
Kombiekieweer Donderdag: Kaptein, o my Kaptein (4)
deur Ramkat Erasmus
My dag het kak begin, maar dis nie ‘n patch op hoe hy geëindig het nie…
Vir die laaste paar weke sit ek by Staf Cronje in sy kantoor en skuif papier rond. Dis ‘n kak job, maar ek hou uit, want ek weet as die gips afkom is ek daar uit. Ten minste vra hy my nie meer om vir hom tee te maak nie. Na ek die eerste keer die warm tee met my gipshand in sy skoot laat val het was daai kak ook op ‘n einde.
Anyway…
Daar sit ek toe en Big Joe bel my. Hy’s nou wel die leier van ons bike club, maar hy’s ook ‘n lawyer-tipe in die stad gedurende die week. En hy’t my saak opgevat met die versekering na ek my Busa afgeskryf het teen ‘n fokken bees, van alle dinge. En Big Joe sê hy’t sy bes gedoen, maar die versekering gaan net 50% uitbetaal, want ek was op ‘n ou dragstrip in die nag, en aan die skade kan hulle sien ek het heeltemal te vinnig gery en ek beter my bek hou, want dan weier hulle sommer om enigiets uit te betaal, en gee my by die ore aan. Ek vra vir Big Joe wat ek nou moet doen en hy sê met so effense laggie ek moet maar overtime insit om vir my ‘n nuwe bike te kan koop, of hy kan vir my ‘n deal doen op ‘n lekker 250… Doos.
Ek sê toe maar dankie en sit die foon neer en sit en wonder oor hoe kak die lewe kan wees, as Staf Cronje inloop en my uitkak omdat ek nie werk nie. Ek wys hom die hoop kak in die outbox en ek wys hom die leë inbox en vra beleefd wat hy wil hê ek moet doen… Hy hoes en proes en fokkof en ek wonder of ek vir my kapteintjie kan gaan kuier. Maar ons reël is geen kontak behalwe vir werk as ons by die werk is nie. Na-ure is ‘n ander storie…
Dan lui die foon en ek tel op en antwoord soos Staf Cronje my geleer het om te antwoord en aan die ander kant is my kaptein se stem en sy vra my om haar te kom sien. Ek gryp my kruk, sit my beret op en huppel-kruppel na haar kantoor toe.
As ek instap raak my asem weg. Fokkit maar sy’s mooi. Sy staan voor haar venster met die die blomme en die tuin agter haar. Haar uniformpie sit styf aan daai lekker lyfie met die blonde haartjies in ‘n poniestert. Sy draai na my toe as ek inkom en ek sien trane in haar oë.
“Wat’s fout?” sê ek sonder om eers te salueer. Sy sê niks, hou net die brief in haar hand na my toe uit.
Ek vat dit en lees. Eers verstaan ek nie mooi nie, want ek en die rooitaal is nou nie juis maatjies nie. Dan slaan dit my soos ‘n bobbejaanspanner tussen die bene. Dis ‘n bewegingsorder, en om nou nie te veel kak te praat nie… Ek gaan DRK toe. Volgende week.
Ek kyk vir haar en sy kyk vir my. En ek probeer iets sê, maar wat de fok sê mens nou… Dan kry ek ‘n plan.
“Ek kan nie gaan nie, ek is in gips..”
“Jou gips kom more af. Jy weet dit, hulle weet dit. Ek het probeer keer, maar jy het al twee keer die DRK toer gemis. Hulle gaan jou nie weer laat wegkom nie..”
Fok.
Ons weermag doen ‘peacekeeping’ in die DRK en ek is een van daai ouens wat die weermag se wiele aan die rol hou en jou beurt is jou beurt. Ek kyk weer na die stuk papier.
“Jissis… Ek vlieg al Sondag!”
“Ja”.
