Magaliesberg-verrassing

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Always

Taalversorging deur Lusman

Die plaas waarna ek op pad is lê aan die suidekant van die Magaliesberg. Verder na die suide is daar ‘n ou myn. Maar hier aan die voet van die berg is dit groen, danksy die rivier.

Waar die grondpad na die plaas toe by die teerpad aansluit, draai ek regs daarop. Ek ry teen die bult uit, ’n entjie met die grondpad langs.

Net na 8:00 stop ek voor die hek van ‘n netjies versorgde huis tussen die bome. Ek is hier om ‘n kwotasie te gee om ‘n heining te elektrifiseer. Die vrouestem oor die hekinterkom sê ek moet intrek. So gemaak, ry ek tot voor die huis en parkeer onder ‘n boom.

Die eienaar van die stem wat my begroet soos ek uitklim, is geklee in ‘n knielengte kakie vooroopknoop-rok. Sy stel haarself voor as Benita. Sy is so 1,7m lank en het skouerlengte rooi hare met die mooiste groen oë en ‘n lyf wat begeertes verwek. Sy moes net klaar gestort of gebad het, want haar hare is nat, ‘n kam daardeur getrek. Sy nooi my huis toe en vra of ek gou koffie wil drink voor ons gaan kyk waar sy die heining wil elektrifiseer.

Soos sy voor my uitloop, is my oё vasgenael op die mooiste paar boudjies wat ek in ‘n lang tyd gesien het.

Ons stap saam die kombuis in. Sy sê sy wil vir ons lekker vars koffie skink en sit die ketel aan. Sy nooi my om op een van die hoë ontbytstoele te sit. Self neem sy op een plaas en draai met haar bene in my rigting en kruis hulle. Ek dôner amper van die stoel af, want vir ‘n oomblik sien ek sy het nie ‘n broekie aan nie. Haar kort rokkie se onderste knope is los. Die rokkie het weggeval van haar skoot af en ontbloot ʼn paar pragtige bene. Dit maak allerhande gedagtes in my wakker, en ook dit wat in my broek is.

Ek probeer om nie te opsigtelik te kyk nie, maar dit is amper onmoontlik. Daar is ‘n gevoel van belustheid wat ek probeer onderdruk, maar ek het geen beheer nie. Ek voel ‘n dringende opwelling in my broek. Dis asof die plek daar nou skielik te min geraak het.

Sonder dat ek dit rêrig besef, beweeg my hand af ondertoe. Dit druk-druk op die harde orgaan in my broek. Ek probeer om die ding minder opsigtelik te maak. Ek wil my gedagte ook weg kry van dit wat ek gesien het. Maar my denke wil nie saamspeel nie en maak dit net erger.

Dan besef ek dat Benita my aksies met so ‘n skelm glimlaggie om haar mond dophou. Ek besluit om maar die kans te waag en vra om verskoning. Ek mompel dat die oorsaak van my verleentheid ‘n paar baie mooi bene is.

“Kan jy hulle asseblief maar bedek,” vra ek haar diplomaties.

Sy lag vir my ongemak en antwoord: “Haai, ek het nie geweet groot mans kan nog bloos nie.” Met dié ontkruis sy haar bene en plaas haar voete op die kantsporte tussen die pote van die stoel. Dit het veroorsaak dat haar bene wyer oopgeskuif het. My piel groei met verbysterende spoed tot sy volle 18 cm en druk nou baie ongemaklik teen my broek.

Sy glimlag terwyl sy van haar stoel afgly en voor my kom staan. Sy streel haar hand oor my broek en sê: “Lyk my hy staan sommer maklik en gereeld regop.”

Dan verskuif sy haar hand en vat my ferm om my stokstywe skag onder die voorpant van my broek. Ek besef nou iets drasties sal moet gebeur. Of sy hou nóú op of ek moet nóú hier uit.

Sy begin erg te giggel en vra my, so asof sy nie weet nie: “Wat is fout?”

Ek gly van my stoel af en trek haar in my arms in. Met haar kop in my hande begin ek haar saggies soen. Ek voel die gewilligheid in haar mond. Met elke asemteug raak die gevoel dringender en die soene meer passievol. Ons lippe verken mekaar. Die lusgevoelens is soos ’n storm wat opbou en half daal en styg, maar mettertyd net sterker en sterker word. Ons tonge raak af en toe tergend aan mekaar en dringende seine word daarmee uitgestuur en ontvang.

Ek hou haar kop met beide hande vas en kan voel hoe die erotiese golwe deur my vloei. Dis duidelik dat sy deur dieselfde wonderlike verloop van afwagting gaan. Haar hande streel my rug en haar naels druk my met sensuele seine van genoegdoening en goedkeuring. Ek is so hard soos ‘n klip en my asem begin effens kort raak van afwagting.

Ek druk haar liggies in die rigting van die tafel – of is dit nou sý wat my soontoe trek? Ons instinkte lei ons nou tot teen die tafel. Dan is sy met haar boude op die tafel en agteroor. Ek is voor tussen haar oop bene, half oor haar. Ons verloor geen kontak tussen ons in die proses nie. Ons soen nog aaneen, terwyl my hand willekeurig oor haar tepels vryf.

