Die fietser

deur Ramkat Erasmus

Sy trap die fiets met al haar mag. Die koel wind stoot teen haar bors en sy voel hoe haar tepels klein vuisies begin maak onder die sportbra wat sy aan het.

Sy ken nie die roete nie, en ry ook nie gewoonlik alleen nie, maar na Dewald se snedige aanmerkings het sy hom laat gaan en later eers haar fiets gaan haal en in ‘n ander rigting gery. Sy word van voor af kwaad as sy daaraan dink. Dewald – fris, fiks, blond en super kompeterend – semi-profesionele tweekamp atleet en vir die laaste paar maande die man in haar lewe. Maar toe sy vir hom vertel wat haar teiken tyd is vir Argus het hy haar uitgelag en gesê sy kan dit vergeet, dat die Argus nie ‘n wedren is vir kieliekoekies wat dink hulle kan saam met die manne ry nie. Toe’t hy laggend sy fiets gevat en gery.

Sy’t geweet dat hy van haar sou verwag om agterna te kom en te probeer inhaal. Dat hy uiteindelik sou stop en as sy by hom kom vra of sy rerig dink sy kan die Argus in daardie tyd ry. Dan sal hy weer laggend onder haar uittrap en net voor die lang afdraende op pad huistoe vir haar wag.

Sy trap verbete. Die steil bult lyk wragtag nie so steil met haar kar nie. Maar sy weier om na ‘n makliker rat toe af te skakel. Sy kan nou wel nie met Dewald kompeteer op die pad nie, maar in haar kop is sy elke keer sy baas. Sy weet Dewald sal van haar verwag om in ‘n laer rat teen die bult uit te trap en daarom doen sy dit nie. Haar boudspiere begin brand van die inspanning, maar sy trap voort. Haar kuite wil begin bewe, haar bo-bene is lam en dan eindelik is sy bo. Voor haar lê ‘n gemaklike afdraaende met ‘n lang draai in die knikkie. Sy laat die fiets vry loop teen die bultjie af. Onder in die duik staan ‘n lang man aan die oorkant van die straat met ‘n tuinslang in die hand na haar en kyk. Hy gooi sy sypaadjie se gras nat. Sy lê vooroor op haar handvatsels en laat die fiets al vinniger loop. Net voor die draai trap sy twee of drie keer hard en wag dan vir die lekker inleun in die draai in.

Uit die hoek van haar oog sien sy die man met die tuinslang beduie iets, maar voor sy sin kan maak van sy gebare en sy stem kyk sy op en sien die minibus taxi wat van voor af op haar afkom aan die verkeerde kant van die pad. Sy swenk desperaat na binne, maar weet die dun wiele gaan nie hulle greep hou nie. Die taxibestuurder swenk na buite en sy besef verlig dat hulle mekaar gaan mis. Dan tref die taxi haar agterwiel en sy voel hoe die fiets onder haar wegval. Vernuf en tegnologie kan net so ver gaan, maar swaartekrag en Newton se wette voer altyd bo-toon in situasies soos die.

Sy val, skuur oor die teer, stamp haar kop hard teen iets en dan begin dit donker word. Sy hoop vir oulaas dat die ligte plastiek helm haar lewe gaan red.

-O-

“Lê stil…”

Die mansstem is diep en gerusstellend. Sy voel hoe hande haar onder die armholtes steun en versigtig regop trek. Sy sit op die teerpad. Maak haar oë versigtig oop. Haar fiets lê ‘n ent van haar af en dis heeltemal uit proporsie gebuig en verfrommel. Die brandpyn aan haar skouer, elmboog en heup laat haar skielik diep en ongemaklik kreun.

“Niks is gebreek nie…”

Die diep mansstem is nou agter haar.

“Kan jy opstaan? Ek wil jou uit die pad uitkry voor daar weer ‘n taxi om die draai kom”

Sy knik, dis te seer om te praat. Sy voel hoe hy agter haar opstaan en haar versigtig regop trek. Sy maak haar bene reguit en dan staan sy. Hy beweeg langs haar in, vat haar aan die voorarm en loop saam met haar sypaadjie toe.

In die koelte van ‘n Jakaranda gaan staan hy. Sy kyk op na hom toe. Sy’s ‘n lang meisie en is gewoond daaraan om meeste mense in die oë te kyk, maar sy moet haar kop agteroor buig om sy gesig te sien . Dis die man wat met die tuinslang op die sypaadjie gestaan het. Hy glimlag vir haar. Donker bruin oë, krullerige swart hare, spierwit tande.

“Ek het jou probeer waarsku… Oor die taxi. Maar jy was te vinnig…”

Sy knik.

