Lemoenpampoentjies

deur Bobcat

“Hey man … skrik wakker! Het jy die nuwe admin beamptetjie gesien? Ek sê jou sy’s by fokken mooi verby!” sê Lauden hier agter my.

Ek en Lauden werk al ‘n paar jaar saam en ek is gewoond daaraan dat hy ‘n ophef van elke nuwe aanstelling, wat rok dra, maak. Hierdie keer is daar egter iets anders in sy stem en ek sit my skryfgoed neer en tuur in die rigting wat Lauden wys in die groot oopplankantoor. Agter die baas stap ‘n korterige donkerkop dametjie, maar al wat my opval is haar goed gevormde agterstewe wat deur haar lang noupassende rokkie beklemtoon word.

“Ja, okay, sy lyk skaflik,” laat val ek na Lauden se kant.

“Skaflik? Fok jy kort ‘n bril, my tjom,” brom Lauden terwyl hy na sy werkstasie terugstap. Sy belediging vang my effens omkant en ek besef meteens dat daar wel iets aan die nuwe admin beampte moet wees wat sy bloeddruk so opjaag.

Net voor teetyd maak die baas sy verskyning voor my lessenaar. “Uhm … Rassie … ontmoet jou nuwe kollega, Mej. Mouton.”

Hy skuif effe na links en die nuwe donkerkop maak haar verskyning van agter die baas. Blosend en met oё neergeslaan steek sy haar hand uit en sê: ”Noem my sommer net Dee … kort vir Dannielle.”

“Ek het Mej Mouton hier by jou werkstasie ingedeel. Sy gaan sommer hier regs van jou sit. Maak haar tou-wys, want jaareind is naby en jy weet dat ons baie oortyd gaan werk. Jy gaan iemand nodig hê om vir jou die kontrole lyste te lees.”

Die baas verskoon himself en Dee lyk effe verskrik, maar na ‘n handgebaar van my kant neem sy langs my plaas.

Teetyd is Lauden blitsig by my werkstasie en na ‘n baie kort kennismaking (wat meer na ‘n hofmakery gelyk het) vergesel hy Dee na die kafeteria vir tee. My gedagtes gaan onwillekeurig na my eggenote wat my eens ook so van my voete “geboul” het. Nodeloos om te noem is romanse iets van die verlede in my huishouding en sex is net vir valentynsdag en ander spesiale dae na Mev Rassie se voorkeur.

‘n Week het verbygesleep voordat Dee teenoor my begin ontdooi het. Ek het nie veel ag geslaan op haar nie aangesien dit duidelik was dat Lauden hals oor kop verlief was. Moenie my verkeerd verstaan nie, elke keer dat sy haar gekruisde bene gewissel het en die “split” van haar lang rokkies haar goed gevormde kuite en skraal enkels vertoon het, het my oё gedwaal. Elke keer dat sy half agter my gestaan het om oor my skouer te kyk wat ek verduidelik en ek die sagte reuk van haar parfuum ruik of wanneer sy met die swaai van haar kop haar lang gekartelde hare uit haar gesig skiet het my maag bommelakisie geslaan.

Anders as die dag van ons ontmoeting het haar grysblou oё myne deurboor wanneer ons oogkontak gemaak het. Soms het ek my verbeel dat ek die punt van haar bors effens teen my skouer voel wanneer sy so oor my skouer loer. Haar borste was effens kleinerig maar koelrond en stewig onder die stremming van haar rokkies. In my enigheid het ek aan Dee begin dink as Mej Lemoenpampoentjies.

Van die ander dames in die kantoor het afkeurend in haar rigting gegluur en Lauden het ons met ‘n valkoog dopgehou. Ek was oorweldig deur haar intelligensie en sin vir humor. Elke keer as sy gelag het, het daar ‘n kuiltjie net links van haar mondhoek gevorm, en binne sekondes was Lauden voor my lessenaar met een of ander vraagstuk oor die werk.

Jaareind het aangebreek en die hele kantoor het soms tot laatnag gewerk. Lauden het daarop aangedring om Dee huis toe te neem, maar sy het dit elke keer van die hand gewys met die verskoning dat haar broer haar kom oplaai. Een middag het Dee my in die gang voorgekeer en gevra of ek haar die betrokke aand kan gaan aflaai aangesien haar broer uitstedig was en dat sy bang was om saam met Lauden te ry aangesien hy effe opdringerig is. Ek het gevra waar sy woon en dit was op my roete huistoe. Met ‘n glimlag oor wat sy van Lauden gesê het en sonder om daaroor na te dink het ek ingestem.

Op pad huistoe het Dee my vertel van ‘n plek wat sy my wou wys as ek nie te haastig is nie. My binneste het gekriewel, maar ek het ingestem. Die paaidjie wat sy my laat neem het, het teen die berg uitgekronkel tot by ‘n stilhouplek. Onder ons het die stad se liggies geblink.

“Kom ons klim uit dan wys ek jou waar ek woon,” versoek Dee.

My binneste ruk weer, maar ons klim uit en gaan staan voor my motor. Dee beduie met haar hand en sê dat as ek agter haar staan en haar hand volg met my oё ek presies kan sien waarna sy wys.

