Poplap gaan Sexpo toe
deur Annie Kekkelbek
“Kom, trek jou sexyste klere aan,” sê een van my boyfriends vir my. “Ons gaan Sexpo toe.”
Eers weet ek nie mooi wat hy bedoel nie, want al my klere is mos sexy? Maar toe besef ek hy bedoel SEXY met hoofletters – en toe trek ek maar my slet-outfit aan. Enige mens weet dat die basis van ‘n slet-outfit dropdead skoene en drop-out boobs is – wat tussen-in aangaan maak nie regtig saak nie, want mans kyk bo en vroue kyk onder. Wanneer vroue bo kyk word hulle kyke glure en wanneer mans onder kyk gebeur dieselfde as dit hulle was wat vir die skoene betaal het.
Anyway, nog voor ons by die Sexpo in is, is ek al jammer oor die skoen-deel van die outfit. Dis so hoog dat my omgebuigde tone se bloedsomloop reeds in die ry voor die deur ophou werk. Ek kan voel hoe hulle nie meer kan voel nie en as ek afkyk sien ek hulle steek soos tien pers tottietjies voor by my rooi skoene uit. (Praat van ‘n clash of colours!)
Maar my ouma het altyd gesê: “Vanity knows no pain” en dit nogal terwyl sy kaalvoet oor daai berge geloop het. Haar genes is in my. I can do this. Daar is anyway ‘n massive silwer totterman langs die ingang van die plek en dit laat my sommer dadelik my tone vergeet. Want photo-opportunity, doll!
My boyfriend het seker gemaak dat sy selfoon se battery volgelaai is, sodat ons ons foto’s op Facebook kan wys. Ek pose langs die opgeblaasde monstertotter. Die ding is langer as ek – mens kan op die balls sit as mens wil. Die foto wat ek op Facebook share is die ene waar ek maak of ek dit lek, want dis mos een van my talents daai …
Jissie, maar die saal is groot. Orals hang moerse posters van sexy ouens en girls van die dak af. Die mense gons soos ‘n klomp bye om ‘n heuningkoek en dit pas nogal, want as jy al die fênsy goed wegvat is dit eintlik waaroor alles gaan. Koeke en soet heuning wat bye moet lok sodat stuifmeel geruil kan word. En hier by die ingang van Sexpo wys Durex vir ons hoe mens daai stuifmeel in plêstiek sakkies moet opvang sodat die koeke nie te veel rys of vrot word nie. 😉 Ek like die free kondome wat hulle uitdeel en smile as ek dink aan hoe baie komme ek veilig binne hulle gaan opvang.
Iewers voor in die saal is daar ‘n verhoog. Mens kan van ver af die gekleurde ligte sien. Dit klink asof daar ‘n show gaan begin. My boyfriend wil gaan kyk, maar ek haak eers by Pricasso vas. Ek is so opgewonde om hom te sien! Hy is ‘n celeb, doll! Mens lees in die koerante van hom. Jis, hy is goed. Mense pose vir hom, né en dan sien jy net hoe smeer hy sy tottie so deur die verf op sy palette. En dan lyk dit asof hy seks het met daai doek waarop hy skilder. My mond hang oop. Ek wens ek het so baie talent gehad. Hoe hou hy sy tottie slap, is my eerste vraag? As ek aan ene vat is dit tien sekondes voor mens net stokmannetjies daarmee sal kan teken, maar die ou is omring deur vrouens – sommiges met skoene en boobs soos myne – en sy swingel bly deur dit alles swaai! Hy het ‘n pienk hoed en weird skoene aan. Ek dink miskien werk dit amper soos my outfit. Mense kyk na die hoed of die skoene en dan hoop hy hulle vergeet om in die middel te kyk. Ek kyk in die middel – per ongeluk. En eintlik moes ek liewer nie. Want daar sien mens velle. Velle by sy knieë en velle waar sy boude begin wegraak en velle waar sy maag hang. En skielik dink ek ek ken sy slap-bly trick, maar ek wil liewer nie verseker weet nie. So, dan check ek maar liewer die skildery wat amper soos iemand bekends lyk.
