Ons Kuier (1)

deur Wille Will

Dit het begin met ‘n “lekker-manne-saam-suip” op Vrydaemiddae na werk.

Kief kuierplek , volmuur TV skerm, raarste shooters en koudste bier, lekker musiek, vingerhappies “op die huis” en topless kelnerinne. Laataand as daar genoeg manne nog is, klub hulle in en kry ‘n lewendige strip show of kyk porno op die TV.
Lekker, man, lekker.

Alhoewel ek geheelonthouer is het die manne my graag saamgenooi.

Ek was die man wat die beste grappe geken het, die man wat die meeste ‘rondtes’ kon bekostig (verdien die beste salaris). Die man wat die halfkaal kelnerinne om my vingers kon draai … en as gevolg van my soberiteit die assuransie om die ouens ongeskonde by die huis te kon kry tot hul die volgende dag as hulle nugter is hul motors weer kon gaan afhaal by die kuierplek.
Voggies en Ernst het ek al paar keer gehelp en hul vriendelike wederhelftes was te dankbaar vir my hulp. Altwee effens gesette dames, maar blykbaar lief vir hul gades en selfs soms vir my ‘n koffietjie aangebied wat ek altyd met ‘n glimlag geweier het en dan het ek weer vertrek.

Hierdie Vrydagaand is ek verbaas toe Gys na my toe kom. Hy is ‘n prokureur en vat gewoonlik net ‘n paar kappe en dan waai hy, bly nooit laat nie. Ek het vroeër gemerk dat hy goed wegsit en vir die eerste keer met een van die kaalbors kelnerinne vir ‘n rukkie “verdwyn” het. (Bykomende diens met ekstra fooie betrokke.)

Nietemin hy vra toe of ek hom sal huis toe vat. Hy voel goed gekletter en bietjie moeg …

Na hy almal gegroet het moet ek hom, met bystand om sy lyf, kar toe amper dra. Hy was skaars in die kar toe raak hy aan die slaap! Ek het met vele moeite (selfs ‘n paar klappies) sy adres uit hom gekry en weggespring. Dit was in die nuwe meenthuiskomplekse in Waterfall naby Kyalami en kos ‘n plaas se prys.

Ek hou voor sy eenheid stil en is bly om te sien daar brand nog ligte binne. Gys snork in diepe slaap langs my en ek besluit om eers te gaan aanklop voor ek hom inhelp. By ‘n vorige geleentheid toe ek die eerste en enigste keer vir Tolla gehelp het, het sy vrou geweier dat hy inkom en ek’t hom toe maar na my plek toe gevat om sy roes af te slaap. Ons het Tolla nooit weer gesien nie.

Ek klop twee keer met die brons leeukopklopper op die voordeur.

Skielik gaan die stoepliggie bokant die deur aan en die deur gaan oop.

Voor my staan een van die mooiste vrouens wat ek al ooit gesien het (bliksem, Gys!) Lang lenige bene wat nie ophou nie, gekleë in ‘n sweetpakbroek en ‘n gymfrokkie sonder bra. Sy’t blink rooibruin hare tot op die skouers, ‘n vol mooi mond en grys oë.

Sy kyk vraend na my: ”Kan ek U help?”

Ek skeur my oë weg van die niekerbôltepels wat teen die frokkie span en bloos amper as ek opkyk na haar.

“E-ek … uh … het net vir Gys huis toe gebring.”

Sy frons skerp:” Wat’s verkeerd, was hy in ‘n ongeluk, waar’s hy?”

Sy kyk oor my skouer na my motor toe.

“Niks ernstig nie, ek verseker u, hy’t net ‘n paar doppe te veel in. Kan ek hom help inkom?”

“Wag ek help jou,” skuur sy by my verby en haar parfuum aroma sweef in my broek in.