Ek skuif agter haar in en terwyl sy beduie en ek kyk treë sy terug tot teen my. Sy treë weer terug en haar parmantige stywe boudjies druk my terug tot teen my kar se enjinkap. Haar sagte parfuum stu in my neus op, die hitte van haar liggaam ruk my slapende piel orent en ek vat haar aan haar heupe om haar van my verleentheid af weg te stoot, maar sy tol in my arms om, gooi haar arms om my nek en druk haar lemoenpampoentjies teen my bors.

“Ek is pas geskei,” is al wat ek uitkry.

“Ek weet,” sê sy kalm.

“Hoe weet jy?”

“Lauden,” antwoord sy.

“Hou jy nie van my nie, Rassie?” vra Dee effens verleё.

“Fok nee … ek bedoel ek hou baie van jou, maar jy is heelwat jonger as ek …”

Ek kry nie my sin voltooi nie, want haar grysblou oё lag vir ‘n sekonde voordat sy hulle toemaak, op haar tone gaan en haar lippe op myne plant.

Tyd gaan staan doodstil terwyl ek haar sagte, warm lippe ontdek. Haar mond is klam en warm met ‘n smaak waarop ek nie my vinger kan lê nie, maar dis ‘n smaak waarna my hele wese smag. Dee hou op om my te soen, neem my een hand in hare, plaas dit op haar maag net onder haar naeltjie en skuif dit versigtig op tot bo-op een van haar borste. Haar tepel stulp uit teen my handpalm terwyl sy my weer nader trek en begin vry. Ek maak ligte pompbewegings met my vingers en sy begin saggies kreun.
Ek tol met haar in my arms om sodat sy voor die motor staan en ek druk haar saggies agteroor totdat sy skuins oor die enjinkap lê. Sy trek haar een been op en my hand op haar bors kies kortpad na haar onderlyf. Ek byt haar amper toe my handpalm oor die opgehewe bult van haar vroulike driehoekie gly. Die hitte is opvallend en sy sug hoorbaar toe ek haar poesie in my hand ‘n drukkie gee.

“Ons moet gaan …” sê sy vinnig terwyl sy tot in die sitposisie kom.

Haar arm raak per ongeluk aan my dik opgeswelde disselboom. Sy kyk op na my met ‘n glimlag, trek my ritssluiter af en druk haar hand deur my gulp.

“Ooo shit … ek is lus vir jou,” laat sy val terwyl sy my effens wegstoot, haar bene wegtrek van mekaar en my tussen hulle intrek.

Ek weet nie hoe sy my piel deur my gulp gekry het of hoe ek van haar “panty” ontslae geraak het nie, want my volgende bewuswording is van haar hand wat my voёl in haar opdruk. Die absolute heerlikheid van haar stywe paradys omsluit my piel in ‘n saligheid van enersydse glibberigheid en hitte terwyl sy agteroor leun en haarself op haar elemboё stut.

Ek sit my hande op haar knieё terwyl ek haar begin spyker. My voёl voel te dik en lank vir haar, maar voordat ek kan vra fluister sy: “dieper … harder.”

Haar kop is effens agteroor en ek kan sien dat haar ooglede halfmas toe is oor haar omgedopte oё en ek besef dat ek iets reg doen. My hande beweeg na haar borste en met volle ywer verlos ek hulle deur haar rokkie oop te knoop en haar bra oor die mooiste paar tiete wat ek al gesien het te stoot. Ek buk vooroor, terwyl ek haar diep in haar instamp, en begin om haar tepels te suig en te soen. My hande omsluit die onderkant van haar tiete terwyl my tong en lippe liberaal tekere gaan met haar tepels.

Ons hoor gelyk die naderende motor en die moontlikheid daarvan om betrap te word sowel as die wedersydse nuwe ontdekking van mekaar se seksualiteit stoot ons albei, asof gesinchroniseer, oor die rand van ekstase. Ek voel my eie saad warm in haar ontplof terwyl sy agteroorval op haar rug. Haar poesie maak ligte knypbewegings om my disselboom en dit maak my effe lighoofdig van lekkerte.

Terwyl ons na haar huis ry trek sy haar broekie aan en knap haar hare op. Sy giggel terwyl sy my gulp toetrek en die nat kol op die voorkant van my broek voel.

Toe ek haar afsien soen sy my bedees op die wang, stap weg, draai weer na my, knipoog en verdwyn agter die deur van haar huis.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Lemoenpampoentjies

  • November 27, 2017 at 2:19 pm
    Permalink

    Bobcat uitmuntende storie…… ons wag vir jou opvolg…

    Reply
  • November 23, 2017 at 8:56 pm
    Permalink

    Briljant Bobcat Briljant!

    Reply
  • November 23, 2017 at 10:25 am
    Permalink

    Bobcat, is jy van jou sinne af ? !
    Hoe kan jy so’n warm, goeie storie laat verskyn op my kantoorPCskerm ? Ek het ‘n duik geslaan aan die onderkant van my lessenaarblad soos my meneer gereageer het…hahahaha
    Puik storie en lekker gelees daaraan.
    Dis soms die verskil tussen goed en middelmatig : Die storie moet lekker LEES ook. Baie dankie

    Reply
    • November 24, 2017 at 12:46 pm
      Permalink

      Hahaha….bly jy het dit geniet!

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)