Die Affêre (9)
deur Ramkat Erasmus
Ons begin vroegoggend reeds om toerusting aan te ry en die saal voor te berei. Ons restaurant doen goed, maar ek en Fanie, my vennoot, maak meeste van ons geld deur spyseniering te doen, en die eintlike geld word gemaak as ons tafels en stoele en saalversierings ook moet voorsien.
Teen vieruur is die saal klaar en die tydelike kombuis gereed. Ek en Fanie trek lootjies en hy kry die kort enetjie wat beteken hy beheer die kombuis en ek die kelners en die mense en die bediening. Die geleentheid is ‘n uithang ene en ons gaan alles drie keer na om seker te maak daar is geen onvoorsiene probleme nie.
Om seweuur word die deure oopgestoot en kort daarna begin die eerste mense aankom. Ek en Fanie is albei in ons uithang sjefbaadjies en denimbroeke aangetrek en ons staan by die deur na die kombuis en kyk na die mense wat inkom. My kelners verwelkom elkeen met ‘n drankie en dan word mense na hulle tafel begelei deur twee mooi meisies, spesiaal vir die ou takie aangestel.
Wanneer die saal half-vol is, sien ek twee van die mammas wat Woensdae in die restaurant kuier. Hulle is uitgevat soos net die ryk Afrikaners van Pretoria dit kan doen. Hulle mans lyk welvarend en hulle gaan na hulle tafel toe. Ek is op die punt om na hulle toe te stap om te gaan groet as nog drie paartjies opdaag. Een van die paartjies is Natasha en ‘n man. Haar man.
Ek wil eers wegdraai, maar dan sien een van die mammas my en wuif my nader. Ek en Fanie stap oor en gaan groet almal. Ons word om die beurt aan die mans voorgestel en daar word verduidelik dat ons die restaurant besit waar hulle altyd die koek en tee ding doen. Mona Lisa sit vir my en glimlag en ek voel die welbekende rilling in my ruggraat wat ek kry elke keer as sy so vir my kyk.
Toesprake word gemaak, mense klap hande en dan word die eerste gereg bedien. Die kelners stroom uit die kombuis uit na hulle aangewese tafels toe en ek loop rond en maak seker dat elke gas wel bedien word. Ek kom by die mammas se tafel en staan regoor Natasha en haar man. Ek vra of alles reg is en hulle babbel oor die lekker kos en een of twee van die mans sê dis strate beter as laasjaar. Nes ek wil loop, lig Natasha ‘n handjie. Ek kyk vir haar en Mona Lisa sit op haar gesig. Sy wys my dat hulle wynbottel leeg is en vra of ek ‘n vol een kan bring en sommer haar glas volmaak.
Ek kom terug met die wyn, maak die bottel oop en gaan staan tussen Natasha en haar man. Terwyl ek eers haar, en dan sy glas volmaak, glip haar hand van agteraf teen my bo-been op en tot op my boud. Sy gee my ‘n lige knypie en sê dankie. Ek knik en glimlag, maar my keel is droog en my hart spring in my borskas.
Tydens die hoofspreker se relaas kan ek vanuit my donker hoekie na haar kyk. Dieprooi rok, rooi naels, swart hare en blou-groen oë. Fok, maar sy is mooi. En dan is die toespaak verby en Fanie laat loop met die nagereg. Die kelners skarrel en mense staan op om toilet toe te gaan. Natasha staan ook op, sê iets vir die tafel wat hulle laat lag en kom dan by my verby geloop op pad na die toilet toe. In die verbygaan gee sy my daai Mona Lisa kyk en na ‘n minuut of twee drentel ek ook in die rigting van die toilette.
Net buite die toiletingang is ‘n trap wat na boontoe lei. Die trapligte is af en as ek by die trap verbyloop hoor ek hoe sy keel skoonmaak. Ek kyk teen die trap op en sy wink vir my. Ek kyk rond, sien niemand, en gaan haastig die trap op en om die draai. Dis donker, met net die lig wat van onder af opslaan. Sy gryp my, druk my teen die muur vas en trek my hand tussen haar bene in. Sy is sopnat.
“Ek dink al heelaand hieraan..” grom sy in my oor.
“Ek ook!”
Ek glip ‘n vinger in haar in en na net vyf of ses vrywe begin sy kom. Ek hou haar vas terwyl sy hard in my oor asem haal. “Fokkit, fokkit…” kreun sy en dan glip sy ‘n tong in my oor.
Sy vroetel aan my broek se gulp, trek dit af en ek help haar om my belt los te maak. Sy gaan op haar knieë en neem my in haar mond. Haar tong en lippe werk saam en met een hand liefkoos sy my sakke. Dit vat my nie lank nie dan kom ek in haar mond.
Ek trek haar op en hou haar vas. Sy maak my shefserpie los en vee haar mond daarmee af. Dan gee sy haarself ‘n vinnige veeg tussen die bene. Sy druk die serpie in my sak, soen my op die mond en fluister dan in my oor. “Jou kos is heerlik…”
2 COMMENTS
EPIC series hierdie!!! NOG NOG NOG asseblief!!!
Goeie karakterbeelding: Behalwe haar onverbloemde jagsheid en vasberadenheid om gestalte daaraan te gee, straal haar selfvertroue en vrypostigheid duidelik uit die niekonvensionele aanwending van jou serpie.