Moos se goete (finaal)
deur Wille Will
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Kaa’tje het die volgende oggend opgestaan met dieselfde roetine as gewoonlik. Na Moos weg is, het sy haar vinnig in die sinkbad gewas met Lifebuoy-seep. Sy het ‘n ligte groen rokkie oor haar lyf gegooi, met net ‘n klein broekie onder dit.
Sy’t besluit om weer vir ta Kersie, van die huis langs hulle s’n, te gaan kuier. Die ou vrou, nooit getroud nie, was die oudste oorlewende van die dorp. Sy het altyd geselskap waardeer. Sy het die lekkerste mosbolletjies gebak en ‘n besoeker is altyd getrakteer met ‘n welriekende koppie bossietee en ‘n bordjie vol bolletjies, gesoute botter en appelliefiekonfyt.
Sy’t diep uit haar tandlose mond gekekkel van lag toe sy haar deur oopmaak vir Kaa’tje.
“Ai, Mooigoed, ek dog jy’t geskrik na die vorige deel van die storie!” dawer haar stemmetjie.
“Nee, ek was net besig met Moos se goete, ta Kersie. Nou’s hy weer see toe en ek wil verder hoor!” Sy gaan sit pens en pootjies op die ou opgestopte rusbank en begin een van die bolletjies sny en smeer.
Ta Kersie gaan sit op haar rystoel by die venster, gooi haar lappieskombers oor haar knieë, plaas haar halfmaanbrilletjie op haar neus en haal haar hekelwerk uit die mandjie langs die stoel.
“Willem, Aanisa en Xai-in het nog twee dae aangestryk en toe hulle die volgende dag na ‘n rukkie se klim, met ‘n redelike halwe steilte uit, die see hoor en ruik, het hulle gehardloop tot by die kim.”
“Daa-a-ar …” beduie ta Kersie met die hekelnaald deur die venster.
Die kranse wys kol-kol wit vlekke van die kalkgrond, teen die blou hemel daaragter.
“Die uitsig was soos ‘n eden wat hul ontdek het. Dit was die natuurlike baai met visse wat jy kon sien uitspring uit die see, die wit strand en die lowergroen plantegroei verder op na die berg toe. Ongerep, nie soos ons vandag hier bly nie.”
En, soos die vorige keer toe ta Kersie haar van die voortyd – van Jan van Riebeeck af – vertel het, maak sy haar reg om verder te luister na die manewales van die oumense. En dit maak dit so interessant dat sy ‘n goeie prentjie kan vorm van die omstandighede waarin hulle hul kattekwaad aangevang het. Want sy het mos darem ook ‘n bietjie geskiedenis op skool gehad. Daai gekattemaai op die skepe en toe hulle aan wal gestap het, het haar behoorlik op hol gehad. Sy wens so Moos het dinge ook so gedoen.
So, nou gaan sy haar gedagtes lekker laat gaan. Sy luister kiertsregop en met gespitste ore toe ta Kersie verder vertel van Willem, Aanisa en Xai-in.
Willem, Aanisa en Xai-in het ‘n natuurlike paadjie ontdek om af te gaan onder toe en toe hulle eers op die sand is, toe pluk hulle al drie hul klere uit en storm nakend die water in. Hulle het laggend onder die branders ingeduik, opgespring en mekaar begin bespat met die seewater. Hulle het nou weer halfpad onder die hoë branders uitbeweeg en skielik het Willem en Xai-in stil gaan staan en net na Aanisa gestaar. Haar goudbruin borste het op en af gewip maar was nou nog meer begeerlik. Hulle was voller en ronder van die laktasie wat begin het. ‘n Effense boepie het ook nou begin rond bokant haar sappige vrug.
Willem het met ‘n volle ereksie deur die water na haar gesloef. Aanisa vee die water uit haar oë en sien dan Willem met sy opgehewe, dik trul wat naderkom. Willem se skadu val skielik oor haar en sy kyk op.
Hy staan bykans teen haar en sy voel sy penis aan haar maag raak wanneer hy sy een hand nat en saggies op haar skouer plaas.
“Jy’s nog mooier en begeerliker as ooit te vore en ek lus jou verskriklik,” sê hy skor teen haar wang en sy voel sy ander hand wat om een van haar vol borste vou, met die tepel wat uitsteek tussen sy vingers. Sy voel haar bloed ruis deur haar liggaam. Haar afgeslane oë sien sy dikbeaarde, erekte voël wat druk en soek teen haar maag soos ‘n ietermagô wat miere soek. Altwee haar hande vou oormekaar om sy steel en sy voel dit klop in haar hande.
