Die Affêre (7)
deur Ramkat Erasmus
Ek en Natasha sit met ons handdoeke in die klub se kroeg. Die plek is stampvol, want mense het van heinde en verre gekom om Tina en Gert se afskeidspartytjie by te woon. Hy is ‘n baie goeie pos aangebied in Trinidad by ‘n aardgasaanleg en hulle is binnekort oppad.
Irma en Hilda het hulle hande vol om al die mense aanmekaar voor te stel en die drankies vloei mildelik. Daar is twee ekstra bostuklose kroegmeisies en hulle sukkel om by te hou. Natasha vra my of ons liewer by die swembad kan gaan sit waar daar nie so baie mense is nie en ons verkas dadelik.
Daar is ‘n paar mense in die swembad en ek en Natasha gaan sit op twee stoele wat langs mekaar staan. Sy maak die handdoek los en laat dit val. Haar pragtige borste is ontbloot en ek kan dadelik sien die mense in die swembad neem notisie. Een van die mans swem nader en vra of ons nie by hulle wil aansluit nie, maar Natasha skud haar kop.
Die mense wat so na haar staar gee my ‘n idee en ek spring op om vir Irma te gaan soek. Ek verduidelik haar wat my idee is en sy is dadelik ingenome met die plan. Natasha wil weet wat ek gaan doen het, maar ek glimlag net en sê dis ‘n verrassing.
Na ‘n ruk hoor ons Irma se stem oor die luidsprekers en sy kondig aan dat daar binnekort ‘n paaldanskompetisie gaan wees met ‘n prys van R1000 wat deur ‘n klublid geskenk is. Ek vra vir Natasha of sy wil deelneem en sy kyk my eers lank aan voor sy vir my daai Mona Lisa glimlaggie gee.
Na ‘n ruk begin Hilda mense na die verhogie toe jaag waar die danspaal opgerig is. Tydens die klubaande nooi hulle gereeld ontkleedanseresse om vertonings te gee. Natasha gaan gee haar naam op en kort voor lank begin die kompetisie. Die eerste meisie is geklee in ‘n stywe jean met hoë hakke. Na ‘n rukkie waai haar toppie en dan haar bra. Die meisie swaai behendig om die paal en kry goeie applous. Maar dan tref die onheil haar. As sy probeer om haar denim uit te trek haak haar voet vas en sy slaan neer. Sy hink blosend van die verhoog af en kry so ‘n bietjie applous.
Die volgende meisie is bietjie geset maar sy doen haar bes en kry lekker applous. Daar volg nog drie of vier meisies wat elkeen ‘n eie interpretasie het en redelike applous ontlok. Dan is dit Natasha se beurt.
Sy klim op die verhoog en gaan staan met haar rug teen die paal. Die musiek begin en sy beweeg haar heupe stadig heen en weer. Nes die mense begin kriewlrig raak laat sy die handoek val en dan is sy kaal. Sy swaai blitsvinnig om en druk haarself teen die paal aan. Sy lig haar hande bo haar kop en vat die paal vas. Dan begin sy stadig teen die paal afsak. Haar boude beweeg verder en verder weg van die paal af en nader en nader aan die gehoor. Dan trek sy haarself weer op, gooi een been om die paal en laat haarself om die paal beweeg sodat sy nou weer na die gehoor kyk. Sy begin stadig, baie stadig teen die paal op en af beweeg asof sy dit naai. Langs my sê ‘n vrou: “God, she is sexy!” en haar metgesel antwoord. “I could fuck that all night long…”. Die vrou haal haar oë nie vir ‘n sekonde van die verhoog af nie. Sy sê net: “So could I darling, believe me, so could I…”
Natasha is nou amper in ‘n ander wêreld. Sy vryf die paal met haar hande, skuur haar borste daarteen en druk haar mons teen die paal vas. Ek kyk na die gesigte om my en almal is onder haar betowering. Mans, vrouens, paartjies… Selfs Irma en Hilda, wat seker al alles in hulle lewe gesien het, is vasgenael deur Natasha se erotiese vertoning. Iemand vat aan my boud en ek kyk oor my skouer. Tina glimlag vir my: “Jou girl het almal nou so jags, dat selfs die mense wat nie wou kom naai nie, nou dadelik ‘n kamer gaan soek.” Ek knik en glimlag vir haar.