“Dankie.”

“Ek bly net hier. Ek kry gou jou fiets dan vat ek jou huistoe.”

Sy knik weer. Haar bo-been brand soos vuur. Sy kyk versigtig af – te bang om die skade te sien. Haar stywe fietsrybroek is aan die een kant heeltemal in flarde. Dit word net met ‘n paar stukkies lap aanmekaar gehou. Die vel wat sy deur die geskeurde broek kan sien is velaf geskuur en bloederig. Haar kuit het ‘n kwaai rooi skraap op en haar elmboog bloei. Haar skouer is seer, maar darem nie velaf nie.

“Eina…” kreun sy en hy sit ‘n arm om haar lyf.

“Jy’t vrek hard geval. Goeie ding jy’t daai helm opgehad anders was jy nou in ‘n lykswa…” sê hy met sy diep stem as hy by haar kom met die gebuigde fiets. “Ek vermoed die ding is in elk geval bokveld toe…”

Sy kyk na haar duur nuwe fiets. Dit was ‘n present aan haarself. Vir die Argus. Maar sy dink nie sy sal met haar lyf of met haar fiets die Argus die jaar kan doen nie. Die trane van telleurstelling stoot skielik in haar oë op. Hy sien dit, verstaan verkeerd.

“Kom ek vat jou in sodat jy kan sit. Dit moet vrek seer wees…”

Sy knik, stoot sy helpende hand weg en strompel op haar fietsryskoene agter hom aan. Die skoene met die gespes onder die voet is op die beste van tye nie baie gemaklik nie, maar met ‘n seer lyf is dit amper onmoontlik om reguit te loop. Sy gaan staan, trap die skoene uit, tel hulle op en loop op haar sokkies agter hom aan. Hy hou die hek vir haar oop. Sy beweeg in die groot tuin in. Sy gaan staan verbaas. Daar is broodbome oral. Kleintjies, grotes en een of twee reuse. Dis ‘n pragtuin. Goed versorg en gevul met die reuke van allerhande eksotiese blomme en plante.

“Maggies,” sê sy.

“My oorlede ma het die tuin begin en ek hou dit nou maar so…” sê hy. “Mens raak versot op die mooi bome, veral as hulle so ruik…” Hy trek ‘n diep asemteug deur sy neus in.

“Ja…” Sy voel skielik duiselig, maar hy sien die tekens en vat aan haar gesonde arm.

“Kom, jy moet kom sit.” Hy lei haar na ‘n glasdeur en hulle gaan in. Vir ‘n oomblik verstaan sy nie mooi nie, maar dan besef sy dis ‘n tandarts se kamers. Die stoel, die lig bo die stoel, die tafeltjie langs die stoel met die instrumente lyk alles bekend soos wat sy weet ‘n moderne tandarts se werkplek moet lyk.

“Kom sit hier, “ sê hy en beduie na die stoel. “Ek het lig nodig om te sien wat ek doen…”

Sy gaan sit versigtig. Die stukkende drade van haar broek druk in haar beseerde been in en sy snak na haar asem. Sy probeer die toiings wegtrek, maar dit maak nog seerder. Sy haal diep asem en byt op haar tande. Sy hoor water loop, dan ‘n klap-klap geluid en dan staan hy langs haar met ‘n paar rubberhandskoene aan. Hy skakel die lig aan.

“Ek wil daai broek van jou afsny sodat ek die skrape kan skoonmaak. Is dit reg so? Of wil jy liewer hê dat ek vir jou, jou dokter of iemand anders bel?”

“Nee. Asseblief. Dis baie seer…” Haar oë skiet weer vol trane en hy kom sit en bekyk haar been krities.

“Kan jy so effens op die ander sy van jou rol?”

Sy steun en draai effens na hom toe.

“O… Terloops, my naam is Deon. Deon van Wyk, en ek is ‘n tandarts. Maar ‘n baie goeie een. Ek maak nie my pasiënte seer nie.”

Daar is ‘n effense sweempie van ‘n glimlag in sy stem.

“Ek’s Reinet. De Klerk. Ek’s ‘n rekenmeester.”

“’n Fietsryende rekenmeester… Hmm…. Lê vir ‘n rukkie doodstil, ek wil jou nie raaksny nie.”

Sy voel die hitte van sy liggaam as hy nader aan haar beweeg en oor haar buk. Dan voel sy hoe hy met ‘n delikate bewegingkie die bokant van haar broek wegtrek van die vel af en ‘n snit maak. Die broek sit onmiddelik losser, en hy begin stelselmatig die toiings een vir een wegsny. Dan val die laaste stukkie van die geskeurde broek weg en sy haal diep asem. Die voorkant van die broek val vorentoe en die agterkant na agter an dan onthou sy dat sy niks onder die fietsbroek aan het nie. Sy probeer vervaard om haar skaamhaartjies met die verslete stuk lap toe te hou, maar dit is nie maklik nie. Hy glimlag.