Sy lig haar voorkop en kyk in sy blou oë wat diep glinster: “M’seur?’
Hy gee ‘n hartlike laggie met sy hoof agteroor gegooi en kyk dan weer in haar vraende blik: “Jy klink soos die eerste keer toe ek jou noodroepe in die skeepsruim gehoor het.”
“Aanisa, e-ek is maar d-dom met hierdie dinge,” stotter hy, “maar ek is bang ek maak j-jou seer en veral ons liefde wat besig is om in jou maag te groei.”
“Ek verstaan en waardeer dit, Willem. Maar dan moet ek jou op ‘n ander manier bevredig om daai liefde te bevestig.”
Met haar lippe begin sy afbeweeg oor sy skouers, bors en maag. Met suigende soene en ligte hale van haar naels plesier sy hom. Wanneer haar knieë in die nat water en sand sak, slaan sy ereksie teen haar wang. Sy ligpers, groot glans blink in die son waar dit nou heeltemal uit sy voorvelskede gebeur het. Sy trek die voorhuid weer oor die kop dat net die puntjie met die gleuf uitsteek. Met haar ander hand skuif sy haar vingers onder sy balsak deur dat haar voorvingers sy anusopening begin streel. Sy steek haar tong uit en begin te raak en terg al op die randjie van sy voorvel en dan oor die gleufie. Haar hand hou die vel styf vas sodat dit nie weer agtertoe skuif nie. Sy begin die aksie herhaal, vinniger en ritmies.
Sy loer vinnig op na sy gesig. Sy lang hare hang ‘n skadu om sy gesig maar sy kan aan sy geboë hoof en halfoop mond sien dat hy dit intens beleef terwyl hy afstaar na haar. Sy voel tussen haar vingers hoe sy lat skielik nog stywer word en swel. Sy laat gly sy voorvel nou heeltemal van die kop af, maar hou aan om dit op en af te skuif terwyl sy hom ten volle in haar mond neem. Sy laat haar ander hand se voorvingers diep in sy hol inglip.
Sy hele stywe penis begin nou vinniger in en uit beweeg in haar mond. Sy hou dit so dat sy volle lengte in haar keel kan afgaan. Albei sy hande gryp skielik haar bos hare. Sy hoor sy brul weergalm, ver oor die see wanneer hy klimaks.
Vir ‘n halfsekonde voel dit asof hy wil uitpluk. Sy gryp met albei haar hande om sy heupe sy gespanne boude vas. Sy voel sy pubishare haar neus kielie.
Met rukkings en stampe skiet hy sy saad uit. Sy sluk en sluk aanhoudend totdat daar nie meer uitkom nie.
Vir ‘n tasbare oomblik hoor sy net die seegolwe en ‘n rob se blaf êrens in die verte. Sy penis plop stadig uit haar mond uit en sy hoor sy hart se galop by haar wang terwyl sy met toegeslane oë vinnige asemteue neem van die vars lug.
Willem hurk skielik ook en hy sê saggies, maar baie intens: “Die gode het ons twee se lewens laat kruis, seker met ‘n doel … al wat ek wil sê, is dankie daarvoor.”
***
“Die storie is amper klaar, K’aatje … en ek het ook ‘n bietjie nuus vir jou,” kekkel-lag ta Kersie weer.
K’aatje wip weer op die rusbank en kyk verwagtend op na ta Kersie.
“Die Drie Musketiers het vir hulle ‘n beskutting gebou en Aanisa daar gelos om van die vis gaar te maak op ‘n oop vuur. Want Xai-in het met ‘n stokkie wat hy vinnig tussen sy palms rol, bo-op die houtstompe, dit wonderbaarlik laat vlam vat. Hulle het die vis in die baai gevang.”
En so borduur ta Kersie voort, met Kaa’tje wat rustig sit en luister. Kaa’tje kan ‘n duidelike beeld in haar kop vorm oor wat gebeur het.
Die musketiers is op na die wit rotswande toe op Xai-in se aandrang. Alhoewel die klip poeieragtig voorgekom het, was dit tog stewig in struktuur en kon hulle stukke maklik losbeur.
Na ‘n paar dae het hulle al ‘n vierkantige stuk grond oopgemaak en met van die plat klippe ‘n fondament gelê. Gelukkig het van die gereedskap wat Willem gesteel het by hul aankoms in die nuwe land, handig te pas gekom. Hulle het met groter blokke mure begin bou. Binne twee weke was die mure al skouerhoogte.
