
Boekwinkel
deur Wille Will
Joe staan in ‘n boekwinkel en tuur tussen die boektitels vir iets om te lees. Sy oë dwaal niks siendende, want hy soek iets om homself op te kikker want hy voel depressief. Hy’t sopas teruggekeer van ‘n uitmergelende, frusterende twee weke promosietoer vir die tydskrif waar hy vryskutwerk voor doen. Niks uitstaande buiten brosjures en kopieë uitdeel aan mense wat liewers iets ‘verniet’ soek as opregte belangstelling.
“Kan ek dalk help? Waarna soek u ?” ‘n Sagte stem by sy elmboog.
Hy kyk om.
Sy’t groot bruin oë agter ‘n modieuse paar brille, ‘n sagte groot mond met vol lippe en sproetjies op haar neus.
“ Ag, dankie …ek is nie seker nie …ek wil net my gemoed bietjie lig (laggie)”
Sy’s geklee in ‘n veelkleurige vertikaal-strepies bloes wat styf span om haar groot borste. Daar’s sproetjies in die keep van die mooi lammers waar hy kan insien.
“Soek u iets spannends? Humoristies … dalk sexy?”
Met die woord ‘sexy’ het ‘n pienk tongetjie daarna oor haar lippe gestreel. Hy besef skielik dat hy besig is om ‘n ereksie te kry ! (goeie bliksem!.. is hy dan sό uitgehonger? !)
Hy verskuif sy bene sodat sy voorlyf meer na die boekrak gedraai is.
“Wil u iets aanbeveel?” vra hy.
Sy haal die brille af en wasem daarop met haar asem; poleer dit vinnig met die punt van haar bloes. Haar oë blik hom vinnig op en af en dit voel asof haar oë ‘n oomblik getalm het by die knop in sy broek. Hy verskuif weer sy bene.
‘n Kloklaggie borrel by haar uit: “Jy lyk na iemand wat van uitdagings hou … stap saam dat ek jou gedagtes bietjie prikkel met iets buiten die gewone.”
Sy’t reeds omgeswaai en verdwyn om die boekrak na meer agter toe in die winkel. Vir ‘n vlietende oomblik het hy die brëe heupe met die mooi kuite in haar swart romp raakgekyk voordat hy haar volg.
“Tropic of Cancer’deur Henry Miller,” staan sy reeds met ‘n boek in haar regterhand uitgestrek vir hom en inwag. Haar linkerhand is op haar heup met haar bene effe uitmekaar geplant. Hy merk goue armbande op om haar gewrig.
“Het jy dit al gelees?” vra hy. Albei is nou op ‘jy’ en ‘jou’ asof hulle mekaar reeds lankal ken.
“Beslis … dis die moeite werd,” glimlag sy na hom en swaai om en stap terug na die voorkant van die boekwinkel.
Joe lees die stofomslag, blaai na die voorwoord en met ‘n vinnige lees van die eerste paragraaf, klap hy die boek toe en stap ook vorentoe.
Sy’t sopas ‘n boek in ‘n plastiek sak toegevou en lui ‘n bedrag op in die kasregister.
“Sal dit al wees, Mevrou?” vra sy die ou tannie met die knypbrilletjies.
“Dankie,” skuif die dame ‘n paar note oor die toonbank en tel die plastieksak op. “Gooi die kleingeld in die Armsorg blikkie …TaTa.”
Sy stap by die voordeur uit.
Joe gee een treë vorentoe en plaas die Henry Miller op die toonbank.
“Ek kon nie ‘n prys raaksien nie, hoeveel skuld ek jou ?” Hy reik na sy gatsak waar sy beursie in is.
Die bruin kykers kyk hom deurvorsend aan.
Sy plaas haar hand op die boek. Daar’s ‘n agaatring op haar pinkie. Sy’t lang elegante vingers met silwer nael lak.
“Ek sê jou wat: Dìe skrywer is nogal gesog en dus is die eksemplaar redelik duur.” Sy glimlag en oorhandig die boek aan hom. “Siende dat ek dit aan jou aanbeveel het en jy dit nie ken nie ‘leenhuur’ ek dit aan jou vir ‘n week … gratis, en dan kom gee jy my jou terugvoer?”