Met elke arm gedrapeer om een van ons skouers kry ons hom by die voordeur in, maar hy slaap nog staande op sy voete. Sy beduie na ‘n deur skuins uit die oopplansitkamer en ons laat hom sak op die enkelbed in die skemerlig. Sy sit ‘n bedliggie aan en tel sy voete op die bed en sukkel om die skoene af te kry. Ek buk langs haar en kry die een skoen af en takel die ander een terwyl my oë verdrink in die aanskoue van haar volle borste van bo-af in die frokkie in terwyl sy langs my buk en help.

Haar oë kyk op voor myne en sy bloos soos sy orent kom. “Askies, ek het nie gaste verwaggie,” … en die een arm gaan oor haar bo-lyf.

Ek poog om nonchalant te wees as ek antwoord, alhoewel ek ‘n ferme styfheid in my broek voel. “Geen probleem. As alles nou orraait is moet ek seker in die pad val.”

“Nooit, ek kan jou seker ‘n dop of iets aanbied vir jou hulp voor jy gaan?“

Haar skoonheid verander my gewone exit-antwoord en ek sê: “As dit jou nie verontrief nie?”

“Nonsens!” lag sy soos sy vooruit stap en sy trek die sweetpakbroek bietjie op. (Shit daai boudjies lyk soos mosbolletjies wat pas uit die oond kom!) Ek merk sy’t ‘n dun, goue enkelbandjie om die een enkel met een of ander geluk’sbeeldjie daaraan geheg.

Sy kom tot stilstand voor een van die sagte, diepgestopte, maroen divans en draai om na my: ”My naam is Wilmie … en jy is?”

Haar een hand se lang, goedversorgde vingers is uitgestrek na my terwyl dit voel of daai groot, grys oë tot in my testament in vir my kyk.

“Hul noem my Will,” antwoord ek.

Haar oë rek bietjie groter: “Gys het al gepraat van Wille Will … so dis hoe jy lyk!” Sy skaterlag met haar kop na agter gegooi en haar spierwit eweredige tande en die slanke nek lyk skoon eroties.

“Kom,” sê sy voor ek iets kan sê. “Het jy iemand wat wag by die huis of kan jy gou bietjie gesels en kuier? Ek het nou al vanaand ‘n hele paar Cinzano Spumante’s met ‘n knertsie Vodka weggeslaan terwyl ek gewag het vir Gys en verveeld na sepieherhalings op die TV gekyk het … ek dors bietjie geselskap.”

Ek het intussen op die divan gaan sit waar sy beduie het.

“Ek het nie haas nie, bly alleen en môre is naweek,” antwoord ek.

“Mooi so! Wat wil jy drink, want Gys het gesê jy drink nie alkohol nie?

“’n Perrier of Still water sal lekker wees, dankie Wilmie.” Ek wonder skielik wat Gys nog alles van my vir haar vertel het, fôk, dis nie asof hy en ek boesemvriende is nie.

“Okay, skop jou skoene uit, maak jouself gemaklik ek bring.”

Sy’s besig by ‘n drank-combo kabinet aan die oorkant van die vertrek met haar rug na my. Ek stoot my slip-ons met my voete af op die mat en maak die boonste twee knopies van my hemp los. Dit voel salig !

Skielik streel een van Chopin se klavierkonserte die lug en verdiep die ontspanne atmosfeer. Sy buk nou laag by die yskassie en ek merk met ‘n onbeheerste roering in my broek weer haar stywe boudjies op. Sy draai ‘n skakelaar bokant haar aan die muur en die ligte demp nog meer tot ‘n sagte gloei. Sy vee haar hare terug oor haar kop, tel die glasies op en kom terug na waar ek sit. Daar is klein blokkies ys en ‘n lemmetjie skyfie in die drankie wat sy vir my bied en twee groen olywe en ‘n skyfie suurlemoen in die goudgeel vog in haar glasie.

Sy gaan sit met een been onder haar gevou op die divan lang my, lig haar glasie na my en sê: “Chin-chin.”

Ek glimlag vir die Italiaans (of is dit Chinees?) en leun vorentoe en klink ons glasies.