Willem het uit palmbome en wilde sipres balke gekap en daarmee ‘n dak gebou. Toe het Xai-in van die rotse se poeier met seewater gemeng om ‘n pasta te vorm en hulle het al die mure buite om gekalk. Uit seewiersap het Willem in sy kunstigste sierskrif hul huis se naam, Aan’t Kus, op die voormuur geskilder. (In die volksmond het die naam met die jare verander na Aantjie’s Kus en vandag heet dit Antjies Soen, reg langs Kalkbaai.)
Die drie het met songebrande lywe en spierwit glimlagge in hul nuwe “huis” ingetrek. Daardie aand het Willem tussen Aanisa se dye gesak met sy blondekophare en vir haar gesê: “Ek gaan op ‘n spesiale manier vir jou dankie sê na wat jy aan die begin vir my gedoen het in die seegolwe toe ons hier aangekom het.”
Hy het sy hoof laat sak en met sy tong op en af oor haar binnedye gelek. Haar onderlyf het geruk en hy kon haar vingers op sy skouers voel knyp. Hy het van haar een lies oor die verhewe magie tot by die ander lies gesirkel met sy nat tong, maar elke keer die sirkel kleiner laat word. Meteens was die sirkeltjie net om haar geswelde vrug. Hy het met sy twee duime haar nat poeslippe oopgetrek dat jy die binne-pienk kon sien.
“Mon Dieu, wat maak jy … dit is baie lekker,” kreun sy.
Haar kittelaar het uitgesteek soos ‘n nat ryp vruggie en terwyl sy hande opgeskuif het na haar vol borste toe het hy vinnig met sy tong oor die klit gedartel. Toe hy al twee harde, dik tepels eers tussen sy vingers begin vryf, het hy meteens die vruggie ten volle in sy mond ingesuig!
“Oh putain, oh putain, oh putain!” (O fok, o fok, o fok!) het sy kreunend geskreeu en half orent gekom en met haar hande sy hoof nog dieper in haar lende probeer druk. Hy het met sy tande begin knibbel aan die soete knop in sy mond. Onbeheersd het haar onderlyf skielik opgeruk na sy gesig. Maar sy het sy mond daar gehou met haar sterk vingers agter sy hoof geklamp. Haar lyf het meedoënloos met sneller wordende aksie in sy gesig gestamp dat hy amper nie kon asemhaal nie. Skielik het haar bekken gesidder tot in haar voete in. Hy het nat sappe voel spat in sy mond en dit net gesluk en gesluk.
“Mon chérí, mon chérí,” het sy aanmekaar gekerm. Haar orgasme het begin bedaar toe hy sy ken oplig en oor die boep na haar kyk met ‘n kwyl-lel wat nog afhang uit sy mond.
Ta Kersie het, terwyl sy gesit en hekel het en haar storie aan Kaa’tje vertel, onderlangs na Kaa’tje se reaksies geloer sonder om kommentaar te lewer en sonder dat Kaa’tje kon agterkom sy kyk na haar.
Tydens haar relaas het sy gesien hoe haar luisteraar kriewelrig raak by die aanloop tot seksgedeeltes. Dié het naderhand met haar bene gekruis gesit op die rusbank, met die leë bordjie van die mosbolletjies wat sy geëet het, strategies geplaas op haar skoot.
Toe sy die vurige strand en see-sekstoneel tussen Willem en Aanisa beskryf het, het sy opgelet dat Kaa’tje se een hand onder haar rok verdwyn het. Die ander hand het die bordjie vasgehou en probeer rondskuif. Met die beskrywing van hul klimakse het sy die bordjie baie vinnig op en af sien wip op Kaa’tje se skoot en toe sy opkyk was K’aatje se oë toe en haar gul mond oop met vinnige asemteue. Sy’t besef dat Kaa’tje ook orgasmeer.
Sy’t terug gekyk na haar hekelwerk en die verhaal afgesluit.
Sy kyk weereens op na haar gas. Dié vee met haar tong oor haar droë lippe en kyk na ta Kersie, amper asof in ‘n waas.
“Nou wil ek eers bietjie rus, my kind, die hekelwerk maak my oë moeg. Nog bietjie tee? Mosbolletjies?”
“Nee dankie ta Kersie … sjoe wat ‘n storie.” Sy sluk en met ‘n ligte blos op haar wange sê sy: “Askies, ek móét gou die toilet gebruik, asseblief.” Sy skarrel vinnig in die gang af.