“Akkoord!” lag hy terug “Maar op voorwaarde dat ek jou vir ‘n Wimpy koffie ‘stick’ wanneer jy vanmiddag jou winkel toesluit?”
“Dis billik, sien jou half ses?”
***
Joe het deur die winkelsentrum gedwaal, maar niks raakgesien nie. Asof hy dwaal in ‘n droom: net die boekwinkel in sy gedagtes. Hy’t kort-kort na sy polshorlosie gekyk asof hy die tyd kon aanjaag. Arouna het’n nuwe besending boeke uitgepak wat afgelewer is en haar boekrakke bietjie ge-orden terwyl ‘n paar kliënte ook kom inloer het. By
die Engelse fiksie rak het die ‘soekende man’ weer by haar opgekom. Sy loer vinnig na die muurhorlosie: 17:16, amper toemaak tyd!
Joe het ‘n tafel beset by Wimpy en die kelner gevra om die plekkie vir hom terug te hou wanneer hy later gou iemand gaan afhaal om koffie te kom drink. Arouna het haar pêrel-pienk lippe opgekikker, haar hare bietjie los geskud en haar kasregister afgesluit vir die dag. Sy sluit die glas voordeur en loer vir oulaas daar-in of alles in
orde vertoon. Toe sy omswaai om te loop is dit trompop teen Joe vas!
Hy lag uit sy maag uit: “Ons twee is nogal albei gesteld op tyd!”
“Ek is verseker,” lag sy terug en begin aanstap.
Nadat hulle albei hul koffie bestel het steek Joe sy hand na haar uit.
“Ek is Joe Niemand en ek’s ongetroud en besit ‘n meenthuis in Sandringham.”
“Lekker om te ontmoet, Joe.” Die silwer naels gee ‘n drukkie aan die uitgestrekte hand. “Ek is Arouna Villiers, geskei en woon in Morningside.”
Met die formaliteite agter die rug, arriveer hul bestelling asof op versoek.
Terwyl Joe sy koffie roer vra hy: “Hoe’t jy in die boekwêreld beland, Arouna?” Sy oë sien weer die keep tussen haar tiete raak.
“My eks het die winkel in my naam geregisteer as deel van die egskeiding ooreenkoms.” (..hy’t nogal mooi groen oë.. flits dit deur haar kop)
“ Wat is jou nering?”
“Joernalis … maar dis maar ‘boring’ as daar nie altyd ‘n storie is nie.”
“Ek hoor wat jy sê.” Sy teug die laaste bietjie van haar koffie.
“Hou jy van klassieke musiek, Joe?” verander sy skielik die onderwerp.
“Ek’s mal oor enige musiek solank dit sin maak, hoekom vra jy ?”
“As jy instem nooi ek jou vir bietjie musiek en peuselgoed vanaand by my plek?”
“Op sy kop!” antwoord Joe “Gee my jou adres en sê my hoe laat?”
***
Joe het‘n paar donker groen janna’s aan met ‘n liggroen T-hempie. Hy dra All-Star têkkies daarby. Hy lui Arouna se voordeur klokkie en glimlag oor wat hierdie aand dalk kan oplewer.
Arouna maak die deur oop. Sy’t ‘n wit sweetpak broek aan met ‘n loshangende rooi Chiffon bloes om die bo-lyf. Sy’s kaalvoet en Joe merk ‘n toonringetjie op aan een van die perfek gepedikuurde voetjies.
“Hallo Joe.”Sy gee hom ‘n piksoentjie op die wang en staan terug.
“Kom binne en maak jouself tuis, ek wil net vinnig in die oond loer.”
Hy vlei homself op die divan in die sitkamer neer. Haar meubels is keurig en prakties.
“Ek het ‘n botteltjie wyn saamgebring,” roep hy na die kombuis kant toe.
“Dankie, ek sal gou glase gaan haal. Seker ‘n kurktrekker ook?” Sy kom die vertrek binne met ‘n bordjie vol eetgoed in elke hand. Daar krul stoom uit een bordjie. Dis warm eiervrug porsies met Haloumi kaas bo-op
gegarneer. Die ander bordjie bevat Provita’s met maaskaas en titsels Mayonaisse roereier en groen uitjies daarop.
Sy plaas dit op die lang tafeltjie in die middel van die vertrek.
“Hoekom het jy so baie moeite gedoen, ek verdien dit nie!”
