
Derde keer is skeepsreg
deur Geriatrix
(Lees vorige episode HIER)
“Jy is nou hier, kom drink gou koffie by my, dan kan ons opvang oor wat alles met ons gebeur het.”
Dit is my wilde niggie by die begrafnis van een van die verlangse familielede wat glo heel gelukkig die tydelike met die ewigheid verwissel het terwyl hy wilde niggie gespyker het. Sy het nog altyd ‘n baie snaakse sin vir humor gehad en sy dink dit is baie snaaks dat die ou so dood is. Haar opmerking hieroor: “What a way to go!” As sy haar sin gekry het, sou dit ook so op sy begrafnisbrief gestaan het, maar sy weduwee wou niks daarvan hoor nie.
Die uitnodiging het met heelwat knipoog gepaard gegaan en dit was duidelik dat die besoek meer as net koffie sou behels. Ek het oor die loop van my lang lewe twee keer probeer om wilde niggie te spyker; die eerste keer toe ons nog jong kinders was en ek nie mooi geweet het hoe om wat te doen nie en die tweede keer by die troue van haar ouer suster toe ons so baie van die gratis drank gebruik het dat die ou man op die kritieke oomblik net totaal boedel oorgegee het. Hier is nou ‘n uitnodiging wat baie duidelik meer as een uitslag tot gevolg kan hê.
Ek dink terug aan my span jong vroue by die huis – ek het gesê ek gaan die begrafnis toe en sal hopelik dieselfde dag weer terug wees; so aan die een kant my groep wat wag en aan die ander kant die uitnodiging om iets klaar te maak wat ek jare gelede begin het. Heelwat gewik en geweeg, maar op die ou einde het die spreekwoord ‘drie keer is skeepsreg’ tog oorwin en dit het nie baie moeite van wilde niggie gekos om my te oortuig nie. Sal net gou klaarmaak wat ek jare gelede begin het en dan huiswaarts keer om my huishoudelike pligte teenoor my groep dames na te kom.
Sy het vooruit gery en ek volg haar motor – die hele tyd dink ek aan wat voorlê; sy het by die begrafnis vir my gewys dat haar tiete nog net so ferm soos altyd is en die styfspannende swart nommertjie wat sy aangehad het, het ook duidelik getoon dat ten spyte van haar jare sy nog ‘n figuur het wat baie jongetjies hulle voorarm voor sou gee. Ek het nog altyd ‘n voorliefde gehad vir dames wat soos die destydse SAL advertensie vir lugwaardinne ‘n goeie verhouding tussen lengte en liggaamsmassa handhaaf.
Die niggies aan my ma se kant het byna almal hierdie eienskap gehad terwyl dié aan my pa se kant al dalk te lank aan die dieet van baie skaapvleis, bokmelk en vars lug gewoond was. Die neefs het daaroor gewonder en ons het toe tot die gevolgtrekking gekom dat die niggies vanuit die Nederlandse oupa se geslag dalk nog redelik naby aan die Europese invloed gestaan het terwyl die ander se voorgeslagte al te lank in die land was. Ongeag die afkoms, het van die niggies gevry, maar die meerderheid was te stug vir sulke sake.
Hoe nader ons aan haar huis kom, hoe meer dink ek aan wat vir my voorlê – die voorskou wat ek by die begrafnis gehad het was meer as genoeg om my met groot verlange te laat uitsien na wat nog gaan kom. Gelukkig het die nawerking van my besoek aan Duitsland nog glad nie iets verloor nie en toe ek voor haar motorhuis stop, was dit vir die ganse wêreld duidelik dat daar net een ding op my brein is. Ek probeer die tent in my broek wegsteek, maar wilde niggie het nie verniet haar reputasie nie – sy sien onmiddelik wat aan gang is. Een hand gryp my stokstywe voël vas en die ander hand sluit die voordeur oop. Sy lei my hand op die voël na haar kamer toe; so in die loop begin sy al van haar klere ontslae raak en tipies soos sy is, geen broekie nie! Ek is so half agter haar en kan nie sien hoe haar bos lyk nie – sy was nog altyd baie trots daarop, dit was die een ding waaroor al die neefs gepraat het.
