Nutsman

15+
Hoe lank gaan ek lees: 12 minute

deur Always

Taalversorging deur Lusman

Dit was die dae toe seks met enigiemand buite jou verhouding en huwelik streng verbode was. Sleutelpartytjies en swiengery was toe onder streng geheimhouding beoefen deur net ‘n paar ryk sondaars. Dit was ook die dae toe die jong klomp Penthouse en Playboy in die hande gekry het en gou-gou die kat in die donker begin knyp het. ‘n Rits “moes-trou”-huwelike getuig daarvan. Daar was ook die nuuskierige klomp wat altyd meer wou weet, doen, deel en voel. Want baie het geglo dat seks nie net “woeps-wap” moet wees nie.

Ja, dit was in hierdie tye dat baie van ons minder gelukkiges – nie minder lus vir seks nie, maar te skaam om in die openbaar seksbelus te wees – stilweg ons eie lyfpret moes bedink.

So was ek dan ook een wat uitgesien het na ‘n bietjie alternatiewe sekspret – en dit gelukkig per geleentheid saam met my vrou kon ervaar.

My vrou Marie was nie een wat veel erg gehad het aan seks met ander nie; daarvoor was sy te preuts, of dalk net ‘n bietjie te onskuldig. En ek was haar eerste. Ek weer was die avontuurlustige een. Seks was vir my baie belangrik. Ek was altyd op soek na nuwe maniere om ons te vermaak. Dit het my lank geneem om haar te kry om haar fantasieë met my te deel.

Haar eerste fantasie wat sy met my gedeel het was toe sy eendag, by ‘n swembad, een van die swemmers se piel in sy broek gesien het. Dit was enorm groot en dik. Sy het toe die handdoek onder haar gebruik, terwyl sy op haar maag gelê het, en daarmee haar klit aan die brand gevryf. Terwyl sy my daarvan vertel het, het ek agtergekom sy het heel meegevoer geraak. Haar bors het op en af gedein, haar lippe was nat en effens oop en haar nippels het twee punte teen haar toppie gedruk. Ek kon voel hoe haar lyf gloei en ons het mekaar gegryp en genaai soos nog nooit tevore nie.

Haar volgende storie wat sy my op ‘n later stadium vertel het, was toe sy by ‘n braai was. Sy het toevallig een van gaste gesien met net so ‘n groot piel – toe die  toiletdeur oopgaan. Weer het dit haar baie jags gemaak en sy het haar later selfbevredig. Dit was duidelik: Groot piele het haar gefassineer en sy het daaroor gefantaseer. Natuurlik het ek hierdie inligting slim gebruik waar dit saak maak. Met die regte aanmoediging het ek haar baie kere opgewerk. Dan het ons saam gefantaseer – wat tot groot pret en bevrediging vir ons albei gelei het.

Ons was so in ons laat twintigs toe ek een keer by die huis met verlof was. Daar was ‘n paar dinge wat ek moes laat regmaak voordat ons vir twee weke sou weggaan see toe. Een van ons bure, Steve, het sy eie onderhoudsfirma gehad. Hy het ons goed geken, want hy het al ‘n paar keer goed kom regmaak. Hy was ‘n baie vriendelike en grapperige mens, seker so tussen 35 en 40 jaar oud. My vrou en ek was baie gemaklik met hom en ons het goed oor die weg gekom.

Steve het selfs ‘n paar keer op ‘n Saterdag vir Marie kom gunsies doen, alhoewel ek dink hy het maar net geleentheid gesoek om koffie te drink en geselsies aan te knoop – in die hoop dat hy iets sou sien of regkry. Mans bly maar mans, en sy is ‘n mooi vrou.

By een so ‘n geleentheid, terwyl hy op die leer staan om gloeilampies te vervang, sien Marie dat sy jean se rits nie behoorlik toe is nie. Sy piel – groot, dik en half styf – is duidelik sigbaar besig om teen sy jean te druk om te ontsnap. Sy kon nie haar oë wegdraai nie en raak meteens bewus van die klammigheid tussen haar bene, het sy my later vertel. Gelukkig was sy buite sy gesigsveld en het hy haar nie gesien nie.

