Die dans

(Uther is een van Kombiekiehier se beste skrywers. Sy stories word gewoonlik in Kombiekiehier Vreesloos gepubliseer omdat die taal so bietjie meer kru en waaghalsig is as wat ons in ons “gewone” stories gebruik. Kombiekiehier Vreesloos is waar ons die grense van die webwerf so bietjie verder uitskuif. Die stories en taal en foto’s is nog steeds smaakvol, maar tog meer waaghalsig en soms ook meer … eerlik. Dis ook daar waar mens Dominansie/onderwerping en waaghalsiger “kink” stories en foto’s sal vind. Volg HIERDIE link as jy vir Kombiekiehier Vreesloos wil inskryf. Dit is net R30 per maand (ongeveer – verander met wisselkoers). Alhoewel ek gehoop het om deur die inskrywings geld te maak, het dit nie so uitgewerk nie. Maar dit bly ‘n betaaldeel omdat dit keer dat mense wat nie eintlik daar hoort nie nie per ongeluk daar kan beland nie. 😉 )

 

deur Uther Pendragon

Dit is maklik om die bron van die goue vloeistof wat so vrylik vloei te vind – skerwe van gebreekte kruike en bekers en plasse drank en slingerende mense sluit almal by die keiser se wynkelders by mekaar aan.  Die godkoning eis dat almal saam met hom sy oorwinning oor die Grieke sal vier.  Hy het ‘n amptelike ses maande lange fees afgekondig en voorsien die drank gratis aan die bevolking.  Besoekers van heinde en ver sak op die stad toe om in die fees deel te neem.‘n Feestelike, baldadige, histeriese luim heers in die stad.  Dit was nou al reeds vir weke lank so. Wilde gelag en wellustige gille en dronk sang klink oral op.   ‘n Halfgeklede giggelende jong vrou bars by ‘n deur uit met ‘n man kort op haar hakke.  Haar vlug was meer ‘n vertoon as ernstig, want sy lig laggend haar boude na hom toe toe hy haar daar in die straat plattrek terwyl sy met afwagting omkyk.  Die ander mense in die straat steur hulle nie aan die paartjie nie – meeste strompel rond en ander lê bewusteloos in die markplein en rondom die huise rond.  Hier en daar poog iemand om weer by die geroesemoes in die huise uit te kom terwyl talle ander in die openbaar kopuleer.

Die grootste partytjie ooit vind in die paleis plaas.  Die groot saal is gevul met kaal en half-kaal dronk mense terwyl die keiser en sy vername gaste teen die verste muur op ‘n platform sit.  Ten spyte van die luggie wat deur die oop vensters trek is dit steeds warm.  Slawe staan rond met lang volstruisveer-waaiers en waai die swetende lywe koel.

Die gaste is behoorlik gesuip.  Die slawe is die enigste nugter mense daar – hulle weet dat hulle ontderm sal word mits hulle een van die reëls oortree.  Hulle skink gedweë die glase vol en hou dit vol.  Hulle moet ook gaste wat braak bystaan en na die ablusie-area toe neem om hulself te verlig, maar dikwels moet hulle maar skoonmaak waar die gaste eenvoudig te dronk was om betyds daar uit te kom.

Die klank van musiekinstrumente word bykans verswelg deur gelag en gedreun van stemme.  Ses slawe steier onder die gewig van die gebraaide bees wat aan ‘n lang drastok vasgemaak is.  Hulle haak die stok tussen twee mikke in die middel van die vertrek.  Die tafels kreun onder die kos – brode, olywe, vye, druiwe, heuning, dadels, granate en alles wat mens se hart kan begeer.  Soos die kos opgeeet word, word dit bloot vanuit die kombuis weer aangevul.

Mense eet en drink tot hulle naar word of bewussyn verloor en begin dan weer van voor af.  Daar is ‘n gelag, gestry, gevry, gesing, gedans oral waar mens kyk.  Die wat kan, naai, en in sommige gevalle naai die wat kan die wat nie meer kan nie.  In sommige gevalle oorval die bronstigheid ‘n groep mense en wriemenende pompende jillende massa is die gevolg daarvan.

Die keiser is in ‘n besonder vrolike luim – hy spog by sy vriende oor sy geliefkooste vrou se bates.  “Ek sê jou nou, haar tiete is so groot” en hy beduie met sy hande aan die glimlaggende gaste.  “En haar parra is so groot dat ek my vuis daarin kan opdruk” sleeptong hy.

“Nee nooit,” sê sy ewe dronk vriend terwyl uitroepe van verbasing opklink.

“Glo jy my nie?” grom die keiser.

