Die Uitdaging
deur Alter Ego
Dit het alles met ‘n artikel oor konsentrasie begin.
Sommer soos wat mens maar gesels in die oggende voordat almal agter hulle rekenaarskerms gaan wegkruip. Weet nie eers wie het die artikel opgehaal nie, maar dit kom basies daarop neer dat mens iets anders moet doen om jou fokus (konsentrasie?) te beklemtoon. Byvoorbeeld jou horlosie op die ander arm dra om jou van iets te laat onthou. Of een rooi en een blou kous dra om jou te herinner om heeldag te glimlag.
Soos gewoonlik, het die gesprek ander draaie begin maak. Mense is mos baie slim so vroeg in die oggend.
“Wat van om met ‘n kondoom in jou sak te kom werk om jou te herinner aan vanaand se verpligtinge?” vra ‘n wysneus. “Of sonder onderklere kom werk sodat jy heeldag kan pret hê omdat net jy dit weet” stel ‘n ander voor. So loop die gesprek tot by die punt dat almal toegee dat ons maar ‘n vervelige lewe lei en dat ons baie kan doen om meer pret te hê . . .
Net voor tien, skakel ek my kollega om ‘n aangeleentheid met haar uit te klaar. Dit is duidelik dat dit ‘n lang gesprek gaan word. Ek nooi haar om haar tienuur-koffie saam met my in my kantoor te kom drink. Dan kan ons sommer die aangeleentheid bespreek. So gereël, so gedoen. Dit was maar net ‘n noodwendigheid dat ons gesprek weer aangegaan het by die vervelige lewens wat ons lei – en dat ons baie kan doen om pret te hê. Ons kom by die punt in ons bespreking dat ons saamstem dat die meeste gesprekke is net dit: ‘n gesprek. Praat word selde doen.
So besluit ons toe net daar om ons gesprek in “doen” te omskep! Ons plan van aksie: Ons gaan die volgende paar dae saam goed doen om meer pret in ons dae te bring. Elkeen gaan ‘n beurt kry om iets voor te stel. Die eerste week se kreatiewe idees het ingesluit: ‘n speelding op jou tafel, ‘n ander sleutelhouer, ons het parkeerplekke omgeruil, ensovoorts. Toe verskuif dit noodwendig na die volgende vlak . . .
Die tweede week het met die “sonder onderklere werk” begin. Ons het aangemeld vir werk en na die oggendkoffie, ons onderklere uitgetrek en vir mekaar gegee vir die dag. Dit was ‘n hormonale uitdaging! Ons het heeldag redes gehad om mekaar op te soek. Toe raak dit meer waaghalsig. Die volgende dag het ons kom werk. Ons het ‘n verskoning gehad om te ry. Die uitdaging was om bo-lyf gekleed te hou maar onderlyf, net onderklere. Langbroeke uit, panty en onderbroek daar gaan ons. Nie ‘n probleem solank dit net ry is nie, maar ‘n verkeerslig is ‘n uitdaging. Veral as een van hierdie groot bakkie-goed langs mens stop. Nogtans was dit groot pret – soos wat ons voorspel het. Ons moet dit weer doen. More!
Volgende dag is ons haastig om ons draai te gaan ry. In die kar tot om die hoek. Broeke uit. Ons kyk vir mekaar en besluit gelyk om dit alles te gee – uit met die panty en onderbroek ook. En daar gaan ons. Baie moeilik om ‘n motor te bestuur met ‘n dame wat so ongekleed langs jou sit. Ek dink ons was meer op ons senuwees oor mekaar as oor wat mense om ons dalk kan sien.
“Ek sien jy hou van die kaal-ryery” sê sy vir my.
“Hoekom?”, vra ek.
“Nee ek sien jy’s heel gereed vir aksie – kleinman staan penregop”.
“Dis unfair” reken ek. “Ek dink jy is ook heel gereed vir aksie, ek kan net niks sien nie. Kan ek maar voel?”
“Jy kan maar. Stop net eers asseblief – verkieslik iewers weg van die verkeer af”.
Ek draai by die naaste winkelsentrum in en gaan stop in die onder-dak parkering. Sonder seremonie maak sy haar bene oop vir my om te voel. So met die oorbeweeg na haar toe, ontmoet ons lippe. Sy was inderdaad heeltemal gereed vir aksie . . .
Nie gedink seks in ‘n parkade kan soveel pret wees nie.
Die grootste uitdaging nou, is om ander pret-plekke te kry . . .
1 COMMENT
Dit lyk my die heerlikheid van die buiteseks-ding het posgevat. Ek kan my indink dis nie lank nie of julle gaan van gewone buiteseks oor na buite-loerseks en dan, uiteindelik, na buite-meedoenseks.