
Middagete saam met ‘n mier
deur Jan Pielewiet
In my tweede jaar as student was daar een of ander kleinerige kollege diep in die koue Vrystaat, ‘n kollege wat nou nie meer bestaan nie. Daar het ek die pragtigste meisiekind ontmoet. Sy het ‘n pikante gimnaslyfie met ‘n pruilmondjie en diep blou oë saam met blonde hare wat gewoontlik in ‘n poniestert oor haar skouers hang. Die kuiltjies langs haar vol lippe, wat jou uitnooi om hulle te soen, het haar glimlag vervolmaak. Haar korterige, fris lyfie is gespierd en sy het ‘n wip in haar stap wat haar klein, maar ferm tieties net so effens laat bons.
Ekself is nie te sleg gebou nie, het by ons skool gimnastiek gedoen en heel skaflik tot op streekvlak gevaar, ek was die man. Toe gaan ons provinsiaal in die bose stad deelneem waar my gat geskop is deur die Gautengers. Ek het besef ons op die platteland het nie ‘n idee wat aangaan in die stede nie, die manne is op ‘n heel ander vlak. Maar dit het ons nie gekeer om die stad se liggies te ondersoek en wêreldwys terug te keer na ons dorpie toe nie.
Nou is ek in die kollege, doen nog steeds gimnastiek, maar slegs sosiaal, gaan meer oor die bier en braai na die tyd as die oefen en deelneem self. En dit is hier waar ek Aranja ontmoet het. Ons het saam by Smittie, my beste pel, se woonstel gebraai. Aranja is Smittie se niggie wat in haar eerste jaar was. Heel aand het ons vir mekaar gekoekeloer en toe so bietjie gesels terwyl ons eet. Net voor die aand om is het ons foonnommers uitgeruil met ‘n ooreenkoms om êrens weer iets saam te gaan doen.
Ek het so ‘n bietjie rowwe tyd met my studies gehad, maar met die eerste oop kans reël ek toe met Aranja om koffie te gaan drink in ‘n klein koffiekroegie net oorkant die kampus, lekker gemaklik om sommer oor te stap. Met die mekaar beter leer ken kom ons agter ons is beide eerder buitelugmense as fliek en koffie drink en maak toe sommer planne vir ‘n dag se gaan stap in die nabygeleë natuurreservaat en dan gaan ons eendag piekniek hou by die groot botaniese tuin op die buurdorp.
Die eerste Saterdag wat ons beide ‘n oop tyd het gaan laai ek haar nog donker op sodat ons by die reservaat se hekke kan wees as hulle oop maak. Aranja het ‘n stywe kortbroek aan met ‘n mans toeknoopkakie hemp, soortgelyk aan myne. My broek se pyp is darem net so effens langer as hare. Ons stop tien minute voor die oopmaaktyd by die hekkie en dan pak ek die koffiefles en ouma se beskuit uit vir ‘n vroeë ontbyt. Aan Aranja se verbaasde gesig kan ek sien sy is heeltemal verras met my bedagsaamheid en sy slurp aan haar swart soet moerkoffie uit die enamel blikbeker. Die beskuit word geweek in die koffie voor dit ook behaaglik gekou word. Wanneer die laaste lekselkie koffie gesluk is en die bekers gebëre is, is ons net op tyd wat die hekke oopswaai.
“Ek dink hierdie was seker die lekkerste koffie wat ek nog gedrink het!” laat hoor my stapmaat van haar op pad na die hekke toe. Ek kry sommer so lekker warm innerlike gevoel oor die onverwagste kompliment.
Aranja bied aan om ons toegang te betaal en wanneer ons binne die reservaat instap vat ons ons wandelstokke stewig vas vir die staptog. Ek fluit ‘n ou Voortrekker liedjie wat in my gedagtes opkom en Aranja neurie sommer oombliklik saam. Weet nie hoekom ek half en half verbaas is dat sy “As ek moeg word vir die lewe in die stad…” ken nie.
Ons kan gemaklik langs mekaar stap vir die meeste van die pad, maar wanneer die paadjie teen die koppie begin opkronkel moet ons enkel gelid stap. Tot dusver kon ons lekker land en sand gesels, maar nou raak die asems effens meer gejaag as gevolg die redelike vinnige pas wat ons volg en die opdraande help nie juis nie.