“Ek het net nog nooit so iets gesien nie my heer, dit klink net ongelooflik.  En die koningin van alle vrouens!  Sy kom altyd so betaamlik voor!” antwoord die gas.

“Inderdaad dit is fokken ongelooflik, maar ek sal dit vir jou wys,” sê die keiser en wink ‘n slaaf nader. “Gaan roep die koningin ek wil hê sy moet haarself hier aan my gaste kom vertoon.”

Gebraaide hoenders word aan die koning en sy gaste bedien en almal eet dat die vet van hulle arms en baarde afdrup.  Die slaaf keer terug: “die koningin sê sy weier om uit te kom en, en….”

“Wat is dit?  Wat het sy gesê?  Praat man!” eis die keiser.

“Sy sê sy weier om hofhoer vir u en u dronk vriende te speel.  Sy sê – “nooit weer nie!” stamel die slaaf.

“Fok dit!” Skree die keiser, buite homself van woede.  “Gaan sê vir daai slet dat sy my moet gehoorsaam of ek vervang haar so vinning soos ‘n bekakte doek!”

Hy wend hom na sy gaste. “Ek vernietig die sterkste koningkryke, ek verslaan die wyse Grieke, lande, konings en bevolkings vrees my, maar my vrou – dié is braaf en hardkoppig genoeg om my teë te gaan!  Verbeel jou die parmantige arrogansie!”

Die slaaf kom met ‘n drafstap binne en prewel: “Die koningin sê fok jou, sy kom nie uit nie.”

Die keiser smyt sy drinkbeker in die skare in en klap die slaaf dat hy oor die vloer tuimel.  Hy draai na ‘n ouer man wat regs van homs sit en vra: “Satrap Piruz,  wat dink jy – moet ek hierdie ondermynende gedrag van ‘n vrou duld en my grootmoedigheid daardeur bewys? Maar watter boodskap sal dit na die wêreld uitstuur?  Dat ek ‘n swak man is wat deur ‘n vrou getroef kan word, dat ek dus by implikasie te ruggraatloos sal wees om my land te regeer?  Ek sal die bespotting van die ryk word – die koning wat deur sy vrou geregeer word!  Die gevolg daarvan kan opstande, rebellies en vyandige invalle beteken.”

“Inderdaad u hoogheid – ek stel ferm en vinnige optrede voor.  Hierdie ding sal nie net gaan lê nie – die hele situasie het hier voor hooggeplaastes van verskeie lande gebeur,” sê die oudste peinsend.  “Ek stel voor dat ons ‘n parade van maagde reël – om aan die gaste die skoonheid van ons meisies te vertoon en tweedens om ‘n nuwe koningin te kies.  Sodoende sal u eer herstel word.”

“Wat van een van die ander vrouens in u harem?” vra sy raadgewer regs van hom.

“Nee, nie een van hulle sal deug nie – meeste is maar onaansienlik en weinig kan dans.  Nie een van hulle het die bates van die koningin nie.  Ek wil my gaste beïndruk.  By Ahura Mazda, dit maak my woedend!  Na als wat ek vir daai ondankbare vrou gedoen het!”

Hy drink diep uit die nuwe beker wat ‘n slaaf vir hom aanbied.   “Goed, ek het besluit – ek sal ‘n nuwe koningin kies.  Laat al die mooiste meisies oor die land na my gestuur word”.

***

Die volgende dag reeds daag die hoopvolle meisies en hulle nog hoopvoller ouers by die paleis op.  Hulle kom in elke kleur en geur – langes, kortes, maeres, vettes, slimmes, dommes, donkeres, ligtes – net een ding het hulle in gemeen – hulle is almal jonk.

Deur die weke wat volg daag nog meer meisies en hulle oppassers van die platteland en verafgeleë dele daar op.  Die koning ontvang elke dag ‘n nuwe meisie in sy slaapkamer,

Na die tweede week roep die keiser sy kamermeester vererg: “Vat hierdie meisie weg, gee haar geld en stuur haar terug na haar pa!  Dit sal eenvoudig nie deug nie, hoeveel meisies is daar nog wat jy vir my bymekaargemaak het?”.

“Nog vier-en-dertig, my heer,” antwoord die kamerheer verboureerd.

“Stuur hulle almal terug huis toe – nie een is geskik nie.  Dis ‘n mors van tyd! Ek is nou gatvol vir hierdie hele ding – elkeen van die meisies wat jy tot dusver vir my gebring het was nie veel meer as ‘n kind nie – ek soek ‘n vrou!”

