Maria
deur Whale
‘n Week na die dood van my oupa aan Vaderskant kry ek ‘n oproep dat daar ‘n paar los goedjies by sy suster, tannie Maria, is wat my oupa pertinent gesê het na my toe moet kom. Nie in sy testament nie, sommer net wanneer sy vurige humeur opgevlam het oor wat ookal op daardie stadium sy irritasie-vlak geaktiveer het. En vandaar dan nou die ou meevallertjie na my kant toe. Ek en hy het ‘n spesiale band gehad. Teensinnig besluit ek om die volgende oggend gou die goed te gaan haal.
-0-
Ek kry eers twee dae later tyd om die boks uit te pak. Ek is in die sewende hemel, want dit is ‘n boks vol memorabilia uit die Anglo-Boere Oorlog sowel as uit beide Wêreldoorloë. Van medaljes tot stukkies papier met gekrabbel daarop begroet my vanuit die motbol-donkerte van die boks. Ek grou en pak uit, en die heel laaste item is ‘n boek wat lyk na ‘n tipe dagboek. As oorlogsgeskiedkundige en professor aan ʼn universiteit weet ek dat ek nie net die boek kan oopslaan nie, die blaaie is te bros daarvoor. Maar die datum voorop prikkel my, dit is gedateer ‘Januarie – Desember 1943’. Ek besluit om dit saam te vat universiteit toe.
-0-
Die dag sleep traag verby en ek is vir die eerste keer verlig dat ek nie verdere klasse vir die middag het nie. Ek het die dagboek met die regte stowwe behandel en ek slaan dit oop voor my. Dit vat my amper ‘n uur om agter te kom dat September-maand se bladsye baie min is, en nog ‘n uur om te besef dit is bladsye wat uitgeskeur is. Dit prikkel my belangstelling en ek blaai versigtig deur die boekie. My oupagrootjie was ‘n vlieënier in die SA Lugmag gedurende die Tweede Wereld-oorlog en het onder andere in Italië diens gedoen, soos dit ook spruit uit die inskrywings in die dagboek. Sy vliegtuig is op sy laaste krygsvlug afgeskiet en hy het vir amper ‘n maand lank op ‘n Griekse eilandjie weggekruip terwyl hy van ‘n wond genees het wat veroorsaak is deur skrapnel. Ek weet ook nie veel meer as dit van hom nie. Die ure gaan stadig verby, en dit is amper sewe-uur daardie aand toe ek 31 Desember 1943 klaar lees. My kop draai van al die syfers, gevegte, partytjies, vrees en oorwinning wat tussen die bladsye vasgevang is in oupagrootjie se netjiese skuins handskrif. Toe ek die boekie in my tas wil sit val ‘n klein opgevoude stukkie papier uit die omslag. Haastig om by die huis te kom vat ek dit en druk dit onoopgemaak in my hempsak.
Voor die TV later vou ek dit oop, en die eerste reël laat my reeds snak na asem. Dit lees: “My laaste aand saam Maria”. Ek begin lees:
Vanaand is my laaste aand op die eiland, ons vliegtuig kom ons more haal. Maar my gemoed is swaar vanaand as ek dink aan Maria se golwende swart hare, haar fyn gelaatstrekke en jong vroue-ligaam. Die kurwes van haar vlees, die welgeskape bene en effens ronde boude. Die donker bos in haar dye wat soos heuning smaak, sag en warm wanneer sy met saamgeperste lippe die kreune van ekstase binne hou wanneer ek haar penetreer en later my saad op haar plat maag stort.
Ek voel die knop in my broek as ek besef waaroor hierdie brief gaan. Ek lees weer:
Maria was vanaand ook bewoë. Sy het haar liggaam met oorgawe aan my gegee, soveel so dat daar bloed was. Sy het begin deur eers my wond te verbind soos wat sy al die hele maand doen. Deur die grasdak het die volmaan in helder silwer strepe op haar gitswart haredos geskyn. Nadat sy die wond vars verbind het het sy liefderik oor my piel gestreel, en in afwagting gesit en kyk hoe hy begin regop staan. Sy het saggies aan die vel gevat wat na my besnyding oorgebly het, en met haar tong oor die blink kop begin proe. Sy moes hou van wat sy geproe het, want sy het my amper ingesluk. Sowat van lekkerkry het ek nooit vantevore beleef nie. Sy het vinniger beweeg, en ek moes haar met ‘n handbeweging stop voordat ek by fyndraai was. Sy het verstaan, en die eenvoudige rok opgelig om daardie soete swart bos ten toon te stel. Ek het gewys sy moet nader kom en wydsbeen op my bors kom sit. Sy het. Ek kon die seep aan die dik bos hare ruik toe ek haar in my mond neem, en die heuning wat uit haar drup gulsig begin opslurp. Haar jong liggaam het geruk en sy het my gesig in haar begrawe voordat sy met ‘n kreun die hoogste kruin van haar ekstase bereik het. Ek het besef ek sal moet gou speel en het haar byna onmiddelik na die rukke van haar liggaam kalmeer het gepenetreer. Ons het stadig en traag beweeg, om die daad en ons saamwees so lank as moontlik uit te rek. Ek het my saad in haar gestort en minute later het sy die bamboes-hut se deur vir goed agter haar toegetrek en my met slegs ‘n skulp-armband agtergelaat.
My horing het hard teen my gulp gedruk, en impusleif het ek myself gehelp tot my eie saad polsend oor my hand gespuit het. En toe eers kon ek begin wonder oor tannie Maria, die enigste van Oupagrootjie se dogters (my tannie) wat pikswart hare het tot vandag toe, nie ‘n familie-naam het nie, en hoekom sy ‘n eenvoudige ‘n skulp-armband soos ‘n kosbare diamant bewaar.