
Hier is ek: Anna
deur Geriatrix
Taalversorging deur Lusman
Ek sit mos nou Saterdagaand met ‘n sigaret en glasie rooiwyn op die stoep van Huis Herfsblaar (of Herfsblom – kan nooit onthou nie). Ek het ‘n gemaklike turkoois rok aan.
Hoekom noem hulle aftree-oorde na die herfs? wonder ek. Daar is mos beter name. Gou word hierdie gedagtes verdring deur die radio. Dis op RSG ingestem en U eie keuse is aan die gang. Die omroeper speel Von Suppé se “Digter en boer”. Elke keer as ek die meesleurende akkoorde van die ouverture tot “Digter en boer” hoor, gaan my gedagtes terug na daardie onstuimige jare van my jeug – toe ons twee in ons verbeelding die boer en digter was. Soms is hy die een en ek die ander en dan weer, omgeruild, is ek die een hy die ander. Ja, dit was interessante tye met dié kêrel.
My gedagtes word weer eens versteur, want hier kom Susan met haar rolstoel op die stoep ingery – iPad in die hand. Vandat haar kleindogter vir haar die ding gegee het, het geen mens hier rus of duurte nie. Sy is permanent op die ding en wys gedurig vir almal een of ander interessante ding – interessant vir haar natuurlik. Soos sy ingery kom, druk sy op die beheerpaneel van die masjien. En sowaar, hier speel “Digter en boer” weer.
“Ou Anna, jong, ek kom mos op hierdie ding op die internet af. Ek weet jy is gek na hierdie musiek en dalk sal die storie hier jou ook aantrek, jy is mos altyd met woorde besig.”
Sy druk die ding voor my in. Die eerste wat ek sien, is ‘n foto van ‘n slonserige vrou met hangpramme en hare onder haar arms en dan die opskrif “Digter en boer”. Ek begin lees. Hierdie skryfstyl lyk vir my bekend. Waar het ek dit al voorheen gesien? wonder ek. Die “skrywer”, as mens hom dit kan noem, skryf onder die naam Geriatrix. Dit beteken vir my niks nie behalwe dat ek die stam as Latyn herken en dat dit na ou mense verwys. O, ja, daar is ook so ‘n karakter in Asterix – so ‘n stokhoringoud man met ‘n kierie. Wie sal nou na so ‘n ou drol wil kyk?
Hoe verder ek lees, hoe meer word dit duidelik dat wie ook al die stuk geskryf het se gedagtes so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroër is – amper soos die meeste van die ou mans in die afdeling hier langsaan in die tehuis. Van hulle ly glo aan alzheimer. As jy my vra, is die blessit spul so kens soos paashase, maar jirre, is hulle spuls en jags!
Die stories wat hulle mekaar loop en vertel: mens sal amper dink spyker is al wat hulle die hele tyd gedoen het. As ek so oor die muur na hulle stories luister, het almal kwansuis geweet hoe om ‘n meisie te vry. Maar, dit is vir my ook duidelik dat die helfte van hulle nie eens mooi weet waar alles sit nie; laat staan nog hoe om alles behoorlik te vry en te bevoel. Mans dink mos vrouens het net drie dinge van belang!
Nie een van hulle kan vinniger as ‘n skilpad oor die weg kom nie. Maar laat een van die jong sustertjies hier net so ‘n beduidenis van ‘n pram wys, en die hele spul wil oormekaar val om te kyk. Hier is juis so ‘n jongetjie wat darem vir jou die kortste rokkies dra – die goed wil net hier onder haar ken sit, so jy moet weet hoeveel been steek uit. Kyk, daar is niks meer snaaks as ‘n spulse ou man nie! O, wag, dalk is ‘n spulse vrou ook maar net so erg.
Ek lees verder hoe Geriatrix skryf oor sy skrywersloopbaan. Wag so ‘n bietjie; dit klink half bekend. My gedagtes gaan op loop en die herinneringe kom terug. Is dit dalk … wat de hel was die naam van die ou wat ek ontmoet het nou weer? Die ou het mos later allerhande idees gekry dat hy kan skryf. Sy naam was mos … nee hel, nou kan ek nie onthou nie. Hy het mos so grootkop geraak toe hy die D-letter voor sy naam kon skryf. Dit het gevoel of hy op my wil neersien, want ek het mos nie boekgeleerdheid gehad nie. Vir my is woorde soos wat syfers vir party mense is: goed om mee te speel en dinge te laat doen. Ek kan onthou die ou was nie baie lief vir poësie nie. Hy het altyd gesê die woord moet sonder die deelteken gespel word.
Nou skryf die etter van een of ander plek waar hy glo ‘n besonderse vrou ontmoet het. Wag, nou onthou ek van die ding. Hy skryf oor my! Hy het langs my gesit by ‘n soort byeenkoms vir skrywers. Ons het nogal lekker gepraat – oor woorde en hoe mens dit kan gebruik. Wat ek ook nou onthou, was dat ek daardie tyd toe net ponde, sjielings en pennies (vir die van julle wat nie geldstelsel van voor Daan Desimaal kan onthou nie: £, s d) of dan nou sogenaamde LSD, ontdek het.
