Kombiekiehier se groot masturbasie-eksperiment (1n)

(Kombiekiehier kom vir julle plesier)

deur Annelise en Neil A Morum

 

Verlede Vrydag het Neil se storie verskyn waarin ons ons eksperiment aangekondig het.  Vandag bring ons vir julle die eerste terugvoer. Onthou asseblief om deel te neem deur julle metodes met ons te deel.

Hierdie is die basiese idee van die eksperiment:

Ons wil weet wat julle doen, die hoe, wat, waar en met en vir wie. Ons sal julle noukeurig-beskryfde tegnieke op die proef stel en dan daaroor verslag lewer. Sy sal die vroue-tegnieke probeer, ek die manne se mannewales… as dit partners verg, sal ons ons eie gebruik (meeste van die tyd…)
Lesers wat ons van hulle tegnieke wil vertel, kan vir my (neilamorum@gmail.com) ‘n e-pos stuur. Onthou jou skuilnaam, maar onthou jou tegniek in fyner detail… Ons sien daarna uit om van julle te hoor!

 

Neil het die lootjie getrek om eerste te wees. 😉 Hy skryf:

Agtergrond en rationale

Die idee het ontstaan uit die vraag oor hoe mense masturbeer.  Elkeen (die wat dit doen) het tog ‘n eie resep, een, of selfs ‘n paar tegnieke wat die groot “o” waarborg.

Ons het besluit om net twee kriteria te gebruik om die ervarings te beskryf: Tydsduur en Intensiteit. Ander aspekte sal in Kommentaar oor die ervaring aangespreek word.

Om ‘n meting aan my ervaring te kan koppel, moet ek dan seker beskryf wat vir my gemiddeld, d.w.s ‘n 5 uit 10, is.

Tydsduur is omtrent 7 minute: ek neem gemiddeld so lank om te kom as ek net my hand gebruik.

Intensiteit is baie subjektief; hier gaan ek die orgasme wat ek in ‘n gemiddelde tyd ervaar, as basis gebruik.

Die vraag of kort (tyd) of langer dan goed is, ontstaan ook. Dit was ‘n taai ene, tot ek besef het dat ek nie lank gaan uithou as dit mallekker is nie; dus, hoe korter, hoe meer punte.

Brulle en gille en grom en kerm (of die afwesigheid daarvan) sal seker die intensiteit weerspieël.

Ek waarborg nie dat jy noodwendig van iets gaan hou wat my laat swymel nie en ek reken jy gaan oor ‘n paar van die metodes wonder … maar hoe sal jy weet as jy nie probeer nie; meer nog, hoe gaan ons weet as jy ons nie vertel nie?

 

Masturbasieverslag 1 – Neil A. Morum

Bob van Bothaville skryf

Ek lê graag op my sy in die bed met my stywe voël afgebuig tot op die laken. Ek vryf die kop dan liggies teen die laken in ‘n heen-en-weerbeweging. Die sensasie raak al erger en erger tot ek later wil mal word. Dan draai ek my heupe sodat die puntjie (teen die tyd al lekker nat) ook teen die laken skuur, maar kan die sensasie nie lank verduur nie. Dis nie so woes soos gewone draadtrek nie; ek doen dit baie keer as ek moeg is.

As ek dan jags genoeg is, gaan ek oor tot aksie en pluk hom dan dat die sop spat.

Neil probeer

Dit is iets om eers bietjie te oefen. Die aanvanklike wrywing was ‘n bietjie te erg, maar dit was asof ek deur ‘n sensoriese grens gegaan het; daarna was dit baie stimulerend.

Telkaart

Tydsduur: dit vat redelik lank om goed opgewerk te word. 3/10

Intensiteit:  dit is ‘n gemiddelde orgasme, veral omdat dit met ‘n gewone hand eindig, maar die “sensoriese grens” is nogal lekker. 5/10

Kommentaar

Ek wil nog probeer om net met die stimulasie te kom, m.a.w. sonder om oor te gaan tot draadtrek.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “Kombiekiehier se groot masturbasie-eksperiment (1n)

  • March 18, 2017 at 1:47 pm
    Permalink

    Ek het so baie maniere, ek sal moet dink watter een is die maklikste om te beskryf. En of ‘n foto daarby sal pas…

    Reply
  • November 7, 2016 at 9:52 am
    Permalink

    Maar gaan Annelise dan ook nie haar eksperiment gee nie?

    Reply
    • November 8, 2016 at 8:42 am
      Permalink

      Ek gaan maar my internet is dood en Telkom moet dit nou al vyf dae lank kom regmaak. 🙁 Ek wil al slange vang omdat ek nie op die site kan kom nie. 🙁

      Reply
      • November 8, 2016 at 9:07 am
        Permalink

        Beste manier van aanbieding is met foto’s! Onthou tog dit. Amper soos powerpoint.

        Reply
  • October 28, 2016 at 12:13 pm
    Permalink

    Goeie idee, ek stuur vir Neil ‘n e-pos

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)