Die yskoue gegeurde water gly soos amber vonkels in my droë keel af as ek ‘n slukkie vat en ek sien sy suig ook aan haar drankie voor sy dit op die tafeltjie langs die divan neersit. Ons begin gesels en sy lok my slinks uit om my beroep, my varsity, my lewe en verlede aan haar te vertel. Sy’t intens geluister met die grys poele vasgenael in myne terwyl sy met ‘n stukkie van haar hare tussen haar voorvingers gespeel het. Sy teug weer aan haar drankie en ek is drooggepraat en slaan my water met een teug weg en plaas die glas langs my neer op my tafeltjie.

Haar wenkbroue beduie na my lëe glasie, maar ek skud my kop en leun terug op die bank en sê met ‘n glimlag: “Nou’s dit jou beurt.“

Vir die eerste keer is die oë nie so reguit na my toe nie en sy slaan haar wimpers af as sy haar glasie neersit. Sy vou die been onder haar uit tot op die vloer en ek merk haar mooi voete met die salm-pienk gelakkeerde toonnaels op. Sy vou haar hande in haar skoot en kyk op na my

“Ek en Gys het saam geswôt en klaargemaak. Met ‘n groeiende vriendskap het dit egter nooit ontluik in minnaars nie. Altwee B.Prok. Hy’t aangegaan met LLB terwyl ek my verpligte artikels by ‘n maatskapy gedoen het en toe erf hy groot by ‘n oom van hom, kry ‘n vennoot en begin sy eie maatskappy. Na ‘n jaar waarin ons van krag tot krag gegroei het hy aangedring dat ek ophou werk en ontspan en met my vele stokperdjies en belangstellings myself by die huis vermaak, want dit sal ook vir belastingredes voordeliger wees as ons trou maar ek nie werk nie. Nou is dit ‘n jaar later.” Haar wimpers sak weereens en daar is ‘n effens fronsie tussen haar oë terwyl haar vingers op haar skoot in mekaar verstrengel die heeltyd, amper frusteerd, rondvroetel.

Ek plaas my een hand oor haar twee en gee dit ‘n drukkie. “En nou is jy elke dag in ‘n vervelige groef?”

“Ag dis niks,” sy lyk skielik verlëe. Ek’t het te veel van myself verklap.”

“Ek weet ons ken mekaar terstondig, maar vertel meer, ek kan sien daar is meer. Ek belowe my mond is toe en dit sal jou dalk beter laat voel as jy ontlaai.” Ek druk weer haar hande wat nou stil geword het onder myne.

Sy trek haar hande uit en neem my hand in albei hare en vryf my kneukels met haar duime. Sy kyk nie op nie en sê:” Die ding is Gys se besigheid het hom ingesluk. Hy’t ‘n masjien van Mammoth geword. As hy tuis is praat hy net oor sake en gaan vroeg slaap. Naweke is dit golf met klieënte. Ons gerieflikheidshuwelik hou nog en daar is niks wat ek ooit kortkom nie.”

Sy neem die laaste slukkie van haar drankie en kyk op na my en my glas soos sy wil opstaan. Ek dwing haar egter terug op haar sitplek met my hande en sê: “Ek sal vir jou skink, maar nou moet jy eers hierdie klein jakkalsie uit jou wingerd kry dat jy uit jou groef kom. Maak oop, vertel my alles”

Haar grys oë kyk amper smekend na my as sy sê: “Die ding is dit voel asof ons nie eers meer vriende is nie. Ek kry nie eers meer ‘n drukkie van hom af nie. Ons het wel na die troue begin intiem verkeer en ons is beide baie warmbloedig, hy baie meer as ek. Die afgelope twee maande was ons nog nooit weer bymekaar nie en ek het toegegee vir sy Vrydaekuier dat hy miskien net meer kan ontspan.”

