Ons is terug!
Liewe Kombiekiehier-lesers,
Ons is terug. Uiteindelik.
Net om vir julle gou te vertel wat aangaan: Kombiekiehier se server het ‘n meltdown gehad en toe verdwyn die mense spoorloos. Hulle antwoord nie een van hulle telefoonnommers nie, antwoord nie mails nie en is nie eens meer in die kantore waar hulle was nie. 🙁
Hulle het my back-ups. Alles. Ek het nie meer die inskrywers se name of enigiets nie. Ons sal maar van voor af daardie moet bou en van voor af orals registreer. Sorry. 🙁
Ek het eers gewonder of ek nog moet aangaan met die site, maar daar is meer as 4 000 hits per dag, so dit beteken dat dit gelees word. En ek het so paar briefies van julle af gekry wat ek vreeslik waardeer en wat my ook moed gegee het.
So toe het ek oor begin. My doelwit was om teen Maandag weer ‘n teenwoordigheid op die interwebs te hê sodat ek vir julle nuwe inhoud kan pos terwyl ek van voor af die webwerf bou.
Ek sal almal se stories weer oplaai. Ek het dit nog als in die mail. Dink ek. Dit gaan net ‘n rukkie vat, want ek moet dit van voor af taalversorg en al die foto’s daarvoor soek en resize ens. Ek sal so ‘n paar posts per dag probeer inhaal. (Hierdie is duur skoolgeld, want ek weet nou ek moet dit iewers save na ek dit versorg het.)
Daar is heelwat goed weg. Ek sal van voor af van die snaakse goed en die video’s moet gaan soek. Ons het baie comments verloor wat op die stories gegee is – basies almal.
Ons het alles in die forum verloor. Gelukkig het ons nog net begin, maar daar was alreeds interessante gesprekke. Hopelik kan ons hulle later weer oorgesels.
Die ergste is dat ek al die die intekenaars verloor het. Sommige van julle het op die website ingeteken, ander het op Gemeenskap ingeteken (die forum) en ander op Kombiekiehier Vreesloos. Al daardie name en rekords is weg. So sal julle asseblief weer registreer? Kyk op die menu is daar ‘n tab vir registreer – dis net die basiese registrasie en behoort julle toegang tot Gemeenskap te gee. Ek gaan Kombiekiehier Vreesloos verniet maak vir ‘n maand (laat weet my net as dit nie so werk nie) sodat ek net eers al julle name weer terug kan kry. Registreer net asb daarvoor apart as jy later dit wil hê sodat ons kan onthou wie julle was. Al die Vreesloos inhoud is verlore, so ek moet dit ook weer vir julle gaan inhaal.
Om te voorkom dat ons weer so totaal verdwyn is daar nou ‘n opsie heel bo aan die bladsy (so geel strook – Mailchimp) om vir ‘n nuusbrief in te skryf. Ons sal nie daardie name en adresse ooit vir iemand anders uitgee nie en ons beplan ook nie om gereeld nuusbriewe uit te stuur nie. Maar dalk kan ons ten minste vir julle daardeur van nuwe goed op die webwerf vertel en ook met julle praat as ons ooit weer so lank verdwyn.
Ons het ‘n nuwe host en ons server is nou in Nederland wat hopelik beteken dat ons eie regering nie deur die service providers ons kan toemaak as ons wette eendag verander nie. Hulle maak ook gereeld back-ups.
Daar is waarskynlik nog heelwat goed wat nie werk op die site nie. Ek het probeer om almal te toets, maar is seker daar het nog deurgeglip. Die argief is erg karig nou, maar ek sal hom vinnig weer probeer opbou.
Laat weet my asseblief as iets soos ‘n link of inskrywing nie werk nie. Ons epos is nog steeds kombiekiehier@gmail.com Of anders kan jy sommer kommentaar lewer by die goed wat nie werk nie, dan sal ek dit daar gaan lees.
Daar is opwindende nuwe idees in die pyplyn vir Kombiekiehier. Sodra ek die argief weer so bietjie opgebou het, sal ek julle daarvan vertel en dit instel.
As jy hier lees beteken dit jy het weer kom kyk of ons terug op die lug is. Baie dankie daarvoor. Ek hoop nie te veel mense het ons verlaat nie.
Ek het na julle verlang – dis lekker om terug te wees.
xxx
Annelise
7 COMMENTS
Yes baie bly dat julle nie permanent weg is nie. Ek is mal oor die stories,maar dit wil vir my voorkom ons is net mans wat op hierdie site is.
Mans is beslis verreweg in die meerderheid hier.
Daar is nogal heelwat vroue-lesers. Ek kan dit sien aan wie inskryf op die site. Hulle is net skaam om saam te chat. 🙂
Maar as jy na die lede kyk, sien jy maar min van hulle. ‘n Mens kan seker verstaan dat hulle soms skrikkerig is; trolle is oral.
Halleluja ! ! !
Geluk, Annelise, net JY kon dit so vinnig weer op die been bring. Jammer vir jou angs en trane en baie, baie dankie vir jou harde werk en deurdruk om ons almal weer bymekaar te bring op ” kombiekiehier”
Het kombiekiehier gemis.
Jippeeeeeeeeee..bly julle is teryg