Die musiek word vinniger en Natasha se beweging word dringender. Op die klimaks van die musiek lyk dit of sy ook ‘n klimaks bereik, en aan die einde van die liedjie lê sy op die grond, om die paal gevou met haar skaamlippies na die gehoor. Die applous is oorverdowend. Sy lê roerloos, dat ek naderhand begin dink daar is iets fout. Dan staan sy op, draai die handdoek weer om haar en kom na my toe.
Irma spring op die verhoog met ‘n handvol note en waai dit in die lug. Sy kondig aan dat daar eintlik geen twyfel is oor wie die wenner is nie, maar vra dat as enigiemand nie saam stem nie, hulle maar met die ander mense moet redekawel. Sy roep Natasha terug op die verhoog en gee vir haar die geld. My reëling met haar is dat ek aan die einde van die aand as ek my rekening vereffen, ek ‘n ekstra R1000 sal oorbetaal. Irma soen vir Natasha op beide wange, gee vir haar die geld en omarm haar dan en soen haar diep en innig op die mond.
“Iemand wat nog vir Irma kan jags maak….” laat Tina weer hier langs my van haar hoor. Ek knik net, en as Natasha by my kom gee ek haar ‘n druk en wens haar geluk.
“Ek wou nog altyd kaalgat voor ‘n klomp mense dans.” En Mona Lisa glimlag vir my. Allerhande vreemde mense kom sê geluk en dan beweeg ons weer swembad toe. Sy draai die geld in haar handdoek toe en ons klim in die water.
Onder die water kan ek my ereksie voel en ek druk dat van agter af tussen haar boude in.
“Ek is mal oor jou,” fluister ek in haar oor.
“Hmmm… Ek kan voel.” sê sy. “Watse verrassing het jy vandag vir my?”
“Dit was dit. Jy wou mos nog altyd kaal voor ‘n klomp mense dans…”
Sy knyp my aan die bal en ek gee ‘n gil. ‘n Paar mense kyk na my, maar botter kan nie in haar mond smelt nie. ‘n Vrou kom na ons toe en vra of sy saam met ons kan speel as ons kamer toe gaan. Natasha sê ons sal haar laat weet as ons gaan.
“Sommer net so?” vra ek, en sy knik.
“Dis hoekom ons hiernatoe kom. Om te naai. En hoe meer hoe beter, sê ek.”
Ek sit my hande oor haar borste en trek haar styf teen my vas. “En as ek iets anders vir jou beplan het?”