“Maar my heer, dis die beste meisies wat ons in die geweste kon opspoor, hulle is almal skoon, siektevry en op die koop toe nog maagde – en hulle is volgens wet oud genoeg om te trou.”

“Dis juis die probleem, ek soek nie groot bang oë, angsbevange uitdrukkings, pynkrete, poeslippies, bles dosies, ferm tieties, stywe boudjies en sulke kak nie.  Ek is nie ‘n kindernaaier nie – ek soek ‘n vrou – ‘n regte vrou – ‘n ryp vrou met groot pramme, behoorlike boude, dik dye, welige poeshare en veral ‘n nat poes wat ‘n piel kan vat. As jy my ‘n perske aanbied, sal jy vir my ‘n harde klein groenetjie aanbied, of die grootste, plompste, sappigste, geurigste een?”

“Natuurlik laasgenoemde, my heer.”

“Nou kry jou gat in rat en bring my ‘n VROU!  En onthou sy moet vir my gaste kan dans op die koop toe!”

“Maar my heer, ons wette bepaal dat u slegs ‘n maagd as vrou mag neem, en al maagde wat ons kan kry is jonk…”

“Wie dink jy regeer die wêreld, die beskawing, wie maak die reëls, wie is die koning van konings jou blerrie ballose nikswerd!” bulder die keiser.

“U my heer” prewel die dienaar.

“Nou fokof en doen wat ek jou beveel as jy jou kop wil hou – en dis die grote waarna ek verwys!” snou die keiser die eunug toe.

“Goed meester” prewel hy en dan voeg hy angstig by: “Daar is iemand waarvan ek weet – sy pragtig en is ietwat ouer as die ander meisies, maar ek vermoed dat sy nie meer ‘n maagd is nie, dus met u toestemming sal ek haar graag aan u voorstel.  Maar die beste van als is dat sy wel dans – trouens sy is bekend daarvoor.”

“Wie is sy?” vra die keiser nuuskierig terwyl hy voel hoe sy toorn bedaar.  Hierdie vrou prikkel sy belangstelling.

“Astra die dogter van Abihali,” antwoord die dienaar gretig.

“Bring haar na my” beveel die keiser.

***

‘n Prosessie van drie mense kom in die vertrek in, hulle voetstappe word deur die dik matte gedemp.  Die kamerheer loop voor en agter hom ‘n ouer vrou in swart gekleë en langs haar ‘n gesluierde vrou.  Die vroue kniel met hulle voorhoofde op die mat.  Die kamerheer kondig met ‘n buiging aan: “Astra, my heer”.

“Staan op, Astra,” beveel die keiser.  Die gesluierde vrou staan op.  Sy is kort, maar vol van lyf.

“Verwyder die sluier,” beveel hy.

Na ‘n geskokte stilte van ‘n sekonde of twee klink daar ‘n gefluister in die vertrek op.  Die jong vrou is pragtig – waarskynlik iewers in haar laat twintigs of vroeë dertigs.  Haar gransende swart golwende hare hang oor haar skouers.  Haar groot donker oë is kalm en selfversekerd en sy kyk hom berekenend en sonder ‘n sweempie vrees aan – sy ken mans en sy weet dat selfs hierdie koning van konings soos klei in haar hande sal wees.

“Ontklee,” sê die keiser met ‘n sweem van ‘n bewing in sy stem.

Sonder huiwering maak Astra die skouerbandjie van haar kleed los en dit val geruisloos na die vloer.  Die mense snak hoorbaar na hul asems.  Soos die kelkblare van ‘n lelie is daar nie ‘n reguit lyn op haar wit lyf nie – kurwes vloei in kurwes.  Die keiser voel die bloed na sy kop en lendene toe pols – hy word warm in sy gesig terwyl sy ereksie teen sy klere beur.  Hy staar na haar groot tiete met hulle donkerbruin ovaalvormige areolas en dik tepels, die ronding van haar maag met die diepgesette naeltjie, die welige swart bos wat haar vol dye en haar onderbuik verbind.  Die vol rondings van haar dye kurwe in rondom die knieë en dan stulp dit in gevormde kuite uit wat weer die smal enkels en klein voete en delikate tone beklemtoon.  Sy oë skiet weer op na haar tiete en gly oor haar sagte bo-arms en volg die lyn van haar smal skouers langs haar nek op tot by haar ken en vollip-mond.

“Draai om,” sê die keiser skor.  Hy voel hoe sy hart in sy borskas hamer toe hy haar groot gedimpelde boude sien, met die skuins induikings waar haar boude en haar laer rug bymekaar kom waarvoor hy so lief is.   Die weerloosheid van haar smal rug kontrasteer sterk met haar swaar aardse onderlyf.  Hy staan stom – hy kan nie die mengsel van gevoelens in sy gemoed verwoord nie – enersyds wil hy haar beskerm en koester, maar tegelykertyd wil hy haar hard en verwoestend fok.