“H’m, dit voel goed,” kreun sy, haar lippe effe oop en haar oë toe.

Ons klere is skielik ’n struikelblok. Die kakiekleurige rok wat my netnou nog bekoor het, is nou in die pad. Ons begin van mekaar se klere ontslae raak. Ons vingers en hande vroetel nou senuagtig met knope en ritssluiters. Ons kan nie wag om met iets anders te vroetel nie. Dinge stuur nou net op een ding af en hierdie damwal is gedoem om te breek …

Haar tepels, nou kliphard, ontmoet my vingers gretig as dit oor hulle gly. Ek neem haar hele regterbors in my hand en masseer dit saggies. Ek buk en suig eers aan die een tepel, dan die ander. Hulle is nog net so ferm soos met my eerste aanraking.

Ek voel haar hand op my kaal piel. Ek voel ek gaan ontplof, en trek my heupe so effens terug.

“Stadig,” maan ek, “ek wil nie nou alles opmors nie.”

Sy kyk op en glimlag, haar oë straal stout. Sy draai skuins op die tafel en trek my piel nader aan haar mond, die eerste druppeltjie reeds op die punt.

“H’m-m-m,” sê sy en ek sien haar lippe oopgaan. Stadig glip my piel in haar warm mond in. Wat ’n ekstatiese gevoel! Sy knibbel sag om die kop, en met haar vingernaels krap sy liggies die onderkant van my balsak. Ek kan voel my komslag is nou naby, en ek trek my ereksie uit haar mond uit.

“My beurt,” sê ek.

Ek sak af op my knieë. Sy maak gewillig haar bene oop. Ek word begroet deur twee wel benatte skaamlippe, opgeswel in antisipasie vir my aanraking. Dan blaas ek my warm asem oor haar skaamlippe.

Benita lig haar bene nou op en sit hulle oor my skouers. Dit maak haar skaamlippe skaamteloos vir my oop. Ek kan sien hoe haar lus nou letterlik by haar lippe uitsypel.

Ek begin my tong nou om die beurt teen haar twee binnedye optrek, elke keer tot net voor haar skaamlippe. Maar dis nie genoeg vir haar nie. Sy gryp my kop vas en trek dit tot op haar skaamlippe.

“A-a-a-agh,” is al wat sy uiter terwyl enige klanke wat ek kan voortbring in haar nat poes smoor.

Ek druk my tong so diep tussen haar skaamlippe in as wat ek kan, en trek dit dan opwaarts, tot op haar klitoris.

Benita los nou my kop. Sy begin met haar tepels te speel. Dit maak my mal! Ek begin nou met alle erns oor haar klitoris lek. Ek bring die middelvinger van my regterhand tot by haar skaamlippe. Voel-voel begin ek met haar opening speel. Dan druk ek my vinger diep in haar in. Dit, tesame met my tong op haar klitoris, is te veel vir haar. Sy kom en kom, en kom. Haar sappe vloei tussen haar skaamlippe uit en ek suig elke druppel van hierdie nektar uit haar uit.

Sy lê terug op haar arms op die tafel, duidelik baie tevrede.

“Hoe wil jy my hê?” vra sy.

“Van agter af, hondjiestyl,” antwoord ek vinnig.

Sy klim van die tafel af, draai om en lê vooroor oor die tafelblad.

My piel vind vanself die opening tussen haar bene. Stadig glip ek diep tussen haar skaamlippe in. Haar warm, nat tonnelwande voel absoluut fantasties om my piel. Ek begin haar van agter af ritmies stampend ry. Sy druk haar hand tussen haar bene deur en begin weer my testikels te krap … en dit doen dit vir my. Vlaag na vlaag kom spuit ek in haar seksholte in – totale bevrediging duidelik hoorbaar van my kant af.

Ek lê met my bolyf oor haar rug, en vou my hande oor haar borste.

“Magtig,” kreun ek, “maar jy is fantasties.”

Benita kom regop van die tafel af en draai om.

“Kom ons gaan raak meer gemaklik,” sê sy. Sy kry my aan die hand beet en trek my agter haar aan tot in haar kamer. Sy gaan staan met my langs haar bed, haar hand nou op my stywe piel. Maar dit glip uit haar hand as ek terugtree om haar liggaam mooi te bekyk.

Die pragtige borsies is parmantig gepunt, die tepels steeds stokstyf. Ek neem elke detail van haar perfekte liggaam in. My oog vang eerste die slanke skouers en parmantige borste met die ligte sproetjies en daai harde, donker tepels – wat selfs langer en groter is as wat ek vermoed het. Dan gaan my oë af na haar plat maag en haar vol, vroulike heupe. Laastens fokus ek belustend op haar bultende skaamheuwel en die kaalgeskeerde aanloklikheid van haar poesie en gladde bene. Ek kan voel hoe my voël, wat intussen effens gesak het, weer begin bokspring.

