
Passie
deur Whale
Die kerslig gooi groteske skaduwees teen die vier mure van die klein kamertjie waarin hulle staan. Hy staan ingedagte en rook, sy in slegs ‘n g-string en bra, bene gespalk, hande bo haar kop vasgemaak. Haar gesig lyk gespanne, maar sy fyn oog tel die klop in haar keel vinnig op, sy is lus, die tekens is daar. Buite woed ‘n tropiese storm, en die vertrek word dan en wan helder verlig as ‘n blits deur die lug klief. Die see-reuk deur die oop venster aan die verste kant van die vertrek werk hipnoties op haar, hy kan sien; as die bries oor haar kaal liggam spoel sidder sy. Met die volgende blits swiep die gordyne geruisloos oop; daar onder in die straat is mense onbewus van hierdie gevaarlike spel.
Hy is klaar gerook, stap nader. Die denim span styf om sy bobene, die t-shirt beklemtoon sy breë skouers. Sy snak na haar asem, sy manlikheid is oorweldigend. In die agtergrond speel die sagte musiek van die 50 Shades-klankbaan. Sy reageeer op sy nabyheid, linkervoet op, die tone gepunt, knieë teen mekaar. Hy stap tot teen haar, die reuk van sy na-skeermiddel ‘n sensuele wolk tussen hulle – hy sien haar neus beweeg, tong oor haar effense oop lippe, wit tande glinster in die kerslig. Die gesig-masker wat sy aanhet versluier net genoeg van haar oë om hom aan ‘n Gypsy te laat dink. Sy lyf reager hierop. Hy vryf liggies met die punte van sy vingers oor die sagte binnekante van haar arms, die hoendervleis en snak na haar asem een beweging. Sy sug, gooi haar kop agteroor, nooi die mot daarmee nader aan die vlam. Hy raak met slegs die punt van sy tong aan die vel in haar nek, en sy blaas haar warm asem met ‘n genotvolle sug bokant sy kop uit, beur aan die sagte lap wat haar arms bo haar kop vashou. Hy staan terug, kyk diep in haar oë. Hy sien nie begeerte daarin nie, net rou en onbedekte lus. Hy glimlag, gaan staan teen haar, linkerhand op die sagte bors in die kant-bra, sy duim en voorvinger ferm om die knoppie daarin; sy kreun luid, maar hy weet dit is nie seer nie. Regterhand baie stadig teen haar maag af, vind die dun rek van die g-string. Klein beweging van die vinger en hy is verby die rek. Die sagte prikkel van die kort skaamhare laat hom snak; hy sluk, mag nie nou beheer oor homself verloor nie.
Hand steeds stadig al hoe verder ondertoe, haar pubis-been prominent onder sy hand. Sy middelvinger vind die gleufie waarna hy soek, druk effens harder, hand steeds na onder. Hy huiwer ‘n kort oomblik met sy vingers in die nat warmte, trek sy kop terug, kyk haar in die oë en vat die klitoris in sy regterhand so ferm vas dat sy onwillekeurig ruk van die skielike sensasie. Haar mond gaan hortend oop, tong oor die lippe. Stadig druk hy sy tong in die oop mond, ‘n kreun uit haar mond ontsnap dof in syne in. Sy is nat, baie nat. Sy vinger vind die ingang na haar vrouwees, ‘n vinnige beweging en ‘n klein gilletjie later is hy in haar sagtheid, vind hy die tekstuur van die g-kol en begin stadig sy vinger daaroor masseer. Haar bene dreig om onder haar in te gee, sy kreun onbeheersd…hy voel haar liggaam saamtrek, en toe sy rukkend vooroor sak druk hy haar tepel hard en ferm tussen sy vingers vas. Sy huil byna die genot uit, en kom met ‘n slurpgeluid oor sy hand, arm, teen haar bene af tot dit ‘n poeletjie om haar voete vorm. Dan ruk die snikke deur haar liggaam; hy tel die fyn gesig met dieselfde nat hand wat hy pas uit haar gehaal het op, kyk in die hartseer groen oë waarin die passie steeds soos vuur brand. Vryf oor die trane wat oor haar wange loop.
“Vat my!” fluister sy sag, rou emosie en ‘n tikkie frustrasie in haar effense hees stem. Sy selfbeheersing knak, hy kry haar skielik jammer, maak die bande om haar hande en voete los. Neem haar in sy arms, lê haar op die langhaarmat neer. Meganies raak hy van al sy klere ontslae, sy lid regop en styf voor hom. Hy sak voor haar neer, druk haar bene stadig uitmekaar, skuif sy liggaam oor haar, sy borshare vryf oor haar tepels en sy kreun weer. Dan sak hy stadig in haar in, die fyn gilletjie in sy oor ‘n teken dat hy op die regte plek is. Ritmies begin hy haar ry, op maat van die sensuele musiek in die agtergrond – bou die klimaks saam die musiek. Sy kan voel hoe hy saamtrek in haar, en sonder waarskuwing vou sy haar bene styf om sy boude, trek hom dieper in haar in. Hy kom rukkend diep in haar, sy liggaam buite beheer van die spastiese sametrekkings; hy voel hoe sy saad uit haar loop en op die mat onder haar boude drup. Haar oë blink, en hy weet nie of dit van vroeër se trane of nou se genot is nie. Sy sug tevrede, en hy sak uitgeput net so op haar neer. Sy druk hom styf vas teen haar hele lyf, kom weer rukkend en sonder waarskuwing onder hom. Wanneer haar storm uiteindelik bedaar onttrek hy, tel sy klere woordeloos op en gaan klim in die stort.
Sy is reeds aangetrek toe hy uit die badkamer kom, ‘n beker koffie op die tafeltjie langs die bank waarop sy bene gevou sit. Hy glimlag, die speel-masker is af.
“Jy is ‘n katjie wat ek graag terg,” merk hy op.
Sy glimlag die glimlag wat hom die eerste keer gevang het.
“Dit is jy wat die katjie wakker maak.”
Hy knik, steek ‘n sigaret aan, rook dit klaar en staan op as sy beker leeg is.
“Dan groet ek maar weer tot volgende week.”
Sy knik, staar deur die venster na die see waar branders bleek in die donker op die strand breek. Hy stap na sy kar, die bedompige seelug ‘n welkom koelte oor sy warm lyf. Dan bel hy sy vrou, dit is tyd om nag te sê.
3 COMMENTS
‘n Skerf van ‘n storie wat ek glo veel groter en omvangryk is?
Pragtige lokaas-plesier, Whale, dis maar nou die hoofgereg op….
Wat ‘n lekker storie…..vol ervaring
Magtig ou Whale maar hierdie is nou n goeie storie. Wens my en meer meisie wil so wees.