
Pakslae in die waenhuis
deur Skoolhoof
Jan en Sonja is reeds vir drie-en-twintig jaar gelukkig getroud. Nie soos in, ‘hy’s getroud en sy gelukkig nie’ nee, hulle loop soos flitslig en battery! Die twee verstaan mekaar en struweling is uit soos die aandklokreël uit ‘n vroëer era. Beide het op ‘n plaas grootgeword. Soos in regtig plaas. Weet van niks, selfs nie eens hoe om te swem of fiets te ry nie. Veral nie Sonja nie. Jan het in die hoërskool so bietjie meer uitdagings gehad, maar hulle is plattelands soos wat kan kom.
Met die verandering wat plaasgevind het in die land oor die afgelope vyftien- of wat jare het een ding natuurlik meer beskikbaar geraak en dit was pornografie. Eers was dit totaal verbode, maar toe begin die tydskrifte blom op die winkelrakke soos veldblomme in Namakwaland in ‘n goeie jaar. Vir Sonja was dit egter steeds geen probleem nie, maar vir Jan met ‘n korrasie hoër as die van ‘n haas was dit onvermydelik dat hy nie sou wou kyk nie. Dit het ook nie net by die tydskrifte gebly nie. Daar was mos nou internet ook en man was dit nou ‘n ondekkingsreis en ‘n half. Vir ‘n man wat blootgestel was aan hoogstens ‘n oopbek soen en die tradisionele manier van spyker – bokkie onder en pa doen sy bes bo-op – was die tonele op sy skerm met een woord beskryf: verruklik. Hoe dit ook al sy, Son’s was maar bra skepties as dit by nuwe uitvindsel kom.
***
Vir solank as wat Jan kan onthou was daar ‘n snaakse ding wat hom reeds van ‘n baie jong ouderdom af gepla het. As plaasseun het hy dikwels wanneer hy in die veld na skaap of bees aan die soek was hom kaalgat uitgetrek en dan met sy swaaiende stingel in die veld rondgestap. Dit was egter nie beperk net tot kaalbas rondloop in die natuur nie, daar was hierdie ander ding wat hy nie weet waar dit vandaan gekom het nie.
Jan het aanvanklik net eers daaroor gefantaseer – oor hoe hy pakslae op sy kaal boude kry. Dan het hy maar so saam met die fantasie homself bevredig. Dit het begin, soos wat hy kan onthou, sommer al hier op ouderdom sewe of agt. Hy sou dan op sy maag lê, tool in die hand en fantaseer oor hoe hy pak kry. Die fantasieë was so uiteenlopend soos ‘n bundel kortverhale. Hy het nooit ‘n gebrek aan verbeelding gehad om ‘n toneel te skep nie. Hy was egter baie geheimsinnig daaroor. Nooit met iemand daaroor gepraat nie en selfs gewonder of hy eendag gaan hel toe gaan oor hierdie sonde wat hom nie wou laat staan nie.
Groot was Jan se vebasing toe hy op ‘n dag op die internet hierdie ontdekking maak dat daar nog mense was wat van hierdie tipe van seksuele genot gehou het. Hy was verbaas oor al die slaangoed en al die toerusting wat gebruik sou word in die tonele wat voor hom afgespeel het. Hy het nie net soos ‘n redelose dier al wat web-tuiste is rakende dit gesearch nie. Hy kon net nie genoeg kry nie. Menige aande het hy tot laat op kantoor gebly met ‘n horing soos ‘n renoster waterbek gesit en fliek tot wie weet watter tyd van die nag. Hy het so begeer dat hy en sy eie persoonlike Son’s ook so ‘n aandjie moes hê.
Iets soveel soos om vir Jan ‘n blow job te gee het aansienlike verduideliking en oorreding gekos voordat Sonja die eertse keer daartoe sou instem. Sy moes eers saam met Jan ‘n stoute fliek kyk en wat sy toe só geniet het dat hy haar moes spyker voor die fliek klaar was! Dit het haar baie jags gemaak.
