Pakslae

deur Annelise (uit slavin) 

Die koöperasie is ʼn groot plek wat ruik na hooi, meel, paraffien en allerhande aardse reuke wat ek nie ken nie. ʼn Manneplek. Beton vir die vloer, die toonbanke van growwe hout en die dak se sinkplaat bak onder die warm son. Ek is opgekommandeer om saam dorp toe te ry om hoender- en menskos en beesmedisyne te kom koop. Blykbaar kry mens sommige van hierdie dinge in hierdie skuuragtige gebou.

Een hoek behoort aan die veearts waar entstowwe en medisyne vir verskeie siektes van verskeie diersoorte die rakke vol maak. Drie van Wimpie se kalwers is gisteraand dood en hierdie hoek is die plek waarheen hy eerste mik. Die gesprek tussen hom en die veearts oor skuimende bekke en winde wat nie vrygelaat word is aanvanklik heel interessant, maar verloor gou sy kleur en geur. Ek begin rondkyk.

Teen die een muur vang blink kettings my oog. Ek kan amper voel hoe koud en hard dit om my enkels sal voel wanneer ek soontoe stap. Name vir die items is onderaan geplak vir stadsjapies soos ek. ʼn Chain lead, chain collar en ʼn choke chain. Vir honde. My hart klop vinniger. Ek laat die skakels van die kettings deur my vingers gly en wonder hoe dit sal voel het as hy dit oor my lyf gly.

Dit voel skielik asof enigiemand wat my nou sien my gedagtes op my gesig sal kan lees en ek vang myself dat ek hulle rede gee om te wonder deur skuldig rond te kyk voor ek die ketting weer op die rak hang. Wimpie staan fronsend met ʼn groot medisynebottel in sy hand by die toonbank waar ek hom gelos het. Hulle het duidelik nog nie ʼn diagnose gemaak het nie. Daar is nog tyd om verder te verken.

Een rak verder stop ek eers om ʼn borsel met ʼn houthandvatsel op te tel. Dis swaar in my hand en ek onthou die brand van daardie eerste dag. Ek glimlag as ek verder loop.

 

Leerafdeling! Weer is daar collars en ʼn flyfringe vir perde. Op die hoek hang ʼn Superior Leather Bridle. Die leer is sag in my hand en as ek daaraan ruik dan sien ek hoe Wimpie fronsend na my kyk, maar ek gee nie om nie. Ek kan nou die lus deur my voel pols terwyl ek my vingers oor die stiksels in die leer gly en wonder of die merk op my boud anders sal lyk as dit met ʼn belt vol sulke stiksels geslaan word.
En dan sien ek dit. ʼn Karwats. Ek tel die lang reguit slaanding op en swiep dit deur die lug. Vooraan is ʼn klein plat stukkie leer wat fluit as dit deur die lug trek. Ek sluk. Arme perde. Arme ek! Dit sal baie seer wees… maar ek wonder tog. Voor my geestesoog sien ek weer die prentjies wat ek op die Internet raakgesurf het. Naakte vroue op hul knieë, stang in die mond, met die Meester bo-oor hulle, karwats in die hand.

My hand bewe effens as ek die karwats op sy plek neersit. Wimpie wink my nader. Tyd om die hoenderkos te gaan haal. As ek op die sitplek langs hom inskuif, voel ek die klam tussen my bene. Hy verstaan nie my stilte op pad huistoe nie, ek kan dit sien aan sy vraende kyke. Maar ek wil nie nou praat nie, ek wil net voel.

***
Rudolf het weer ʼn swart hemp aan. Dit laat hom soos die duiwel lyk en ek wonder of ek my siel ooit weer terug gaan kry. Maar hy glimlag.

“Môre slavin.”

“Môre Meester.”

“Jy lyk mooi vandag, Tanika.”

“Dankie.” Ek weet nie hoe om die onverwagte kompliment te hanteer nie. Waarom is hy so vriendelik?

“Het jy jou naweek op die plaas geniet?”

Dis juis daardie besoek aan die koöperasie wat my in die eerste plek aan die wonder gesit het!

“Dit was baie lekker, dankie Meester.” Ek sukkel om te dink, want hy staan só naby. Sy een hand vroetel aan die boonste knoop van my bloes, maar hy maak dit nie los nie.

“Het jy miskien te veel tyd dinktyd op die plaas gehad, slavin?” Hy gly sy hand teen die gladde materiaal van my bloes af en begin my belt losmaak. Is dit ʼn retoriese vraag? Hy trek die swart leer belt stadig uit my denimbroek se lussies en wag dan duidelik vir my om te praat.

