Lusweer liedjiestorie: Black Velvet
deur Ramkat Erasmus
Sy sit in die heerlike, sonnige wintermiddag en drink ‘n glas wyn. Haar vriendin behoort binkort op te daag en sy geniet die winterson op haar vel.
Dan biep haar foon. “Probleem by werk. Sal nie die afspraak maak nie.”
Sy druk die boodskap geirriteerd dood. Dit gebeur gereeld met Meisie. Maak ‘n afspraak en sy kan dit op die nippertjie nie maak nie. Sy sien hom oor die parkeerterrein aangeloop kom. Swart denim, swart hemp, swart leerbaadjie. Hy kom met ‘n gemaklike stap nader. As hy ‘n paar treë weg is besef sy hy’t ‘n kort geskeerde baard ook wat reeds heelwat grys in het. Hy gaan staan in die deur, kyk deur die restaurant, dan oor die dek. Hy kom nader, gaan sit twee tafels van haar af. Hy kyk na haar deur sy donkerbril, haal dit dan af en wink na ‘n kelner. Hy bestel iets en na ‘n ruk, bring die kelner vir hom iets wat lyk soos whisky en water, sonder ys.
Sy word skielik bewus dat hy na haar kyk. Sy draai haar kop weg. Na ‘n rukkie kyk sy terug. Hy kyk nog steeds na haar, die keer met ‘n effense glimlaggie om sy mondhoeke. Sy voel hoe haar hande bewe as sy haar wynglas optel. Dan staan die kelner langs haar met nog ‘n glas wyn, Sy skud haar kop, maar die kelner beduie na die donker man toe. Hy glimlag, lig sy glas. Sy knik, tel die glas op en beduie dankie. Dan staan die man op en loop nader.
“Ek’s Johan,” sê hy.
Sy noem haar naam.
“Kan ek sit?” en sy voel asof hy haar spot. Sy knik. Hy trek die stoel uit en gooi sy lenige lyf neer. Hy sê niks. Kyk net vir haar met ‘n effense glimlag.
“Wat?” vra sy en sy voel seker haar stem bewe effens.
“Ek kyk net na hoe mooi jy is …”
Sy kyk weg. Voel die blos teen haar wange opstoot.
“Moenie so vir my kyk nie,” sê sy saggies. Hy lag.
Hy vat ‘n sluk van sy drankie, sit dit neer en sê: “Jy het pragtige hare.”
Sy voel weer of sy wil begin bloos. Haar hare is haar trots. Welig, blond, met duur high-lights is dit altyd waarna sy eerste kyk as sy vir haarself in die spiëel kyk.
“Dankie” sê sy.
“Maak ek jou ongemaklik?” vra hy.
“So bietjie …”
“Wag jy vir iemand?” vra hy weer
“Ek het, maar sy’t gekanseleer.”
“Mooi!” glimlag hy en sy wonder wat dit beteken.
Hy vat weer ‘n sluk en sit sy glas neer.
“Wat doen jy vir ‘n lewe?” vra sy.
“Ek maak meubels. Uit hout.” Hy sit sy hand voor haar op die tafel neer en draai sy palm na bo. “Ek werk met my hande”
Sy kyk af. Sy hande is groot en grof. Daar is ‘n paar eelte waar sy palms en vingers bymekaar kom. Gawie se hande is glad en goed versorg, maar die man s’n lyk soos iets wat sy nog nooit teegekom het nie. Sy wonder skielik hoe dit sal voel as hy oor haar vel streel. Sy voel hoe sy skielik nat word aan die gedagte. Sy kyk op. Hy staar na haar. Dan lig hy sy hand en leun vorentoe. Hy raak aan haar wang.
Sy beweeg nie weg nie. Hy glimlag. “Kom,” sê hy en staan op.
Sy staan ook op, bewus daarvan dat sy nou baie nat is en dat haar bene bewe.
“Waarheen?” vra sy terwyl hy ‘n paar note op die tafel neergooi
“Jy sal sien…”
Hy vat haar aan die arm en sy moet trippel om by te bly. Hy stap na die parkeerterrein toe en stop by ‘n swart Ford bakkie. Hy druk iets in sy sak en die deure klik oop. Hy maak vir haar die deur aan die passasierskant oop en help haar in. Sy is intens bewus van sy hande om haar heupe soos hy haar in die bakkie intel.
Hy klim in en skakel aan.
“Waarheen gaan ons,” vra sy, nou amper op die randjie van paniek.