Ta Kersie glimlag by haar sigselwers. Ai, die drif van die jeug … maar wat, sy was ook maar so jags in haar jongmeisiedae!
Toe Kaa’tje terugkeer terwyl sy die groen rokkie platstryk sê sy: “Ek moet huis toe gaan, Tante.”
Ta Kersie staan op en gooi die kombersie op die stoel en sit die hekelmandjie bo-op dit. Sy wink vir Kaa’tje met haar hand en stap na een van die syvensters toe.
“Sien jy die wit huis daar hoër op teen die berg? Daar waar die vorige pastoor voor jou pa gebly het? Dis nou leeg, maar hulle gaan môre begin skoonmaak en dit weer vars kalk … daar gaan iemand intrek.”
Sy ruik Kaa’tje se Lifebuoy-seep hier langs haar waar hul saam deur die venster kyk.
“Ek wil jou graag iets van die huis vertel voordat die nuwe inwoner intrek.”
Kaa’tje kyk met groot oë na ta Kersie. “Ek’t nie eers geweet daar gaan iemand intrek nie.” Is dit iemand van buite ons dorp?”
“Ja, maar maak môremiddag ‘n draai, dan vertel ek jou die agtergrond, oukei?” Sy plaas albei haar hande op Kaa’tje se skouers en dwing haar amper uit haar huisie.
*****
Kaa’tje kon nie wag om die volgende dag by ta Kersie te kuier nie.
Kaa’tje het onmiddelik navraag gedoen oor die huis waarvan ta Kersie vertel het. Sy’s nou wel nie in beheer van die huis nie, maar sy wou darem verseker dat die wit huis skoongemaak en reggemaak word, indien nodig.
Die orrelis van hul kerkie het al die kinders bymekaar gemaak om ‘n koorstukkie in te oefen vir die nuwe juffrou se aankoms.
Op die dag van haar aankoms het Kaa’tje haar mooiste geblomde rokkie aangetrek toe sy die Aai & Djy-lorrie teen die berg af sien kronkel. Sy’t haar gehaas na die kaai toe.
Die juffrou se lang slanke bene in ‘n blou Wrangler-klinknaelbroek met swart, midhakstewels het eerste tevoorskyn gekom. Die hakke sink in die sand voordat sy by die deur kom. Sy leun nog ‘n oomblik teen die deur nadat sy binne getree het en die deur toeklap. Sy staan met haar een hand teen die deur met die kinderstemme wat volbors sing, asof sy dit alles nog inneem. Die los, wit hemp om haar bolyf verbloem nie die regop, maar kleinerige borste wat daaronder verskuil is nie. ‘n Kanterige bra hou hulle in toom. Die hemp is bolangs oopgeknoop en ‘n hangertjie wat die godin Freya simboliseer en wat ‘n nuwe huwelik met vrugbaarheid seën, hang om haar nek.
Die juffrou geniet die koorsang ooglopend en sak af op haar hurke. Met oop arms nooi sy die kinders na haar boesem om hulle te bedank.
Spierwit tande lag met ‘n opregte borrellaggie tussen die vol lippe onder die reguit neus. Twee groot ysblou oë skitter bokant die hoë aristokratiese wangbene. Sy’t wit-blonde styl hare wat tot op haar skouers gekap is.
Die kinders skarrel tussen haar arms in met skaam laggies en groot oë.
“Ek is Ava, julle nuwe juffrou. Ek hoop ek sien julle almal môre by die skool. Dankie vir die pragtige liedjie. Julle het klaar in my hart ingekruip,” sê sy in ‘n swaar aksent. “Toe, gaan nou huis toe … tot more.”
Soos wat die laaste kind met die pad op verdwyn, sien sy die jong vrou in die geblomde rok wat nog steeds daar staan. Sy kom orent en stap tot by haar en vat aan haar wang: “En watter pragtige mens is jy! Waaraan het ek die voorreg dat jy ook hier by my aankoms is?”
Kaa’tje sluk – want haar mond het oopgehang – voordat sy antwoord: “U is die eerste onderwyser wat ons ooit op Antjies Soen sal hê … en toe was ek ook maar bietjie nuuskierig …” Sy gee ‘n verleë laggie en kyk af.