Die aand terwyl ons in die bed lê, vertel sy my ewe kalm dat sy Steve se piel gesien het en dat dit groot en dik is. Haar middelvinger speel ritmies stadig oor die sagte voue van haar poesie … sag en nat. Ek skuif my hand af en sy maak haar bene verder oop. Sy is sopnat en skoon bewerig, haar oë is toe en sy trek haar skouers terug terwyl my vinger haar klit stadig om en om masseer. Haar asemhaling is vlak en vinnig – in pas met die ritme van my vinger. Toe ek haar vra hoe dink sy sal so ‘n groot piel in haar voel, trek haar rug krom, haar lippe pers saam en sy kreun gedemp. Die orgasme ruk deur haar lyf. Sy maak haar oë oop en lag sag. Ek het haar probeer ompraat om so ‘n groot piel te probeer, maar sy wou niks weet nie.

En toe was daar die dag toe Steve half onverwags op die toneel verskyn het.

Ek het vroeër die oggend die kombuis-buitedeur oopgemaak om iets in die asblik te gooi en weer teruggeklim in die bed. Dit was baie warm en die deur het sommer oop gebly. Ek en Marie was in die kamer besig om te speel en was albei al ‘n bietjie opgewerk, toe sy opvlieg en sê: “Kry my by die tafel.” Dit was een van ons gunsteling-stoutwees-plekke. Deels om my te terg het sy, in haar nagrokkie wat tot net bokant haar knieë kom en sonder ‘n broekie, pad gevat kombuis toe – met my agterna. Ons het so staan-staan by die kombuistafel verder gevryf en gesoen. Ek het met my rug teen die kombuistafel gestaan en sy op haar tone teen my, terwyl ek oor haar kaal boudjies vryf.

Dit was op hierdie tydstip toe Steve skielik in die deuropening verskyn het. Hy het gekom om opwasbakpype reg te maak, het ek skielik onthou. Steve moes ‘n goeie paar sekondes gestaan en kyk het voordat ek hom gesien het. Ek het Marie se nagrokkie haastig probeer aftrek om haar boudjies toe te maak. Ek het haar probeer waarsku dat daar iemand by die deur is. Maar toe Steve praat, het sy dadelik omgeswaai met my arms nog om haar. Dit het veroorsaak dat haar nagrokkie voor ‘n bietjie oplig en sy vir Steve onbedoeld ‘n lekker flash gee. Ek weet nie of sy lam van skrik was nie, maar sy het hom half gegroet en dadelik die tafel gebruik as skuiling teen sy aanblik. Sy het op ‘n stoel gaan sit, maar sonder om te besef dat sy baie meer van haar ontbloot wanneer sy sit … maar sy het bly sit en nie kamer toe gevlug nie.

Ek het vir ons almal koffie gemaak terwyl Steve die opwasbak ondersoek en die werk met my bespreek het. Terwyl ons praat, het sy oë kort-kort in my vrou se rigting gedwaal. Of dit was omdat Steve haar beloer het, en of dit dalk die gedagte was aan sy groot piel – wat duidelik half styf in sy jean vertoon het –  wat vir Marie gestimuleer het, weet ek nie. Maar sy het bly sit en haar koffie gedrink. Steve het sy gereedskap gaan haal en gevra of hy die stoepkamer kan gebruik om sy werksklere aan te trek. Ek en my vroulief is toe slaapkamer toe. Sy wou dadelik gaan stort en ander klere aantrek. Maar ek het haar oortuig om te wag. Ek het haar so ‘n bietjie geterg oor die feit dat sy arme Steve so opgewerk het. Ek het my arms van agter om haar lyf gesit en oor haar poesie gestreel. Sy was nat en nogal meer as gewoonlik.

“Jy is nat?” het ek met ‘n glimlag gesê.

“Het jy sy horing gesien?” het sy gevra.

“Nee, ek het nie gesien nie …”

“Ja, hy het gegroei. Ek dink nie hy het gehoor wat jy vir hom gesê het nie, sy aandag was net onder my rok.”

“Dink jy hy het darem iets gesien?” het ek ewe onskuldig gevra.

“Te oordeel aan die beweging in sy broek moes hy baie gesien het,” het sy geantwoord.

“As jy hier deur die gordyn loer, sien jy hom dalk uittrek,” het ek haar probeer aanmoedig om meer van Steve te siene te kry. Die stoepkamer is langs ons slaapkamer.

Sy het die gordyn op ‘n skrefie oopgetrek en daardeur geloer. Ek het gehoor hoe sy haar asem intrek.

“Wat sien jy?” het ek nuuskierig gevra.

“n Yslike piel,” het dit sag oor haar lippe gekom, “nie so lank nie, maar so dik.” Sy het die klem op “dik” laat val.

Ek kon die jagsheid in haar stem hoor en ek het geweet as ek haar nou vat, is dit verby. Ek het agter haar gaan staan en my hand onder haar rokkie ingesteek. Toe ek aan haar poesie raak, het sy so ‘n diep kreun gegee. Sy was sopnat.