Die rooi liggie flits vir my waar Gys met een van die kelnerinne vroeër vanaand ekstra tyd in een van die kamers gedeel het.
Ek kyk op in haar gesig en sien ‘n traan teen die een wang afgly. Ek vee met my duim die traan weg en streel ook oor haar gesig en sit my hand agter haar hoof tussen haar rooibruin hare en kyk indringend in haar oë.

“Wilmie … het jy ‘n behoefte om-m … (asem-in) … naby iemand te wees?” My woorde klink vir my so banaal dat ek spyt voel ek’t dit gesê.

Haar hande kom op en haar vingers raak baie tentatief aan my wange as sy sê:

“W-will … jy lees diep in my. Ek wil net weer styf vasgehou wees. Ek wil weer vrou voel en oorgee aan my gevoelens en my instinkte met iemand deel. Klink dit belaglik?”

Ons oë het intussen in mekaar verdrink en ons gesigte al hoe nader aan mekaar gekom.

Haar mooi mond gaan oop as ek my lippe om hare vou. Haar tong se aarseling ontknoop in vurige soeke na myne en haar behoefte suig my in haar in. Haar hande is nou oorkruis agter om my nek waar sy my gesig in haar binneste wil intrek en dwing. Die bons van my hart en die vol ereksie in my broek wil my arms om haar laat vou, maar skielik druk ek haar terug en sê met ‘n kopknik na die kamer: “Wat van hom?”

Sy wip van die divan af en begin die frokkie optrek oor haar borste.

Sy loer na die horlosie teen die muur en sis: “As hy so geplank is word hy nie voor tweeuur wakker van dors nie. Ek weet ek’t het baie nagte na die horlosie langs my bed gelê en staar.”

Sy gooi die frokkie een kant toe en ek trek my asem in vir die volmaaktheid van haar tiete. Volrond, spierwit en dik tepels wat baie regop staan in afwagting. Sy treë tot by my en haar vingers bewe eintlik as sy my hemp ontknoop en van my rug afpluk. My vingers dring in haar sweetpakbroek se bokant in en met een haal stroop ek die broek af tot op die grond. Haar kaal geskeerde vrug met ‘n natheid op die gleuf is sentimeters van my gesig af en ek bring my hande vinnig op agter oor haar bene tot ek altwee die mosbolletjies stewig in my hande het. Ek dryf haar lyf in my gesig in.

Haar liggaam verstyf soos ‘n boogsnaar en sy stoot my aan my skouers hard terug. Ek kyk op en sien daar is effens bloed aan haar ken soos sy met haar bo tande haar onderlip vasbyt. Haar hele liggaam tril in my hande wat nog steeds om haar boude is

“W-will i-is jy seker?” haar stem is hortend. “Ek het nou amper gekom.”

Ek druk my tong weer uit na haar nat skede wat nou effens oop is. Sy buk egter en trek my aan my skouers op teen haar.

“Ek wil vir ons eerste keer jou diep binne my voel dat ons mekaar se liggame verken, deel en neem.”

Ek ontwyk nie haar oë nie, maar maak terselfdertyd my broekgespe en ritssluiter oop en laat my broek sak. Sy hak haar duime in my onderbroek en stoot dit met die broek af tot oor my kniëe. Haar hand gly om my ereksie en sy bring my voël tot teen haar wagtende, oop mons.

Omdat sy lang bene het hoef ek nie baie te buk om in haar in te gaan nie.
Met een felle druk gly my penis tot diep in haar in. Haar naels kerf in my skouers in en op haar gesig kan ek sien dat sy effens ongerief ervaar, maar die opgewerkte passie en drange wat ons opgebou het laat ons hard en vinnig inmekaar in stamp. In my agterkop is die slaapkamer deur agter my wat ook gevaar as ‘n bykomende adrenalien inspuiting kataliseer.