“Ek bring vir jou ‘n handdoekie…”

Sy lê met haar oë toe en voel hoe die blos teen haar keel en gesig opstoot. Saam met Dewald het sy al ‘n paar keer kaal in sy huis rondgeloop, maar dis nie vir haar maklik nie en selfs as sy strand toe gaan verkies sy om ‘n eenstuk baaibroek eerder as bikini te dra. Om skielik so oop en bloot voor ‘n wild vreemde man te lê is vir haar ‘n skok.

“Hier”. Sy kyk op, en hy staan langs haar met sy rug na haar toe. Hy hou ‘n handoek uit. Sy vat dit dankbaar en as hy uitloop begin sy dadelik om haarself te bedek.

“Roep my as jy reg is,” sê hy van buite die deur af.

Sy druk die handdoek voor onder haar stywe fietsry truitjie in, trek die handdoek met moeite tussen haar bene deur na agter toe en druk die agterkant ook onder haar trui in. Sy kyk af. Alles is nou bedek en alhoewel nie heeltemal kuis nie, darem beter as niks. Dan sien sy haarself soos hy haar gaan sien en begin giggel.

“Jy kan maar inkom!”

Hy kyk haar vraend aan en sy beduie na die grootmensdoek wat sy geprakseer het. Hy glimlag.

“Nou nie eintlik Coco Chanel se beste nie, nê!” kom sy diep stem weer en hy kom sit weer langs haar. “Ek gaan jou eers met iets spuit wat die pyn gaan wegvat… Dis die goed wat ons op jou tandvleis smeer voor ons inspuit. Maak net die oppervlak dood. Dan gaan ek al die bloed afwas en dan seker maak daar’s nie klippies of iets in die wond nie. Dan gaan ek ‘n verband opsit en jou huis toe vat. Reg so?”

Sy knik. Hy vat ‘n spuitkannetjie en spuit haar bo-been. Vir ‘n oomblik voel sy die koue van die spuit en dan is dit weg.

“Sê as ek seermaak, dan spuit ek nog…”

Sy voel hoe hy aan haar been vryf, maar die senuwees in die vel is dood en sy voel geen pyn nie. Dan vat hy ‘n knyptangetjie en haal klein stukkies gruis uit wat in die wond vassit. Om een af ander rede raak sy bewus daarvan dat hy diep deur sy neus asemhaal. Asof hy doelbewus probeer om haar te ruik. Sy kyk vraend na hom, bewus daarvan dat sy seker nie ‘n welriekende bloeisel is nie. Hy bekyk haar been krities.

“Lyk my dis reg. Nou daai elmboog…”

Die proses word op haar elmboog herhaal. Dan sit hy regop.

“Ek dink jy sal oorleef.”

“Dankie,” sy wil nog iets by sê, maar weet nie wat nie. Weer voel dit vir haar asof hy aan haar ruik. Dit maak haar ongemaklik maar sy vind die intimiteit daarvan ook effens opwindend.

“Het jy ‘n huisdokter?” vra hy.

“Ja.”

“Wil jy hom bel?”

“Haar. Dis ‘n ‘sy’, my dokter. Ek sal haar bel as ek by die huis is.”

“Goed so… Ek’s ‘n tandarts. Sulke wonde is nie my forté nie. Ek dink nie jy gaan letsels of iets oorhou nie, maar ek sal beter voel as jy so gou moontlik by ‘n dokter uitkom. Waar bly jy?”

“Seker so twaalf kilo’s van hier af…” Sy besef skielik sy praat van Dewald se huis. Dink sy dan al aan Dewald se huis as hare? Sy skud haar kop. “Jammer ek’s deurmekaar. Dis in Waterkloof … in ‘n kompleks. My dokter bly oor die straat van my af…”

“Nou maar kom … O, ja … Jy kan die gebruik om die doekie van jou vas te maak.” Hy gee vir haar ‘n rol rekverband en weer hoor sy die effense glimlag in sy stem.

Sy sit regop en rol die verband styf om haar lyf. Dan maak sy seker die handdoek is voor en agter stewig geanker deur die verband. Sy staan op.

“Die taxi?” vra sy.