So in die loop sê-vra sy: “Dit lyk vir my of jou besoek aan Duitsland darem gewerk het?”
“Hoe weet jy daarvan?”
“Het jy dalk gedink so iets sou lank onder die kombers bly? Jy was skaars terug toe gons die sosiale media en binne dae was daar nie plek vir ‘n muis op die vlugte Duitsland toe nie. Ek het selfs gehoor dat die hospitaal glo Afrikaanssprekende verpleegsters in Europa gewerf het, want die meeste manne kan glad nie Duits verstaan nie en die Duitse verpleegsters kan nie die Engels verstaan wat die Suid-Afrikaners praat nie.”
“Daai dokter lag nou al die pad bank toe!”
“Ja, en die vrouens hier in Suid-Afrika glimlag ook nou van oor tot oor. Van hulle kan nie bekostig om hulle mans Duitsland toe te stuur nie so nou koop hulle maar die pilletjies op die swartmark. Bert se dokter wou nie vir hom die pilletjies voorskryf nie – juis oor sy hart nie meer so waffers is nie; sy vrou het toe by van die plaaslike weduwees hulle oorlede mans se oorskotpilletjies opgekoop. Bert het glo ses of agt (hy kon nie onthou nie) van die pilletjies gesluk en toe gesien dat dit werk. Hy het hier aangekom met ‘n horing wat daar punt in die wind staan. Sy vrou was nie tuis nie en hy wou eers gou op my kom oefen voor hy huis toe is om sy vrou te gaan spyker. Onthou jy haar? Sy was nou nie baie slank nie en ou Bert het glo maar gesukkel om tussen haar dik bene in te kom; toe kom hy maar (seker uit gewoonte van die ou dae?) na my toe. Hy het goed gedoen en was net op pad na die fyndraai toe toe ek hom hoor gil soos hy kom en die volgende oomblik was hy weg. Nogal gesukkel om hom van my lyf af te kry, maar het darem dit reggekry. Die ambulansmanne wat hom kom haal het, het so gelag dat hulle hom amper nie in die wa kon kry nie. Die een het nog gewonder hoe die begrafnisondernemer die kis gaan toe kry.”
Die hele tyd staan sy met my voël in haar hand en oefen hom soos net sy dit kan doen – die behandeling het gemaak dat ek weer ‘n ereksie kan kry, maar van ejakulasie is daar nie meer sprake nie, dit help nie dat ek dit vir haar probeer verduidelik nie so sy hou aan ruk en pluk tot ek ‘kom’. Genadiglik word die ou darem so effens slap en sy kom agter dat ek darem nou nie meer kan nie. Sy staan so effens terug en ek gebruik die geleentheid om te sien hoe sy lyk. Nou kyk, vir ‘n meisie wat al ver verby die middeljare is, het sy ‘n figuur en bou wat selfs baie jongetjies nie eens het nie. Haar bene is glad en nie vol knoppe nie, haar arms is nog gespierd en hoewel haar gesig nie meer presies lyk soos dit in ons jong dae gelyk het, is dit nog ‘n gesig wat maklik ‘n paar skepe te water kan laat. Op universiteit was daar ‘n storie dat Helena van Troje ‘n duisend skepe te water gelaat het – so dames se voorkoms is in terme van milli-helen gemeet waar die gemiddeld so minus 10 mH was. Wilde niggie het ‘n goeie 150 mH op dié skaal getrek en sy doen dit nog steeds.
Soos ek gesê het, is haar pramme nog steeds mooi ferm (volgens haar van al die oefening wat hulle gekry het) en ek het toe afgekyk na haar bos. Dit was nog altyd haar trots en sy het baie aandag daaraan gegee – nie vir haar ‘n skeermes naby haar bos nie! Ek kon sien die bos is nie meer so dig as wat ek kon onthou nie, maar dan was dit al heelwat jare gelede dat ek dit laas gesien het en dit was ook in die skemer van ‘n straatlig.
Sy sien hoe my blik na haar trots afdaal. “Ja, dit is nie meer so ruig soos in my jong dae nie en dit het ook al begin verkleur. Ek het eers gespot dat dit weens al die wrywing is, maar toe ek op die internet nalees dat dit eintlik bedoel is om wrywing te verminder, het ek begin twyfel. Nou aanvaar ek maar dat dit natuurlike haarverlies is. Daar is darem nog genoeg.”
