Halloween
deur Emily Fox
Ek is mal oor Halloween, absoluut, sonder enige twyfel mal daaroor. Dis die een aand in ‘n jaar wat jy kan aantrek en wees net wat jou griewelike-verbeeldingryke-hartjie begeer. Enigiets van ‘n sexy seerower tot ‘n Playboy-bunny, ‘n stout skoolmeisie, verleidelike nurse of onskuldige non. Net wat jy nog altyd wou wees en vir daardie een aand is daar geen oordeel nie, want anything goes on old Hallows Eve.
Ek is mal oor Halloween sê ek oor en oor vir myself terwyl ek my hand toemaak in haar hare en haar kop ‘n biejie agtertoe trek om haar saggies in haar nek te soen. Sy snak na haar asem wanneer ek saggies byt, sy druk haar naels in my rug en krap van my skouers af tot my lae rug, die rillings is onweerstaanbaar.
Wie sou kon dink, daai soet skoolmeisie op die punt van die bar sou so ‘n feisty minx uitdraai? Natuurlik het dit glad nie gehelp toe sy later in die badkamer ‘n liniaal en swart raam brilletjies uitruk om my biblioteek-juffrou fantasie ook te bewaarheid nie. Nog n rede hoekom ek mal is oor Halloween – dit bring die sexy in mense uit.
My hande gly langs haar sye af, onder haar wit oopknoop skoolhempie in, daai tipe wat so ‘n stout stukkie bra laat uitsteek. Haar vel voel sag en warm onder my hande, sy snak weer na haar asem van die onverwagde koelte van my hande. Ek trek haar teen my vas en vry haar lank en stadig, ons lippe en tonge dans terwyl ons lywe ritmies saam beweeg. Met haar rug teen die badkamerdeur gly ek my hand by haar been af en lig hom sodat sy teen die deur agter haar vastrap en ek tussen haar bene inpas. Ek gly my hand dan op teen haar bo-been onder haar swart rompie in. Haar g-string is sopnat voor wanneer my vingers saggies op en af gly. Ek kan haar sappe voel deur die materiaal syfer, sy kreun ‘n bietjie wanneer my vingers haar klit vind onder die materiaal, sy gee ‘n stoute giggel en ek kyk haar diep in haar ysblou oë. Met myne vra ek” “Is jy seker?” Met hare skree sy: “Vat my nou!!”
Sy sit haar hand in my hare, trek my kop agtertoe, byt my in my nek net onder my oor, haal diep in my oor asem en fluister:”Fuck me, ek was in my lewe nog nooit so jags nie.”
Net daar glip ek my hand onder haar g-string in en my vingers is in haar. Diep binne haar beweeg my vingers rond, in en uit,dieper dan vlakker, tease haar soos sy elke keer snak na haar asem. Haar asemhaling raak al harder en vinniger. My duim beweeg steeds oor haar sopnat klit met my vingers in en uit haar lekker plekkie. Haar rug trek al hoe meer met n boog kan ek voel net my ander hand wat haar stut teen die deur. Sy sukkel om haar oë oop te hou en begin al hoe harder asem haal. Ek probeer haar sjoesh in haar oor, maar dit maak als net erger (beter hahaha). Met my drie vingers in haar en duim op haar klit kan ek voel hoe haar heupbene binne haar begin saamtrek, my que vir vinniger en dieper.
Ek trek my naels teen haar rug af met my ander hand en sy kreun hard. Sy vou haar been om my en trek my teen haar vas soos haar spiere saamtrek, haar rug nog meer van ‘n boog maak en sy hard in my hande kom. Ek moet my hand oor haar mond sit om die uitlating te demper. Gelukkig is die band op stage redelik hard en kan mens nie sommer iets van die badkamers af hoor nie. Sy bewe in my arms elke keer as ek haar probeer stil maak deur in haar oor te fluister.
Wanneer die bewerasies bedaar raak haar hele lyf lam en ek hou haar regop. Sy is sopnat gesweet en uitasem. Haar lang donker hare kleef in stukkies aan haar gesig vas. Sy kyk diep in my oë, half verbaas. Verbaas dat haar eerste keer met ‘n vrou in ‘n badkamer was of dalk dat sy gekom. Sy giggel saggies en kyk skaam grond toe soos sy haar rompie regtrek en hempie se knope begin vasmaak.
Dit voel of sy in my siel inkyk wanneer sy weer met my oogkontak maak. Sy neem my gesig in albei haar hande en soen my. Haar sagte, warm lippe pas perfek op myne en ons tonge vind weer mekaar. Dis so amper of die hele scenario begin weer van voor af afspeel. Sy trek dan weg, draai om en in ‘n paar sekondes is sy by die deur uit en weg in die skare mense op die dansvloer.
Ek staar na die skare mense wat geen idee het dat van my grootste fantasieë nou net bewaarheid is nie. Die sexy skoolmeisie. Die biblioteek-juffrou Die vreemdeling in ‘n publieke plek.
Ek is mal oor Halloween. Dis daai een aand in ‘n jaar that anything goes. Die meisie sou ek nooit weer sien nie, maar Tommy Girl sal my altyd terugvat na daai aand, in daai badkamer, met daai lyfie, daai lippe, daai fluister in my oor: “ek was in my lewe nog nooit so jags nie …”
1 COMMENT
Hot!