Ek besef meteens dat ek skielik geen beheer het oor my uithouvermoë nie en ek voel my saad opstoot soos ons lywe meedoënloos teen mekaar klap.”Fok, wat gaan aan, W-i-ll, ek gaan kommmm,” sis en hyg sy in my oor en haar hele liggaam ruk in klimaks.Ek gee ook mee en voel my kom spuit en spuit in haar. My hande knyp in haar boude in, maar as ek my mond oopmaak vir meer asem, druk sy haar een bors se tepel daar in. Ons lywe sidder in ‘n gemeenskaplike orgasme wat ons heeltemal oorneem … dit voel selfs of my ore suis!

“Wilmie-e-e … Wilmie … is jy wakkker? Ek sien die lig brand. Kan jy vir my bietjie water bring?” roep ‘n stem skielik uit die klein slaapkamer uit.

Ek val uit haar uit terug op die bank en pluk my broek op dat die onderbroek opfrommel onder my balsak. Ek gryp die hemp en sien hoe sy die frokkie weer aan het en haar bene in die sweetpakbroek instoot. As sy haar hare regstoot beduie sy na die voordeur met haar kop en geluidloos vorm sy die woorde: “Bel my more,” en hou ‘n denkbeeldige gehoorstuk langs haar oor en stap na die kamer toe.

Ek is by die voordeur toe ek meteens besef my skoene lê nog by die sofa. Met twee lang hale raap ek dit op, maar trek dit nie aan nie en maak liewer die voordeur so saggies moontlik oop.

Haar hele gesig verstar as sy my sien terwyl sy uit die kamer kom.

”Ontspan solank Gys, ek bring nou.”

Die deur is egter reeds agter my weer op knip met haar woorde, en die gruis klippies brand my voetsole soos ek my haas na my kar.

(Lees volgende episode HIER)

 

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

10 thoughts on “Ons Kuier (1)

  • November 16, 2017 at 10:22 am
    Permalink

    Bobcat jou kommentaar “…soos ‘n rolprent in my gedagtes afgespeel ” het my trots laat glimlag want ek skryf al my stories asof ek elke toneel in ‘n rolprent, raampie vir raampie, volg.
    Baie dankie.

    Reply
  • November 10, 2017 at 12:55 pm
    Permalink

    Ek sit nou ook met alles wat kwyl. Ek proe amper haar kaal vrug en ruik die jagse reuk van ‘n kaal poesie.

    Reply
  • November 9, 2017 at 1:05 am
    Permalink

    Sjoe Wille Wil! Jy mag maar skryf. Wat kan ek sê… ek is sopnat en het ‘n behoefte nes Wilmie! Jy kry my LUS in 10sek! Hou aan met skryf asb!

    Reply
  • November 8, 2017 at 7:47 am
    Permalink

    Aan almal se terugvoering, baie dankie !
    Bobcat jy gaan te vêr….daar is ouens en girls wat al baie beter stories geplaas het, maar jou heuningkwas is stroopsoet, hoor ☺
    In die opvolg vind die “bellery’ plaas….hehe

    Reply
  • November 7, 2017 at 6:56 pm
    Permalink

    Jou gelukkige ou blikspyker!!! ‘n Skelm stekie op sy tyd was darem nog nooit sleg nie. En nou vir die volgende more…… roer jou Will.

    Reply
  • November 7, 2017 at 4:09 pm
    Permalink

    Wow Will….volgens my een van jou en die “site” se bestes. Kon Wilmie in my geestesoog sien en die sex het soos ‘n rolprent in my gedagtes afgespeel.
    Hoop jy’t haar gebel…lol

    Reply
  • November 7, 2017 at 2:18 pm
    Permalink

    Jip!!! Some guys got all the luck…. so onregverdig!!!

    Sal my klokke gee om so n ervaaring te mag beleef!!!!

    Reply
  • November 7, 2017 at 12:12 pm
    Permalink

    Lekker storie!! Some guys have all the luck……

    Reply
  • November 7, 2017 at 11:36 am
    Permalink

    Will n baie goeie storie!!! Ons wag inspanning vir die opvolg!!
    Welgedaan!!!!

    Reply
  • November 7, 2017 at 11:30 am
    Permalink

    Lekker ou will. Gys gooi sy brood met klippe

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)