Ek probeer my stemtoon onskuldig hou. “Nee, hoekom? Dit was maar . . . ek het . . .” ʼn Mens kan die donker stoppels onder sy vel sien as sy gesig naderkom.

“ʼn Goeie Meester gee vir sy slavin wat sy begeer.” Sy glimlag is nou weg. En daar is net een ding gevaarliker as wanneer die duiwel glimlag en dit is wanneer hy ophou.

“Trek jou langbroek uit, maar hou jou sneakers aan.”

Ek trek so gou moontlik uit sodat hy nie ongeduldig moet raak nie. Die broek se nou pype sukkel oor my tekkies, maar uiteindelik staan ek voor hom met my rooi hemp en rooi tekkies en wit kantbroekie wat net-net uitsteek.

“Dier.”

Ek sak handeviervoet voor hom neer.

“Sê vir my as ek iets verkeerd onthou, Tanika.” Hy praat sag en dit laat hom net meer onheilspellend klink. “Eers kry ek ʼn sms van jou om my teherinner dat jy my op my naam genoem het.” Hy begin om my loop. “En dan stuur jy ʼn ruk later waaragtig ʼn sms waarin jy my Meesterskap in twyfel trek.”

Op díé manier gestel kan ek self nie glo dat ek dit gedoen het nie. Sy skoene het die paadjie om my voltooi en staan nou weer by my kop. Ek staar na sy skoenpunt en wonder watter verskoning ek gaan gee.

Hy sak op sy hurke af en lig my kop met sy hand onder my ken totdat ek in sy gesig kyk.

“Daar is nog baie, baie dinge wat jy moet leer voordat jy ʼn goeie slavin sal wees.” Sy wimpers is lank en dig soos kinders sʼn dikwels is. “Straf en dissipline loop hand aan hand in die opleiding van ʼn slavin. Dit is nodig om dit toe te pas totdat sy haar rol en plek ken. Duidelik het jy nog baie van beide nodig.”

Ek kyk af, sy oë is naby.

“Maar ek vermoed dat jy presies weet wat jy móét of nie móét nie. Dalk is jy net nuuskierig? ”

Wil hy ʼn antwoord hê?

“Ek sal jou gee wat jy begeer. Dis waarvoor ek hier is.”

“Ja Meester.”

“Wil jy iets sê?”

Daar is ʼn paar opsies soos ek is jammer of ek het van plan verander of moenie my seer maak nie, maar op die einde skud ek net my kop.

“Kan nie hoor nie?” Hy staan nou weer regop voor my. Die teëls onder my is wit en koud en my knieë begin pyn.

“Nee, Meester, ek wil nie iets sê nie.”

“Kruip.”

 

Gedagtes onsamehangend deur my kop. Onder my knieë voel ek die slooitjies tussen die teëls in die gang as ek daaroor kruip en wonder waarom ek doen wat ek doen. Ek volg ʼn amper vreemdeling na ʼn waarskynlik pynlike situasie en voel meer lewendig as wat ek in ʼn lang tyd gevoel het. Sterk, onafhanklike vrou, maar ek kruip agter hom aan en wens hy laat my nooit gaan nie. Ek is skaam oor hoe ek by hom voel, oor die feit dat dit my prikkel, maar die skaamte is deel van my vernedering en deel van die prikkel. Al hierdie gedagtes, aanhoudend. Wens dit wil stil word en net wees.

 

“Staan op.”

Ons is in die studeerkamer. Voor my is die groot lessenaar.

“Trek jou broekie uit.”

Ek gehoorsaam, en weet wat sy volgende opdrag gaan wees.

“Buk.”

Ek leun vorentoe en druk met my hande op die lessenaar se rand. Voor my is die venster wat op die tuin uitkyk. Vir ʼn oomblik kyk ek na die water van ʼn spreier wat in die son blink en dan laat sak ek my kop.

“Sak laer met jou bo-lyf.” Rudolf druk my rug plat totdat ek horisontaal gelyk met die tafel staan. “Skuif nou jou bene verder uitmekaar.” Ek voel hoe my kuite trek en wonder hoe lank ek so sal kan bly staan. Rudolf vroetel met iets agter my en dan hoor ek die klank van iets wat deur die lug swiep.

“Sover het ek nog net die belt op jou gebruik en net liggies.” Rudolf se stem beweeg tot agter my. “Maar ek dink ek was te sag met jou. Jy wil nie sag hê nie.” Ek voel hoe hy sy hand saggies, saggies oor my boud vryf. “Vandag, gaan ek jou goed streep. En ek gaan die lat gebruik.”

