Die Affêre (10)
deur Ramkat Erasmus
Dis haar verjaardag en ek het vir haar ‘n verrassing gereël.
Die gastehuis is stil en daar is geen van die gewone verkeergeraas nie. In die tuin sing die sonbesies en ek kan die geluid van die fonteintjie hoor. ‘n Kar stop buite en ek gaan maak die voordeur oop. Gabbi klim uit haar Toyota en haal ‘n sak uit die kattebak. Sy is ‘n blonde meisie met ‘n mooi lyfie en ‘n breë glimlag. Sy kom teen die trappe op en soen my op die wang. Dan stel sy haarself voor.
Ek het Gabbi op die internet raakgeloop. Sy is ‘n werkende meisie wat iewers in Lynnwood vanuit ‘n woonstel besigheid doen. Ek het haar eers ge-epos om te hoor of sy kan doen wat ek nodig het. Daarna het ons oor die foon gesels, ‘n fooi beding en dag en datum vasgemaak.
Ek maak die deur vir haar oop, en sy stap in. Sy het ‘n mooi stem, besluit ek. Mooier in die ware lewe as oor die foon. Ek wys haar waar die badkamer is en sy gaan in en maak die deur toe. Na ‘n rukkie hoor ek die stort.
Natasha se kar stop onder die afdak en sy klim uit. Ek gaan stoep toe en soos gewoonlik slaan sy my asem weg. Sy kom teen die trappies op en ek soen haar hard en lank. My hande gly om haar boude en ek is dadelik hard.
Mona Lisa lag vir my en sy stap in. Sy gooi haar handsak op die bed neer en begin haar bloes oopknoop. Sy het nie ‘n bra aan nie en haar tepels is hard en reguit. Dan trek sy haar romp af en sy het ook nie ‘n broekie aan nie.
“Gaan ons stort?,” vra sy en beduie met haar kop in die rigting van die badkamer.
“Gaan solank, ek is nou by jou.” sê ek.
Sy maak die badkamerdeur oop en walms stoom rol uit die vertrek uit. Sy sien vir Gabbi en kyk vraend oor haar skouer na my. Ek beduie sy moet ingaan. Sy trek die deur agter haar toe.
-0-
Ek sit in die leunstoel met my horing in my hand. Op die bed is Gabbi besig om Natasha te soen. Hulle is albei kaal en Gabbi se hand beweeg saggies tussen Natasha se bene. Ek hoor haar kreun en sien hoe haar asem begin jaag. Ek weet sy gaan binnekort kom en ek wag vir die toweroomblik. Natasha se lyf begin ruk en sy gee ‘n diep kreun. Sy sit haar hande om Gabbi se kop en trek haar gesig in haar nek in. Haar hande woel in Gabbi se kort blonde hare. Gabbi beweeg af en begin met haar tong op Natasha se klit speel. Ek kan sien dat Gabbi baie nat is en haar een hand beweeg tussen haar eie bene in en sy begin haarself streel terwyl sy Natasha se poesie lek en soen.
Ek is vanself naby aan ‘n orgasme en hou op om myself te streel. Dan sien ek dat Natasha vir my kyk. Ek staan op en beweeg na die bed toe. Gabbi se hand beweeg nou vinning heen en weer oor haar lippies en haar heupe beweeg op en af en haar tong speel ‘n rock-ritme op Natasha se klit. Natasha se rug buig agteroor en sy voel-voel na my met haar hand. Ek sit een knieg op die bed sodat sy my horing kan vasvat. Sy streel my hard op en af terwyl sy haar kop heen en weer op die kussing rol. Dan kom sy en Gabbi amper gelyk. Ek skiet my saad oor Natasha se lieflike borste.
Sy gil my naam.
-0-
‘n Paar ure later lê ek met ‘n slapende meisie in elke arm. Soos die professionele diensleweraar wat sy is, het Gabbi deurentyd haar aandag aan Natasha gewei. Maar in een stadium het sy vir Natasha gevra of sy sal omgee as ek haar naai. En Mona Lisa het geglimlag.