En sy draai weg en ek kan sien sy fight hard teen die trane. Ek wil naderloop en haar vashou, maar dis nie cool nie en as iemand inloop en ons vang… Troepe vry nie kapteins nie. Maak nie saak hoe hartseer hulle is nie. Veral nie in die kaptein se kantoor op die basis nie…
“Ek sal vanaand na jou toe kom. Daar ‘s ‘n paar van julle wat gaan. Staf Cronje, jy en nog drie ander.”
Ek knik, sit die papier neer en vat my kruk vas.
“Vra vir Staf om hierheen te kom asseblief. Ek moet hom ook die slegte nuus gee.”
Ek loop kantoor toe en moer sommer halfpad die kruk weg. Ek het die ding al lankal nie meer nodig nie en dra hom net rond om te keer dat Klierkop Cronje my rondfok. In die kantoor sit Cronje in sy tande en krap en kyk my moerig aan as ek inkom. Ek vertel hom dat die kaptein hom soek en hy’s sommer dadelik senuweeagtig. Hy trek alles reg en marsjeer uit.
Ek gaan sit en kry myself moerse jammer. Na ‘n ruk kom Cronje terug en gaan sit. Hy lyk of hy ‘n spook gesien het. Ek kry hom amper jammer.
“Fokkof huistoe Van der Merwe… Gaan sort jou goed uit. Kaptein sê jy weet wat aangaan.”
Ek staan op, sê dankie en gaan.
Busry is ‘n fokkop, maar die tyd van die dag is dit net ek op die bus en niemand wag by die stoppe nie, en binne ‘n halfuur is ek by die huis. Ek bel die dokter by 1 Mil en vertel haar wat gebeur het. Ek vra of ek sommer nou die gips kan kom doen. Sy sê dis reg en ek bel rond tot ek ‘n lift kan organise. Varkie stop so na tien minute buite en ek gaan klim saam met hom in die kar.
Hy dink dis moerse exciting om DRK toe te gaan en begin my allerhande kak vertel oor hoe ‘n groot deel van Afrika se geskiedenis in die Kongo afgespeel het en hoe lucky ek is om die geleentheid te kry, en allerhande sulke kak op dieselfde trant. My moermeter is naderhand amper in die rooi, maar ek hou my in.
Hy wag in die kar en na ‘n paar minute is ek vir die eerste keer in weke sonder gips. Dis ‘n fokken verligting. Varkie vat my klub toe en ons drink ‘n dop of twee, dan drop hy my by my woonstel.
Die volgende paar dae is vol lesings oor die DRK en ons werk daar. Reëls en regulasies en die soort van kak wat vir Staf Cronje ‘n horing gee, maar wat my net verveel. Die een nice ding wat gebeur is dat ek en Kumalo mekaar beter leer ken. Ek ken hom al ‘n ruk op die basis, maar dis nou nie asof ons eintlik kuier nie. Maar so deur die kakpratery van die ouens wat vir ons lesings gee kom ek agter hy voel baie soos ek en ons begin gesels en naderhand is ons amper pelle.
Na werk ry ek met die bus huis toe en sodra ek in die flat instap kom my kapteintjie in. Haar klere waai voor sy behoorlik deur die deur is en dan spyker ons vir dood. Die enigste kak ding is dat sy elke nou en dan saggies begin huil. Ek try haar troos deur te sê dat 8 maande nie so lank is nie, maar dit laat haar net erger huil.
Varkie gee vir my sy ou laptop en wys my hoe om email te werk en Skype sodat ek met die manne kan gesels. Big Joe laat die manne geld bymekaar maak vir my trip en dan is Sondag daar. Varkie en Pieta laai my op en ek ry agter in Pieta se Stanza tot by Waterkloof lugmagbasis. Ons line op saam met al die ander arme donners wat DRK toe gaan en almal groet heen en weer. Kumalo het seker tien girls wat hom groet en hy lyk amper verlig om op die errie te klim. My kapteintjie staan daar in haar formals en groet almal formeel. As sy by my kom steek sy haar hand uit en skud dit een keer op en af. Baie formeel. Ek draai weg, maar dan noem sy my naam en vra ek moet gou saam met haar stap. Ons loop om die hoek en sy duik in my arms in en soen my asof sy my nooit weer gaan sien nie. Ek soen terug en dan druk ek haar weg. As ek opkyk sien ek vir Staf Cronje wat ons met ‘n skewe glimlaggie staan en aankyk.