Nou vryf hy met die lat oor my boud en ek kan voel dat dit dun is.

“Jy gaan elke hou tel. Hardop. En na elke tiende hou gaan jy my bedank.”

Tien houe! Dankie sê! Maar ek fluister tog vir hom dat ek dit sal doen. Die lat tik-tik nou liggies teen my en ek trek my boude saam in afwagting en vrees.

“Onthou jy jou veilige woorde?”

“Ja, Meester.”

Die pyn en die klank wanneer die lat my boude tref, registreer gelyk in my brein. Dit brand erger as die bysteek!

“Ek het met ʼn sagte een begin om jou net bietjie op te warm.” Hy klink asof hy oor ʼn sethou op die golfbaan praat. “Tel!”

“Een.” As daardie hou sag was dan wil ek nie . . .

“Eeeuu!”

Hou nommer twee is ʼn perdebysteek en word so vinnig deur die volgende hou opgevolg dat ek hulle gelyk moet tel.

“Twee, drie …”

Dis baie seer. En dit het nou net begin. Ek dink aan die vrou wat met ʼn sweep geslaan is en vir meer gevra het en wéét dat ek nie soos sy is nie. Maar daardie besef help my nou niks.

Die eerste vyf houe was seker opwarming vir Rudolf, want hou nommer ses is drie maal so hard. Die pyn is een groot vuur en ek krul my een been om dit te probeer hanteer. Vir ʼn oomblik kan ek geen klank uitkry nie.

“Ek sal daardie hou oordoen, want ek hoor jou nie tel nie.”

Ek dink daaraan om my veilige woord te gebruik. Dis tog waarvoor dit daar is. Maar iets keer my. ʼn Besef dat die veilige woord nie sommer ligtelik gebruik moet word nie. ʼn Vermoede dat dit alles dan gaan verander. En ook ʼn gewaarwording dat ek nog oukei is. Ek kan dit vat.

Ek kan nie dink dat Rudolf terughou as hy die volgende hou op my boude plant nie.

“Sewe!!” Die gil bring nie eens verligting nie.

My Meester streep die volgende drie houe oor die agterkant van my bo-bene en wag dan vir my om hom eers te bedank.

“Dankie Meester.” Dit kom as ʼn kreun uit, maar dit verander nie aan my straf nie.

Hy laat val nog tien houe tussen die bo-kant van my boude en die bo-kant van my knieë en ek voel elke een. Dit word nooit minder seer nie en dit gaan nie dood nie. Ek gaan nie na enige ander dimensies of bereik enige sub-space nie. Ek is heeltyd hier. Die houe is bloublasies en spinnekopbyte en jellievisse en skerpioene. Dit is blêrrie seer. Maar ek gebruik nie my veilige woorde nie. En ek huil nie.

En dan is hy uiteindelik klaar.

In die oorverdowende stilte ná die laaste hou, kan ek hoor hoe hy vinniger as gewoonlik asemhaal. Met my kop wat hang hoor ek hoe hy die lat neersit. Ek hoor hom effens kreun, iets mompel. En dan voel ek hom. Sy mond. Op die vuurwarm hale op my sitvlak. Hierdie keer is sy mond nie warm nie. Dit is koel, lawend, helend op my geskroeide vel. Sy tong volg die patroon wat hy met die lat op my getrek het. Saggies, saggies loop dit oor die spore van my pyn. En saggies, saggies begin hy praat. Sy asem koel teen die kole.

“Tanika, Tanika.”

Sy vingerpunte is nou ook deel van die koelte op my boude.

“Jy is ʼn godin-slavin. Myne.”

Ek kan nie meer dink nie. My onderlyf is pyn en plesier, warm en koel. Sy stem is Meester en sy woorde minnaar en die teenstellings takel my selfbeheer af en my bene wil nie meer nie en ek laat myself toe om in sy arms neer te sak waar hy agter my kniel. Sy arms vou om my en sy mond is in my nek en my hare en op myne. En ek gee nie meer om of ek van pyn hou of wil huil of moet dier of eet of smeek nie. Sy verslawende, teer, verterende mond is my nuwe Meester.

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

One thought on “Pakslae

  • October 26, 2014 at 1:05 pm
    Permalink

    Vreemde onderwerp vir my… Maar ek wonder oor die nuwe vrou… Sal sy my eerste slafin word?

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)