“Weggejaag. Nie eers probeer stop nie. As jy wil, sal ek more of so, ‘n beskrywing by die polisiestasie gaan indien. Ek kon nie sy nommer kry nie, maar ek kan beskryf hoe die ding lyk. Nie dat ek dink dit gaan help nie …”

“Ek moet polisie toe gaan vir ‘n saaknommer. Die versekering …”

“Natuurlik, daai fiets van jou kos seker ‘n kein fortuintjie …”

Sy knik en stap na die skuifdeur toe. Weer slaan die manjifieke broodbome haar asem weg. Sy stap met haar skoene in haar hand agterhom aan na sy viertrek voertuig toe wat eenkant onder ‘n afdak staan. Hy sit die fiets agter in en maak die deur vir haar oop. Die goed wat hy op haar wonde gespuit het werk nog goed en sy klim relatief maklik in die voertuig in, steeds hiper bewus dat die doekie wat sy aanhet nie alles toemaak nie en as sy nie versigtig is nie, gaap dit oop en ontbloot inderdaad alles, maar Deon kyk net voor hom en bestuur versigtig op haar aanwysings na die kompleks toe.

Hy stop voor haar deur en stap om die motor om die deur vir haar oop te maak. Hy help haar uit en haal dan die gebuigde fiets agter uit. Sy bedank hom en hulle groet oor en weer. Dan klim hy in en ry met ‘n waai van een van sy groot goedversorgde hande hek se kant toe.

Sy kyk hom agterna en wonder dan skielik wat sy gaan doen om in haar wooneenheid te kom. Sy’t vergeet haar sleutels is in haar kar by Dewald se huis en toe sy onthou was hulle reeds amper by haar kompleks. Sy het toe te skaam gevoel om vir Deon te vra om om te draai en al die pad terug te ry. Sy besluit om by van haar bure te gaan klop en ‘n telefoon te leen. Dan besef sy hoe sy moet lyk. ‘n Verband om haar elmboog, bo-been en kuit. ‘n Geprakseerde doek en ‘n geskeurde fietstrui. Sy trek die trui af en dit maak net-net haar boude toe. Sy wonder of dit kan dien as ‘n baie kort mini. Dan slaak sy ‘n sug van verligting as sy Karen se Merc om die hoek sien kom.

-0-

Later lê sy in haar donker kamer en luister na Dewald en Karen wat heftig stry in die sitkamer. Karen is haar boesemvriendin, sielesuster, buurvrou en dokter. Sy het die tandarts se werk met ‘n kritiese oog geinspekteer en toe tevrede geknik. Daarna het sy vir Reinet ‘n inspuiting gegee om haar te laat ontspan en haar in die bed gesit. Sy het onderneem om Dewald, haar broer, te bel en hom te vra om Reinet se kar te bring.

Nou baklei hulle want Dewald wil vir Reinet gaan uittrap oor sy so ‘n onbesonne ding aangevang het en Karen keer en sê hy kan more sy sê, sê.

Reinet luister na die twee se stemme, hoor net hier en daar ‘n woord of ‘n sinsnede en wonder hoekom Karen dit goed gedink het om haar broer aan Reinet voor te stel. Want die verhouding was van dag een af ‘n ongemaklike een. Dewald floreer in ‘n kompetisie situasie en Reinet staan nie terug nie. Vir niemand nie. Sy is per slot van rekening ‘n direkteur van ‘n groot rekenmeestersaak en is die jongste persoon wat nog ooit genooi is om die senior pos te vul, en boonop is sy ‘n vrou.
Na ‘n ruk vervaag die stemme en sy raak aan die slaap.

-0-

Karen groet en ry. Reinet bekyk haarself in die spieël. Haar wonde is genees en sy loop sonder moeite. Dewald is in die Kaap vir die Argus en alhoewel hulle op ‘n manier weer hulle verhouding aan die gang kon kry weet sy dis ‘n kwessie van tyd voor sy dit beëindig. Dewald is net te gesteld op sy eie status binne in hulle verhouding.

Sy kyk na haarself en wonder of mans dink sy is mooi. Sy sien die breë voorkop, sterk wangbene, ferm lippe en golwende rooibruin hare. Sy hou van haar hare, maar haar gesig laat haar aan haar oorlede pa dink. Hy was ‘n militêre man en streng. Sy dink sy lyk soos ‘n man, alhoewel al haar vrindinne al vir haar vertel het sy is laf.

Haar oë sak ondertoe en sy begin soos altyd beter voel oor haarself. Haar lyf is gespierd van al die ure in die gimnasium, iets wat sy as kind al saam met haar pa begin doen het. Haar bene, dink sy, is haar beste bate. Fietsry is, soos dans, ‘n baie goeie manier om bene lenig en gespierd te maak. Sy trek haar los geblomde romp op tot bo haar dye. Haar bo-bene is wit terwyl die res van haar goudbruin gebrand is. Ek sal by ‘n sonbed moet uitkom, dink sy en laat die romp sak. Dan tel sy die pakkie met Deon se handdoek, sy verband en die geskenkie wat sy vir hom gekoop het op.

