
Hekelwerk met gemiste steke (2)
deur Tiptop
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Deur die jare was Tommie ‘n getroue lid van die Voortrekkers. Nie dat hy die beste of getrouste lid was nie. Nee, op laerskool was dit ter wille van die kampe en avonture. Op hoërskool in die stad was die Voortrekkers ‘n goeie rede om die middagstudie by die koshuis te ontduik. Maar die kampe veral het hy nooit gemis nie. Elke jaar het hy op die kampe gegaan, die groot rede die fraai niggies wat van oor die hele Vrystaat gekom het. Hulle was nie te versmaai nie!
In standerd 8 was daar in die Voortrekkers so ‘n weermagkamp-affêre; nagmars en wagstaan en afkak en hardloop. Daai nagmars werk mooi vir hom – seuns en dogters is in een span. En jy het jou meisiemaatjie om op te pas. Ja, op te pas!
Nelia is sy maat. Hy ken haar van vorige jare se kampe. Sy’s nie ‘n olieverfskildery nie, maar oukeierig. Een aand lê die span in die veld, seker om te slaap. Maar daar gebeur baie ander goed as slaap. Hy bekruip vir Nelia.
Tommie en Nelia het lekker gevry en hy het stinkvinger met haar gespeel. Dit was net so vrek moeilik vir haar om haar hand voor by sy oorpak in te kry. Sy het daai aand amper sy stingel ontwortel. Dit was seker maar deel van grootword, het hy gedink. Hy het later by ‘n pel, wat op Bloemfontein gaan swot het, gehoor Nelia was hul koshuis se “baisiekel”. H’m, ‘n lekker ding om te ry! het Tommie besef.
In Tommie se matriekjaar het die Voortrekkers een of ander intensiewe kursus gedoen wat baie leerwerk geverg het. Maar daarvoor het Tommie nie kans gesien nie. Skoolwerk was genoeg van ‘n marteling, dankie! Hy wurg egter deur die eerste kwartaal se Voortrekkers en woon die kamp die April-vakansie by … met genoeg drank om hom en ‘n pel of drie die hele week op ‘n stasie te hou.
Sommer die eerste aand gee hy die bottel vodka pak. Lank na ligte-af sluip hy na die standerd 6-kamp net langs die matriekkamp. Hy het gesien die fraaie Thea van sy skool se standerd 6-groep slaap in die een tent. Vanaand is die aand wat hy haar gaan vry, neem hy hom voor.
So gesê – of liewer, so gedink – so gedaan. Een of ander tyd in die nanag is hy die tent binne. Êrens vat hy aan ‘n niggie se skouer. Gelukkig is sy wakker. Op sy gedempte vraag waar Thea is, antwoord Thea sommer self hier van die kant af. Hy haas hom na haar kampbedjie. Hy wil haar soen, maar daar is ‘n suigstokkie in haar mond. Mooi saggies vat hy die stokkie en trek dit uit haar mond uit. Hy vry haar witwarm met soene en drukkies en speel ook met haar pramme. Met sy vertrek later sit hy die suigstokkie mooi terug in haar mond.
Ook in sy matriekjaar, op ‘n kerkjeugkamp, ontmoet hy ‘n modelmooie Michaela. Man, is dit nou ‘n netjiese aster! Lang blonde hare, groen oë en ‘n slank, lenige lyf – alles wat ‘n jong man se broek te klein laat raak. Hy het so ‘n paar keer besoek gaan aflê en lekker gevry; met haar sagte borste deur haar kantbra gespeel. Die kys het egter met tyd ‘n natuurlike dood gesterf. Tommie dink nie die verhouding het die potensiaal gehad om tot iets ernstigs te ontwikkel nie.
Tommie is baie bekend met sy tuisdorp se inwoners. Hy maak graag met hulle kontak as hy vakansies huis toe gaan. ‘n Klompie van die kinders was saam in die stad op skool. Baie ander ken hy deur die kerk. Dis vir hom lekker om vakansies daar te kom en die ou vriende op te soek. Hy sou net graag meer van die meisies wou vry.
Tommie verlang na daardie dae op die dorp as hy die bord van die Ladysmith-afrit voor hom sien. Hy sug.
