
Die Tweeling
deur Bosvelder
Twee broers, gebore op dieselfde dag, presies 24 maande uit mekaar. Ons lyk soos ’n tweeling, tree
baie dieselfde op en in die bosvelddorpie waar ons groot geword het, was ons bekend as die Bossie
boeties. Hans was die kwaaijong, immer besig om iewers kattekwaad aan te vang. Ek was die volgeling. Hy was ouer, vinniger, slimmer en sterker as ek. Eerstespan losskakel in standerd 8, rugbykaptein in matriek, terwyl ek twee jaar later gesukkel het om die span te haal.
Is dit nodig om te sê dat ek meermale aan die ontvangkant van sy streke was, en by tye was dit gemeen. Ons verhouding het ʼn kwaai knou gekry toe hy in sy Matriekjaar my meisie, drie jaar sy junior, afgevry en toe soos ‘n ou lap eenkant toe gegooi het. Dat sy boonop op my skouer kom huil het, het my wrewel teenoor hom net vererger.
Hy is weg Universiteit toe, en dit was seker die beste twee jaar van my jeug. Nou kon ek myself by die skool wees, kon ek die asters agter in die bus vry, sonder dat hy iewers in die agtergrond aanmerkings maak. By die huis was ek nou die groot seun. Ek het lyf gekry en sterker geword. Nog ‘n keerpunt het in my Matriekjaar gekom – hy was die vakansie tuis en my meisie het kom kuier. Ons, en ʼn paar skoolmaats het heerlik in en om die swembad baljaar. Terwyl ek en my meisie omhels en soentjies steel, ek sag oor haar rug streel, laer af tot daar waar die boude kuiltjies maak, het hy skielik van agter gekom, haar bikini broekie afgepluk en hom uit die voete gemaak. Haar wit boudjies vir almal sigbaar. Sy was briesend, en ek het ‘n taai klap gekry. Sy het haar broekie opgepluk, haar goed gevat en saam met haar vriendinne die pad gevat. Mooi praat het nie gehelp nie. Sy was te kwaad, te vernederd en dit was die einde van ons verhouding.
Hans het hom ewe onskuldig voor die TV sit gemaak, sy grynslag reg rondom sy bakkies. Ek het hom aan sy hemp opgepluk en voor hy tot verhaal kon kom, sy bakkies stukkend gedonder. Drie-vier houe later het hy kreunend op die vloer gelê. Natuurlik moes ek die aand verduidelik waarom ek hom gefoeter het. My ouers was nie beïndruk met een van ons nie.
My meisie het my verskoning aanvaar, maar my reputasie was geskaad en die meisies het ons huis vermy.
Ek het aangedring om na ʼn ander Universiteit as Hans te gaan en het hom sover moontlik vermy. Nadat sy studies voltooid was, het dit nog makliker geword. Die jaarlikse instelling van ons kinderdae om groot makietie op ons verjaarsdae te hou, het tot verdriet van ons ouers, tot niet gegaan.
Ons het beide op aspirant prokureurs verlief geraak. Ek op Retha, en Hans op Karlien, beide petite, sowat 5’ 4’’ in die ou taal, blond, blou oë. Hulle kon ook ‘n tweeling gewees het. Ek het egter gesorg dat ek Retha so ver weg moontlik van Hans af weg hou.
Hans en Karlien se verlowing is met ʼn naweek by ʼn Lodge in die Bosveld gevier en ek het die geleentheid gebruik om Retha aan my familie voorstel. Retha en Karlien het dadelik gekliek, terwyl ek en Hans beskaafd, maar versigtig met mekaar omgegaan het. Hans kon sy oë nie van Retha afhou nie, maar sy het hom ongeërg behandel en ʼn gesonde afstand gehandhaaf. Karlien het dit of nie gesien nie, of wou dit nie sien nie. Sy was verlief en verlore.
My ouers se teenkanting ten spyt, het ek en Retha ʼn kamer gedeel. Vir ons was dit nog ʼn bousteen in ons liefdeslewe. Retha het wel sterk gevoel dat ons die “koekieblik-oopsny” vir ons huweliksnag moes los, om dit ekstra spesiaal te maak. Laat die Saterdagmiddag het ek en Retha die koppie by die Lodge uitgeklim om die sonsondergang te geniet. Sy het voor my gestap geklee in ʼn ligte, kort somersrokkie. Haar bobene deur die ligte materiaal teen die sonlig afgeëts. Wat ʼn prag prentjie! As sy vooroor oor ‘n hoë klip klim, kon ek tot byna by haar broekie sien, en sy het dit geweet!
Op ʼn rots tuisgemaak, koeldrank in die hand, was dit net ons twee op aarde. Iewers tussen stil wees, lag, kielie en ‘n soen, het sy ʼn wind laat uitglip. “Phewww,” so ʼn fyn geluidjie, vroulik, mooi. Sy het gebloos en probeer askies sê, maar ek het haar woorde met soene gesmoor. Sy is mens, sy eet, sy piepie, sy poep, soos ons almal! Ek was dol verlief.
Tussen soen, en giggel, en kielie (en ‘n windjie) het my hande haar verken, lig-sag oor haar bobene tot daar bo, daar waar son en maan en sterre bymekaar kom. Hier het sy saggies gekeer, waarna ek opgestaan, haar opgetrek en haar rokkie oor haar kop gelig het. Sy het voor my gestaan, in ‘n
bra en wit broekie, verruklik mooi. Die son glans op haar blonde hare, haar groot blou oë waarin ek
verdrink (en vandag nog nie weer kon opkom vir asem nie), haar rooi lippe waarom ʼn sagte glimlag
speel. Vir die meisie sal ek my lewe gee.