Na die dag van die ongeluk het hulle mekaar weer een keer gesien by die polisiestasie en hy het haar twee keer gebel om te hoor hoe dit gaan. Sy het vir Dewald by die lughawe afgelaai en op pad terug op die ingewing van die oomblik Deon se spreekkamers gebel en na ‘n effense gestoei met die ontvangsdame, met Deon self gepraat. Sy’t gevra of sy vir hom ‘n ete kan koop om dankie te sê en hy’t ingewillig.

Sy wonder of hy van die boek gaan hou. Dis ‘n versameling foto’s van broodbome in die veld en is deur een van die land se voorste fotograwe gedoen as projek om geld in te samel vir die bewaring van die oerbome. Sy darem eers met die kwaai ontvangsdame gepraat om seker te maak Deon het nie die boek op sy rakke iewers nie.

Sy sluit, sit die alarm aan en klim in haar sportmotortjie. Sy slaan die dakkie af en ry stadig in die lekker sonskynweer in die rigting van Deon se huis. Sondagmiddag in Pretoria is ‘n lui en slaperige tyd.

By Deon se huis aangekom gaan hulle deur die formaliteite van die hekinterkom en dan gly die hek vir haar oop. Sy ry in en sien vir Deon by die bakkie staan. Hy’t ‘n voorskoot aan en ‘n vadoek oor die skouer. Hy beduie sy moet langs die bakkie stop. Sy trek die handrem op en maak die dakkie toe. Dan klim sy uit, versigtig om nie te veel been te wys nie.

“Ek dog ek het jou genooi vir ete?” sê sy gemaak kwaai. Hy glimlag en trek sy skouers op. “Ek’s besig om konfyt te maak” sê hy. “Ek het gedog ek sal klaar wees voor jy hier aankom. Jammer… Kom sit in die kombuis en drink ‘n glas wyn terwyl ek gou alles klaar bottel. En o, ja… Baie welkom weer hier by my huis.”

Daar skielik ‘n baie ongemaklik oomblik as hy vorentoe leun om haar te soen. Sy wil haar wang draai, maar verander dan van plan en die piksoentjie land half op haar wang en half op haar mondhoek.

“Die’s vir jou,” sê sy en hou die boek na hom toe uit.

“Dankie. Maar dit was nie nodig nie…”

Hy druk die boek onder sy arm in en loop voor om die voordeur oop te maak. Hulle is in ‘n ander deel van die huis en Reinet ruik sommer waar die kombuis is. Op pad stap hulle deur ‘n ruim sitkamer. Die meubels is swaar hout met goeie gehalte kuns teen die mure. Daar’s ‘n groot plasma tv teen die een muur en ‘n klankstelsel wat vir haar bra profesioneel lyk. Die ander muur is feitlik heeltemal bedek met cd’s.

“Hulle het ‘n paar jaar gelede hier ingebreek en, onder andere, al my plate gesteel. Gelukkig het die versekering nie te veel gekibbel nie en ek kon alles vervang met cd’s. Probleem is net, ek kon die plate wegsteek, maar die cd’s….”

“Hmmm,” sê sy. “Hoeveel cd’s het jy?”

Hy lag vrolik. “Baie! Die is omtrent helfte van my versameling. Ek hou al die klassieke goed hier. Die jazz en rock musiek is in die musiekkamer.”

Hy sit ‘n Mozart cd op en maak ‘n deur oop na die kombuis. Reinet ruik die skerp reuk van warm applekooskonfyt. Die kombuis is groot met ‘n moderne gasstoof in die middel van die vertrek. Daar is verskeie werkoppervlakke en baie hout en vlekvrye staal. Hy beduie sy moet gaan sit en dra ‘n glas aan. Sy maak haar tuis op ‘n kroegstoeltjie en vou haar romp onder haar boude in. Hy skink Haute Cabriere Pinot Noir Chardonnay van uit die yskas en sê as sy nie daarvan hou nie kan hy iets anders oopmaak.

Dan begin hy behendig die flesse, wat omgekeer in ‘n bak kokende water staan, volmaak met sy konfyt.

“Waar kom die appelkose vandaan?” vra sy.

“My suster boer.” Hy glimlag. “Sy’s bang ek kwyn weg. Dra aanmekaar kos aan … Dit ruik lekker , nê?”

Sy onthou skielik hoe sy gedink het dat hy aan haar ruik toe hy haar wonde skoongemaak het. Sy ruik weer die sterk appelkooskonfytruik en knik.