Op die errie sit ek en Kumalo langs mekaar en hy wys my die foto’s op sy foon van al die girls wat hom kom groet het. Twee van die girls is sy susters, maar die res is almal los gelukkies of girlfriends. Hy’s ‘n man wat nie skaam is vir die vroulike geslag nie, dis duidelik. Dan kom Staf Cronje by ons aan en vra vir Kumalo om ons te verskoon. Kumalo skuif na een van sy ander tjommies toe en Cronje maak homself tuis langs my.
“So Van der Merwe… Jy naai die oulike Kaptein Verwey…”
Ek sê niks. Ek meen hy’t ons gesien soen, en mense wat so soen, naai mekaar.
“Van nou af is jy in my gatsak Van der Merwe. As ek sê spring, gaan jy vra hoe hoog… Verstaan ons mekaar? “
Ek kyk hom lank en wonder wat sal gebeur as ek hom nou, voor almal, ordentlik moer.
“Ek vra… Verstaan ons mekaar?”
Ek knik.. Ek meen wat anders kan ek doen? Hy staan op, tik my op die wang en loop vorentoe waar die ander onder-offisiere sit. Na ‘n ruk kom sit Kumalo weer langs my.
“What’s with you and fuckface Cronje?” vra hy saggies. Ek skud net my kop.
Na ‘n ruk begin ons oor enjins en bikes praat en dan raak ons albei aan die slaap. Ons word wakker as die flossie sy gat op die lughawe in Kinshasha neersit.
-0-
Die DRK is ‘n kak plek, maak nie saak wat Varkie sê nie. Dis warm, bedompig en daar’s fokkol om te doen behalwe suip en werk. Kumalo en sy pelle gaan van die basis af en kom terug met stories oor hoerhuise en Kongolese girls, maar so desperaat is ek nie. Ek bedoel, as dit rerig taai raak, kan ek altyd ‘n draadtie kap as dit moet.
Ek Skype met die ouens by die klub en met my Kaptein en deur die dag staan ek en Kumalo langs mekaar met ons arms in die ingewande van ‘n lorrie, of ‘n jeep, of ‘n Land Cruiser of ‘n Unimog. Ons traai hard om nie ‘n fokop te maak nie, want alhoewel ons rol net is om te help om die vrede te bewaar, word daar tog nou en dan op ons geskiet. Nou nie ons ouens in die basis nie, maar die manne wat patrollies ry. En die laaste ding wat hulle wil hê is dat die Ratel vrek as die kak begin spat.
Een oggend is daar ‘n klomp gaste en ek en Kumalo staan in die werkswinkel en kyk hoe hulle helmets en koëelvaste baadjies aantrek voor hulle saam met die troepe in die voertuie klim. Hulle vertrek en dan’s die opwinding verby en ons werk weer met Cronje wat elke nou en dan iets kry om ons oor uit te kak. Hy hou veral daarvan om my te dreig met kak. Kumalo wil naderhand weet wat ek gedoen het om die ou so die moer in te maak, maar ek meen dis nou nie iets waaroor ek kan praat nie, is dit?
Na twee dae kom die patrollie terug en as hulle by die hek inkom kan ek sommer sien daar was kak. Een van die voertuie loop so half skeef en die ander is vol knoppe en duike geskiet. Hulle ry tot by die werkswinkel en almal peul agter uit. Laaste uit is so ‘n klein maer outjie.
Ek staan en kyk hoe hy sukkel om sy helmet af te haal en dan besef ek dis ‘n fokken girl. ‘n Civvie… En sy is heel sag op die oog.