“Jy sal sien” en hy kyk na haar en glimlag.
-0-
Hy ry by ‘n industriële kompleks in en draai links en ry tussen die staalgeboue deur. Sy raak al meer paniekerig, voel lus om die deur oop te maak en uit te spring, maar sy weet hy sal haar maklik kan inhardloop. Hy stop en druk ‘n knoppie aan sy sleutelring. ‘n Staaldeur gly na boontoe en in die donker skemer sien sy swaar industriële masjiene.
Hy ry in, stop en klim uit. Die deur gly weer agter die bakkie toe. Dis nou amper te donker om iets te sien. Hy loop na paneel toe en skakel ‘n paar ligte aan. Dan draai hy om en kyk vir haar. Sy maak die deur oop en klim uit. Soos sy uit die hoë bakkie uitgly ry haar romp teen haar bene op en sy sien hoe hy na haar bene kyk. Sy land ongemaklik op haar hakskoene en trek die rok af tot waar dit hoort.
Hy loop na ‘n staaltrap toe en begin opklim na boontoe. Sy volg gedwee en begin ook die trap klim. Hy haal ‘n sleutel van ‘n bossie af en sluit die staaldeur aan die bo-kant van die trap oop. Sy sien ligte aangaan as sy by die deur aankom. Dis ‘n kantoor sien sy. Sy stap in hy wink haar ‘n ander deur toe. Hy maak oop. Nog ligte gaan aan en sy loop deur die tweede deur.
In die hoek staan ‘n groot leerstoel, langs ‘n divan wat teen die muur staan. Daar is ‘n ‘n tafel met vier stoele, ‘n yskas en ‘n foto teen die muur van Johan wat voor die fabriek staan met ‘n klomp mense in oorpakke agter hom. Dan is daar ‘n hele ry foto’s van swaar hout meubelstukke. Dis ‘n raadsaal of konferensiekamer. Hy stoot die deur agter haar toe. Dan loop hy na nog ‘n deur en maak oop. Deur die opening kan sy ‘n toilet sien en deel van ‘n wasbak. Sy hoor water wat begin loop en besef dit is ‘n stort. Hy kom uit en kom staan voor haar. Hy vat haar handsak en sit dit op die tafel. Dan vat hy met albei hande aan haar wange. Hy kyk diep in haar oë en dan soen hy haar. Sy voel duiselig, baie bewus van die groot growwe hande op haar gesig. Dan begin sy terug soen.
Na ‘n ruk laat hy haar los en staan effe terug. Sy sien iets in sy gesigsuitdrukking wat haar bang en opgewonde maak.
“Gaan klim in die stort en was jouself behoorlik,” sê hy dan. Sy kyk vraend na hom.
“Nou!” gebied hy.
Sy loop in die klein badkamertjie in. Die stort is besig om toe te wasem van die stoom. Hy kom in en sit ‘n groot wit handdoek op die toiletsitplek neer. Dan is sy alleen. Sy begin haar bloes losknoop trek dit uit en sit dit op die klein tafeltjie neer wat teen die muur onder die venster staan. Haar kledingstukke volg een vir een tot sy heeltemaal kaal is. Sy draai en klim in die stort in. Daar is ‘n rakkie met seep en sjampoe. Sy vat die seep en begin haar nat lyf insmeer. As sy tussen haar bene begin was kan sy voel dat sy papsop nat is van haar eie sappe. As sy klaar haar lyf gewas het, vat sy die sjampoe en was haar hare. Dan klim sy uit en vryf eers haar hare met die handdoek droog en dan haar lyf.
Dan draai sy die handdoek om haar en maak dit onder haar arm vas. Sy loop terug in die raadsaalvertrek in. Hy sit op die leerstoel met ‘n glas in sy hand. Hy’t sy leerbaadjie uitgetrek en sit daar met sy swart hemp, swart broek en die swart kyk in sy oë. Sy stop. Onseker van wat om verder te doen.
“Handdoek af,” gebied hy. Sy maak die handdoeklklos en laat dit val. Sy is skielik skaam. Sy sit haar een hand oor haar borste en met die ander probeer sy haar strepie skaamhaartjies bedek. Hy glimlag.
“Op jou kniëe,” sê hy.
Sy staan vir ‘n oomblik verbaas na hom en kyk en sak dan af tot sy op haar kniëe staan.