Hulle gesels gemaklik oor alles en nog wat en sommer gou-gou is die konfyt gebottel en op ‘n leë rak staangemaak.

“Jy moet vir jou ‘n bottel of twee in jou kar sit voor jy gaan,” beduie hy. “Ek gaan in my lewe nie deur al die konfyt kom wat ek al gekook het nie!”

Hy was sy hande, hang die voorskoot aan ‘n hak en beduie met sy kop. “Kan ons met jou kar ry? Ek is mal oor karre wat se dakke kan afslaan?”

-0-

Na hulle lekker ete by Moyo’s kom hulle weer by sy huis aan. Deon bestuur en sy kan sien hy geniet die klein sportmotortjie terdeë, alhoewel hy sy lang bene redelik ver moet optrek om in die karretjie te pas.

Gedurende die ete het sy ontdek dat hy twee susters het, een ouer en een jonger. Dat hy klavier speel en kook. Sy ouer suster boer en is gelukkig getroud met 4 kinders. Sy jonger suster in in die Kaap waar sy as skakelbeampte werk vir ‘n groot firma. Sy en haar man is vegetariërs en hulle het nie kinders nie. Hy klink redelik snedig as hy oor die vegetariërs praat. Sy ouers is dood en hy was eenkeer getroud – geen kinders nie. Hy het ontdek dat sy ‘n enigste kind was, dat haar ma dood is toe sy 13 was en dat haar pa haar grootgemaak het. Sy’t op Tukkies geswot, rekenmeester geword en vriende gemaak met Karen wat saam met haar in die koshuis was. Op skool het sy min vriende gehad, want haar pa was ‘n generaal en in die skool op Voortrekkerhoogte was al die ander kinders se pa’s en ma’s bang vir hom.

Halfpad deur die ete het haar foon gebiep met ‘n sms van Dewald af om te sê dat hy teikentyd verbeter het en onder die eerste 10 klaargemaak het. Daarna het hulle in gemoedelike stilte klaar geëet en weer het sy bewus geword daarvan dat reuk vir hom belangrik is. Asof hy nie die kos ordentlik kon poroe as hy nie eers weer elke nou en dan daaraan geruik het nie.

-0-

As Deon onder die afdak stop en uitklim wil sy oorskuif agter die wiel in, maar hy keer en sê sy moet nog haar konfyt kom haal en dat hy vir haar die musiekkamer wil wys. Sy volg hom effe teësinnig weer kombuis toe waar hy twee glase en die bottel wyn vat en dan vooruit teen die trap op stap.

Die musiekkamer is groot met enorme vensters aan die een kant. Daar staan ‘n groot swart vleuelklavier in die middel van die vertrek. Twee van die vertrek se mure is met CD’s bedek. Teen die ander muur hang daar ‘n skildery. Onder die skildery is ‘n chaise. Sy bekyk die skildery, en is eers nie seker of sy reg sien nie. Dan besef sy dit IS twee kaal mense in ‘n vurige omhelsing. Dis moeilik om te sien of dit man en vrou of vrou en vrou of dalk man en man is.

Hy beduie sy moet sit en sy doen so terwyl hy wierook aansteek. Hy skink teen haar protes in vir haar nog ‘n glas wyn en skuif agter die klavier in. Sy hande streel oor die klawers en dan begin hy speel. Saggies en sonoor. Haar musiekkennis is nie goed genoeg om te weet wat hy speel nie, maar sy het dit al iewers gehoor en leun terug teen die chaise se leuning en sluk ‘n klein mondjievol wyn af. Die musiek bou stadig to ‘n crescendo en dan is dit klaar. Sy sit haar glas op die vloer en klap hande. Hy lag, staan op en kom sit by haar. Sy is skielik intens bewus van sy nabyheid, die erotiese skildery en die wyn wat haar teen die tyd effe lighoofdig laat voel. Hy sit sy hand op haar been. Die swaar wierook laat haar half benoud voel.

“Ek wil jou al heel aand vra of jy merke oorgehou het van die val …”

Sy skud haar kop, te bang om iets te sê, vir ingeval haar stem haar in die steek laat. Hy trek haar romp stadig boontoe en sy weet sy moet keer maar skielik wil sy nie, kan sy nie … Dan is haar bene tot by die ragfyn broekie ontbloot. Hy leun vorentoe en kyk na die plek waar hy haar littekens skoongemaak het.