My boyfriend sleep my nou aan my arm deur die mense wat van een shoppie vol adult toys na die volgende shoppie vol adult toys loop. Die La-la girls direk uit L.A gaan nou dans. Maar eers deel die seremoniemeester so bietjie pryse uit. Ons is net te laat vir my om deel te neem, want ons soek nog sitplek wanneer hulle sê vrouens moet hulle boobs wys om ‘n vibrator te wen. Ag, ek is so teleurgesteld! Natuurlik sou my boobs gewen het. Ek weet mos al. Maar toe sê hulle die eerste man wat sy broek aftrek en sy jewels wys sal ook ‘n prys wen en toe is my boyfriend die enigste ene en toe wen hy! Dit is so kief! My boyfriend het awesome jewels. Hulle verdien ‘n prys.
Die La-la girls het nogal cool costumes, hoor! Daai eerstes wat so vol blinkertjies is gee my ‘n plan. Ek gaan my leeuveltiertert so bietjie optert. Ek gaan dit bedazzle en dan ‘n show vir my boyfriend hou. Sien, ek het klaar iets by Sexpo geleer. Miskien sal hy na hy gesien het hoe daai vrou daai paal gebruik, uiteindelik daai ou netbal doelpaal in ‘n danspaal omskep soos hy al lankal belowe…
Na die show gaan check ons die lounges uit. Daar is ‘n lounge vir elke kink en smaak. Ongelukkig vir my boyfriend het ek baie wye smaak en maak die meeste kinks my lus, so nou gaan loer ons by almal in.
In die dungeon pose ek weer vir ‘n Facebook foto. Die keer in ‘n hok. Op die foto loer my lewelose pers tone deur die tralies van my skoene net soos ek deur die hok se tralies loer. Maar ek smile en my tone smile nie. Daar is so houtding soos ‘n esel waaroor ‘n mens buk en dan kan jou boyfriend jou met ‘n ander plat houtding ‘n paar rapse op jou boud gee. Ek wil try. Ek lê so oor die ding terwyl ek weet die ander mense kyk. Kinky. My hare hang tot op die vloer voor my en my boude staan in die lug. My boyfriend skuif my rompie so bietjie op totdat my pantie uitsteek. Dit is stout, maar dit voel sexy en ek maak my bene so bietjie oop … en dan moer hy my – twee houe.
“Eina fokkit!!” skree ek voor ek myself kan keer en gryp na my boude.”Wat de hel dink jy doen jy?”
Dit brand soos blêrrie Vicks op my parratjie en ek is lus en donner hom terug, maar dan sien ek hoe ‘n man in drag agter sy hand proes en besluit ek dat uitstorm beter sal werk.
Blêrrie boyfriend vang my buite TeazeHers. Ek wil huis toe gaan.
“Kom ons gaan kyk of ‘n stripper nie dalk jou weer sal laat smile nie,” paai hy.
Binne TeazeHers gaan sit ons by ‘n tafeltjie. Orals loop mans met klein, glibberige, pastelkleurige sjoebroekies rond. (Note to self: plat boude in ‘n sjoebroekie werk nie, doll) Hulle loop so met wye arms rond, asof hulle belangrik is. Hulle fluister baie vir die man wat die musiek speel en dan fluister hulle weer vir mekaar en dan fluister hulle in so ou tannie met stywe hare en baie bling se ore. Hulle het almal kort hare en moerse arms en tietiespiere waarmee hulle hulle nippels laat op en af wip. Hulle het mage vol blokkies en voorarms vol are en velle vol tattoos. Hulle het ook sulke pastelkleurige beursies om hulle enkels. My boyfriend sê dis waar hulle hulle missing kuite bêre.
