Happy anniversary
deur Whale
Haar vriendin groet skugter as ek haar oplaai, net so vinnige half-skaam “hello” deur die oop venster aan die passasierskant. Ek sien vir Sussie (my bynaam vir my verloofde) glimlag, ‘n veraf uitdrukking in haar oë. Ek weet sy dink ver, want as sy so smile dink sy ver. En ek wonder of my luck vandag in is.
-0-
“Jy kan vir haar sê sy kan self kom kyk volgende keer”. Sy het vroeër in die kar vir my vertel hoe Corné haar uitvra oor ons sekslewe en hierdie is my spreekwoordelike skoot in die donker … maar ek skiet met ‘n windbuks in ‘n hurricane. Ons kan nog nie eers met die ligte aan spyker nie, sy kry te skaam nog. Ons gaan al agt maande uit, is drie maande verloof, kom beide uit vorige huwelike, so die konserwatiewe bewaking van die vleesagtige hymen is nie meer ter sprake nie. Maar sy kry steeds skaam vir my, grotendeels omdat haar eksman haar afgekraak het op elke moontlike manier. Sy glimlag terwyl sy die oorblyfsels van my saadstorting van haar maag afvee. Maar sy sê niks.
-0-
Ek en Sussie ry in stilte die middag-verkeer tegemoet uit Plattekloof uit, na my meenthuis in Durbanville. Haar huis is nie ver van myne nie, maar vanaand is date night by my huis, en die wyn staan al die hele middag lank en asemhaal, die boud is in die oond en my lewe is een moerse lied. Sy glimlag weer haar droom-glimlag as ek links op die N1 draai. Eers toe ons die Durbanweg-afrit vat praat sy langs my.
“Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek het iemand oorgenooi vanaand”.
Ek is summier die moer in, maar sê niks … my planne vir vanaand maak nie voorsiening vir ‘n fight nie, dit het ‘n erger invloed op my korrasie as ‘n koue stort. Ek knik net my kop, sê niks. Maar ek weet sy kan sien ek is die moer in, want sy kyk net weg.
“Dit is Corné”. Ek bliksem amper my XC90 D6 om, en moet vinnig keer om nie die tannie met die Volla langs my te stamp nie. Ek wag dat sy verder praat, maar sy giggel net vir my reaksie.
Ek het skaars die wyn geskink en musiek opgesit toe die deurklokkie lui. My hart klop in my keel, en ek mors van my wyn toe my hand skielik begin bewe. Sussie en Corné kom in die ooplan-vertrek in, en sy groet weer skaam-skaam. Sy het ‘n perskekleurige rok aan, van daai wat kort voor is, en lank agter. Ek kan nie help om die bruingebrande bene op te merk nie. Haar blonde hare is in ‘n poniestert vasgemaak. Ek ruk myself reg en gaan deur die tradisionele ritueel van “sit-kan-ek-vir-jou-iets-skink?” Maar ek sien die smile op Sussie se gesig, en die vonkel in Corné se oë.
Die ete verloop goed, deels omdat die wyn sy werk begin doen, en deels omdat ek meer op my gemak begin raak het, die gevoel van onheil steeds nie heeltemal uit my kop nie. My mes en vurk is skaars neergesit toe Sussie aankondig sy gaan die huis vir Corné wys. Ek stem met ‘n kopknik in, en wonder in ‘n onbesonne oomblik van waansin of ek nie gou vinnig na die Formule 1 op Supersport 6 HD kan loer nie. Ek besluit daarteen, en begin opruim. Katie is more hier, spesiaal so gereël dat Sussie nou nie weer heeland voor die opwasbak spandeeer nie. Ek hoop steeds dat Corné haar ry vroeg kry, ek het planne … o fok! Die smeermiddel, vibrator en room staan op die bedkassie in my kamer! Asof op cue klokkie Sussie se stem uit die hoofslaapkamer onder in die gang.
“Renier! Kom gou hier asseblief?” Sy klink nie kwaad nie, maar mens weet nooit. Versigtig stap ek die gang af, onseker wat om te verwag.
Sussie staan in net haar onderklere langs die kingsize bed in die ruim vertrek. Ek snak na asem, onthou dan van Corné. Sy moes my gedagtes lees want sy sê: “Sy is weg, moenie worry nie.”