Soos die tyd aangestap het het Jan sy vroutjie al hoe meer begin pols oor die pakgee en -kry ding. Sy was nog bietjie ontvanklik dat sy hom moes slaan, maar dat hý haar oulike boudjies bietjie kon piets wou sy niks van hoor nie.
“Ag nee wat, my skat. Ek kan nie glo dat jy seermaak met liefde kon assosieer nie,” was haar verweer.
Niks aan pak kry of gee het haar geprikkel nie. Sy het met ‘n groot geblaas en dreigemente so dan en wan ‘n halfhartige poging aangewend en Jan se stywe boude ‘n paar rapse gegee, maar dit was die einde. Ongelukkig het haar negatiewe gevoel die meeste van die tyd eintlik meer die aand bederf as wat dit dit opgekikker het. Hierdie geleenthede wat Jan met baie moeite orkestreer het, was bekend as konsert hou. Dit was tydens die beplanning van só ‘n konsert dat Jan ‘n nuwe plan gekry het.
***
Jan stap met die glasie wyn na sy pragtige vrou waar sy agter haar rekenaar sit. Hy plaas die glasie op die tafel langs haar en vra belangstellend waarmee sy so besig is.
“Ag dit is die verdekselse VAT-report, wat môre by die boekhouer moet wees,” antwoord sy gefrustreerd.
Jan bly so rukkie stil en geniet haar fyn besnede gesig, blas vel met haar donker hare wat oor haar skouers val. Sy oë sien die lang vingers op die sleutelbord van die rekenaar en hak vas op haar borste. Sy’s goed bedeeld. Dit was haar borste wat hom jare gelede opgeval het toe sy die eerste keer op uitnodiging saam met hom by sy ouers gaan eet het. Hulle sogenaamde vry-jare. Jan het ‘n swakheid vir ‘n vrou met ‘n groot boesem.
“Dankie vir die wyn,” sê sy en vat die glasie sonder om haar oë van die rekenaarskerm weg te neem.
“Ek het vir jou ‘n ietsie waarna ek wil hê jy moet kyk, as jy dalk so ‘n kansie het,” sê-vra Jan.
Sy kyk steeds nie op nie, maar Jan sien hoe die uitdrukking op haar gesig na nuuskierig verander.
“Wat sal dit wees?” vra sy.
Jan haal die CD-skyf uit sy hempsak en plaas dit asof dit ‘n ploftoestel is versigtig langs haar op die tafel.
“Jy kan dit op jou rekenaar kyk. Ek wil graag konsert hou vanaand.”
Sy glimlag baie effens, maar ‘n blos verkleur haar wange.
“Jy kan eers jou werk klaar maak waarmee jy besig is. Ek gaan solank ‘n Whiskey gooi en die honde versorg. Die kinders is vanaand by ma-hulle, so ek het gedink ons kan so bietjie iets anders doen.”
Hy wag nie op ‘n antwoord nie. Stap weg en hoop dat haar nuuskierigheid haar gou sal oorweldig.
Jan staan in die kombuis wanneer sy vrou uit die kantoor terugkeer. Sy’s vir hom stil – te stil. Hy probeer die ys breek en vra: “Nog n wyntjie dalk?”
“Jong ek weet nie,” antwoord sy.
“Ag ja wat man, jy kan mos jou drank vat,” spot hy, omdat dit altyd haar woorde is wanneer hy haar terg sou sy ‘n tweede glasie oorweeg en hy kamtig protes aanteken.
“Ja gooi dan maar in, my man, want ek sal seker dit nodig hê as jy konsert wil hou.”
Jan toets eers weer die water: “Het jy die CD gekyk?”
Sy kyk nie dadelik direk na hom nie. Eers net: “Ja, ek het.” Dan kyk sy amper teleurgesteld op en vra: “Wat is jou planne?”
Hy byt op sy tande om hom nie te vererg nie. Gee haar kans, dink hy. Hy begin sy konsertplanne aan haar te verduidelik. Van waar hy reeds die middag die garage voorberei het vir die geleentheid, die rottang wat hy al vroeër die week in die soutwater gesit het, haar skootrekenaar met die CD wat hy haar oomblikke tevore gegee het gaan sy gebruik om haar te coach.