“Trek aan Astra en volg die kamerheer na jou kamer,” sê hy met ‘n bewende stem. ‘n Straaltjie sweet loop teen sy slaap af.  Sy stem klink vir hom asof dit iemand anders s’n is.  Na ‘n ruk toe hy weer in beheer van homself is, stap hy na die kamer waar Astra wag.  Sy kyk gedienstig op na die keiser wat aankondig: “jy moet jou voorberei vir vanaand.  Vanaand is ‘n besondere geleentheid en ons verwag belangrike gaste.  Ek sou andersins jou nou al my vrou gemaak het, maar ek moet gaan om die gaste te ontmoet.  Ek hoop jy weet wat van jou verwag word.  Die gaste is regeerders en mans in magsposisies en almal is dus mans wat harems van die beste vrouens besit.  Hulle het almal ‘n oog vir ‘n mooi vrou, veral ‘n vrou wat weet wat mans van hulle verwag.  Jy moet my nie teleurstel nie, want jy sal dit berou.”

“En ek ook” – dink hy soos hy wegstap.

Die musiek klink yl deur die dreunende geroesemoes in die vertrek.  Maar dan kom Astra te voorskyn op die verhoog voor die keiser en sy hooggeplaaste gaste.  Soos die stilte in die vertrek neerdaal klink die klank van die musiek op.  Die ritme van die musiek is onweerstaanbaar en oral tik vingers, hande en voete in maat van die musiek.  Astra se oë is toe en sy begin wieg soos die musiek gaan in haar lyf ingaan.  Sy begin subtiel te beweeg en al hoe meer en meer totdat sy dans.  Maar sy dans nie soos gewone mense nie  –  sy word die musiek.  Die musiek beweeg deur haar hele lyf.  Die ritme is in haar onderlyf en voete, die melodie is in haar hande en arms en haar torso is die musiek se hart.  Alles word helder – sy is die verwerkliking van die musikus se inspirasie – die vergestalting van die muse wat hom geïnspireer het.

Haar oë is toe terwyl sy dans en haar mond is oop, haar bewegings is onbepland, maar instinktief en word al hoe wilder en passievoller – dit noop die musikante om nog beter te speel en nog meer energie en emosie in hulle musiek te sit.  Nog nooit het hulle met soveel oorgawe gespeel nie.  Astra se bewegings word al hoe meer sensueel soos sy ook deur die musiek verlei word.

Al die toeskouers se oë is op haar vasgenael, niemand praat nie, niemand suip of naai meer nie – almal staar na Astra – vasgevang in die web van sensualiteit wat sy om haar weef.  Haar tiete skud vry uit die lae halter wat sy aanhet en sy gooi dit eenkant.  Haar tiete swaai en skud soos sy dans.  Haar swart bos hare vlieg in swiepende halfmane om haar kop.  Haar deursigtige romp het splete aan die kant waardeur mens haar dye kan sien.  Trouens die dun lap verberg byna niks nie – mens kan haar donker pubiese driehoek en haar boudspleet deur die lap sien.  Sy stamp haar klein voete sodat die ratels om haar enkels skater en die vet op haar dye en boude dril.  Sy swaai haar breë heupe saam met die musiek en hou ritme met voetstampe.

Oral kan mens ereksies sien opbeur onder klede, sommige mans knie hulle ereksies onbeskroomd deur hulle klere, terwyl sommige selfs oop en bloot sit of staan en draadtrek terwyl hulle haar aanstaar.  Daar is mans wie se metgeselle met hulle piele speel en hier en daar sit ‘n vrou wydsbeen en masturbeer.

Die sweet loop nou oor Astra se gesig en bors en oor haar tiete en sy haar lyf blink nat in die lamplig.  Die sweet drup en skud en vlieg skitterend van haar af soos haar bewegings al hoe wilder word.  Dan maak sy haar oë oop – haar ooglede hang swaar soos dié van ‘n dronke, haar nat mond hang oop soos sy na haar asem hyg.  Sy dans na die keiser se gaste en sy lig haar tiete in haar hande sodat hulle haar tepels goed kan beskou en dan vryf dit teen die bebaarde gesigte en monde van haar bewonderaars.  Sodra een wil gryp, suig of byt, beweeg sy na die volgende een.