Cronje staan nader en nooi die civvies na die menasie toe. Ek lei af dis joernaliste wat kom kyk wat ons doen, en Klierkop Cronje is net die man om sy beste voetjie voor te sit. Later kom hy blasend aangemarsjeer en sê vir my en Kumalo om te gaan was, ons moet as kroegmanne kom diens doen.
Kroegman speel is nie te kak nie, want mens kry tips as daar civvies is, en ek spaar kwaai vir my nuwe Busa. Dan score ‘n man nog so nou en dan ‘n koue bier ook. Ons draf badkamers toe en rapporteer tien minute later by die kroeg.
Die eerste rukkie is besig-besig, want almal is dors en dan, soos gewoonlik, as die ergste dors geles is, raak dinge kalmer en ek en Kumalo staan en kyk hoe Staf Cronje van een tafel na die ander loop en gatkruip by die civvies. Daar’s is ‘n vroulike kaptein van Indië af wat ook deel is van die vredesmag en sy doen ook haar ding met die joernaliste. Ek het haar al een of twee keer op die basis gesien, maar daar is klaar ‘n kaptein in my lewe, so ek bly maar op ‘n afstand. Kumalo het egter nie ‘n probleem nie en as die Indiese kaptein kroeg toe kom is hy soos blits daar om haar te help, die ene tande en grappies. Van waar ek staan lyk dit of sy nie te kwaai omgee vir die aandag nie.
Klierkop Cronje kom nader met ‘n bestelling vir die tafel waar die sag-op-die-oog civvie meisie sit. Ek pak die goed op ‘n skinkbord en lui dit op. Hy vat die skinkbord en na ‘n ruk kom die civvie self kroeg toe. Sy vra vir ‘n skyfie suurlemoen vir haar Savanna Light en ek sny en gee aan. Haar aksent is nie te lekker en nie en ek vra waar sy vandaan kom. Sy verduidelik dat sy Frans is, ‘n joernalis is en daar is om foto’s te neem vir ‘n tydskrif in Parys. Dis nou Parys, Frankryk, nie Parys, Vrystaat nie.
Nou die Rooitaal is nie my beste nie, en as iemand hom nou nog met ‘n Franse aksent ook praat, sukkel ek maar bietjie, so die gesprek is nou nie eintlik een van daai waaroor mense in boeke skryf nie. Sy vat haar sletsappie en gaan sit weer by die tafel. Na ‘n ruk sien ek sy praat met Cronje en hy loer-loer so oor sy skouer na my toe. Dan knik hy en kom kroeg toe.
“Sy wil foto’s van jou neem in die werkswinkel… Waar jy werk”
“ Hoekom Staf?” Die doos ignoreer my vraag.
“More.”
“Oukei Staf” sê ek. Ek meen wat anders kan ek nou sê?
“Hoop jy’t ‘n skoon over-all…” brom hy nors en fokkof.
-0-
Die vogende oggend staan ek vroegerig op. Kumalo het nie die vorige aand in sy bed geslaap nie, sien ek as ek by sy kamer verbyloop, of hy het fokken vroeg opgestaan, maar ek ken my Zulu pel al te goed. Kumalo HOU van slaap…
Ek gaan pla die kok vir ‘n bacon en eier samie en stap dan werkswinkel toe. Ek pak reg, maak skoon, vee af, vee op, vee heen en weer tot ek soos die Karate Kid begin voel: Wax on, wax off. Dan gaan staan ek buite en kyk hoe die plek lyk. Ek ken my ou klierkoppie. Hy sal nou enige oomblik hier opdaag en begin kak en kerm oor die toestand van die werkswinkel en wat doen dit vir die image van die SANW. Fok jou Staf Cronje. Die SANW doen genoeg all by himself.
Ok nie ‘n honderd jaar later nie die kom die man om die hoek. Hy steek amper-amper vas as hy my sien, want hy’t natuurlik gedink hy gaan my ontkant vang. Ek groet beleefd en vra hoe laat die fotograaf kom foto’s neem.