Terwyl Tommie aanstoot, spring sy gedagtes na die jaar, na matriek, toe hy voltyds op die Vrystaatse dorp was, besig om iets te verdien deur los werkies. Dit was vir hom ‘n soort gap-jaar. Hy was toe nie seker presies wat hy met sy lewe wil doen nie.
Tommie dink aan Leigh terwyl die kar op die snelweg voortsnel. Tommie word deur sy niggie in die Kaap opgekommandeer om haar vriendin Leigh na haar matriekafskeid te vergesel. Sy pa is nogal gretig dat hy gaan en help hom finansieel. Hy koop vir hom ‘n vliegkaartjie Kaap toe en reël vir twee nagte in ‘n gastehuis.
Tommie hou nogal van Leigh. Hy vry haar heerlik op die naparty – soos sy niggie sê, die afterparty. Dis by iemand se huis en dis maklik om haar eenkant te kry vir die vryery.
‘n Dag later, toe niemand anders tuis is by hulle huis nie, verken hy Leigh se lyf ordentlik. Dit begin waar die twee van ‘n eetplek af tuiskom en besef niemand is daar nie. Gelyk draai hulle na mekaar en begin soen. Dis lang, uitgerekte soene terwyl hulle in die rigting van ‘n kamer beweeg. Tommie val op die bed neer met Leigh bo-op hom. Instinktief beweeg sy hande onder haar stywe T-hemp in.
Skielik sit Leigh regop en trek self haar hempie en bra uit. Tommie verken die klein, ferm borsies eers met sy hande en toe ook met sy tong en lippe. Leigh se nippels is hard en orent. Haar areolas is so klein soos 50c-munte. Terwyl sy steeds bo sit, broeknaai sy hom, sy voël so hard soos ‘n paal in sy broek en teen sy maag vasgedruk.
Tommie rol om en kry vir Leigh onder hom op die bed. Nou word sy gebroeknaai.
Skielik vlieg Leigh op en uiter: “Nie nou nie.” Sy hardloop badkamer toe. Verbaas staar Tommie haar agterna …
Tommie is huis toe sonder om vir Leigh te naai – ‘n steek gemis, dink hy nou en versit sy hande op die stuurwiel terwyl hy kyk waar lê die brandstofmeter se naald. Maar dink hy, dit was darem nie so erg nie. Hy het Leigh later weer raakgeloop en toe was dinge anders.
Tommie dink aan hoe dinge na die gap-jaar ontwikkel het. ‘n Jaar na matriek besluit Tommie die idee van werk vir feitlik fokkol geld is ‘n baie kak vooruitsig. Tot nou toe het hy verskeie los werkies gedoen. Hy moet iets op papier agter sy naam kry, besluit hy. Hy doen sorgvuldig navorsing en eindig by die Pretoriase Technikon op.
Hy skryf in vir ‘n diplomakursus om ‘n elektrisiën te word.
Maar verblyf blyk ‘n uitdaging te wees. Gelukkig is van sy skoolpelle al derdejaarstudente en bly in woonstelle en kommunes. Hy plak eers hier en dan daar, sukkelend om goeie verblyf te kry. Uiteindelik is daar plek in ‘n koshuis vir hom.
Tommie doen sy ding en kom so nou en dan vakke deur. Die einde van sy eerste jaar, na ‘n riller van ‘n vraestel, gaan drink hy en ‘n klompie klasmaats – mans en meisies – eendag in die tuin van die die Uniegebou. Eintlik was dit suip, nie drink nie.
Nerien is so dronk sy kan nie die trappe klim tot by die motors nie, dus word sy gedra. Sy is heeltemal te dronk om na haar koshuis te gaan. Tommie se vleuel in sy koshuis het ‘n oop kamer en Nerien word daar ingesmokkel. Haar kamermaat, Charlise is ook saam.
Charlise is in Tommie se bed toe hy in sy kamer kom. ‘n Man sê mos nie nee vir ‘n los gelukkie nie! Gou-gou is drie van Tommie se vingers in Charlise se doos. In antwoord pluk sy sy tril asof sy hom as ‘n soewenier wil saamvat. Hy suig en lek haar tamaaie tiete. Dan paas al twee uit.
So naby en tog so ver, dink Tommie toe hy die volgende dag wakker word: Ek het al hoeveel girls orals gevat en gevry, maar nog nooit ‘n poes met my piel geproe nie. Die fokken drank – as ek net nie so gesuip was nie kon ek daai girl genaai het!