Toe sy by die keiser kom, draai sy om en skud haar boude vir hom.  Hy skuif vorentoe na die rand van die sofa met sy bene oop en sy sak laer en druk haar ritmies swaaiende boude op sy ereksie af.  Met een beweging ruk hy die kleed van sy dik ereksie af en hy voel hoe dit in haar swetende holsoot inbeur.  Sy knyp sy piel tussen haar boude vas en skud haar heupe heen en weer tot dit uitglip en dan beur sy met haar heupe terug in sy skoot en buk ver vooroor sodat haar tiete soos uiers onder haar hang en swaai.  Sy vryf nou haar poes oor sy ereksie en hy kan haar warm poesslym deur die dun lap oor sy tot barstens toe dikgeswolle pielkop voel drel.

Sy gaan sit op sy skoot met haar bene weerskante van sy dye.  Haar groot boude sprei sag en warm oor sy skoot en haar smal rug trek hol soos sy haar boude na hom uitstoot.  Hy voel haar vaardige hand om sy pielskag sluit en sy trek sy piel vorentoe terwyl sy die lap om haar onderlyf uit die pad trek,  Hy kan haar poeslippe oor sy pielskag en –kop voel oopsprei.  Sy beweeg nou doelgerig vorentoe en agtertoe op sy pielkop terwyl sy haar tepels trek – steeds in ritme met die musiek.  Die sensasie is meesleurend, oorweldigend en die keiser voel asof hy deur ‘n louwarm see van polsende sensualiteit swem.  Die skare sug en kreun van genoegdoening  en mens hoor hoe mense hier en daar afkom.  Sy hou haar tepels vas en skud haar swaar tiete aan die tepels.  Intussen ry sy al hoe dringerder op die dik piel onder haar dat haar slym nou oor sy piel en ballas en teen sy dye afdrup.  Hy voel die poeslippe en riffel van haar klit teen sy pielkop vryf soos sy haarself op hom bevredig.  Sy stut haarself met haar hande op sy knieë terwyl sy hard op hom ry en sy gee ‘n wilde gil en dan kreun terwyl sy haar klit vinniger en vinniger teen sy pielkop vryf.  Haar dye kramp saam rondom syne soos sy afkom.  En dan spuit die keiser – ‘n wit straal sperms bars uit sy pers slymnat pielkop tussen haar poeslippe en swart poeshare uit en met een behendige hand- en heupbeweging druk Astra sy piel regop in haar in en hy spuit skoot vir skoot in haar warm polsende kont in.

Die skare juig hulle keiser toe, terwyl hy op sy groot sofa agteroorsak met die warm, sagte, swetende Astra in sy arms en met sy piel nog steeds diep in haar..

“Wil jy my koningin word Astra?” hyg hy in haar oor.

Met ‘n glimlag knik sy haar kop en sê: “Mits jy my ‘n gunsie doen”.

“Enigiets – jy kan enigiets kry – net wat jy wil hê,” sê hy.

“Laat my mense vry,” sê sy en hy voel hoe haar kontspiere so styf om sy piel vasklem dat sy sperms uit haar kont oor sy ballas drel.

“Fok, jaaa…”  kreun hy van die lekkerte.

 

  • skildery: Henri Adrien Tanoux L’Odealisque
Volg Kombiekiehier op sosiale media:

8 thoughts on “Die dans

  • May 19, 2017 at 7:58 pm
    Permalink

    ek ht lanklaas so lekker gelag! Genade ou, jy sou nie waag om dit in preek uit te beeld ni.! Bravo!

    Reply
  • February 4, 2017 at 8:07 am
    Permalink

    Uther weereens wel gedaan. EK hou baie van jou storie lyn. Die koning klink amper soos ons land se “koning” – partytjie aldag en heeldag.

    Reply
  • February 2, 2017 at 1:21 pm
    Permalink

    It’s nice to have a man that has a brain and thinks about sex in this way. Whoever has him is super super lucky….

    Reply
  • February 1, 2017 at 12:56 pm
    Permalink

    Sekerlik die heel beste ooit hier!!!!

    Reply
  • January 31, 2017 at 3:30 pm
    Permalink

    Hierdie kwaliteit storie het nog seldsaam indien ooit op ons werf verskyn !
    Bravo ! ! Uiters genotvol !
    Dankie Uther.

    Reply
  • January 31, 2017 at 1:57 pm
    Permalink

    Sjoe. Beste wat ek in n lang tyd gelees het.

    Reply
    • January 31, 2017 at 2:01 pm
      Permalink

      Jip, ek stem saam. Hierdie storie is ook baie eroties – veral daar in die middel waar “niks” nog gebeur nie. 😉

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)