“Sy sal kom as ek tevrede is mens kan foto’s in hierdie hoernes van jou en Kumalo neem..”
Ek staan opsy en hy stoom binne en vir die tweede keer steek hy amper-amper vas. Hy vee hier, vat daar, kyk onder goed, kyk binne in goed, maar die plek is skoon. Hy brom een of twee dreigemente en sê hy gaan die fotograaf haal. In die deur steek hy weer vas.
“Waar de fok is jou tjommie?” vra hy.
“Eet nog brekvis Staf”, lieg ek Kumalo se gat uit ‘n ding uit, en ek hoop Kumalo het die kommin sense om van die Indiër kapteintjie af te klim voor hy daar betrap word, want gisteraand het die twee tog te lekker vir mekaar se kak grappies gelag.
Ek sit op die Unimog se bumper en wonder oor die foto’s wat die Franse girl wil neem. Fotograwe soek foto’s van soldate, nie mechanics nie, al is ek nou ‘n army mechanic. Hulle soek ouens wat lyk of hulle al ‘n leeftyd in die bos is, met vuil uniforms en bulletproofs en helmets en gewere. En handgranate en kak. Ek is nie een van daai nie…
Ok nie ‘n honderd jaar nie toe kom Kumalo van agter in die werkswinkel af aangestap. Sy uniform is die een wat hy gisteraand agter die bar gedra het. Hy gee my daai smaail van hom en lag. Ek skud net my kop.
“Man…” is al wat hy sê en dan kom Cronje en die fotograaf in. Cronje kak vir Kumalo uit en sê hy moet sy overall gaan aantrek en Kumalo is daar weg. Ek help die girl met kragpunte vir haar ligte en sy begin goed opstel dat die werkswinkel naderhand soos ‘n tv ateljee lyk. Kumalo kom terug en staan stil terwyl Staf Klierkop hom saggies maar ordentlik uitkak.
Dan begin ons. Ek staan met ‘n spanner en maak of ek aan iets werk. Kumalo langs my. Dan onder ‘n lorrie dan binne in. Dit raak naderhand lekker warm in die werkswinkel en Cronje fokkof na sy kantoor toe waar die air-con nog werk.
Die fotografie trek haar hemp uit en onder dit het sy net ‘n vest aan, sonder ‘n bra. Ek traai hard om nie te kyk nier, maar ‘n man is nie ‘n klip nie, en as haar tepeltjies begin styf raak onder daai vessie dan begin ek die kloppings hier onder in die ou dipstiek voel.
Kumalo maak sy overall los en knoop die arms om sy middellyf en werk kaal bolyf verder. Ek doen na ‘n ruk dieselfde. Kumalo is ‘n moerse groot ou, want as hy nie drink of naai nie is hy in die gym en dan gooi hy ysters rond. So, hy’s een van daai ouens met muscles op muscles. Ek reken die werk wat ek doen met enjins ronddra en gearboxes optel en so is oefening genoeg.
Die fotografie is lekker besig en sy order my en Kumalo rond. Na ‘n ruk sê ek onderlangs vir my partner dat ek nou begin gatvol raak vir die speletjie. Hy stem saam. Dalk het sy gesien ons raak moerig want sy sit haar kamera neer en vra of ons haar kan help oppak. Ons maak so. Dan help ek haar om al die bokse en kabels en goed op ‘n hoop by die deur te sit. Kumalo loop om vir Staf Cronje te gaan haal en die dolla steek ‘n sigaret op. Sy kyk my op en af en ek smaail vir haar. Sy knik haar kop en vra met daai sexy franse aksent of ek ‘n meisie het. Ek skud my kop. Ek meen daar is my Kaptein, maar sy’s in Suid Afrika en ek kon in elk geval nog nooit uitfigure hoe sy oor my dink nie – of ons nou ‘n couple is of nie.