“Pragtig.” sê hy. “Jy is pragtig…”

Hy leun verder vorentoe en sy moet onwillekeurig agtertoe lê, haar rug teen die muur onder die skildery.. Hy trek haar bene saggies oop en sy besef hy is besig om haar te ruik. Sy wil haar bene toebeur, maar hy trek weer ‘n diep tuig asem deur sy neus in en hou haar bene uitmekaar uit.

“Jy ruik soos heuning. Wilde heuning uit die berge, waar die wilde vrugte ryp word en deur die bye bedien word…”

Haar kop draai; niemand in haar beperkte liefdeslewe het nog ooit so iets vir haar gesê nie. Hy skuif effens weg van haar af en tel haar bene oor die chaise dat sy met haar rug teen die ruglening van die nou bankie kan rus, en sy sit wydsbeen oor die bank met haar voete aan weerskante op die vloer. Sy voel skaam en wil haar hande gebruik om die romp af te trek of haar broekie te bedek, maar hy vat haar hande en trek haar nader aan hom. Hy kyk haar diep in die oë en soen haar saggies op die mond, haar gesig tussen sy hande. Hy kyk diep in haar oë, soen haar weer, en die keer soen sy terug voor hy haar saggies terugdruk teen die bank se leuning. Hy gooi sy een lang been oor die bank en sit nou ook wydsbeen voor haar. Hy skuif nader en sy bene stoot haar knieë nog verder uitmekaar uit. Dan bring hy sy gesig tot amper teen haar nek en sy besef met ‘n skok dat hy nou aan haar nek ruik. Hy beweeg sy neus stadig teen haar bors af en dan knoop hy die boonste twee knope van haar bloes los. Hy druk sy neus teen haar borsbeen vas, net bokant haar borste en ruik diep. Dan trek hy haar bloes verder oop en begin aan haar linkerbors ruik voor hy stadig oorbeweeg na die ander kant toe. Dan sak hy verder af …

Dit raak vir haar te veel. Die intense man wat haar so maklik oopgespalk het in sy musiekkamer onder ‘n erotiese skildery laat haar soos ‘n hoer voel. Sy probeer regop sit maar sy gesig is nou teen haar maag en dan teen haar broekie en hy ruik. Sy kreun.

“Hou jy daarvan as ek aan jou ruik?”

Sy besef dat niemand dit nog ooit gevra het nie. Skud haar kop, byt haar onderlip en is intens bewus van sy warm asem oor haar broekie. Dan raak sy neus aan haar kern deur die materiaal. Sy druk haar hande af en werk hulle tussen sy gesig en haar onderlyf in. Sy kop rus swaar op sy hande. Vir ‘n ruk sit hulle so, dan vat hy haar hande en trek hulle weg van haar lyf af. Sit hulle op sy skouers neer. Hy trek die broekrekkie stadig weg van haar vel af en verder af ondertoe. Sy is nou heeltemal ontbloot voor sy donker oë en warm asem. Sy voel ‘n warm gloed wat in haar begin bou. Orgasmes was nog nooit vir haar maklik nie en dis iets waaroor sy verlief geneem het, veral met Dewald. Deon glip sy hande onder haar boude in en trek die broekie verder af. Hy tel haar linker been op tot bo sy kop, dan haar regterbeen en stadig glip hy die broekie af. Hy laat haar bene weer aan weerskante van die bank neer en sy sit oopgespalk met haar romp opgetrek tot teen haar maag, haar bloes oopgeknoop tot teen haar naeltjie. Hy beweeg weer stadig vorentoe en met oneindige sagtheid dop hy haar borste uit die fyn bra uit. Hy sug diep, maak sy oë toe, en ruik weer aan haar vel. Dan vat hy die een tepel saggies in sy mond en suig daaraan. Die warm gloed in haar maag word skielik ‘n kloppende kadens wat haar amper bangmaak met die intensiteit daarvan. Sy wens hy wil ophou, maar as hy haar tepeltjie laat gaan en stadig oorbeweeg na haar ander bors kan sy nie wag dat hy weer begin nie.

Sy besef haar hande is besig om oor sy skouers te vryf, en deur sy hare. Sy voel skielik skuldig oor Dewald en oor sy so oopgesper voor die vreemdel man sit. Sy laat haar hande sak en probeer haarself bedek, maar voel dan hoe papsopnat sy is en die bedekking met haar hande word, na ‘n ruk, ‘n selfliefkosing. Sy het in haar lewe bitter min gemasturbeer, want sy het altyd skuldig gevoel, bang haar pa of iemand sou haar dalk betrap, en sy was ook nie mooi seker wat om te doen nie. Maar nou voel dit skielik reg. Haar vingers gly glibberig oor haar skaamhare, haar labia en dan kry sy twee vingers binne in haarself in.

