Dirty Old Man (2)

deur Pacman

(Lees die vorige episode HIER)

Ek strompel die kleedkamer in. Alles is ‘n blur. Ek kry warm, donners warm. Ek hoor stemme, ek sien mense, kinders hardloop, waiters met skinkborde, maar ek is op ‘n ander plek. Die 2de laaste deur is oop. Ek val amper oor my voete op pad soontoe. Ek sluit die deur, klink soos ‘n geweerlot wat grendel. Skiet, skoot, dood. Fok my kop suis soos ‘n fokken tornado!

Ek staan met my rug teen die muur. Ek haal diep asem, probeer myself kalmeer. Ek merk op dat die toileteenhede ‘n vollengte deur en mure het. Die gebeure van die afgelope ure speel verward deur my kop. Wat de donner het gebeur? Een oomblik is ek bang, verward, uitgevang. Deer in the headlights. Die volgende oomblik lê daar ‘n rooi satyn panty op my skoot. Die 20-jarige eienares se hand is op my bo-been. Ek sukkel om te fokus, om die bakkie in die pad te hou. Haar woorde sweimel om en om in my kop, asof ek die letters kan sien, rondomtalie om my. Soos ‘n baba wat in ‘n stootwaentjie lê en staar na die speelgoed wat in ‘n sirkel bo hom hang en dan om en om draai: “as niemand sou uitvind nie,” “vermoed jy sou graag jou sperm in my panty wil skiet terwyl jy fantaseer oor my,” “my diepste geure ervaar en dit dan oor jou penis vryf tot jy oorkook.”

My asem begin bedaar. Ek begin besef dis ok, alles is ok. Ek is nie in die kak nie. Elmarie se ouers (my vriende van 25 fokken jaar!) weet nie. Haar ander vriendinne (my ander vriende van fokken 25 jaar se dogters!) weet ook nie. Jy is ok, Nick de Wet, jy is ok. Ek blaas ‘n lang slaak koolstofdioksied uit. Fokkit, dit voel of ek my asem al ophou vir ‘n week.

“Ek wag vir jou …” Kom die boodskap op my foon. Elmarie. Ek haal die stukkie rooi lappie uit my broeksak. Die material sag en glad onder my vingers. Ek lig dit op en hou dit voor my gesig. Ek kyk mooi. Kant omboorsel, in ‘n effens ligter skakering as die donker wynrooi. Dis ‘n gewone snit, maar ek kan sien waar die voue gevorm het soos dit tussen Elmarie se vars, ferm boudijes ingetrek het. Ek maak my broek los, val om my enkels. Ek trek die rooi panty oor my regterhand en sprei dan my vingers oop, span dit oor my hand. Ek draai dit om, die voorkant is in my palm. My penis wip met die gedagte van wat net-nou nog in daai stukkie materiaal was. Ek bring dit nader na my gesig, ek ruik. Eers versigtig, liggies. Parfuum, en ‘n reuk wat my herinner aan die binnekant van ‘n badkamer. Seep, stoom, shampoo. Dan druk ek die rooi satyn panty vas teen my neus en maak my vingers toe, my halwe vuis oor my gesig en neus. Ek teug diep en lank. Ek ruik mens, ek ruik die geur van vars poesie. Ek verbeel my die reuk van haar natheid. My neus reg op daai plekkie waar daai voggies sou uitkom. My linkerhand streel my harde penis, trek die vel terug en draai dan. Ek kyk af en sien my klipharde penis, blink en hard. ‘n Onverskillige jagsheid het my oorval. Elke keer as my penis opbeur, wip, kan ek voel hoe die vel om my balle saamtrek. Ek vryf oor my balle. Alles tintel, is uiters gevoelig.

“Ek sou wat wou gee om nou by jou te wees,” kom nog n boodskap van Elmarie af deur. As jy maar net weet, meisie, as jy maar net weet. Dis stil in die kleedkamer. Ek vat die rooi stukkie lekkerny in my linkerhand en begin met my regterhand werk. Trek en draai, en druk. Vinniger, stadiger. Ek kan voel hoe my dyspiere span en dan weer ontspan. Span en ontspan. Ek ruik Elmarie se jong poesie. Ek is in ‘n beswyming. Ek verbeel my die mees verbode fantasieë. Hoe Elmarie voor my sit, op ‘n bank of stoel. Ek is op grondvlak voor haar. Sy het net hierdie panty aan. Sy plaas haar voete op my skouers, beheer sò die afstand tussen ons. Trap my weg, of laat my nader. Haar hand binne hierdie rooi panty, haar oë kyk diep in myne, sy knip nie. Sy laat my elke keer bietjie nader toe aan haar, aan daai nat warm plekkie. Ek verbeel my die gesig van haar vingers wat uitsteek onder die kant omboorsel, nat. En dan wanneer ek weer my gesig baie naby aan haar het, trek sy die panty eenkant toe. Die fyn haartjies, donker en nat. “Eet my, saggies.”