Wanneer ons teen die klipperige rant kom is daar heelwat plekke wat mens hoog moet trap na die volgende rots toe en dit is hier waar ek die eerste keer my behoorlik kon verkyk aan die ferm boudjie wat die broek styf laat span as daar gerek word na die hoër klim. Nie seker of ek my verbeel nie, maar ek kan amper sien hoe haar privaat probeer om minder privaat te wees, daai broek moet behoorlik sy werk doen om alles binne te hou lyk dit my.
Wanneer ons die spits bereik van die koppie lê die Vrystaatse vlaktes wyd oop voor ons. Ons voel nietig in Die Skepper se werke en deel die stilte van die natuur om ons. Ek draai stadig in die rondte en geniet die koel briesie wat oor my wang streel. So halfpad deur ons panoramiese uitsig trap Aranja op ‘n los klip en ek gryp haar om te keer dat sy val. Aranja se warm bors druk saggies teen my arm soos ek haar vashou en dan draai sy haar so effens na my toe. Ek sien hoe die puntjie van haar tong haar lippe nat lek en dan voel ek hoe haar lippe sag ontspan onder myne wanneer ek inlê en my lippe teen hare druk.
Die tyd gaan staan stil wanneer ek haar in my arms toevou en die storms bars los soos my ore suis en my tone krul. Aranja se tong fladder tussen haar lippies uit en ontmoet myne waar hulle teen mekaar dans. Ons verken mekaar se kurwes soos ons hande langs mekaar se sye op en af vryf. Wanneer ek haar ferm mosbolletjies in my hande toeskuld druk sy haar heupe vorentoe. As sy haar heupe teen myne druk probeer ek so draai om my ereksie weg te steek, maar sy druk my vas. As sy nie die stewige horing in my broek kan voel nie is sy wragtig gevoelloos. Dan neem die hormone oor en ek druk my klipharde piel vas teen haar. Sy staan op ‘n effens hoër klip dus is ons koppe en middels naastenby op dieselfde vlak. Ek kan haar hittte voel uitstraal dwarsdeur haar klere en dan trek ek terug voor ek heel kop verloor.
Ons asems jaag en ons staar na mekaar met blosende wamge en begeerte in ons oë.
Dan draai Aranja om, vat haar aluminium wandelstaf en begin die res van die roete stap. Ek wag so kort rukkie om eers my horing reg te skuif en dan voel ek hoe nat sy kop van die lus is. Met ‘n vaart stap ek vinnig agter Aranje aan voor sy dalk omkyk om te sien waar ek talm. Ek besef dat as sy twee sekondes langer vertoef het ek heelwaarskynlik myself op haar af sou geforseer het so lus het sy my gehad.
Die roete af is baie makliker en ons vorder vinnig terug na die parkeer area. Daar is heelwat wild in die reservaat en met die afstap wys ons vir mekaar alles wat ons sien en waardeer saam die mooie natuur. Ek besef dat sy ‘n ongelooflike natuurkennis het aangesien sy omtrent al die interresante plante wat ek vir haar uitwys eien en kort voor lank wedywer ons om mekaar se kennis te toets oor plantname, gebruike van dit en hulle voorkoms. Saam met dit doen ons sommer spoorontleding ook van enige spoor wat ons sien.
Terug by die kar nooi Aranja my om piekniek te hou saam met haar. Sy weet van ‘n heerlike kolletjie in die reservaat waar ons rustig die res van die dag kan deurbring. Daar is blykbaar ‘n watergat met genoeg koeltebome en ‘n klein ablusie-blokkie ook. Aranja beduie my hoe ek moet ry en dan in die verste hoek van die reservaat stop ons by ‘n oase. In die middel van ‘n bos bome. Ek is verstom oor hoe mooi die gras onder die bome is en sien sommer reeds uit na die rustigheid wat voorlê. Ons laai die piekniekmandjie wat Aranje gebring het af en nadat ins die groot kombers oopgegooi het pak sy die mandjie uit terwyl ek solank die glase en koeldrank in die kar gaan haal. Met my terugkoms is ek aangenaam verras met die heerlike eetgoed wat uitgestal lê in verskillende bakkies.