“Ja, ja, ja…” por Deon haar aan. “Ek wil jou ruik! Ja! Vryf jouself tot jy kom! Dis wanneer ‘n vrou op haar lekkerste ruik!”

Sy hoor skaars die aanporring, so hard konsentreer sy oor hoe nat sy is, hoe sy mond op haar borste voel, hoe haar vingers haar laat voel. Sy hande vroetel met haar bloes en dan is al die knope los. Hy maak haar bra ook los en sy sit dan amper heeltemal ontbloot voor hom met twee vingers in haar self en dit voel wonderlik!

Hy sit terug en kyk vir haar, sy oë amper op skrefies, dan begin hy sy broek losmaak. Sy ereksie staan regop en sy kan sien daar is helder vloeistof wat uit die klein gaatjie aan die bokant uitloop. Hy kyk na haar hande en sy hand streel saggies op en af. Met sy ander hand knoop hy sy hemp oop en trek dit bo-oor sy kop.

Sy dwing haarself om stadiger te masturbeer terwyl sy kyk na sy kaal bo-lyf. Hy’s gespierd maar nie op die harde kliniese manier van ‘n atleet soos Dewald nie. Dis ‘n lyf wat al in geleef is, besef sy dan.

“Hoe naby is jy aan kom?” vra hy saggies.

“Ek is nie seker nie… “

“Sê my as jy reg is. Ek wil saam met jou kom …” sê hy dan.

Sy’s verbaas. Haar ondervinding was nog altyd dat mans so gou moontlik in haar wou inkom …

“Is daar iets verkeerd met my?” wil sy saggies weet.

“Ek wil sien hoe jy kom. Jy’s perfek en ek wil die prentjie van jou in my kop hou … Jy’s perfek en jy ruik wonderlik…”

Sy sien dat hy nou nie meer streel nie. Sy hand beweeg nou vinniger op en af en hy haal al harder asem. Dan stop en druk die skag hard met sy hand.

“Ek gaan nie meer lank kan uithou nie. Jy is so mooi …”

Sy beweeg haar vingers dieper en vinniger in haarself in en voel hoe die golwe van plesier begin bou. Dan begin haar onderlyf ruk en haar boude klap op die oppervlak van die bank. Deur haar ekstase hou sy haar oë oop en sy sien hoe hy ook skielik verstyf. ‘n Straal semen skiet tussen sy vingers uit en sy voel hoe die warm vloeistof op haar bene en maag land. Sy hoor ‘n harde gekreun en besef skielik dat dit sy is. Dan is sy gesig in haar skoot en hy ruik aan haar sappe. Hy lek haar vingers af en uiteindelik druk hy sy tong in haar in en die keer kreun sy nie, sy gil…

-o-

Later lê sy langs hom in sy koningsgroote dubbelbed. Hy lê met sy kop op sy hand vir haar en kyk. Sy voel skaam om so kaal langs hom te lê, maar daar het al soveel nuwe dinge met haar gebeur dat sy dit makliker verwerk.

“Pla dit jou?” vra hy.

“Wat?”

“Dat ek heeltyd aan jou wil ruik.”

“Dit het nog nooit van te vore met my gebeur nie …”

“Maar pla dit jou?”

“Nee … Ek dink ek hou daarvan.” Sy glimlag skaam.

Sy hand gly teen haar heup af en tussen haar bene in. Sy rol op haar rug en trek haar bene op. Haar knieë val oop. Sy warm hand vryf saggies oor haar seer vulva.

“Kom ruik my weer …”

En hy doen so.

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Die fietser

  • February 3, 2017 at 12:00 pm
    Permalink

    Mal oor die reuk van n poesie… skoon of dagoud!!!

    Reply
  • November 17, 2016 at 11:45 am
    Permalink

    Baie, baie mooi geskryf Ramkat. Ek wil self aan haar ruik…….

    Reply
  • July 17, 2016 at 9:57 am
    Permalink

    ‘n Intense storie, amper privaat, asof mens deur ‘n rolprentkamera die hele ervaring van begin tot einde stilletjies waargeneem het. ek kon die appelkoos konfyt ruik….en vir haar…en vir hom…vir hulle….PRAGTIG !

    Reply
  • July 17, 2016 at 8:32 am
    Permalink

    Dit voel of ek dit self geskryf het.. Eers gedink die aanloop en tussenkuier was te lank…maar nie meer nie…anders het sy dalk minder van haarself gehou…of skuldig…maar die reuke is ek…presies wat my aandraai…opwen…oorweldig…wegvoer…haar wil laat anders ruik…die genot ervaar dat wat ek gedoen het of besig is om te doen…haar diepste binneste bevredig en verander…

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)