Ek het my arms om haar gevou, die bra knippies gesoek en onder sagte protes los gemaak. Toe het ek haar ʼn arm lengte weg gehou en haar skoonheid ingedrink. Retha het was vraend-skaam vir my gekyk, maar nie verder protesteer nie.
Uit haar: “Jy ook, my lief,” het ek verstaan wat sy vra.
Ek het my hemp uitgetrek, toe my broek en onderbroek. Naak het ek voor haar gestaan, onbeskaamd, terwyl die laaste strale oor ons skyn. Dit was die eerste keer dat ek heeltemal naak by haar was.
Ek het haar in my arms geneem en gesoen. Die soen van twee jong verliefdes, twee mense wat alleen op aarde is, alleen in ‘n eie wêreld. Ons hande het mekaar verken, nêrens was verbode nie, haar sagte hand wat om my voël vou, my hande om haar borste, haar boude, en soekend die voorkant van haar lende verken, maar nie heeltemal tot daar nie, dit wou ek los tot later.
Haar broekie het ek nie uitgetrek nie. Ook dit wou ek meer spesiaal, vir haar en vir my maak.
Ons is die aand vroeg kamer toe. Ek het die hooflig afgesit, die gordyne oopgetrek en in die helder maanlig vir haar gekyk. Toe omhels ek haar, sy met die blonde hare wat kwalik tot by my ken kom.
Ek het haar gesig met my hande toegevou, in haar blou oë verdrink en haar rooi lippe gesoen. Haar
mondjie het oopgegaan, my tong ingenooi. Haar asem vinnig-vinniger, terwyl ons mekaar stadig ontklee.
Weer was ek bevoorreg om haar rokkie oor haar kop te lig, haar bra los te maak en haar net in haar broekie te laat staan. Ek het my naak uitgetrek, haar hande gevat en haar agteroor op die bed laat lê, met haar bene aan die kant af. Ek het stadig oor haar afgesak, my hande weerskante van haar op die bed gestut, en haar met my oë geliefkoos. Ons het sag gevry, ongejaagd, my hande sag en strelend, eers oor haar borste terwyl my mond die ligte sout van ‘n dag se sweet van haar vel aflek.
Ek het gekeer toe sy wou gaan stort. Nee, jy ruik en smaak soos vrou, jy is skoon, ek wil jou proe, nie die water nie. My hande het haar broekie gekry, oor die voorkant gestreel waar die nat deurgeslaan het. Sy het self, amper ongeduldig, haar broekie uitgetrek, wou hê dat ek by haar kom lê dat sy met my kan speel, maar ek wou nie.
“Dis eers jou beurt, my lief, geniet dit net.”
Ek het sag oor haar gladde vroulikheid gestreel, dit was nie die eerste keer nie, maar nou was ons onbeskaamd, gemaklik en nie beperk deur ʼn kar se sitplek nie. Sy was NAT, baie nat, my vingers glyend oor die gleuf tussen die buite en binne lippe, af tot by die ingang, waar ek ‘n oomblik huiwer en dan weer optrek, tergend, sirkellend om ʼn knoppie wat ek skaars ʼn week of twee tevore van bewus geword het. So sensitief dat sy oombliklik wegtrek as ek daaraan vat. Ek het gaan nalees, geleer van die klitoris, en was nou gereed om dit deel van ons liefdespel te maak.
Ek het my mond afgeskuif, wou haar daar soen, maar dit was te gou, te nuut vir haar. Sy het my gesig weg gedruk van haar geheimenis af. Terug met my vingers, amper in, in haar diepte, maar steeds versigtig om nie haar koekieblik oop te maak nie. Dit sou ons bêre vir ons huweliksnag.
Toe kom sy, vir die eerste keer vandat ons begin uitgaan het, het sy werklik oorgegee, volledig, onbevange en kreunend het sy onder my hande gekrul. Haar liggaam het geskud, haar kop heen en weer, oë toe geknyp. Sidderend. Ek het sag aanhou speel totdat sy my hand weggedruk en gesoebat het dat ek moet ophou.
Later het ons styf teen mekaar ingekruip. Sy het huiwerig aan my steeds stywe voël gevat. “Hoe doen ek vir jou wat jy vir my gedoen het?”
“Weet jy nie?”
“Ek is nie heeltemal seker nie, wys my”
Ek was skielik erg onseker, skaam om aan myself te vat voor my liefling.
“Wys my aseblief,” vra sy weer.
Toe speel ek met myself, trek my voël terwyl sy gefassineerd toekyk. Gebruik my eie spoeg om die voorkop glad te maak, vinniger, vinniger, my heupe opwaarts totdat die wit sperm ʼn boog uit my voël spuit.
Retha was beïndruk. “Dit was mooi, jy moet dit weer vir my doen.”
“Volgende keer moet jy dit doen,” was my antwoord.
Ons het styf teen mekaar ingekruip en die slaap van bevredigdes geslaap. ‘n Aand van ontdekking, die aand wat ons onherroeplik aan mekaar vasgebind het.
Maar dit was nie die einde nie. Hans sou nogmaals probeer om my geluk op te fok …
1 COMMENT
Hier KOM n ding