“Dan moet jy vinnig speel want ek is regtig nou nogal jags…”
Ek trek haar in die rigting van die trap en help haar uit. Ek is bewus van elke oog wat na haar kyk. Ek bind my handdoek om my lyf en tel haar handdoek met die geld op en lei haar in die rigting van die voyeurkamer. Sy kom gedwee agter my aan en ek is bewus van ‘n klomp ander mense wat saam met ons beweeg. Ek maak die deur oop en gaan in. Sy kom gedienstig agterna. Ek haal my handdoek af en trek haar nat lyf teen my vas. Ek soen haar hard en trek haar boude met albei hande teen my vas. Dan laat ek haar los en lei haar na die middel van die vloer. Ek laat haar staan met haar hande langs haar sye en gaan na die muur toe waar ‘n ketting aan ‘n haak vas is. Ek maak die ketting los en laat sak die trapeze swaai, wat met die ketting tot teen die plafon opgehys is. Die trapeze swaai sak tot net bokant haar kop, dan maak ek dit weer vas. Sy kyk op en ek kan sien sy wonder wat ek gaan doen. Aan elke kant van die trapeze staaf is ‘n leer boei. Ek boei eers haar regterhand en dan haar linkerhand aan die staaf vas. Sy staan nou met haar hande bokant haar kop in die middel van die vloer. Ek draai haar om sodat sy na die venster kyk. Agter die glas drom ‘n klomp mense saam. Op die kassie in die hoek is ‘n verskeidenheid speelgoed. Ek kry ‘n blinddoek en sit dit om haar kop. Ek trek dit af sodat sy niks kan sien nie. Dan gaan haal ek ‘n paar klampies en klamp dit versigtig om haar tepels. Sy trek haar asem in as die eerste klamp byt. Dan sit ek die tweede een aan en weer trek sy haar asem in, en die keer kreun sy ook. Daar is verskeie gewiggies op die tafel en ek hang ‘n gewiggie aan elke klamp met die klein kettingkies, wat vir die doel aan die klampe is. Sy kreun nou diep in haar keel, maar sy sê niks.
Ek gaan haal die geld en strooi dit om haar voete.
Ek vat een van die bottels olie wat op die kassie staan en begin haar daarmee insmeer van haar voete af boontoe. Wanneer ek by haar boude kom smeer ek mildelik van die olie in haar boudspleet in en laat selfs my vinger in haar anus ingly. Ek vryf haar rug goed in en gaan staan dan voor haar . Ek laat die olie uit die bottel uit op haar tepels drup. Hulle is teen die tyd so sensitief dat elke druppel soos ‘n sweepslag voel maar sy kreun net. Dan vryf ek haar maag in en glip my hand tussen haar bene in om seker te maak sy is oraloor nat. Haar sappe drup uit haar uit en sy prewel saggies. “So lekker. Dis so fokken lekker…”
Ek gaan sit die bottel neer en vryf van die olie oor my klipharde ereksie. Die deur gaan oop en ‘n paar mens kom in. Hulle laat hulle handdoeke val en gaan sit op die bed om vir ons te kyk. (Die reël is dat jy welkom is om in die voyeurkamer te sit en voyeur speel, maar jy moet kaal wees.) Ek staan voor Natasha en lig my hande, dan haal ek die klampies gelyk af. Sy gee ‘n gil en haar knieë swik onder haar. Haar tepels is rooi en opgeswel, en ek neem hulle een-een saggies en versigtig in my mond.
Ek gaan na die muur toe en laat die trapeze swaai nog ‘n entjie sak. Dan gaan staan ek agter haar en druk haar bo-lyf so ver vorentoe as wat die keting toelaat. Ek druk my piel stadig in haar sopnat poesie in en terwyl ek vir die mense agter die glas kyk, wat na ons staan en kyk, begin ek haar naai. Nog mense kom in en neem stelling in reg rondom ons. Een of twee kom nader en wil aan haar vat, maar ek klap hulle hande weg en beduie hulle moet ons uitlos. Wanneer die vertrek amper vol is, en verskeie mense ten aanskoue van ons naaiery begin masturbeer, pluk ek haar blindoek af. Ek voel hoe haar binnespiere om my piel saam trek en dan kom ek in haar, en oor haar rug. Sy gee ‘n lang gil en ruk regop. Ek gooi my arms om haar en hou haar regop terwyl sy kom en kom en kom. Ek draai haar om en soen haar op die mond.
Sy prewel my naam.
Sy prewel my naam in my oop mond in.
1 COMMENT
‘n Lekker jagsmaakstorie. Goed geskryf met goeie woordkeuse. Ook maar goed dit was ‘n afskeidspartytjie vir swiengers, of andersins erg ruimdenkendes. En dit het ‘n goeie BDSM-geurtjie met die gebruik van tepelklampies en die ophangstaaf wat haar so mooi in posisie kon hou.