Tommie bring sy spoed met die kar ‘n bietjie af. Hy dink aan sy ouma terwyl hy na die sagte gebrom van die kar se enjin luister. Die venster is nou toe, want hy het die onderpunt van Van Reenenspas, waar dit nou koeler is, bereik.
Ja, Ouma was reg toe sy eendag weer met haar hekelwerk gesit het en by herhaling beklemtoon het hoe belangrik hekelwerk as ‘n lewensmodel is. Sy het eendag plegtig vir hom gesê: “Boeta, onthou wat Ouma vir jou sê: As jy hekel moet sy sorg dat jy nie een steek mis nie. So is die lewe ook, as jy nie mooi dink nie, gaan jy steke mis.”
Tommie dink, terwyl sy hande om die stuurwiel wring, hoe sterk van toepassing haar woorde was. Hy dink aan die drank wat ‘n naai met Charlise gekelder het.
Dan spring Tommie se gedagtes na Merissa – ook ‘n student saam met hom.
Sy het sulke lang, sexy bene gehad. Hulle het so ‘n paar keer saam gekuier. Hulle was ook saam op toere – meestal kerktoere – waar hy haar altyd warm gevry het. Hy het daarvan gehou om met haar skewe tiete – die tiete kyk kante toe – te speel.
Sy het hom eenkeer vergesel na ‘n troue in die Laeveld. Al die pelle het in so ‘n goedkoop koshuis gaan oorbly. Tommie het vir hom en Merissa plek bespreek in ‘n ordentlike gastehuis.
Sy het toe so lang groen rok gedra – die pêntielyn het gewys. Dis iets wat hy haat.
Hulle het lekker geëet, gedans en ge-tant-koek met uitbundige sang. Pas terug by die gastehuis het hy Merissa vasgegryp en gevry. Later het hy die rok se ritssluiter afgetrek. Sy het hard probeer om die rok bo te hou. Maar later het sy opgegee en die rok is grond toe.
Tommie het haar bra los gemaak en haar op haar maag op die bed laat lê. Hy het haar rug begin masseer. Hy het stadig gewerk, van haar skouers tot net bo haar pêntie. Dan het hy afbeweeg na haar voete en boontoe teruggewerk. Hy het by haar pêntie gestop. Nooit het hy aan haar doos geraak nie.
Hy het haar omgedraai en weer by haar voete begin en opwaarts gewerk, tot by haar pêntie. Dan weer het hy by haar maag begin en verder op gewerk.
Die oomblik toe Tommie aan Merissa se borste raak, het sy ‘n orgasme gekry. Sy het sulke rukbewegings gemaak. Tommie het afgesak en begin soen en broeknaai, so deur sy onderbroek en die pêntie wat sy nog aangehad het. Tommie kon later voel dat sy voël so half en half in haar doos is, maar deur albei stelle onderklere. Dit sou so maklik gewees het om net sy voël te bevry en haar koekie te penetreer, het hy op daardie stadium gedink. Maar hy het hom daarvan weerhou.
Merissa woon nou ‘n klipgooi van Tommie af – ook getroud en met kinders. So nou en dan loop hy in haar vas by die winkel of skool. Hy wonder of Merissa ooit dink aan daai nag. Kan haar man dit aan haar doen en hunker sy dalk ook soms na dit?
Hoe dit ook al sy, sy gedrag met Merissa daai aand is ‘n steek – letterlik ‘n naai – gemis, dink Tommie terwyl hy die venster toedraai en die lugversorger aanskakel.
4 COMMENTS
Voorspel inderdaad …. skool en varsityb dae verlang ook inderdaad…. en so ook ‘n paar steke wat ek gemis het wat nou nog by my spook
Ai. Hoe heerlik verlang ek terug na my skool en studente dae. Het self op ‘n hele paar steke uitgemisn.
Dankie vir lekker herhinneringe
Tommy se soektog na sy Nirvana duur voort!
Tiptop jy’t soos ‘n goeie minnaar in 2 episodes met ons voorspel gespeel en ons uiters lusgemaak, nou’s dit tyd vir die DAAD !
Ons kannie wag nie, sit hom in ☺
Hehehe!