Ek vlei myself neer op die kombers en frommel een van die kussings onder my blad in. My metgesel het haar skoene uitgeskop en staan op haar knieë om my te bedien met die eerste bordjie soutgoed. Wanneer sy vir haar ook ingeskep het begin ons smul aan die peuselhappies terwyl ons die oggend se stap bespreek. Wanneer ek my tweede soutbordjie leeggemaak het word ek bederf met die heerlikste soetgoed. Koeksisters en krimpvarkies wissel met klapperys en sjokolade trufffels mekaar af. Die een soetter en lekkerder as die ander. Alles word afgespoel met heerlike tuisgemaakte gemmerbier. Wanneer ek haar komplimenteer met die voortreflike ete bieg sy dat haar ouma so opgewonde was om te hoor dat sy saam met ‘n man gaan stap dat sy aangebied het om te sorg vir die piekniekmandjie.
Teen die tyd is die sonnetjie al reg bo ons en die hitte saam met die vol magies trek my ooglede swaar na onder en so tussen die gesels en wolke kyk deur val my ooglede toe. Ek skrik wakker van ‘n gil hier langs my en is net betyds om te sien hoe Aranje opvlieg en haar top uitpluk. Ek sukkel nog om my bearings bymekaar te kry toe waai haar broek ook en Aranje spring rond en klap en krap oral oor haar lyf, slegs in bra en pantie gekleë. Stadig besef ek dat daar iets is wat byt en saam met die besef dring dit tot my slaapbenewelde verstand deur dat ek op honderde plekke die klein voetjies van miere voel, en dan is ek wawyd wakker as so drie honderd en twaalfduisend van hulle almal gelyk byt op elke moontlike en onmoontlike plek op my lyf. Ek pluk vervaard my broek en hemp ook uit en klap en krap om van alles ontslae te raak.
Wanneer ons uiteindelik tot bedaring kom en die meeste miere van ons lywe af het, staan ons so twee meter weg van die komberse af sien hoe wemel dit oor die kos en die kombers van die miere. Blykbaar is ons piekniekplek in die middel van ‘n hele kolonie miere wat almal op die gratis bufet kom fees het. Om te red wat ons kan en darem soortvan op te pak maak ons beurte om op die kombers te hol, iets te gryp en dan dit skoon te maak voor ons dit eenkant neersit todat ons naderhand alles terug in die mandjie het en dan kan ons die kombers uitskud om van die lasste klomp mensvretertjies ontslae te raak.
Wanneer ons alles bymekaar het kyk ons na mekaar en dan bars ons uit van die lag, want beide van ons staan nog net soos ons uit ons klere gespring het in ons onderklere. Aranja wou eers skaam word, maar besef dan dat sy net soveel bedek soos ‘n bikini, indien nie meer nie. Ek is eerder die skaam een wat ‘n probleem ervaar met ‘n horing wat alweer groei toe ek uiteindelik rustig vir haar kon kyk. Haastig gryp ek my broek en wou hom net aanpluk toe ek sien hy is ook nog vol miere. Ek skud uit en dan staan Aranja langs my voor ek dit kon aantrek. Sy smelt haar lyf vas teen myne en fluister dan in my oor dat sy vreeslik jammer is dat die middagslapie so wreed onderbreek is deur die ongenooides. Sy sien ek is vreeslike gebyt en of sy nie dalk ‘n rrompie moet aansmeer voordat ons onsself betaamlik kleë nie.
Nadat ek die knop in my keel probeer wegsluk het, knik ek eerder net en dan maak sy haarself los van my en haal ‘n buisie room uit haar rugsakkie. Sy beduie ek moet voor haar kom sit op een van die bankies en dan smeer sy room oor my rug. Haar sagte vingers streel alle pyn weg en my horing groei met nog ‘n paar sentimeters. Dan is sy voor my en smeer my bors voor sy afsak na my bene. Haar hande gly op en af terwyl haar asem warm teen my peester blaas. Net dan voel ek hoe haar mond om my skag sluit en dit sagggies deur my onderbroek byt voor sy opspring en met haar rug voor my kom staan. “My beurt” laat hoor sy terwyl sy die buisie room vir my aangee.