Sy suig aan haar sigaret en dan kom Staf Cronje om die hoek met ‘n bakkie. Ons laai al haar goed agter op en hy trek saam met haar daar weg. Later kom Kumalo daar aan en vertel hy het die Indiërtjie in een van die lorries in die werksinkel genaai. Ek sê vir hom hy soek vir kak en hy lag net.
Ons werk verder en na ‘n ruk kom die Indiër kapteintjie aangestap. Sy nooi vir Kumalo na hulle menasie toe om as kroegman te werk omdat hulle ‘n klomp VIP’s kry. Kumalo sê hy sal eers by Staf Cronje moet check, en sy vertel sy’t hom klaar gevra. Hmmm… Kumalo is die ene tande en stem in om daar uit te slaan in sy beste uniform.
Uiteindelik is dit tjailatyd en ek gaan trek my swembroek aan en loop swembad toe terwyl Kumalo gym toe gaan. By die swembad kry ek die fotografie in ‘n bikini en ons probeer weer ‘n bietjie gesels, maar dit gaan nie baie goed nie.
Ons klim saam in die water en sy spat my nat. Ek spat terug en so gaan ons aan. Sy klim naderhand uit en gaan steek weer ‘n sigaret aan. Ek klim ook na ‘n ruk uit en gaan sit langs haar. Sy is nogal mooi, met sulke effense sproetjies oor haar neus en haar nat hare is baie krullerig. Terwyl ek vir haar kyk sien ek hoe die nippletjies hard word onder die nat bikinitoppie en dink by myself dat sy of aan haar boyfriend dink, of planne het vir my…
-0-
Kumalo is gespit en gepolishe en hy stap weg offisiersmenasie toe om te gaan kroegman speel en vermoedilik die Indiër kapteintjie te trakteer. Ek Skype met Varkie en probeer dan my kaptein in die hande kry, maar sy’s nie op die lug nie. Ek skakel af en wonder of daar iets op die TV gaan wees wat die moeite werd is. Die ding is meeste van die tyd op ‘n sokkerkanaal en ek is nie groot op sokker nie.
Soos ek uitloop loop ek amper bo-oor die fotografie. Ons groet en sy vra of ek besig is. Ek is nie, en ons stap swembad se kant toe. Ons gaan sit in die diep skaduwee van ‘n boom en gesels oor waar sy vandaan kom en so aan. Dan sien ek iets wat my laat wonder.
Klierkop Cronje en ‘n troepie wat ek al ‘n paar keer op die basis gesien het is besig om versigtig na Cronje se bungalow te loop. Iets aan hulle manier gee my snuf in die neus en ek sê vir die fransmannetjie ek is nou terug. Hulle sien ons nie en glip by die deur in. Ek loop saggies om die hoek en soek ‘n plek waar ek kan inkyk. ‘n Flou liggie gaan aan en ek sluip nader. Daar’s ‘n gleufie in die gordyn en ek gaan staan om te kyk.
Die troepie, so ‘n blonde admin laaitie, staan op sy kniëe en suig Cronje se voël. Cronje se hemp hang oop, en sy broek sit om sy kniëe. Hy’t sy hande op die blonde mannetjie se kop en sy oë is toe. Die mannetjie beweeg sy kop vorentoe en agtertoe en Cronje se lippe beweeg, maar ek kan nie hoor wat hy sê nie. Dan skrik ek amper my gat af as die fotografie langs my kom staan. Sy wil iets sê, maar ek druk haar mond toe. Sy knik haar kop om te wys dat sy verstaan en dan stoot sy my weg en loer ook deur die venster. Sy kyk ‘n ruk en dan draai sy haar gesig en gee my ‘n brëe glimlag. Sy’t ‘n kamera om haar nek soos altyd, en sy tel die ding op en begin foto’s neem deur die gleufie. Ek staan agter haar en loer oor haar kop. Haar handjie glip om en sy vryf my meneer deur die army broek. Ek kan voel hoe hy op aandag begin staan en sit my hande op haar tieties.