Ava lig Kaa’tje se ken op en kyk indringend in haar donkerbruin oë. Sy vryf saggies, amper intiem, met haar lang vingers oor Kaa’tje se wang: “Ek hoop ons gaan nog baie van mekaar sien … verskoon my ek moet gaan toesien dat my trek reg afgelaai word. Ek het Aai & Djy ekstra betaal om al my besittings en nodige meubels saam te bring. Tot ons weer gesels.”
Sy leun vorentoe en met ‘n drukkie van haar handpalm op Kaa’tje se wang en ‘n ligte soen op haar neus se punt, draai sy om en stap na die agterkant van die vragmotor.
Kaa’tje maak haar oë willekeurig toe. Wat gaan nou aan binne haar? Dis ‘n tintelreaksie wat op en af blits deur haar hele lyf, iets wat sy nog nooit vantevore ervaar het nie. Dis soos ‘n stroom van beloftes wat wil uitborrel en bewaarheid word.
Sy ruik Ava se parfuum nog om haar. Sy voel daai sagte vingers nog op haar wang. Asof dit ‘n vuur aansteek binne haar. Sy voel weer die sagte aanraking van haar lippe op haar neus! Hierdie vrou met die ys-oë, uit die vreemde land … wat skielik haar hele wese wil oorheers?
Sy maak haar oë oop en loer na die agterkant van die lorrie. Ava se lyf is net half sigbaar waar sy staan. Net die een heup en boud in die denimbroek steek uit. Iets reageer weer in Kaa’tje se lyf, maar sy skud haar kop en stap terug na haar en Moos se huis toe.
Aldus die dorp se skindertonge en die nuwe joligheid en lojaliteit onder die kinders, het Ava haar goed aangepas en van haar taak gekwyt. Sy’t minstens een keer per week op haar fiets met wapperende sy-vlae teen die hang afgekom en êrens na die strand of seekus gery. Andersins was sy stil in haar wit huis genoem “Antjies Soen.”
Kaa’tje het die toneel by Ava se aankoms oor en oor in haar geheue herspeel en gevoel daar was iets onvoltooids daaraan. Maar as haar gedagtes wil dwing in ‘n stoute, onbekende rigting, het sy dit onmiddellik in die kiem gesmoor. Sy’s een van Moos se goete …
Een oggend, nadat Moos douvoordag vertrek het om vir minstens twee dae dieper die see in te vaar om met ‘n sleepnet vis te soek, het Kaa’tje haar slaapjurk oor haar kop uitgetrek en haarself vinnig met ‘n waslap op die nodigste plekkies skoongevee. Vir haar het dit gevoel asof sy vir twee dae net vry kan wees.
Met ‘n stoute glimlag vir haarself het sy geen onderklere aangetrek nie en net ‘n geel slooprokkie oor haar lyf gegooi. Vandag wil sy weer af see toe, na haar geheime plekkie by die rotse. As dit hoogwater is, slaan die golwe baie hoog daar. Moos het haar, vir haar eie veiligheid, verbied om soontoe te gaan.
By haar aankoms was die see rustig. Sy’t gehurk gesit by een van die poeletjies tussen die rotse waar haar geliefde krappie nog steeds heen en weer geskarrel het met ‘n sandvis wat af en toe uitloer.
Skielik het ‘n suiwere vrouestem met lang treurnote se sang opgeklink. Dit het die branders se geklots oorheers. Kaa’tje het stadig en baie versigtig haar gesig teen die naaste rotswand opgeskuur om bo-oor te loer.
Ava was besig, met arms uitgestrek na die hemel en met haar kop ook omhoog, besig om ‘n baie emosionele lied te sing. Sy was geklee in verskeie lae en kleure van ligte, deurskynende symateriaal. Die wind het die materiale teen haar lyf vasgedruk van voor. Dit het wapperende vlae agter haar lyf laat uitbol.
Haar tepels het stewige puntjies gemaak en was duidelik sigbaar. Laer af het die lap aan haar plat magie gekleef. Maar onder dit kon mens nie ‘n donker kol sien waar haar poesie moes wys nie – net die mooi bobene wat effe uitmekaar geplant was, was sigbaar.
Kaa’tje het met skrik haar kop onmiddellik agter die rots weer ingepluk. Haar hart het soos ‘n lughamer gebons. Hierdie godin van haar drome was ‘n paar treë van haar af, bykans nakend!
Die sang het meteens tot ‘n einde gekom. Dis amper of daar nou ‘n afwagtende stilte neergedaal het. Kaa’tje het haar kop weer oor die rots gelig. Ava het gehurk gesit haar gesig see se kant toe. Sy was poedelkaal en besig om die syrok op te vou voor haar. Haar rugstring het bleek knoppies vertoon, af tot by die perfekte wit peerboude, waaronder nog ‘n skaduwee skelm geloer het.