“Hou jy darem van wat jy sien?” fluister sy met ʼn glimlag.

My antwoord is voor die hand liggend. Ek stap nader en trek haar neer op die onopgemaakte bed. Dan kniel ek langs haar op die bed en begin haar weer soen. Terwyl ek haar soen, voel ek haar hand weer op my piel.

Ek sak langs haar op die bed neer en draai op my rug. My piel toring die lug in. Dit staan met ‘n effense buig na links en ek sien hoe sy daarna kyk. Die opvallendste is my pielkop; dit lyk asof dit enige oomblik gaan ontplof. Daar sit ‘n groot druppel deurskynende prekom aan die gleufie.

Benita kom regop met haar bolyf, lê vorentoe en lek die pêrelende druppel met die punt van haar tong op.

“H’m-m-m-m-, lekker,” hoor ek haar sê. My piel is in haar hande en sy druk hom versigtig teen haar lippe vas.

Ek druk my piel met beurende heupe opwaarts om dit stywer teen haar gesig aan te druk. Dan neem sy die dik, blou beaarde orgaan in haar regtervuis. Ek voel haar asem warm op my pielkop. Sy het my ballas in ‘n greep in haar ander hand. Dan begin sy die balle al hoe harder te brei terwyl sy haar lippe oor my pielkop werk.

Sy kyk na my en glimlag. Ek sien sy kan ook nie langer wag nie.

“Kom ons naai weer, asseblief,” fluister sy dringend terwyl sy haar linkerbeen oor my onderlyf sit en regop op haar knieë weerskante van my heupe te staan kom.

Terwyl sy my in die oë kyk, hou sy my piel met haar regterhand vas. Sy terg haarself deur met hom in haar opening te speel. Dan sak sy stadig oor my stokstywe piel af. Ek kan in haar oë sien sy is jags verby. Met die laaste entjie van haar oorheenhaal sak haar kop agteroor. Sy kreun hard as my piel tot teen my eiers in haar in verdwyn.

Met haar nou heeltemal oorheen oor my piel afgesak, ontspan ek. Ek weet dit kan amper nie lekkerder nie. Sy snak na haar asem en ek voel hoe sy bewe van lekkerte terwyl sy en heen en weer beweeg, haar lippies sag glyend oor my bekken by die basis van my piel. Ek voel hoe ek diep, diep binne-in haar die lekker plekkies bykom soos my piel om en om in haar genotsgang roer. Die uitdrukking op haar gesig en die sagte lekkerkry-gekerm is die bevestiging daarvan.

Dan raak haar lyf stil. Sy leun vooroor en soen my terwyl sy roerloos op my lê. Ek soen gulsig terug.

Haar heupe begin dan ritmies op en af wieg. Sy naai my met lang oorheenhale, my piel met elke haal diep in haar reikend. Haar tong dartel in my mond rond. Haar ferm tiete voel sag teen my bors. Bliksem! Hierdie vrou weet wat sy doen!

Dan begin sy my paal ry asof daar nie weer so ‘n geleentheid gaan wees nie. Ek lê roerloos en geniet elke oomblik van dit wat sy aan my doen.

Maar my stil lê hou ook nie vir lank aan nie. Want dan is my hande op haar boude. Ek begin haar haar hard en diep van onder af naai. Want elke keer wat sy neerwaarts pomp, stamp-stoot ek opwaarts. Dit voel asof sy my piel gaan afknyp soos haar poesspiere saamtrek.

Ek voel hoe sy begin ruk en ek weet sy begin kom. Met ‘n kreet ontplof sy in ‘n intense orgasme. Haar onderlyf begin bokspring en ritmies saamtrek. My piel sukkel om in haar te bly. Dan voel ek my balle saamtrek en weet ek gaan ook kom. My balle ontplof vir die tweede keer hier by Benita op die plaas. Ek sien sterre. Ek spuit weer ‘n dik straal pêrelwit kom in haar in.

Dit voel asof ek nooit gaan klaarmaak nie. Uiteindelik bedaar die gevoel. Sy lê vooroor bo-op my uitgeputte lyf.

“Sjoe…! Dit was ongelooflik!” is al wat sy uitkry.

“Absoluut wonderlik,” beaam ek haar woorde.

Dan rol sy van my af. Ons hou mekaar vas terwyl ons so lê en asemskep.

Ek sien klaar uit na ‘n volgende ontmoeting. En ek wens daar was meer sulke behoeftige kliente in my omgewing.

Dan lê ek en wonder hoe ek ooit die elektrifikasiekwotasie gaan klaarkry – om nie eers te praat van hoe ek die werk gedoen gaan kry nie!

2 thoughts on “Magaliesberg-verrassing

  • Willewill

    Die beskrywende detail van Always se verhaal is geen verrassing nie ! Hy is getrou aan sy gawe om ‘n uitmuntende storie aan ons op te dis. Baie geniet !
    Dankie , Always!

    Reply
  • JouBok

    Always. Lekker storie man! Dankie

    Reply

Leave a Reply to Willewill Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)