“Sal jy darem jou hand om hom kry?” vra ek, om die idee van Marie wat aan Steve vat ‘n bietjie aan te help. Sy vat my piel en gee hom so ‘n drukkie.

“Dit sal lekker wees om so ‘n piel vas te hou,” het sy erken.

“Stap per ongeluk in die stoepkamer in,” het ek voorgestel.

“Is jy laf? Hy sal my mos gryp.” Sy was verontwaardig, maar haar oë het vasgenael gebly op Steve se piel. Sy was teen daardie tyd al vreeslik jags en het kort-kort aan haar poesie gevat.

Steve het ‘n blou werksbroek aangetrek, sonder onderbroek. Ek het gehoop dat daar ‘n glips in die kombuis gaan gebeur en ek wou seker maak my vrou is daar om dit te sien. Daarom sleep ek haar toe weer saam kombuis toe met die verskoning om nog koffie te kry voor ons ons dagklere aantrek.

Die werk wat Steve moes doen was eerstens om die opwasbak se uitlaat te vervang. Hy het op sy rug gaan lê en begin pype losmaak. Toe die water begin lek, vra hy ‘n bak of emmer om die water in op te vang, sodat dit nie die vloer te veel bemors nie. Ek wink vir my vrou om vir hom ‘n emmer aan te gee. Steve het half uitgeskuif om die emmer te vat. Dit het hom ‘n onbelemmerde uitsig op my vrou se kaal bas onder die kort rokkie gegee. Ek merk die  horing wat hy kry. En omdat hy niks onder sy broek aanhet nie, sien ek sy meneer het halfpad die lug in geklim. My vrou het dit ook gesien en trek haar asem vinnig in. Ek wou eers die emmer by haar vat, maar besluit toe om haar uit te los. Ek was gretig dat sy maksimum blootstelling aan Steve se piel kry, want ek sou later die vrugte daarvan kon pluk.

“Dis nou ‘n meneer van ‘n piel daardie,” het ek in haar oor gefluister, “dink jy hy sal pas?”

“Moenie laf wees nie,” het sy verontwaardig gefluister.

“Speel bietjie saam … toe,” het ek gepleit. “Ek wil sien hoe groot word hy …”

“En as dit handuit ruk, wat maak ek dan?” vra sy.

“Ek sal mos keer. Jy kan mos besluit hoe ver jy wil gaan,” het ek haar gerusgestel.

Steve het intussen als aan die opwasbak vasgedraai en vra dat ons die kraan oopdraai om te sien of dit nog lek. Ek knik vir my vrou om die kraan te gaan oopdraai. Sy het effens wydsbeen gaan staan en dit oopgedraai. Steve vra haar toe om die prop in te sit en ‘n bietjie water in die opwasbak op te vang, voordat sy dan die prop moet uittrek. Dit het natuurlik veroorsaak dat sy langer moes staan, en dus dat Steve langer kon kyk. Ek het intussen in die sitkamer inbeweeg sodat ek uit Steve se gesigsveld uit kon wees, maar nog steeds my vrou kon sien.

Hy moes gedink het ek is weg. Want hy het skielik regop gesit en stip na my vrou se poesie gestaar, voor hy opgestaan het. Hy het nie eens die tent in sy broek probeer verberg nie, maar het doodluiters sy hande by die opwasbak begin was. Hy het omgedraai en met ‘n moerse glimlag sy piel uitgehaal. Hy het oor die kop gevryf en gevra of sy wil voel wat sy aan hom doen. Sy het net na Steve se piel bly staar, omgedraai en kamer toe gestap.

Steve het sy piel teruggesit en sy gereedskap bymekaar begin maak. Ek het gedink my vrou is kwaad of bang en het besluit om nie verder te gaan nie. Maar sy was binne oomblikke terug. Sy het by Steve gaan staan terwyl sy vir hom sê dat hy net mag voel … niks anders nie. Sy het met haar rug na hom gedraai en Steve se piel, met haar hand na agter uitgestrek, ‘n drukkie oor sy broek gegee. Hy het nader gestaan en sy horing teen haar boude gedruk, sy hand voor om haar gesit en onder haar nagrokkie haar tieties begin vryf. Dan het Steve se hand oor haar poesie gevryf, terwyl hy rondgekyk het om te sien waar ek is. Ek kon hoor hoe sy haar asem hard intrek, omdraai en iets fluister. Dan het sy weggestap kamer toe.