Ava het op haar hurke omgedraai en haarself op haar rug neergevly op die gladde rotsplaat. Met haar een hand het sy die sy lappe oor haar lende getrek, om dit te bedek teen die son.
Kaa’tje was nou halflyf op agter die rotse. Sy’t besef haar koekie is sopnat onder haar rok. Haar een erekte bruin tepel het sy aanhoudend met haar een hand gevryf en getrek. Sy’t net aanhou staar na hierdie perfekte vrouelyf voor haar.
Ava het meteens haar bolyf gelig tot op haar elmboë en reguit in Kaa’tje se gesig gekyk.
“Kaa’tje ek’t jou lankal agter daardie rots gesien. Kom sit hier by my sodat ons alleen kan gesels in ons nuwe, eie wêreldjie.”
Kaa’tje het asof gehipnotiseerd regop gekom en oor die rots geklim tot sy langs Ava staan.
“Trek uit jou rok en sit hier teen my.” Ava trek die sylappe af. Haar gladgeskeerde vulva bult uit in volle glorie. Kaa’tje se rok val êrens op die rotsplaat. Sy gaan sit teen Ava se dye en kyk in die weergalose blou oë.
“In my land is ons nie skaam vir ons liggame nie, al is daar letsels of gebreke.” Ava neem een van Kaa’tje se vol borste in haar hand en druk dit. Kaa’tje se liggaam ruk in reaksie, maar sy trek nie terug nie. “Ons wys en ondersoek met lyftaal as ons aangetrokke voel teenoor iemand.”
“Vat aan my as jy wil, dit vertoon ons dieper begeertes.”
Kaa’tje sit haar een hand bewend op Ava se gespierde magie en voel die hitte wat daaruit straal.
Ava trek Kaa’tje se gesig skielik na haar eie toe en met ondersoekende lippe soen sy haar op haar lippe. Dis asof se Kaa’tje se hele wese en al haar begeertes en wense skielik oopgaan. Sy wil haar eers teësit, maar maak dan haar mond gulsig oop en neem Ava se mond oor. Hulle suig en verken – neem mekaar se hartstog in.
Kaa’tje voel hoe Ava se hand oor haar poesie vou. Sy laat sak haar hand ook vinnig af na Ava se bultende genotsvrug.
Vir die eerste keer in haar lewe voel Kaat’je haar vinger in ‘n ander vrou se poes. Sy voel Ava se klitoris, haar nat binne- en buitelippe. Dis asof dit haar opwerk, want sy haal vinniger asem.
Ava druk Kaa’tje se lyf skielik om sodat sy op haar rug lê. Ava se mond vervang die vingers wat Kaa’tje se poes gemasseer het.
Kaa’tje se oë spring wawyd oop en haar hand gaan af na haar onderlyf, in skok. Maar die perfekte lippe en tong van Ava se geoefende mond laat Kaa’tje se hand tussen die wit hare verdwyn. Want Ava se aksie tussen haar bene laat spring genot in siedende sirkels tot diep in haar brein. Die hand wat wou keer, omhels Ava se agterhoof. Dit hits haar dringend aan om nog dieper in haar poes in te gaan.
Ava buig orent. Regop sittend rank haar lang vingernaels sensueel met Kaa’tje se binnebene af. Dan lig Ava Kaatjie se regterbeen met haar twee arms, lê effens terug en skuif haar onderlyf onder Kaa’tje se bobeen in. Met haar linkerbeen plat op die grond, lig Ava haar regterbeen oor Kaa’tje se onderlyf. Hulle lywe is nou soos ‘n skêr met hulle poesies teen mekaar as die krinkpunt.
Hulle hande strek na mekaar as hulle begin wring en beur teen elkaar. Hulle lywe klap vinnig teen mekaar. Dan klimaks beide amper tegelyk. Kaa’tje se klimaks dawer uit haar mond in ‘n uitgetrekte gil wat al haar frustasies van die afgelope tyd verpersoonlik.
Sy’s nie meer een van Moos se goete nie …

Weereens Meesterlik
Dankie Always, as jy dit geniet het net soveel as wat dit my behaag het met die skryf daarvan, is ons op dieselfde golflengte ! he-he.
Ek mis amper my karakters soos hulle in my gegroei het.