Kyk, laat ek eerlik wees, toe ek seks op ‘n redelik jong ouderdom ontdek het, was daar net een ding in my kop: om so veel as moontlik te spyker, te steek en selfs te naai – enige manier, plek of posisie. Ek was so spuls soos ‘n jong boerbokooi op hitte en ek het regtig na seks geruik. Die wetter hier langs my in die gehoorsaal het dit geruik en hier sit hy met ‘n horing soos ‘n wafferse bul. Ek kyk die spul so en besluit om te hoor of hy dalk sal wil spyker.
Ek het lank laas ‘n man so vinnig sien beweeg toe ek die voorstel vir ‘n naai maak. Hy hol hier uit met die moerse horing wat by sy broek wil uitklim en wat net soos ‘n stootskraper mense uit sy pad wil stoot. Hel, dit is ‘n interessante woord as ek nou daaraan dink: stootskraper. Die ding stoot en hy skraap, te lekker man. Weet jy, dalk is dit die ding waarvan die jong matrone partykeer praat as sy die oggend in ‘n baie beter bui as die vorige dag hier inkom; sy lyk dan kompleet asof sy iets behoorliks tussen die bene gehad het.
Met die iPad in my hand sien ek in my gedagtes hoe ons reguit na sy kar in die parkeerarea toe is; kan nie meer onthou watter soort dit was nie. Hy pluk toe die agterdeur oop en ek vly my op die sitplek neer en spalk my oop. Dit het nie veel gekos om my vir hom reg te kry nie. Omdat ek so baie van seks gehou het, het ek nooit ‘n bra en broek gedra nie – die blerrie goed mors net spykertyd!
Hier langs Susan in die rolstoel is dit asof alles lewendig voor my geestesoog afspeel. Die kêrel pluk sy broek af hier langs die kar. En wat ‘n gesig!. Ek het nou al darem menere gesien, maar hierdie ou s’n vat amper die koek, letterlik en figuurlik! Groot, lank en dan nog dik ook.
Plaas dat hy sy voël indruk waar ek vir hom wag. Maar die bliksem staan net en kyk. My doos was nog altyd skoon geskeer en ek hou dit tot vandag toe nog so. Maar hy verkyk hom heeltemal, so asof hy nog nooit ‘n kaal doos gesien het nie! Ek wou nog vir hom sê hy moet die ding gryp en hom indruk waar hy hoort, toe dit uiteindelik spontaan gebeur. Sy grootte het nogal ‘n knap passing meegebring. Dit het my nogal laat dink aan een vriend se opmerking toe hy die kar se bearings oorgedoen het: “A honeymoon fit – tight fit all the way“.
Toe die man eers die gelykte tref, is daar net een manier by hom, al die pad! Toe hy die bodem van die put slaan, skop die ponde, sjielings en pennies in en ek kom – nie een of twee keer nie, wragtag sommer so aanhoudend!
Een van ons twee – tot vandag toe weet ek nog nie wie dit was nie – stamp aan die kassetspeler. Daar begin die “Boer en digter”. Ek hou van musiek, maar het nog nooit op die maat van hierdie een gespyker nie! Die wysie is lekker en die maat van die viole (ek sien die dôner praat van tromme, maar hy yl), het my meegesleur. Tussendeur kom die man, die een skoot op die ander. Hy beweer dit was tien, maar ek het getel – net sewe keer. Toe die musiek klaar is, sit hy sy voël in trurat en begin uittrek, blykbaar om weer na die skoongeskeerde doos te kyk. Dit was so lekker dat my doos hom nie wou laat los nie en dit voel vir my of hy die lippe afskeur. Soos ‘n wafferse suier uit ‘n spuitnaald, spring daai blou kop van hom uiteindelik uit. Dit skiet die hele wêreld vol kom.
Ek kyk af. Net waar jy kyk, is kom, syne en myne – oral! My bene is tot op die enkels toe nat en bespat en my maag ook. Ek vra hom toe of hy ‘n sakdoek of waslap het sodat ek my kan skoonmaak? Hy het toe niks by hom nie en ek sê vir hom hy sal my dan maar moet skoonlek. Sy gesig! Dit was toe vir my duidelik dat hy nog nooit ‘n vrou geëet het nie. Ek moes hom wys hoe om dit te doen. Maar toe hy eers die slag gekry het, was daar geen keer aan hom nie. Hy het dit daarna elke keer gedoen as ons gespyker het – reg gedoen.
Hy praat in sy storie van nog ‘n paar keer wat ons daai week genaai het, maar ek kan dit nie onthou nie – onthou ek was lekker hoog op die ponde, sjielings en pennies. En dan was daar die lekkerkry van daardie sterk Transkeise gras ook. Vandag kan mens dit weer sommer by die apteek koop, daardie dae moes jy kontakte gehad het.
