Erotiese kuns? Besluit self.
Georgia O’Keeffe het, onder andere, skilderye van vergrote blomme gemaak – soos as mens deur ‘n vergrootglas daarna kyk.
Baie het geglo dat hierdie skilderye van blomme intens seksueel was en sommige het dit selfs erotiese kuns genoem. Sy het self egter ontken dat enige Freudiaanse interpretasie van haar werk geldig is. Hier is so paar van haar skilderye. As “beauty in the eye of the beholder” is, kan mens seker so van kuns ook sê. Wat dink jy?