Cronje het die mannetjie nou op die bed en pluk sy broek af. Hy verloor sy balans en omdat sy broek nog om sy kniëe sit bliksem hy vooroor op die mannetjie wat met ‘n moerse horing op die bed lê. Cronje se kop tref die knaap se neus en jy sien net bloed spat. Albei van hulle gil en skree en maak hulleself dan stil. Cronje worstel sy broek af en loop so met sy hemp aan na die wasbak toe. Hy kry ‘n waslap en vee die knaap se gesig af. Die fransmannetjie ruk soos sy knyp om nie hardop te lag nie. Maar sy hou nie op foto’s neem nie. Dan gooi Cronje die lap eenkant toe en gryp die knaap se voël. Vir so ‘n klein maergat het die mannetjie nogal ‘n wa aan hom. Cronje druk die ding in sy mond en begin suig en kou asof dit ‘n toffieappel is. Die outjie lyk of hy die geniet en hy begin kreun dat ons hom naderhand buite kan hoor. Cronje probeer sy bek toehou, maar die mannetjie geniet homself. Dan haal Klierkop die mannetjie se pielkop uit sy mond uit en trek sy draad tot hy met ‘n moerse boog kom.
Die fransmannetjie lag nou nie meer nie, en sy neem ok nie meer foto’s nie, maar sy vryf my voël al harder en sy haal ook so hard asem dat ek begin worrie Cronje-hulle gaan ons hoor. Ek vryf haar tepeltjies en druk myself al harder teen haar vas.
Cronje tel weer die lap op en vee die mannetjie se voël af. Dan loop hy wasbak toe en kom terug met ‘n botteltjie in sy hand. Hy dop die knaap om en begin die goed in die bottel aan die man se gat smeer. Die man krul sy gat na boontoe en dan klim Cronje op die bed en nog steeds met sy hemp aan, steek hy sy voël stadig in die mannetjie se gat in. Die mannetjie krul en kreun en dan begin Cronje hom naai. Die fransmannetjie lig weer die kamera en neem foto’s vir ‘n vale.
Nou kyk… Ek bat nie vir die ander span nie. Nie eers naasteby nie. Maar die twee manne wat mekaar so met oorgawe naai maak my so jags dat ek nie mooi weet wat om te doen nie. Die fransmannetjie se gevryf maak dinge ook nie makliker nie, en ek besluit genoeg is genoeg. Ek vat haar aan die skouer en stoot haar weg van die venster af, sy protesteer en sê sy wil nog kyk, maar ek kan nie meer nie. Ek sleep haar amper na my kamer toe, en druk die deur toe. Ek onthou om te sluit en as ek omdraai het sy al klaar haar hempie uit en jeans halfpad af. Ek pluk my klere uit en gryp haar. Vir so ‘n klein meisietjie is sy fokken sterk en ek stoei haar tot op die enkelbed. So gou soos nou is die dipstiek in en sy is papsop nat. Ek sweer sy kom toe ek die tweede keer indruk en sommer gou-gou daarna kom ek ook.
Ons lê vir ‘n kort rukkie so en dan sit sy regop en buk haar kop af na my piel toe. Sy suig hom so driekeer en dan staan hy weer op aandag. Die keer vat ek my tyd en sy kom drie of vier keer voor ek myself toelaat om weer te kom. Sy raak aan die slaap met haar kop op my arm. Heelwat later hoor ek Kumalo inkom. As hy stil raak maak ek haar wakker en fluister dat sy moet gaan. Sy rol my op my rug en klim bo-op my. Ou pielman weet wat van hom verwag word en sy ry my saggies tot ons albei weer kom. Dan klim sy af, soen my op die mond en trek saggies aan. Ek sluit die deur oop en sy glip stil-stil uit. Dan gaan lê ek op my bed en wonder oor my en my Kaptein en oor wat ek met Cronje gaan doen.
Ai fok… Some guys have all the luck.
2 COMMENTS
Dankie Ramkat…..ek geniet die stories erg.
Lekker man lekker! So n Franse girltjie mag maar