Die ligte flikker en word dof. Na al die fluister-voorbereidings gaan hierdie ‘n moerse show wees. Ek maak myself reg om nat te word. Iemand kondig aan dat Willie ons nou gaan vermaak. Willie?
Die gordyn van die kleedkamer gaan oop en ‘n stripper kom uit. Hy het ‘n kamerjas aan. Hy trek dit uit. Nou lyk hy soos voor die show – sy broekie is pienk. Hy swaai sy heupe so drie keer en wip sy nippels so vyf keer op en af. Dan trek hy die ou tannie op die verhoog en laat haar op ‘n stoel sit voor hy wydsbeen oor haar gaan staan. Die tannie sit haar hande op sy boude en smile vreeslik. Ek is bang haar tande gaan uitval as sy nog wyer smile. Die danser beweeg sy heupe twee keer, maar stop dan. Hy maak of hy stop omdat die tannie te opgewonde vir haar ouderdom word, maar ek dink hy ken nie meer moves nie. Dan is die show klaar.
Ek is nie nat nie. Niks nie. My brandende gat is vol. My tottietoontjies gaan enige oomblik begin afval. My humor sensation is weg.
Daar is nog omtrent sewentigduisend shoppies met pienk vibrators en footlong swart dildo’s tussen ons en die uitgang. Voor my loop ‘n paartjie wat kussings gekoop het.
En. Dan. Sien. Ek. Haar.
Haar hare lyk soos goue grasvelde, haar borste soos klein bergies, haar boude net soos Paulina s’n. Alles is groot en baie en pienk – styfspannende, cherise-pienk. Ek sal haar enige plek herken, want daar is net een soos sy. Coco! Wow! Die een helfte van my gunstelingste tv-paartjie ooit! (Dis nou oor Joost en Amore nie meer ‘n paartjie is nie, anders was hulle eerste) Mens kan ‘n foto saam met haar laat neem! Once! Voor my boyfriend mes kan sê staan ek in daai ry. Hierdie is nou regte celebs. Volbloed man!
“Wie is die ou daar in die hoek agter die poster?”
Ek slaan my boyfriend speels op sy arm. “Dis Coco se man, silly! Tsk! Sy het mos met hom getrou, hy is mos ryk en toe maak hulle ‘n reality show, want mense like om te sien hoe die ander helfte leef.”
Ek is nou amper voor. Nog net een mens. Ek kan vir Coco nou duidelik sien. Ek sien waarom sy so famous is. Sy het vier fokuspunte. Haar skoene, boude, boobs en hare. Dis sodat niemand ooit haar gesig sien nie. Want haar gesig is sad. Amper so sad soos haar hele man wat in die hoekie sit en dit nie regkry om heeltemal te smile nie. En skielik weet ek ek wil haar nie ontmoet nie. Sy is so awesome en as ek haar ontmoet gaan iets van daai awesome breek.
Haar bodybuilder lyfwag wat moet keer dat mense skelm Facebook foto’s neem check my so strange uit as ek uit die ry uit klim. Miskien is dit omdat ek nou so bietjie kruppel loop. Ons loop weer verby Pricasso en verby die Durex stalletjie waar die vrou nou vir drie mense verduidelik oor safe sex. Aan die anderkant van die saal kondig hulle aan dat die La-la girls weer gaan dans en ek wonder hoe hulle voete na ‘n dag se dansery in hulle skoene voel.
Die bye zoem steeds om die koeke. Die meeste bye koop sakke vol speelgoed en onderklere vir daai koeke in die hoop om bietjie heuning te laat vloei. Coco se by het ook betaal, maar ek dink haar heuning het opgedroog. En dan is ons weer by die silwer tottie. Ander mense pose nou vir foto’s by hom, maar hy lyk asof hy bietjie afgeblaas het, want sy kop hang so skeef na die een kant toe.
So paar foudies van Johannesburg Sexpo 2014:













Ek wil op ‘n date saam met die girl gaan….