“Ai, my man. As ek net so verbeelding soos jy kon hê sou dit dalk ook al beter gegaan het, maar die ding dat jy moet pak kry en dit jou jags maak gaan my verstand te bowe.”
Jan neem haar liefderyk in sy arms en terwyl hy haar styf teen hom druk sê hy: “Gee dit net eenkeer ‘n try. Ek sal dit só waardeer.”
“Dan nog die waenhuis van alle plekke!” sê sy, haar pragtige mond en sagte oë sentimeters voor hom.
Die oomblik toe sy die woord waenhuis gebruik begin beide te lag. Dit is al ‘n spottery oor baie jare dat hulle twee nog van ‘n garage praat as die waenhuis.
***
Jan is kaalgat. Reg voor hom is die stand waaraan sy bokssak gewoonlik hang. Sy hande is met boeie aan die hoogste punt daarvan geboei. Dit bring mee dat hy totaal uitgestrek is. Sy voete ‘n goeie half meter voor die stand wat veroorsaak dat hy halfpad vooroor gebuig is en dié posisie sy rug hol maak en sy boude uitdruk asof hy dit aanbied. Sy voël in volle glorie, skerp opgebuig na bo en so styf dat dit amper pyn. Sy voete bietjie meer as skouerwydte uitmekaar wat meebring dat sy bene oop is en sy sak met albasters hang soos ‘n bloubul sakkie aan ‘n voertuig se sleepstang. Skuins agter hom op ‘n tafeltjie is Sonja se rekenaar reeds aan en gereed dat sy nou net play moet druk vir die CD om te begin speel.
Sonja het haar hoogste, hoëhak skoene aan, swart deurtrekkertjie en niks meer nie. Haar tiete vertoon nog groter teen haar eintlik baie skraal liggaam. Sy krap liggies met haar naels van sy skouers af al oor sy rug, huiwer op sy kruis en dan met beide hande teenoorgestelde van sy bene af op, oor sy kaalboude. Haar bortse druk sag op sy kruis wanneer sy laag oor hom buk en in sy nek fluister: “Ek is lus vir jou, Stoutgat.”
Sonja druk play op haar rekenaar en Jan hoor die bekende klanke van die video wat hy ‘n paar dae gelede afgelaai het. Sonja het intussen een van die instrumente beskikbaar om hom mee te pynig opgetel. Dit is ‘n piets wat mens gebruik wanneer jy perdry. Op die punt van die peits is daar ‘n stukkie leer en dit gebruik sy nou om Jan aan die binnekant in die waai van sy bene liggies te terg. Al vinniger en harder beweeg sy die piets tussen sy bene. Sy gaan sit op haar hurke – glas wyn in die een hand en met die piets in die ander piets sy daai albastersak wat soos ‘n ou-tipe klok daar hang. Jan uiter klanke van genot. Sy beweeg om Jan en met haar mond by sy oor, fluister sy weer: “My skat hy is vir my so mooi as hy sy kop so optel,” terwyl sy met haar hand geklem om sy assegaai op en af teen die skag beweeg.
“Kyk hoe blink sy koppie soos ‘n aarbei,” en sy piets hom liggies op die kop van sy penis met die piets. Dit maak dat Jan terugtrek so asof hy die, kroonjuwele wil beskerm. Sonder ‘n woord draai Sonja terug na die tafel waarop die slaangoed lê en neem ‘n nuwe wapen op.
Die rottang dateer, soos die boeie, uit Jan se dae as polisieman. Die rottang het goed water getrek en het nou bietjie gewig in Sonja se hand. Wanneer sy dit in die lug swiep, maak dit ‘n waterstreep op die vloer soos dit voor uit die punt van die lat spat. Sy neem haar posisie in. Sy meet met die gevreesde lat waar sy hom wil tref en tip, tip op sy stywe boude wat lyk asof hulle smeek vir die hou om te kom. Die eertse hou van die aand word vooraf gegaan deur die bekende fluitgeluid wat ‘n rottang voortbring wanneer dit deur die lug swiep. Dit tref Jan se ontblote gat presies waar Sons die hou beplan het. Jan kreun en ruk sy boude in. Sonja wag dat hy herstel. Daai boudjies weer lekker boep. Die rooistreep netjies oor altwee wangetjies.