Hy was darem nie my enigste nie. Die Kaap was toe nog Hollands en ek het ‘n groot groep vriende, ook “vriende met voordele”, gehad – mans en vrouens. So ek het nie werklik gesukkel om bevrediging te kry nie. Hierdie ou het seker op ander plekke iets gekry, want hy was partykeer vir meer as ‘n maand stil en dan kontak hy my uit die bloute. Naderhand het hy allerhande verskonings probeer uitdink om in die Kaap te kom en dan het ons die musiek opgesit, gesteek, gespyker en woes genaai. By geleentheid het ons mekaar behoorlik rof en hard geneuk. Nee, dit is nie die Afrikaanse betekenis van die woord nie, maar wel die Nederlandse.
Ek kan nie meer onthou hoekom nie, maar ons het altyd die musiek aangesit – selfs die paar kere wat ons in die begraafplaas gespyker het. Dit klink seker snaaks, maar weet jy hoe lekker is dit om op ‘n warm somersaand op ‘n koue marmerblad te lê terwyl elke hoek en kant en gat van jou ondersoek word? Die ou wat daar onder in sy kis lê, moet darem ook kan hoor hoe lekker dit is! Jy kan maar laat gaan, want daar is nie ander wat kan luister of kommentaar lewer nie. Weet jy hoe irriteer dit my as ek uitbundig gil van die lekkerkry en die buurman langsaan skreeu net so lekker saam? Dis mos my partytjie en nie syne nie!
Susan wil nou na binne op haar rolstoel. Sy sê ek kan die iPad vir eers by my hou toe sy sien ek is teleurgesteld om dit te moet teruggee. Ek is weer alleen op die stoep. My gedagtes gaan terug na die dae van my jeug en hoe ek seks geniet het. Al is ek nou al verby die magiese three score years and ten waarna die deurwagter in daardie stuk verwys (my akteurvriende het my geleer dat mens nooit die naam van daardie Skotse toneelstuk noem nie), is ek nog net so jags soos toe ek die eerste keer daardie ding tussen my bene gevoel het. Al probleem is dat die geleenthede nou baie minder is – hier in Huis Herfs is daar slegs die enkele man. Maar die goed is so ver heen dat hulle nie eers sal weet wat om te doen nie, selfs as die ding vir hulle op ‘n skinkbord aangebied word.
My hand skuif onder my rok in – die meeste van die ou vrouens hier dra langbroeke maar ek het nog nooit daarvan gehou nie. En mens sukkel ook om jou hand onder die ding in te kry. Soos altyd, is my doos skoongeskeer en ek begin die pad loop. Die pad na die lekkerte toe is nie meer so glad as toe ek jonk was nie. Dit is nou al amper soos ‘n sinkplaatpad in die Karoo van al die rimpels. Maar dit is darem nog rybaar. Al die jare nog het ek ‘n broertjie dood daaraan as enige hand (myne ook) sommer dadelik koers kies. Dis mos deel van die pret om stadig teen die binnekant van die dy op te beweeg.
Met die een hand druk ek op die insetsel-ikoon van Von Suppé se “Digter en Boer” wat die meisie van die webblad so goedgunstiglik onderaan die storie geplaas het. Ek wil dit weer hoor. Terwyl die musiek speel, beweeg my vingers op. Soos hulle naby kom, voel dit vir my of die lippe vanself uitkrul en oopmaak. Ek speel so ‘n bietjie met hulle en dan met die klein sustertjie in die boonste hoek, sy kom ook uit om te kom speel en dit gaan te lekker. Ek gebruik my langste vinger om die kom-nader-teken te gee – Geriatrix het my daardie een geleer! Hoe meer ek wys, hoe lekkerder gaan dit en net toe die musiek sy klimaks bereik, stort ek ook alles op my rok uit. Hoe nou gemaak, want die nagsustertjie gaan seker kommentaar lewer.
Hier kom sy nou net uit op die stoep. “Haai Tannie, jy sal nie weet wat nou net hier langsaan by die ou manne gebeur het nie. Toe Tannie daardie musiek begin speel, het die ou oom met die baard – ek dink hy was ‘n professor of iets by die universiteit want sy bynaam hier in die tehuis is Geriatrix – sy ou voël uitgepluk. Mens kan sien dit was nogal ‘n meneer in sy dae. Hy trek draad op die maat van die musiek – nou nie heeltemal nie, want hy kon nie regtig sy voël styf kry nie. Ek het gedink om hom te help, maar het toe maar gelos. Net toe die musiek klaarmaak, is daar so ‘n paar druppeltjies en hy sê: ‘Anna, dit is nou nommer twee honderd en vyftig, die een wat ons nie klaargemaak het nie’. Tannie en die ergste … net daar val hy plat in sy stoel en hy is weg hoofkantoor toe, maar met ‘n glimlag op sy gesig!
“Tannie is mos tannie Anna, of nie?”
(Lees die storie waarna Anna verwys HIER)
3 COMMENTS
Dankie vir die kommentaar. Ek raak effe onrustig, in die verlede het die dameslesers ook kommentaar gelewer maar nie meer nie. Hoop nie ek het die dames ontstel nie.
☺…inderdaad ‘n lekker storie ! Dankie Geriatrix !
Dis voorwaar n mooi storie!