Ek besef ek gaan binnekort oor die afgrond tuimel. Ek lig die toilet deksel op en hang Elmarie se rooi satyn panty oor die boonste rand. Ek probeer bietjie terughou. Ek kry my selfoon uit, my hande bewe. Die video begin opneem. Ek herinner myself om nie te hard asem te haal nie.

Dan is Elmarie weer voor my. Ek leun vorentoe en soen haar nat vingers liggies, suig liggies. Haar vingers hou nie op met beweeg in haar heelike nat poesie nie. En dan proe ek haar, die ligte slymergheid, die reuk van ‘n ryp somervrug. My tong en lippe op haar diepste, privaatste plekkie, gly en lek en proe. In en uit, heerlik. Sy maak haar bene wyer oop. “Nick, ooooh Nick. Jy moet my naai. Asseblief.”

Ek probeer die selfoon beheer, my bene trek stokstyf en ek mik my klipharde harde penis na die stukkie rooi lap. “O fok Elmarie prewel ek.” Die eerste skoot tref die omboorsel bo en mis amper. Maar dan skiet ek my sperm in wit toue en met ruk bewegings skoot na skoot na skoot reguit op Elmarie se rooi satyn panty. Reguit op haar jong vars, nat poesie. Ek ruk en struikel amper. Die laaste skoot val op die toilet sitplek. Ek moet konsentreer om my asemhaling saggies te hou. Ek leun teen die muur. Die panty is papnat, deurnat en slymerig. Die sperm drup af. Die video record nog. Ek vat die panty en vee die oortollige sperm van my halfstywe penis af. Dit help nie veel nie, die panty is deurweek. My penis wip-wip nog. Ek voel die sweet teen my rug afloop. Piep-piep stop die video.

Ek vee die panty af, sovêr ek kan, en maak skoon. Sit op die toilet en maak my boodskappe op die foon oop. Elmarie, reply, add item, from gallery, video gallery, select, ok, send. Bliep, en die koevertjie gly oor die skerm. Ek staan op, sit die panty in my broeksak en maak die grendel op die deur los. Ontsluit, ontlaai, ontlont. Stap wasbak toe. Was my gesig af met koue water. Kyk op en sien my bleek gesig in die spieël. Jy is ‘n bliksem, Nick de Wet, flits dit deur my kop.

Ek stap uit. Kinders, waiters, stemme, musiek, sonlig deur die kleurglaswerk. Elmarie smile. “Jou bier is al warm.”

 

(Lees die volgende episode HIER)

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Dirty Old Man (2)

  • January 24, 2017 at 8:06 am
    Permalink

    Hey Packman. Wanneer kom ” Dirty Old Man (3) ? Daar moet nog van hulle wees. Great storie.

    Reply
  • December 28, 2016 at 9:23 am
    Permalink

    Hei, Pacman, wat ‘n jagsmaak-storie hierdie (saam met deel 1)! Ek het self ‘n paar peesterwippe daarvan gehad en op ‘n stadium was my hand ook aktief.

