Lusweer: Buffet
deur Scorpio
In die middel van die vertrek staan ‘n antieke etenstafel, somber en solied. Daar is vier stoele aan elkeen van die lang kante en een elk aan die kop- en voetenend. Die dik tafeldoek wat oor die blad gedrapeer is reik tot byna teen die vloer. Op elkeen van die stoele sit ‘n vrou. Die stoele is diep onder die tafel ingeskuif sodat die tafeldoek hulle onderlywe versteek. Voor elkeen is daar ‘n nommer op die tafel, van een tot tien. Hulle hou mekaar fyn dop, soos pokerspelers. Hulle oë skuif gedurig van die een gesig na die ander, soekend na enige sweem van onwillekeurige reaksie of beweging.
Die man onder die tafel, wat niemand kan sien nie, hurk stilletjies tussen die bene van een van die vroue. Soos al die ander rondom die tafel, het sy nie ‘n broekie onder haar rok aan nie. Sy maak haar bene wyer oop om vir sy kop plek te maak, versigtig, sodat die beweging nie bokant die tafel gesien word nie. Die man begin haar tydsaam verken, sy mond swerf oor die sensitiewe vel van haar maag en dye, sy warm asem kielie haar fyn haartjies. Bokant die tafel verklap haar gesig en liggaam niks van wat aangaan nie, en harde musiek verdoof enige geluid.
Die reëls is ontwerp om dit ‘n spel van oplettendheid, misleiding en uithouvermoë te maak. As iemand rondom die tafel vermoed dat sy die uitverkore een is, kan hulle haar uitdaag. As die uitdaging geldig is, moet sy die tafel verlaat. As die uitdaging vals is, is dit die een wat gedaag het wat moet gaan. Dis die oplet deel. Maar daar is ‘n vangplek. As sy die stimulering lank genoeg kan wegsteek om ‘n orgasme te bereik, bly sy aan vir die volgende rondte. Dis mislei en uithou. Die laaste twee vroue wat oorbly aan tafel, is die wenners.
Vir ‘n wyle kry sy dit reg om niks te laat blyk nie, maar onder die tafel penetreer die vreemdeling se tong haar onverwags, en sy trek haar asem skerp in. Haar kop sak effens vooroor en haar lang hare versluier die helfte van haar gesig. Die man is gekies omdat hy goed is, hy eet haar entoesiasties en diep en ferm. Haar hande wat plat op die tafel voor haar rus begin stadig opkrul in vuiste. Die vrou reg oorkant haar se oë vernou suspisieus. Desperaat probeer sy ‘n bietjie kalmte herwin en knyp die kop tussen haar bene vas in ‘n nuttelose poging om die plunderende tong te beheer. Haar volgende uitasem is ‘n lae, uitgerekte “aaah”, hard genoeg sodat dit bokant die musiek hoorbaar is.
Een na die ander vestig die ander nou ook hulle aandag op haar, maar hulle is huiwerig om haar uit te daag voordat hulle heeltemal seker is. Dit sal nie die eerste keer wees dat iemand voorgee net om ‘n ander opponent te laat diskwalifiseer nie. Almal is egter nie ewe oortuig van haar talent vir toneelspel nie.
“Nommer sewe!” roep iemand hard uit. Sy kreun in frustrasie toe die mond tussen haar bene onmiddelik onttrek en sy kantel haar heupe desperaat vorentoe, maar die man is weg. Dit vat ‘n paar minute vir haar bene om op te hou bewe voordat sy kan opstaan en erg frustreerd haar rok regtrek.
Iemand nuuts vat haar plek terwyl sy wegdwaal, hopelik kan sy iemand oortuig om die takie af te handel.
3 COMMENTS
Ek wil daai ou wees….
‘n Seks pokerspel ! Baie innoverend , Scorpio, die mens se vebeelding het nie ‘n eindpunt nie, nè?
‘K wonder hoe sou so ‘n spel verloop met manlike spelers?
Lekker speletjie die!