Raad vir Oompie se bui
deur Ramkat Erasmus
Oompie is kwaad, soos gewoonlik die tyd van die jaar …
Na al die geskenke afgelewer is raak hy soos ‘n beer met ‘n seer tand. Tante pak op en gaan kuier by vriende, soos wat sy gewoonlik doen, tot die bui oorgewaai het en intussen moet die personeel dit ontgeld. Kwaster Nastergal is een van die bestuurspan en hy het al male sonder tal gesien hoe Oompie die personeel verskree en selfs te lyf gaan as hulle nie die werkswinkels vinnig genoeg na sy sin skoonkry nie. Dan gaan hy na sy huis toe en besef Tante is nie daar nie en dan kom hy terug en verjaag almal van voor af.
Maar hierdie jaar dink Kwaster Nastergal dat hy raad het. Hy sit daagliks op sy stoeltjie en kyk hoe dinge verloop. En hy sien waar Oompie die meeste tyd spandeer. Hierdie jaar was Oompie meer as gereeld in die omgewing waar die verpakking gedoen word, en veral by die werkstasie van die pragtige jong Rosie Tweedoring. Rosie Tweedoring is inderdaad ‘n doring in die vlees vir die Tante, want haar rokkies is altyd te kort en haar steweljies te slap. Dan dra sy soms ‘n ROOI hempie by haar groen rompie. Tante straf en baklei en dit hou vir ‘n paar dae, maar dan is Rosie Tweedoring weer haar ou self.
Oompie storm weer in, en die keer is dit duidelik dat hy in die heuningbier ingeklim het. Hy skree hier, hy klap daar . Hy skel en kerm en kla. Kwaster loop na Rosie toe en fluister in haar oor. Sy baklei en kibbel eers, maar dan belowe hy haar ‘n verhoging en ‘n bevordering. Rosie dink ‘n bietjie en dan knik sy. Sy huppel vrolik na agter en verdwyn in die skaduwees van die paksaal. Oompie raas en skree een stryk deur en dan raak hy dors. Hy loop in dieselfde rigting waarin Rosie verdwyn het, want dit is waar die groot sleë gebere word. En dis in die vaartuig se kas waar Oompie sy heuningbier wegsteek.
Kwaster vryf sy growwe handjies bymekaar en lag in sy mou … Oompie kom kwaad op die sleë afgestorm en dan steek hy in sy spore vas. Op die sitplek sit die meisiekind van wie hy so baie hou. Sy het helder rooi hare, en spits oortjies. Spitser as meeste en Oompie hou tog so van spits oortjies! En sy dra kort rompies en ROOI bloesies….
Maar nou sit sy op sy sleë se bank en sy het geen klere aan nie! Haar borsies staan trots regop en haar beentjies is kuis bymekaar , maar hy kan tog die bossie vlamrooi hare tussen haar bene sien. Omdat sy nie haar mussie op het nie, kan hy duidelik sien hoe haar spits oortjies tussen die rooi hare uitsteek. Oompie voel ‘n roering op ‘n plek waar hy lanklaas ‘n roering gevoel het.
“Het iemand darem vir Oompie iets gegee?” vra sy. Oompie skud sy kop.
“Nou maar kom sit dan hier, dan bederf ek Oompie so bietjie …”
Oompie stap stadig nader en sy staan op. Hy snak na sy asem. Sy beduide hy moet op die bank gaan hy sit, en hy doen so. Dan kniel sy voor hom en trek die kruisbande van sy skouers af. Sy wikkel die swaar knope van sy rooi wolbroek los en trek dit af. Hy lig sy boude effens en sy laat die broek tot om sy enkels val. Dan vat sy, sy voëltjie met een hand vas. Sy gee dit ‘n effense trek en dan buk sy vorentoe en vat dit in haar mond. Warm gloede spoel deur hom as sy hom begin suig. Eers saggies maar dan al harder en harder. Sy asem begin jaag en hy gryp haar kop. Dan besef hy, hy vat aan haar oortjies,en die gedagte dat ‘n elfin hom toelaat om aan haar spitsies te vat is vir hom so opwindind dat hy begin skiet en skiet en skiet. Rosie sluk gulsig aan sy saad en as sy klaar is lek sy hom skoon. Sy asem jaag. Sy hande bewe, en hy weet sommer hy gaan nie gou kan opstaan nie.
Die elfin trek hom van die bank af, sodat hy op sy rug in die groot laaibak van die sleë lê. Sy buk weer af en suig hom, en wonder, bo wonder is sy voëltjie sommer gou-gou ‘n voël. Rosie klim oor hom en glip daai voël in haar genotgrotjie in. Sy begin haar boudjies stadig vorentoe en agtertoe beweeg. Dan heen en weer en dan weer vorentoe en agtertoe. Die warm gloede begin weer deur hom spoel en dan steek hy sy hande uit en vat versigtig aan haar oortjies. Haar skreefogies gaan verward oop en dan trek haar mondjie op ‘n “ooooooo” en haar lyfie ruk en skud terwyl sy kreun en steun en vooroor op sy bors val. Dis vir Oompie te veel en hy skiet sy saad diep in haar in. Hulle lê lank so en dan rol Rosie Tweedoring van Oompie af. Sy soen hom op sy neus en begin haar kleertjies aantrek.
Hy lê en steun en kreun soos ‘n walrus en dan vlieg sy op, kyk hom in die oë en vryf haar spitsoortjies. Hy kreun en sy hardloop met ‘n tintellaggie weg … Agter ‘n hoop geskenke vryf Kwaster Nastergal sy hande en glimlag breed, voor hy weer sy voël in die hand vat en draadtrek tot hy kom. More gaan Oompie in ‘n goeie bui wees, en hy wat Kwaster is, gaan by Rosie Teedoring kuier…
3 COMMENTS
Ek dink ek moet die karakters weer ‘n bietjie nadertrek….
Sal mooi oplet na die oortjies as ek weer tussen die vlamhare kyk.. Dusver was my aandag elders..
Baie oulik en eroties! Die krag van verkleinwoorde kom hier duidelik na vore – onontbeerlik om die nodige nuanses, wat dinge net meer eroties maak, te gee. Terloops, ek dog eers haar spitsies is haar tieties, maar toe sien ek dis haar oortjies!