Nou is dit my beurt om met al die nuwe speelgoed te speel; ek het onthou van die heel eerste keer wat ons probeer spyker het dat ek glad nie na haar borsies gekyk het nie – my oog was net op een ding, maar die slag met haar ousus se troue het ek opgemaak vir die verspeelde kans en daardie tiete gebrei, gevorm, gesoen en ek weet nie wat nog alles nie. Hier is hulle weer voor my en ek geniet elke oomblik terwyl wilde niggie my instruksies gee oor hoe om wat te doen.
Onvermydelik beweeg een hand af ondertoe verby haar maag en bos tot by haar bobeen. Wilde niggie is skoon verbaas dat ek verby die genotgrot gaan en my aandag aan haar ferm bene wei. Probeer vir haar verduidelik dat ek dit so verkies om die plesierplek van onder af te nader en dan stadig die spleet oop te maak.
“Te hel met jou stadige tegniek! Jy kan mos sien ek is meer as reg vir jou!”
Met die gryp sy my voël en stamp hom diep in haar sagte warmte in – ek kry daardie gevoel van saligheid wat oor my spoel en geniet die diep warmte. Terwyl ek nog so dink oor hoe lekker sag en warm sy is, knyp sy meteens my voël vas in ‘n kopklem waarvoor menige rofstoeier sy voortande sou wou gee. Ek probeer terugtrek, maar sy het my so vas dat ek nie kan beweeg nie. Terwyl sy my so vasknyp begin sy haar spiere vorentoe en agtertoe beweeg sodat die ou man letterlik in ‘n maalkolk ingesuig word, amper soos wat ‘n luislang sy prooi sal insluk. Dit was die eerste keer in my lang rits van ervarings wat ‘n meisie so iets aan my gedoen het en elke keer as ek daaraan terugdink, staan die ou man sommer vanself regop.
So het ons aangegaan; ek het regtig gedink ek weet hoe om meisies te vry en dat ek al elke moontlike skuif en beweging ervaar het. Hier was dit duidelik dat wilde niggie in ‘n totaal ander klas is en dat ek maar ‘n eenvoudige amateur is. Ek het haar gewys hoe ek my voorvel gebruik om haar nippel te naai en toe wys sy my hoe sy kan ‘slide.’ Dit is werklik iets om te aanskou as sy haar skaamlippe so om die ou man vou en dan vorentoe en agtertoe skuif sonder dat hy ingaan; ek gaan my dames beslis hierdie skuif leer!
So het ons die hele middag deurgebring, op hierdie en dan daardie manier en met soveel variasies op posisies dat ek begin dink het sy het die oorspronklike Kama Sutra geskryf. Ons het darem op ‘n stadium asem geskep en koffie gedrink – sommer so poedelkaal. Weer ‘n redelike lang sessie gehad en toe ‘n stukkie geslaap voor wilde niggie gaan kos maak het. Nog een of twee sessies om op te vang wat alles met die familie gebeur het, wie werklik vir wilde niggie gespyker het en wie sommer gespog het dat hy ‘dit’ gedoen het. Ek was nogal verbaas om te hoor hoe min van die manne wat so gespog het, werklik iets reggekry het – ek hou hierdie inligting in my agterkop vir as van die manne weer kommentaar wil lewer oor my nuwe lewe saam met my span dames.
Laat teen die middag van die derde dag wat ek by wilde niggie gekuier het, het ek genoem dat ek darem seker my span moet laat weet waar ek is. Dit is toe wat wilde niggie my voorspring; sy het hulle sommer op pad van die begrafnis af al gebel en hulle laat weet dat ek nie dadelik sou huis toe kom nie.
So, hoewel dit byna my hele lewe geneem het, het ek tog op die ou einde ‘dit’ met wilde niggie gedoen en ek kan sonder enige teespraak sê dat die derde keer skeepsreg is waar dinge gebeur soos dit moet en dat soos Jan Brand sê alles sal regkom as elkeen sy deel doen!