    Dit het my laat dink hoe ek as jong, jagse hoërskoolseun, ook ‘n bietjie pêntiesnuiwery en pêntiebeskieting gedoen het toe ‘n vriendin van my suster vir ‘n paar dae kom kuier het. Gelukkig was hulle, ook my ma en pa, vir die dag weg en kon ek die broekie agterna was en in die son laat hang om droog te word. Ek onthou die episode soos gister: Die opdiep, uit die wasgoedmandjie, van die ligpienk broekie wat sy die vorige dag aan gehad het; ja, daar is maniere hoe ‘n spulse seun kan uitvind watter kleur broekie ‘n skoolmeisie aan het! Dan daarmee na my kamer toe sluip, die gordyne toetrek, die deur sluit en die lig aansit. Dan eers word daai broekie omhoog gehou aan sy bo-rek, om van hoek tot kant te bekyk – die oë mettertyd gefikserend op die voorkant van die kruispant. Ek herinner my nou aan nog die tekstuur van die materiaal soos ek my vingers deur die beenopening steek en die kruispant tussen my vingers en duim versigtig bevoel – hoe die vingers oor die naat van die versterkstukkie in die mikkie gly. En hoe ek dit oor al vier vingers van my hand span om die voorkoms van die poesie daarin te probeer simuleer – nie juis baie suksesvol nie! En hoe ek dit dan teen my neusgate druk en my asem diep intrek, my oë op daai stadium waarskynlik glasig. Ek het dit netjies op ‘n handdoek op my bed neergesit, die kruispant netjies oor die rand hangend. En die volgende oomblik was my kortbroek en onderbroek op my enkels en my jongmansvool in my hand. Dit was net ‘n paar plukke aan daai riem voordat ek oor die pêntie begin blerts het. ‘n Hele paar klodders oral oor die broekie heen het hom versier. Ek het hom vir oulaas teen die lig gehou voordat ek badkamer toe is om hom in die wasbak te was, deegliker as wat ek nog ooit ‘n kledingstuk gewas het. Toe almal teen sononder opdaag was die broekie kuis terug op sy plek in die wasgoedmandjie.

    Pacman, jou storie is baie realisties en jou beelde en die logiese ontwikkeling is goed. Mens kan jou goed in die situasie inleef. In terme van jou titel en wat jy definieer as ‘n “geil ou man”, is daar sommer baie in die omtrek. Want watter ouer man sal nie die geleentheid gebruik om aan ‘n pêntie van ‘n oulike girl te snuif nie!

    Net een ding wat hinder is die baie spelfoute en die gebruik van Engelse woorde vir eenvoudige begrippe soos die volgende: pare (plaas van “couples”); wildritte (plaas van “game drives”); getuienis (plaas van “evidence”); wildbesigtigingsvoertuig of wildbesigtigvoertuig (plaas van “game viewer vehicle”); betrap, uitgevang, skuldig of verleë (plaas van “red handed”), kelner (plaas van “waiter”), bok in die kopligte (plaas van “deer in the headlights”); sjampoe (plaas van “shampoo”); opneem (plaas van “record”). Natuurlik is daar soms ruimte vir ‘n Engelse leenwoord – maar dan verkieslik met verafrikaanste spelling so ver as moontlik. Maar in die genoemde gevalle is die woorde mos al donkiejare in Afrikaans gevestig. Terloops, ek verkies die woord “geil” waar in Engels die woord “dirty” gebruik word met betrekking tot die seksuele. “Dirty” het ‘n negatiewe konnotasie en “vuil” ook. Dis meestal nie die begrip wat ons wil tuisbring nie. Niks omtrent seks is vuil nie. Ons wil iets egter soms aandui as hoogs gewaagd, prikkelend of jagsmakend. Hiervoor het ons ‘n baie oulike woord in Afrikaans – ‘n ekwivalent vir “dirty”, nl. “geil”. So, ons hoef nie oor te slaan na Engels waar ons in Afrikaans die volgende begrippe wil tuisbring nie: “dirty talk” (geil praatjies, geilpratery of geilpraat); “you talk dirty” (jy praat geil); dirty fantasy” (geil fantasie); dirty fun (geil pret); “dirty weekend” (geil naweek), “dirty dancing” (geil dansery, geildans); “dirty girl” (geil meisie/girl); “dirty party” (geil partytjie) en “dirty old man” (geil ou man).

    Laat kry ons nog van jou stories wat mens so lekker opgeil!

    Reply
  • December 17, 2016 at 6:03 pm
    Permalink

    If wishes were horses beggars would ride….ek sal so iets nie kan “handel” nie. Sien uit na volgende ….

    Reply
  • December 14, 2016 at 6:29 am
    Permalink

    Stem saam.. wag in spanning vir wat gaan volg….

    Reply
  • December 13, 2016 at 5:46 pm
    Permalink

    Wow. Ek kan nie wag vir die volgende een nie. Great storie

    Reply
  • December 13, 2016 at 2:25 pm
    Permalink

    Ek is stom… hierdie was ‘n pragtige verloop wat die verhaal noodwendig moes volg en baie goed en spannend geskryf.
    Die feite is dat jou storie beslis nog nie klaar is nie Pacman !
    Nou moet ons in nog spanning wag vir die volgende episode….shit, jy maak ons klaar man…Welgedaan !

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)