Ek druk ‘n repie uit in my hand en dan smeer ek dit tussen my twee palms voordat ek haar rug bo en onder haar bra invryf. Ek voel die effens knoppies waar die miere gebyt het en plaas ‘n sagte soentjie in die agterkant van haar nek voor ek haar laat omdraai om haar voorkant ook in te smeer.
Ek maak seker ek smeer elke stukkie bo-lyf, tot mooi tussen die borste, al sien ek geen teken van ‘n bytplek nie. Ek sien wel die swelsel onder haar bra wat twee punte staan. Ek plant weer ‘n soentjie mooi tussen die twee heuwels van genot voordat ek voor haar gaan kniel en elke been mooi insmeer. Ek ruik haar opgewerkte vroulike geure en beweeg met elke smeersel effens hoër teen haar bene op todat my duime aan haar broekie se rekke raak. Dan leun ek in en plaas ‘n warm soen op die bokant van haar panty. Ek word deur ‘n sagte grom sug begroet en voel hoe Aranja haar heupe vorentoe en op tilt om beter kontak met my mond te maak. Haar vingers is agter my nek ingevleg en sy trek terselfdertyd my kop in haar warm vroulike mik in. Ek gebruik my een hand om myself aan haar boud te anker en die ander hand trek haar broekie se pyp weg sodat ek kaalgeskeerde poesie kan ontbloot. Ek geen ‘n sagte soentjie in haar binnebeen maar dan trek Aranja my kop in haar in en ek druk my punt van my tong in haar nat ontvanklike in.
Aranja ry my tong woes vir ‘n paar sekondes voordat sy kom met ‘n alamintige kreun. Haar bene knyp my kop vas en haar heupe beur terwyl se kreunend orgasme op orgasme ervaar. Dan is sy uitgewoed en die ystergreep om my kop word verlig wanneer sy ontspan. “Kom staan voor my” word ek deur Aranja uitgenooi. Ek is soos blits op my voete en dan as ek voor haar staan sien ek hoe die fraaie meisie haar lippe aflek as sy die knop in my onderbroek gewaar. Haar hande vou om my boude om my nader te trek en ek dop my piel uit sy benoude omgewing uit.
Aranja se een hand het nou my gat gelos sodat sy my prominente ereksie kan beheer. Sy moet hom effens aftrek om hom mooi met haar mond op te belyn en dan verdwyn my piel se kop in haar wagtende mond in. Haar ligrooi lippe is vuurwarm om my skag soos sy my stadig insluk. Halfpad in stop sy en spoeg my eers weer uit voor sy my weer insuig. Elke keer spoeg sy my weer uit voor sy my weer bietjie dieper insuig.. Ek raak mal van die lekkerte en probeer haar kop vashou sodat ek my volle lengte tot agter in haar keel kan indruk, maar sy is te slim vir my en gebruik tande om my te keer. Dan besef ek dat ek net moet saamspeel en wanneer sy uiteindelik my volle lengte in haar keel laat inglip kan ek voel hoe die eerste souse van my manlikheid in haar begin uitborrel.
Aranja begin nou met mening suig terwyl haar kop af en af wip op my piel. Na ‘n paar sekonder wat soos ‘n ewighein in ‘n oomblik verby is laat skiet ek my sperms tot diep in haar keel. Ek hoor hoe sy verstik. Maar sy herstel vinnig en sluk alles wat ek haar bied weg sonder om ‘n druppel te mors. Dan staan sy op en haar mond word teen myne gedruk sodat ek myself op haar lippe kan proe.
Na ‘n lang talmende soen besluit ons om eerder klaar aan te trek en op te pak, voordat iemand ons dalk hier in ‘n ongemaklike posisie betrap.
3 COMMENTS
Jou skryf styl is fantasties!
Baie dankie. Bly ulle het dit geniet. Weet julle van die argiewe waar julle nog baie ander stories kan lees?
Baie mooi en sensueel- dankie