“Kruip na my toe …” beveel hy. Sy gaan op handeviervoet en begin na hom toe kruip. Hy suig aan sy drankie en kyk haar stip aan. Omtrent ‘n meter van hom af, stop sy.
“Nader.”
Sy kruip nog ‘n entjie vorentoe, en stop weer.
“Nog nader …”
Sy kruip vorentoe tot haar kop tussen sy bene is.
“Dis beter,” sê hy en glimlag. Die glimlag laat haar hart bokspring.
Hy sit sy glas langs hom op die grond neer en begin sy broek losmaak. Sy gulp het knope, nie ‘n rits nie. As hy die broek oopmaak besef sy hy het nie ‘n onderbroek aan nie. Gawie (en al die ander mans wat sy al geken het) dra altyd ‘n onderbroek. Hy trek die broek oop en haal sy manlikheid uit. Sy kyk na die voël wat semi-orent in sy hand lê. Dis groot selfs al is hy nog nie styf nie.
“Kom” sê hy en sy kruip tot by hom. Hy vat ‘n handvol hare agter haar kop vas en trek haar nog nader. Dan druk hy die punt van sy staf teen haar lippe vas. Sy maak oop en die piel gly in haar mond in.
Met sy hand in haar hare begin hy haar kop stadig vorentoe en agtertoe beweeg en sy kan voel hoe die piel groei en harder word. Met die beweging saam begin sy hom suig. Sy kan hoor hoe sy asem begin jaag en skielik kan sy nie wag dat hy in haar mond moet kom nie. Sy suig harder en harder en beweeg haar kop al vinniger verentoe en agtertoe. Dan trek hy haar kop terug en sy voël glip uit haar mond uit. Hy dwing haar agtertoe en staan op. Dan trek hy haar aan die hare regop. Hy druk haar vorentoe tot sy met haar kniëe teen die sitplek van die leerstoel staan.
“Kniel” sê hy en sy kniel op die sitplek. Hy druk haar vorentoe tot sy met haar arms teen die rugleuning steun moet soek.
“Bly net daar.”
Sy hoor hom wegbeweeg. Hoor hoe hy sy klere uittrek. Haar koekie drup nou in afwagting vir wat moet kom. Gaan kom. Dan hoor sy die yskassie se deur oopgaan en na ‘n ruk weer toe. Sy hoor sy sagte voetstappe terugkom na haar toe. Dan is sy hand tussen haar bene. ‘n Growwe vinger druk in haar in, voel en ondersoek haar nattigheid en sy begin amper smeek dat hy haar moet naai. Hard moet naai met sy growwe hande op haar skouers of om haar heupe.
Dan trek hy haar boudspleet oop en begin haar anus en vagina met iets smeer. Sy ruik dit wat hy aansmeer en besef dis botter. Sy laat haar hande agtertoe gly en trek haar boude uitmekaar uit om hom te help. Hy smeer haar goed in, gly ‘n vinger in haar poesie in en dan druk hy teen haar rosyntjie vas. Sy sit eers teë, maar dan ontspan sy en laat toe dat sy vinger by haar agterdeur ingly.
Sy het al een of twee keer anale seks probeer. Een keer op varsity toe sy baie jonk was, en dit was niks lekker nie, net seer. Later het sy weer probeer, die keer met ‘n ouer man wat geweet het wat hy doen. Die seer het oorgegaan in plesier en sy kon selfs ‘n orgasme kry daarvan. Met Gawie het dit nog nooit gebeur nie, want hy was maar bra neusoptrekkirig toe sy dit een aand as ‘n opsie geopper het.
Die vinger in haar hol streel saggies in en uit en sy kan die spanning op die kol van haar maag voel opbou. Dan trek hy die vinger stadig uit en sy kan die hitte van sy lyf voel naderkom. Sy wag vir sy stam om in haar koekie in te gly, bewus daarvan dat sy saggies in haar keel smeekgeluidjies maak. Dan druk die kop van sy voël teen die kringspier van haar poephol vas en sy voel hoe hy haar boude weg van mekaar trek. Skielik is daar niks wat sy meer begeer as sy piel in haar anus nie. Sy lig haar boude om dit vir hom makliker te maak, trek met haar hande haar boude oop en dan druk hy stadig, baie stadig, in haar in.