Dit is reeds die sesde hou wat Sonja nou soos ‘n professionele dominatrix op Jan se agterstewe laat klap. Hy dreun nou soos ‘n stootskraper op ‘n mynhoop. Sy boude tril liggies en die hale het ‘n definitiewe spoor van getuies gelaat. So tussen die houe deur het Sonja die boude kort-kort liggies gevryf. Sy het haar verstom oor die riwwe onder haar slanke vingers. Gevoel hoe Jan se boude as’t ware swel soos beskuit wat reis soos wat die straf langer geraak het. Soos ‘n dogtertjie wat ‘n nuwe pop gekry het het Sons elke oomblik meer en meer begin geniet. Jan se gekerm na elke hou, die opruk en knyp van sy boude, net om hulle baie mooi weer aan te bied dat sy weer kon slaan.
Sy het nou agter hom plaasgeneem. Druk met haar vroulikheid styf teen sy gloeiende, gekneusde agterstewe terwyl sy met haar kaal bo-lyf op sy rug lê. So in ‘n doggy style-posisie.
“Jan Swart, as ek nou iets gehad het op jou mee van agter af te kon steek het ek dit verseker gedoen.”
Haar stem sag, haar asem warm teen sy nek.
“Ek is nou die jagste wat ek ooit in my lewe was, my man.” Haar hande speel met sy tools. “ Jou boude is lekker warm en ek weet nie of jy weet hoe hulle lyk nie, maar hulle lyk vir my maar erg hoor.”
Jan kreun van behaaglikheid. Sy mond is droog, wanneer hy antwoord.
“Enige iets vir jou, my meisiekind. Jy was meesterlik!”
Sonja se parra pyn van lus. Sy kry die boeie nie vinnig genoeg na haar sin oopgesluit nie. Dan is haar arms om die nek van haar geliefde man en met ‘n vreemde stem gevul met dierlike wellus, haar sagte lippe byna op Jan se mond, sis sy: “Naai my asseblief, my skat!”
7 COMMENTS
Skoolhoof, ‘n fantasie droom wat menige man al verwonderd oor homself gedroom het maar nog nooit ervaar het nie.
Jou insig gaan menige ongelowige Thomas dalk oorreed om toe te gee aan sy luste en dit te probeer.
Dankie Willewill.
As jy eers dit eenmaal ‘geproe’ het, is omdraai min. LOL
Skoolhoof, nee wat weereens fantasties geskryf. Sal graag wil lees wat die twee hierna aanvang.
Meesterlik geskryf Skoolhoof, baie mooi.
Nou nie heeltemal my fantasie nie, maar dit deur die lees asof ek n voyeur was in die waenhuis… ek sal graag die plesier deel wil sien soos Jan en Sonja na die pyn hulle self geniet het..
Dankie vir die kommentaar julle. Ramkat ek was self in ‘n seunskool en ja, hulle het ons gatte geverf. Nog n kwaai pa ook gehad! Eintlik is ek vrek bang gewees vir pak, maar as dit by die seksuele kom, is dit ‘n: “turn on!” …………. Moet se; sien darem ook nie kans om “gemoer” te word soos wat sekere “oud-akteurs” van die “laan” dit aan jou doen nie! Hahahahhaaaaaaaa…………… Spelirige naweek vir jul alger (smile)
Baie goed geskryf, sal graag n opvolg wil he oir hoe Jan vir Sonja bevredig het in die waenhuis.
Jip, dis nou ‘n ondekkingsreis duisend! Nie my ding nie (ek was op ‘n seunsskool waar ons daagliks ordentlik gemoer is, so ‘n rotting oor my boude maak net die wrewel teenoor my onnies wakker, niks in my lendene nie) Soos ek se, nie my ding nie, maar die seksuele spanning tussen die twee is baie goed beskryf en ek verstaan welk dat mense plesier in pyn kan vind… Ek was wel al per geleentheid die pyn-uitdeler…