haar lyf bedaar en opgehou ruk. Haar oë kon weer fokus.
Sy het gedink dit was die mees ongelooflike orgasme wat sy ooit sou kon hê.
(Hierdie storie vervolg nog so entjie in Kombiekiehier Vreesloos. Jy kan dit HIER lees.)
4 COMMENTS
Dankie Will, Beer en Ramkat
Weirdly sexy…
Petrus – dis erg sexy. Baie goed geskryf ou maat.
‘n Pragtige, ge-nuanseerde verhaal met goeie taalgebruik en sinsbou.
Lees my kommentaar aan die einde van die verhaal in “Kombiekiehier Vreesloos”