Hy begin haar stadig naai en sy kreun van plesier. Sy smeek hom om harder te stoot, dieper te druk. Hy gryp ‘n handvol van haar hare en druk diep in haar in. Dan voel sy hoe hy ruk, ruk begin kom . Sy gil en verbeel haar sy voel sy saad in haar inspuit. Hy gee ‘n laaste ruk en trek dan uit haar uit. Sy smeek hom om dit terug te sit, om dit weer te doen om haar nog te laat kom.
Dan voel sy, sy hand tussen haar bene. Hy smeer oor haar nat poes en boude en dan trek hy haar kop agtertoe en hou sy hand voor haar mond.
“Eet,” gebied hy.
Sy begin die kom en botter uit sy handpalm oplek, bewus van die eelte op sy hande.
Haar onderlyf brand van die lus.
Hy laat haar los en loop na die divan teen die muur toe. Hy gaan lê op sy rug en wink haar nader. Sy klim bewerig van die stoel af en gaan na hom toe. Hy vat sy piel in sy hand en sê: “Kom maak my skoon.”
Sy gaan sit op haar hurke langs die divan en begin hom skoon lek. As hy skoon is kyk sy op. Sy oë is toe en vir ‘n oomblik wonder sy of hy aan die slaap geraak het.
“Klim op,” sê hy dan, nog steeds met sy oë toe. Sy staan regop en klim wydsbeen oor hom. Dan skuif sy na boontoe en lig haar onderlyf op. Sy vat hom met beide hande vas en druk hom in haar in. Dan sak sy stadig af en voel hoe hy in haar opgly en haar vol maak.
Sy begin eers stadig op en af beweeg en dan vorentoe en agtertoe en dan van die eenkant na die ander. Sy rol sy piel in haar rond en voel hoe hy harder word. Dan kom sy met ‘n gil en val vooroor op sy bors. Hy dryf nou met sy onderlyf in haar in en sy kom weer.
Dan gryp hy haar met sy arms om haar lyf en kom weer met ‘n diep gekreun en ‘n geroggel wat vir haar soos een of ander dier klink.
Lank lê hulle so, dan lig sy haarself op en kyk na hom. Hy’t ‘n effense glimlaggie om sy mondhoeke. Sy klim af en loop badkamer toe. Sy vat toiletpaier en vee haarself af. Sy trek haar klere aan en loop terug in die raadsaal in. Hy staan met sy rug na haar toe, klaar aangetrek.
Sonder ‘n word loop hy vooruit, teen die trap af, na hy die deur weer gesluit het, na sy bakkie toe. Sy klim in en kyk stip voor haar uit.
Hulle ry sonder ‘n woord terug na die restaurant toe.
Hy stop, klim uit en loop om. Hy maak vir haar die deur oop en sy gly weer uit. Die keer gee sy nie om dat haar romp teen haar bene opry nie. Hy vang haar en gly sy hand tussen haar bene in. Sy voel die growwe hand op haar poesie deur die dun broekiemateriaal.
“Volgende week. Selfde tyd, selfde plek?” vra hy. Sy kyk hom in die oë en knik. Hy laat haar los, klim in en ry, sonder om terug te kyk.
Sy loop op bewerige bene na haar kar toe. As sy by die parkeerterrein uitry wonder sy hoe sy vir Gawie gaan verduidelik hoekom haar poesie na botter ruik.
9 COMMENTS
Wat ‘n lekker ‘Lusweer storie’ het jy vir ons gekies Annelise!
Ek onthou die ‘awe’ van die dag toe ek Ramkat se storie raakgelees het in die Kombietjiehier lus-biblioteek.
Vandag resoneer daardie lus weer in my.
Ramkat ek mis jou strories!
Ai ou Ramkat. Stees n treffer. RIV
Ramkat, Bliksem ! Soos Annelise is ek ademloos geslaan met jou storie….jy kan maar , hoor , Dankie
Dankie Wil!
Julle kan maar met veiligheid weet dat elke “nie my smaak nie” op hierdie site deur ‘n paar trolle daar gesit word. Dis glad nie ‘n refleksie op julle stories nie. Inboks my dan sal ek julle syfers gee oor hoe baie mense julle stories lees. 🙂
Lekker storie, die. Nou het ek weer ‘n hernude belangstelling in holnaai. Sal dalk daai fantasie nou moet laat waar word.
Heeeerlike storie
Jacques
Kyk as dit nou ooit sou gebeur dat ek vir Alannah Myles ontmoet kan ek onomwonde en by voorbaat konstateer dat ek naam gaan weeggooi…
Goeie hemel! Ek sukkel nou so bietjie om asem te haal … 😉