“Dit sal die aand ons leer … hierna eet ons mossels met rooi rissie”
Sy swaai om terug kombuis toe: “Mossels gee mens oemf,” lag sy in die wegstap.
(Maak my fokken jags, dink Joe by homself.)
Nadat hulle glasies geklink het en weggelê het in die eetgoed stap Arouna na die stereo klankstelsel teen die een muur.
“Dvorsak vir ‘n wegspring, hy maak my sensoriese punte wakker.”
Terwyl die klank losbars kom sit Arouna langs hom op die rusbank. Sy tel sy hand op en verstrengel haar vingers deur syne.
“Sit back and enjoy” sê sy stil en strek haar rug na agter met haar kop op die bank se leuning.
Haar oë gaan toe. Joe sien haar ander begeerlike punte ook, want haar tepels maak dik prominente ‘punte’ onder die rooi bloes. Sy’t ooglopend nie ‘n bra aan nie! Hy voel sy voël begin styf word. Sy oë gaan af na haar sweetpak broek. Dis asof hy die gleuf tussen haar bene kan raaksien. Hy versit effens, want sy piel is nou kliphard!
Hy het miskien haar hand ‘n harde druk gegee in die opwekkende oomblik, want haar bruin kykers spring skielik oop en sy staar in syne. Hy kan die begeerte en lus nie verbloem nie en sy trek haar hand uit syne en plaas dit
op die knop in sy janna.
“Dis die tweede keer vandag …ek wil graag verder gaan,” Sy maak die knoop los en begin die ritssluier aftrek.
Joe gryp haar in sy een arm en soen haar vuriglik. Die ander hand gaan onder die bloes in en omklem haar een bors. Hy voel en vryf die harde tepel tussen sy vingers en knie haar bors. Haar hand het sy broek oop en sy vryf oor sy stywe stang met haar handpalm voordat sy sy piel uit sy onderbroek uitwip. Hulle suigende monde het mekaar opgedrink en hul tonge roer wanhopig om mekaar om vervulling te bereik.
Sy hand gaan vinnig af na haar mik en hy omvou haar hele koek met sy handpalm. Dis warm en kloppend in sy greep. Hy ruk sy mond van hare af en kreun: “Jy maak my mal, Arouna!”
Sy het op en af met sy trul se vel geskuif. “Ek het nie gedink ‘n man kan so’n dik penis hê nie,” antwoord sy uitasem.
Sy arm kom los om haar skouers en terwyl hy vorentoe buk pluk hy die sweetpak broek af tot uit by haar enkels met altwee hande. Sy gooi haar bene wyd oop en hy staar ‘n oomblik na haar polsende kaalgeskeerde poes asof dit die mees begeerlikste ding is wat hy al in sy lewe gesien het. Sy trek sy voorvel af dat sy groot eikel soos ‘n blom nog perser word vol bloed.
“Vat m-my..e-e-ek kan nie meer w-wag nie!” roep sy amper waansinnig.
Hy gryp sy piel en bring dit tot by haar doos en stoot dan hard en diep in haar in.
Die uitgerekte gil wat Arouna gee sny deur murg en been. Joe pomp egter freneties en dit voel asof sy voël ‘n suier geword het wat net smag na meer en meer rewolusies.
Vir ‘n oomblik hoor jy net die klappende sopnat lywe teen mekaar en dan skree Arouna hortend : “Ek gaan weer kom, Joe…hou net a –a-an tot jy ook kom-m!”
Joe voel sy saad opstoot in sy piel en probeer dit terughou om die lekker langer te maak, maar dan skiet hy skoot na skoot in haar poes in en sy klimaks voel soos vuurwerke wat omtplof in die lug!
“O Joe…O Joe..k-kan dit nie vir ewig aanhou nie?” kerm Arouna aanhoudend.
Hul passie taan totdat Joe die laaste bietjie sperm uit sy voël probeer druk.
Hulle lê doodstil en voel die na-golwe van hul seksdaad nog deur hul lywe woed.
“Om te dink dit het alles in my boekwinkel begin,” sê Arouna met ‘n glimlag.
2 COMMENTS
Baie dankie, Jack vir die positiewe kommentaar : ek’s bly jy geniet nog my stories !
Baaaie mooi baie dankie