Fok, ek het hulle nie eens by die voordeur gehoor nie. Maar die godin in die skrapse wit kant voor my verdryf enige ander gedagte soos mis voor die son en ek stap nader, skielik met outoriteit. Oorhaastig maak sy my Levi se knope los en stroop dit van my af. Dan waai die Hugo Boss onderbroek, en my meneer staan reeds regop met pers kop en blink voor haar. Sy neem dit dadelik in haar mond en my knieë knak.
Hoe dit gebeur weet ek nie, maar die volgende oomblik is ek op my rug op die bed, my hande met een van my lugdiens-dasse bo my kop vasgebind en ‘n ander das bind my oë toe. Ek kan haar hoor beweeg, maar sy praat nie ‘n woord nie. Haar mond sluit weer oor my voël en ek ruik haar koekie by my mond. Gulsig lek ek die nektar wat uit haar gladgeskeerde vroulikheid drup op, en begin dan met mening werk. Alles vergaan, die oomblik laat tyd stilstaan. Sy kom kreunend en rukkend in my mond, staan dan op en alle agtergrondgeluide en reuke keer terug na die hede en my … en my hart gaan staan byna. Daar is nog iemand in die vertrek, ek kan dit voel. Die blinddoek is so goed opgesit, ek kan nie ‘n skreef lig sien nie. Ek begin kloustrofobies voel en wriemel teen die das wat my hande vashou. Sy giggel voordat ‘n nat koekie oor my voël glip. Uit die sagte geluidjies uit haar keel kan ek hoor dis sy. Dan is ‘n bos hare teen my mond voordat ek weereens met ‘n mond vol vrou beloon word. Corné! Fok sy is nog hier! Ek voel my voël pols by die gedagte en gee my dan aan die saligheid oor. Hulle ruil om, en ek kan voel hoe Corné my versigtig in haar druk. Sussie kom sit weer op my mond, en ek kan hoor hoe hulle vry terwyl beide van hulle al hoe vinniger beweeg, een op my mond en een op my voël. Corné kom skielik rukkend en polsend en ek maak ‘n benoude geluid agter in my keel. Sussie verstaan en staan op, vat my voël in haar hand en gee dit ‘n paar plukke. My sak span styf en verlig skiet ek die saligheid van my skoot in haar mond in. Wag … sy hou nie van die smaak nie. Ek hoor haar giggel, voor sy Corné beveel om die kom op my maag uit te spoeg. Dan is ek alleen in die vertrek, vir die eerste keer in ons verhouding skaam, maar ten volle bevredig. Sussie se laaste woorde voordat sy my van die blinddoek verlos is: “happy anniversary my liefie, hoop jy het daarvan gehou”.
-0-
Corné kom groet hierdie keer by my venster, en vra skalks wanneer sy weer kan kom kuier. Sy lê klem op die woord ‘kom’ en hierdie keer is ek die een wat skaam teruggroet. Op die N1 vra ek die vraag wat my die heeltyd pla. “Hoekom het jy dan ingestem tot dit?” Ek kyk vir Sussie wat ingedagte na die verkeer sit en staar. “Ek beplan dit al lank, en ek en Corné praat al lank daaroor. Sien, na die eks-man en voor jou het ek en sy bietjie eksperimenteer, en ek hou nogals van hierdie bi-sexual besigheid”. En sy klokkie haar helder lag in my verbaasde gesig toe ek die Durbanweg afdraai vat.
4 COMMENTS
Ek het die eerste keer met Annelise “kennis gemaak” dmv MAANVRUG. Kan nou nog nie ophou om dit aan te beveel by almal wat ek ken nie. Wil net hier ook die geleentheid gebruik om haar te bedank vir die mees erotiese boek wat ek ooit in enige taal gelees het. Slavin was weer so ‘n treffer en ek hoop om nog baie meer uit haar pen te lees.
Baie dankie Karel 🙂 🙂
‘n Koerasie-opjagende storie. ‘n Driesaam met twee biseksuele dames is ‘n fees, veral as hulle die kuns om jou in ‘n tweetal-span te vry onder die knie het. Maar wat dit nog meer interessant maak, is wanneer julle na ‘n ruk ruil en jy en een van die dames die ander een tweetal.
Vol verrassings! Lekker storie!