As dit eers so ver gevorder het, is die omdraaikans maar min. Hier kom ‘n ding, het ek gedink. Ek het begin beweeg, sodat Steve bewus geword het van my in die sitkamer. Ek het ook slaapkamer toe gegaan.

My vrou was bewerig van jagsheid. Haar klit was hard tussen die twee lippies en sy wou net hê ons moet dadelik naai. Maar ek het ander planne gehad …

“Het jy aan sy piel gevat en hoe voel hy?” het ek saggies gevra.

“Groot en stokstyf,” het sy geantwoord, haar oë half wild.

“Het hy aan jou gevoel?” wou ek weet … alhoewel ek dit reeds geweet het.

“Ja,” het sy saggies geantwoord.

“En wat sê hy?” wou ek weet.

“Hy sê ek is baie sexy en hy wil my al lankal naai …”

“Jy weet natuurlik wat dit beteken,” het ek op ‘n sê-vra manier gesê.

“Ja, ek weet …” Haar hand was gerusstellend op my bors.

“Is jy lus vir daai groot piel?” Weer het sy “Ja” antwoord.

“Hoekom het jy nie bietjie met hom gespeel nie?” vra ek haar toe.

“Nee … hy sal my naai.”

“Nou, laat hom!” sê ek ferm. “Jy weet dit maak my mal!”

“Nee, ek kan dit nie doen nie!” Sy is nog steeds te bang en kyk so skaam-jags na my, die jagsheid in haar lyf duidelik sigbaar.

“Gaan staan weer by hom en as hy weer sy piel uithaal, dan speel jy met hom. En as hy jou wil bykom, dan gaan jy stoepkamer toe en sê hy moet jou volg. Ek sal solank gaan bad.” Ek wou haar op alle maniere moontlik aanmoedig. Verder wou ek haar gerusstel dat sy genoeg tyd sal hê sonder dat ek sal inmeng. Sy hoef nie te geweet het dat ek gaan toekyk nie.

“En as hy my wil naai, wat maak ek dan?” vra sy, maar met baie minder teenstand.

“Hy kan jou net naai as jy wil … en ek dink jy wil. En jy het nou my toestemming.”

Ek het besef dat sy dit oorweeg en haar aan die arm in die rigting van die kombuis gestoot. Ek sê toe vir haar dat ek solank gaan bad – hard genoeg sodat Steve dit ook kon hoor. Ek stap toe kamtig badkamer toe, maar glip toe terug kamer toe. Nie lank daarna nie het ek haar in die stoepkamer gehoor. Met die gordyn op ‘n skrefie oop, het ek op die bed gaan sit, vanwaar ek haar kon sien. Ek het net gaan sit, toe Steve inkom en reguit na haar toe stap. Hy het haar omhels met sy hande op haar boude en sy stokstywe piel wat onder sy broek teen haar maag druk. Ek kon hoor hoe hy vertel hoe styf en jags sy hom het.

Die volgende wat ek gesien het, is hoe Steve sy broek losvroetel. Sy piel staan voor hom uit toe dit om sy enkels val. Marie het op hierdie stadium na haar asem gesnak. Sy het hom in haar hand vasgegryp en haar rokkie oor haar kop getrek as sy in sy arms inloop. Met sy hande het hy haar teen hom vasgehou en haar in die lang rusbank se rigting gedruk, waar sy op haar rug gaan lê het. Steve het tussen haar bene gaan lê. Hy het sy piel teen haar poesie begin vryf. Dan het hy sy piel begin indruk – lekker stadig, so na my smaak.

Ek het reggeskuif om te kyk hoe hy haar gaan naai. Ek het my verlustig in hoe daai dik piel van hom in daai kaalgeskeerde poesie in en uit gly. Hy het haar lekker stadig genaai en sy het begin moan. Op ‘n stadium kon ek hoor hoe klap daai balle teen haar, soos hy haar nou lekker diep en hard begin steek het. Dit was die mees erotiese prentjie wat voor my oë afgespeel het. Dis nou nog in my geheue vasgebrand.

Ek was so in vervoering oor die show hier voor my dat ek amper van die bed afgeval het. Marie het so ‘n harde gil gegee en begin ruk, soos sy haar eerste orgasme bereik het. Steve het haar toe nog harder en vinniger begin naai. Sy het die mees onaardse gille gegee terwyl opvolgende orgasmes haar tref. Dit het haar laat ruk en bokspring onder hom. Ek het met alles in my gehoop dat hulle nie gou sal klaarmaak nie. Ek het heeltyd opgewonde aan my stywe piel gevat.

Steve het sy piel uitgetrek en opgestaan. Dit het nie gelyk of sy piel enigsins slapper geword het nie. Vroutjie het probeer opstaan, maar die kom het begin uitloop. Gelukkig was daar snesies op die bedkassie waarmee sy haar begin skoonmaak het. Toe hoor ek Steve sê vir haar sy moet omdraai. Sy het op haar hande en knieë op die bank gaan staan. Hy het agter haar gekniel, sy hande by haar heupe ingehaak en haar aan haar onderlyf opgetrek, sodat haar boude mooi omhoog staan. Haar poesie het uitgestulp. Hondjiestyl was nog altyd haar gunsteling posisie, dink ek. Sy moet in haar noppies wees. Binne oomblikke was hulle weer aan die gang met nog groter dringendheid. Van agter af het hy haar nou begin plesier, dié keer ‘n bietjie vinniger. Ek het weer afgesak om die aksie van nader te bekyk. Haar sagte wit boudjies en haar sopnat poesie kry vandag ‘n lekker pak slae, het ek gedink – en my daarin verlustig!

Ek het duidelik kon sien hoe daai paal daai poesie laat oop- en toemaak. So af en toe het sy piel uitgegly en dan oor haar klit gegly, op pad ondertoe. Dan kon ek sien hoe hy hom weer indruk en hoe daai lippies stadig padgee om plek te maak vir daai piel. Hy kon telkens weer lekker ritme vang, terwyl sy aanhoudend kerm. Dit was ‘n kermgeluid van uiterste genot. Sy is duidelik op pad na haar orgasme, kon ek agterkom. Ek kon duidelik hoor hoe hulle al harder en met korter tussenposes geluide begin maak.

Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat Steve skielik styfgeskop het en probeer het om sy piel dwarsdeur my vrou te druk. Hulle het geruk, gebewe en gekerm totdat hulle uitgewoed was. My vrou het eerste gekom. Kort daarna het Steve vir die tweede keer my vrou se poesie laat oorloop. Hierdie keer kon ek egter nie terughou nie. Ek is vinnig badkamer toe en binne enkele sekondes het ek gekom soos nog nooit tevore nie. Toe ek uit die badkamer kom, was my vrou in ons kamer en Steve al buitekant. Ons was blitsig in mekaar se arms. Daar is wild gesoen. Nodeloos om te sê dat ek en vroutjie vir die volgende uur in die kamer gebly het. Vir jare daarna het sy nog oor Steve se groot piel gefantaseer en hom gebruik om jags te raak.

Alhoewel my vrou Steve geniet het, het dit nie haar gewoonte geword nie. Daaroor is ek nogal bly!

15+

11 thoughts on “Nutsman

  • Avatar
    Nov 7, 2019 at 9:25 am
    Permalink

    Wow wat n erotiese storie!
    Dit was asof ek as voyeur alles kon beskou met die heerlike gevoel van jagsheid.
    Nou soek ek ook verligting
    Mooi Always…skryf gerus nog

    Reply
  • Avatar
    Nov 6, 2019 at 9:39 am
    Permalink

    Always, absoluut fantasties geskryf, jou storie is erg sexy. Hou so aan asb.

    Reply
  • Avatar
    Nov 6, 2019 at 6:27 am
    Permalink

    Dankie Almal,
    Julle positiewe kommentaar word waardeur

    Reply
  • Avatar
    Nov 5, 2019 at 5:51 pm
    Permalink

    ‘n Goeie eerste bydrae, Always…ek het dit geniet!
    Moenie jou pen neerlê nie.

    Reply
  • Avatar
    Nov 5, 2019 at 12:50 pm
    Permalink

    Bliksem! Dis my droom vir my vrou!

    Reply
  • Avatar
    Nov 5, 2019 at 12:33 pm
    Permalink

    Hierdie eerste bydrae van jou is verskriklik sexy, dankie Always 🙂

    Reply
    • Avatar
      Nov 5, 2019 at 12:57 pm
      Permalink

      Ek stem saam Annelise. Hierdie storie het my nou so opgewerk hier by die werk en hier is niemand om my uit te help nie

      Reply
    • Avatar
      Nov 5, 2019 at 5:04 pm
      Permalink

      Wow, wat ‘n sexy storie! Ek is sopnat met n klit kliphard en rooi gevryf! Jou storie het my mal!!!

      Reply
    • Avatar
      Nov 6, 2019 at 6:25 am
      Permalink

      Dankie, dit beteken baie en hoop ek het gevorder vanaf my eerste twee bydraes

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)